Wednesday, June 25, 2014

Penny Dreadful, Seisoen 1 - 4/10

Penny Dreadful lyk belowend, maar ietwat grim. Sal dit nog so episode of twee kans gee. Daar is egter net twee seisoene met drie episodes elk. Saam met Bella op die bank, en daarna skrikkerig om in die donker gang kamer toe te stap... Aag nee wat, dit het heleman Suid gedraai, veral die tweede laaste episode. Gaan dit beslis van my lysie afhaal... 

Monday, June 23, 2014

Dallas Buyers Club - 7/10

Dallas Buyers Club is beslis 'n goeie film, net nie vermaak nie. Daar is seker weggesteekte humor, maar dit is eerder 'n dokumente^r. Dit is dan ook vir my heelwat meer verteerbaar as The Wolf of Wall Street, wat van die skurwe tonele tot vervelens uitgerek het om 'n maraton film te skep. Kyk gerus, maar wees gewaarsku teen heelwat kru taal en al sulke dinge. 

Stuur Groete aan Mannetjies Roux - 6/10

Stuur Groete aan Mannetjies Roux werk redelik as verhoogstukverwerking, maar is dalk so bietjie stil as 'n film. Dit is egter steeds die Karoo wat bekoor, sowel as die doodsengel se amper eensydige gesprek. Goeie vertolkings red die fliekie van 'n 5. Kyk gerus die verhoogstuk as jy ooit die kans kry, dit voel meer werklik. Saam met Bella op die bank.

 

R.I.P.D - 5/10

R.I.P.D is glad nie so onkykbaar as wat dit voorgee in die voorprente nie...ligte, fantasie?, materiaal, met tipiese oordoende Hollywoodstyl. Heelwat skerp se^ goeters, en snaakse tonele. Saam met die familie op die bank.


As jy Sing - 5/10

As jy Sing is 'n redelike, gemiddelde, Afrikaanse fliekie. Moet nie Hollywoodstyl vermaak verwag nie, ook nie seks tussen die rivierklippe nie. Familievermaak, wat selfs die seuns sal geniet (die meisies het baie mooi bene). Saam met die familie op die bank.


Wednesday, June 18, 2014

Halt and Catch Fire, Seisoen 1 - 6/10

Halt and Catch Fire begin regtig stadig en met baie min aksie. Miskien is die tweede episode beter, sal dit nog so een of twee kanse gee. Steeds interessant vir enige ingenieur. Saam met Bella op die bank.

Monday, June 16, 2014

Madagascar, Seisoen 1 (4 episodes) - 9/10

Kyk, daar is net een ou wat enige natuurtoneel met soveel gevoel, agting, amper gewydheid en passie kan beskryf as ou David Attenborough. Sy Madagascar reeks is net soos al die ander, puik, interessante, asemrowende natuurlewe programme. Saam met Anrich en Bella op die bank. Franko het darem stukke saam gekyk... 

Last Orders - 6/10

Last Orders is 'n ouer fliekie met 'n redelike indrukwekkende rolverdeling. Moet nie baie aksie verwag nie, eerder Engelse onderspeelde dialoog en humor. Waarskynlik minder fliekgangers se keuse. Saam met Bella op die bank.

Sunday, June 15, 2014

The Wolf of Wall Street - 3/10

The Wolf of Wall Street kon baie korter gewees het...ten minste met die helfte. Alhoewel dit seker die lewenstyl kon wees (en dalk steeds is), vermoed ek daar is maar heelwat oorskatting ter sprake. En boonop is ou Leo in elk geval ryker as die persoon wat hy uitbeeld... Ek weet nie, te veel vloek, afbrekende gedrag maak hierdie eerder meer pynlik om te kyk as enige iets anders. Ek sou reken los maar eerder. Saam met Bella op die bank.


Winter's Tale - 6/10

Winter's Tale is 'n rustige fantasie fliekie. Moet nie tipiese Hollywood vermaak verwag nie, eerder onderskatte ondertone. Basies oor die geveg tussen die goeie en die bose... Saam met Bella op die bank.

Sunday, June 8, 2014

The Grand Budapest Hotel - 7/10

The Grand Budapest Hotel het 'n unieke styl wat ander regiseurs al probeer regkry het, maar nie so suksesvol was nie. Hier dink ons aan Anna Karenina. 'n Vinnige pas, droe" humor, helder kleure, vreemde karakters, soms animasie-agtige gedrag, en gepaste uniforms maak hierdie 'n alternatiewe komedie. Kyk gerus as jy 'n ietwat wyer flieksmaak het. Saam met Bella op die bank.

Saturday, June 7, 2014

Jack Ryan: Shadow Recruit - 5/10

Jack Ryan: Shadow Recruit is 'n redelike spioenasie aksie fliek, maar kort net iets. Dalk 'n beter rolverdeling vir die manlike hoofrol... Dit is tog kykbaar, met koel tegnologie en al. Franko het selfs opgemerk dat Keira mooi is... Saam met Bella en Franko op die bank.

Anchorman 2: The Legend Continues - 1/10

Kyk, Anchorman: The Legend of Ron Burgundy was reeds op dun ys, maar hierdie oukie vat die koek. Baie flou, eintlik net met een baie snaakse grap, en 'n klomp bekende akteurs (in een toneel). Vermy gerus, maar as hierdie jou tiekel, sal hy baie tiekel.... Saam met Bella op die bank. Gaap.

Sleepy Hollow, Seisoen 1 - 4/10

Wel, dit gebeur nie baie nie, maar na die eerste episode het ons besluit om nie Sleepy Hollow te volg nie. Waarskynlik meer omdat dit 'n Grimm pad volg, en nie noodwendig oor die gehalte, rolverdeling of so nie. Die hoofkarakter uit 'n vorige era werk nogals, net jammer die tema werk nie vir ons nie... Saam met Bella op die bank. 


The.Blacklist, Seisoen 1 - 7/10

The Blacklist is 'n regte reeks, redelike pas, verstrengelde lyne, komplekse intriges, inter-episode lyn - Ons noem nou hierdie beginsel die Red John van 'n reeks, daardie aspek wat opgelos moet word, wat mens episode na episode laat afwag. Reddington is 'n super-spioen, te goed om waar te wees. James Spader vertolk die rol sappig teenoor die blou-oog CIA meisie. Kyk gerus, hierdie is vermaak, niks meer nie. Saam met Bella op die bank. 


Labor Day - 7/10

Labor Day is 'n bittersoet lovestory, gelukkig met 'n dubbel-einde... Ek het aan die begin ietwat opgesien na hierdie oukie, maar sou bitter spyt gewees het as ek dit nie gekyk het nie. Dit beweeg met 'n stadiger pas, sonder om te irriteer. Stadige fotografie, aandag aan detail maak hierdie meer as net 'n tjiekfliekie. Vreemd dat dit redelik swak ontvang is. Saam met Bella op die bank.


Crossbones, Seisoen 1 - 6/10

Crossbones is nog 'n seerower reeksie. Ten spyte van grootnaam akteurs, hou ek steeds meer van Black Sails se gevoel, milieu, tempo en intriges. Nog vroeg om te se, sal dit nog kans gee. Saam met Bella op die bank.

The Perks of Being a Wallflower - 7/10

The Perks of Being a Wallflower is 'n verassing, iets helemals anders as die gewone storm-en-drang Hollywood fliekies. Dit het hart, en laat mens darem nie moed verloor nie. Verwag om terug te dink aan jou onsekere hoe"rskooljare, inpas en vriende probleme.... Saam met Bella op die bank.

Ray Donovan, Seisoen 1 - 6/10

Ray Donovan is 'n ernstiger reeks, sal dit nog so paar episodes kans gee om te kyk hoe dit gaan. Ray is 'n boelie buffel met 'n gewete. Hy het 'n sterk verantwoordelikheidsin... Wat ook uitstaan is die ryk Hollywoodsterre en vervaardigers wat soos gewone middelklas families lyk, lewe en funksioneer...Al verskil is, dit is met fensie karre en huise. Daar is tog humor in die storie. Saam met Bella op die bank.

Tuesday, June 3, 2014

The Monuments Men - 7/10

The Monuments Men is 'n aangename verassing, dit was helemal iets anders as wat ek verwag het. 'n Regte feel-good fliekie, wat nog 'n ander perspektief van die Tweede Wereld Oorlog wys. Iets wat ek nie eens aan gedink het nie. Alhoewel daar tog 'n gru toneel of twee is, is die film baie toeganklik en word die wreedheid versag met aanslag en kuns en humor. Hierdie is ook 'n goeie familie fliek alternatief, maar dan vir laat laerskool en ouer kortvolk. Wat 'n groot aandeel in die film se sukses het, is die gepaste rolverdeling. Saam met Bella en Anrich op die bank.

Sunday, June 1, 2014

Anchorman: The Legend of Ron Burgundy - 5/10

Anchorman: The Legend of Ron Burgundy is nogals minder onder-die-belt as wat mens verwag vir 'n onder-die-belt komedie. Ek het dit nogals geniet, maar dit voel net te meganisties. Dit is wat komedie een van die moeilikste dissiplines maak, tydsberekning. Saam met Bella op die bank. 

Blue Jasmine - 7/10

Blue Jasmine vertoon Kate se talent as veeldoelige aktrise. Dit is 'n kragtoer van tegniese uitnemendheid. Tog voel ek iets kort steeds. Ek het meer van Woody se vorige films gehou, dalk is hierdie een makker omdat hy nou heelwat ouer is... Steeds 'n soliede film vir 'n meer denkende tjiekfliek/drama/komedie. Saam met Bella op die bank. 

12 Years a Slave - 8/10

12 Years a Slave het 'n baie ontstellende premis as basis vir die fliek. Ek het nie eers daaraan gedink dat hierdie metode gebruik was om slawe te werf nie, in 'n redelik moderne Amerika. Die fliek is redelik sensitief gemaak, maar beslis steeds baie ontstellend. Saam met Bella op die bank.


Robocop (2014) - 7/10

Wel-wel-wel, 'n suksesvolle hermaak van 'n kultus fiksie fliek. Moet se^ dit het dalk nie so baie bloedneus slaankrag soos die oorspronklike nie, maar is tog vir my meer vermaaklik, en dalk so ietwat meer verteerbaar. Ek vermoed veteraan-ondersteuners van die oorspronklike gaan glad nie my met saamstem nie... Saam met Bella en Franko op die bank. Te bangmaak vir Anrich. 

That Awkward Moment - 5/10

That Awkward Moment het so paar oomblikke wat regtig ongemaklik is, met 'n paar baie komiese situasies. Dit bly egter baie gemiddeld, grotendeels omdat te veel op onder-die-belt humor staat gemaak word - iets wat dit eintlik nie 'n tjiekfliek maak nie... Vir 'n ligte aandjie tuis, verkieslik 'n breinmoeg Vrydagaand. Saam met Bella op die bank.