Friday, April 30, 2021

Viaggio Sola (A Five Star Life) - 5/10

Viaggio Sola verlei deur die verskillende we^reldklas hotelle wat ten toon gestel word. Die lyn is gewone lewe net soos Europese film dit kan vertel. Dalk vir die meer onderskeidende fliekganger bedoel, nie hoofstroom nie. Saam met Bella op die Bank.


  


Monday, April 26, 2021

Scotland, Pa. - 5/10

Scotland, Pa. is redelike donker komedie met 'n taamlik sinlose rigting of dan bydrae. Dit is seker vermaaklik en vol lawwighede. Ten minste het ons genoeg gelag. Saam met Bella op die Bank.




Friday, April 23, 2021

Peppermint - 3/10

Urgh! Peppermint moes dit nie verby die eerste 15 minute gemaak het nie. Dit is tipiese Hollywood materiaal - vol gate, onwaarskynlik, oordadig en met die swakste einde moontlik. Hou dalk verby. Saam met Bella op die Bank.



Tuesday, April 20, 2021

Leonardo, Minireeks - 6/10

Leonardo het 'n strydige rolverdeling - van die vertolkings voel te geforseerd. Die muse is seker oulik en seksie, maar ek is nie seker of sy wel Leonardo tot groot hoogtes sou inspireer nie. Sal die egter klaar kyk, die man se lewe bly interessant. Saam met Bella op die Bank.


 




Saturday, April 17, 2021

La Chèvre (Knock on Wood) - 6/10

La Chèvre is sommer verspotte Franse komedie. Die fliekie is al redelik oud met 'n jonge Gérard Depardieu. Dit is ligte Vrydag of Saterdagaand materiaal en heel kykbaar. Verwag gekke dialoog, rukkerige waaghals arties en stroperige dames. Saam met Bella op die Bank.



Friday, April 16, 2021

The Courier - 7/10

The Courier het 'n sterk rolverdeling, geloofwaardige milieu en periode. Dit is oortuigend, en veral met die tweede helfte is die spanningslyn anvoelbaar. Nie oordadig of oordrewe nie, meer met 'n Europese gevoel verfilm. Saam met Bella op die Bank. 




Wednesday, April 14, 2021

The Nevers, Reeks - 6/10

The Nevers begin redelik goed met 'n steam punk formaat. Sal beslis nog 'n paar episodes kyk, die fantasie element is heel verteerbaar. Saam met Bella op die Bank.




 

Monday, April 12, 2021

Harley and the Davidsons, Minireeks - 5/10

Harley and the Davidsons voel baie soos 'n gedramatiseerde reeksie, maar is tog interessant. Net 3 episodes, so sal dit maar klaar kyk. Saam met Bella op die Bank.




Friday, April 9, 2021

The Vault - 6/10

The Vault is 'n minder Hollywoodse poging op 'n bekende kluis in Spanje. Hierdie is 'n skonerige film sonder vloek, seks en geweld. Dit is onderspeeld, met heelwat gapings in die lyn, maar steeds geniet mens dit. Lekker Vrydag of Saterdagaand materiaal. Saam met Bella op die Bank.



   

Sunday, April 4, 2021

Cyrano, My Love - 7/10

Cyrano, My Love vang die aandag aanvanklik, verloor dit dan, en keer terug so net voor die helfte met 'n oortuigende finaal. Veral die grepe uit verskeie films en toneelstukke van Cyrano de Bergerac aan die einde is spesiaal. Mens moet dit in Frans met onderskrifte kyk, die taal is nog mooier in hierdie konteks, Parys net voor die draai van die eeu, 1900. 'n Komedie, taamlik mals en oordadig met dialoog, slegte vrouens, kostuums, kleure en klank in volspoed. Saam met Bella op die Bank.   



Saturday, April 3, 2021

The Mauritanian - 7/10

The Mauritanian is soos te verwagte by tye so pynlik om te kyk mens hou maar jou oe" weg. Wat mens dalk meer ontstel is al die dele wat nie gewys word nie, en al die ander gevalle, hier en op ander plekke wat nie eens bekend is nie. Uitstaande vertolkings met geloofwaardige milieu (wel plaaaslik!). Saam met Bella op die Bank. 

  

Friday, April 2, 2021

Posbus 1 - 7/10

Posbus 1 bewys ouderdom is nie vir kinders nie. Dit is 'n tragiese stuk, wat maar eintlik net 'n deel van 'n gewone, maar in sekere mate ook 'n ongewone lewe uitbeeld. Ryk aan analogiee" en allerhande onderliggende temas. As jy sterk en jonk voel en kans sien vir 'n tydsame lyn. Puik vertolkings. Saam met Bella op die Bank.

  



Thursday, April 1, 2021

A Royal Affair - 6/10

A Royal Affair leer mens 'n onverwagte deel van die geskiedenis. Dit was 'n tawwe era waar besluite sonder demokrasie geneem is. (Niks het seker regtig verander nie.). Swaarder, stadiger materiaal. Ten minste is die mal koning by tye vermaaklik. Saam met Bella op die Bank.