Showing posts with label Tjiekfliek. Show all posts
Showing posts with label Tjiekfliek. Show all posts
Sunday, April 23, 2023
Ghosted - 4/10
Ghosted is 'n aksie tjiekfliek. Te veel voorspelbaar en tipiese Hollywood materiaal. Redelike vermaak vir 'n Vrydagaand. Saam met Bella op die Bank.
Friday, July 15, 2022
Persuasion - 6/10
Persuasion is redelik as periode drama, maar die rolverdeling kon sterker. Tog kykbaar met redelike milieu en stelinkleding. Saam met Bella op die Bank.
Sunday, April 17, 2022
On the Rocks - 6/10
On the Rocks val in die trant van ander Bill Murray flieks. Die dialoog is soos te verwagte skerp en vermaaklik en New York verleidelik as 'n stad (en karakter). Vir 'n rustige Vrydag of Saterdagaand as jy bietjie meer wakker is. 'n Goeie alternatief vir Woody Allen films. Saam met Bella op die Bank.
Saturday, April 9, 2022
Moonshot - 3/10
Moonshot is plastiek, oppervlakkig met geforseerde dialoog en situasies. Dit is ondraaglik pynlik by tye. Die vertolkings is so-so. Ek het stukkies gekry, Bella het dit deurgesit (op die Bank).
Saturday, April 2, 2022
CODA - 9/10
Partymaal is die Oscar wenner die moeite werd. CODA is 'n innemende, onpretensieuse, opregte fliekie. Kyk dit beslis saam met jou wederhelf op 'n Saterdag of Sondagaand. 'n Eenvoudige storie in 'n realistiese milieu met (Oscar) vertolkings. 'n Mengsel van lag, drama, musiek en grootword en omstandighede. Saam met Bella op die Bank.
Friday, December 10, 2021
The Hating Game - 5/10
The Hating Game doen glad nie te sleg vir sy genre nie. Dit bly 'n tjiekfliek met mooi mense. In geen opsig oordadig nie, heel kykbaar. 'n Aanvaarbare opsie as vakansiefliekie. Saam met Bella op die Bank.
Friday, October 29, 2021
My Salinger Year - 4/10
Nee, gits, My Salinger Year is dalk vir 'n jonger gehoor bedoel. Sowat 15minute uitgehou. Saam met Bella op die Bank.
Monday, October 4, 2021
Falling for Figaro - 6/10
Falling for Figaro sou bitter vinnig kon verval in sentimentaliteit. Dit doen egter nie. Die milieu en byrolle maak dit aangenaam kykbaar en lig. 'n Eenvoudige storie wat met net genoeg drama en humor vertel word. Saam met Bella op die Bank in die Natalse Middellande, Rawdons, kamer 24.
Sunday, August 15, 2021
Toorbos - 9/10
Toorbos sou tien uit tien kry as dit nie vir die swakker manlike hoofrol rolverdeling was nie. Maar die milieu, periode, kostuumwerk en vertolkings is alles uit die boonste rakke, en dit vir 'n plaaslike produksie. 'n Mooi verhaal in 'n feetjiebos. Saam met Bella op die Bank (sy het dit wel reeds gesien).
Labels:
Connoisseur materiaal,
Gunsteling,
My taal,
Tjiekfliek
Sunday, July 25, 2021
Finding You - 6/10
Finding You is 'n onskuldige tjiekfliekie, met 'n taamlik voorspelbare lyn. Dit is wel die milieu wat die hart steel. Saam met Bella op die Bank.
Saturday, March 27, 2021
The Day We Didn't Meet - 6/10
The Day We Didn't Meet kry dit reg om met erge karakter, milieu en storielyn ekonomie steeds 'n oortuigende film te skep. Die styl is nogals 'n nuutjie vir plaaslike produksies. Stadig, pynlike tjiekfliek materiaal, as jy braaf voel (die manne bedoel ek). Sterk vertolkings. Saam met Bella op die Bank.
Saturday, February 13, 2021
Love Sarah - 6/10
Love Sarah is 'n baie ligte fliekie met 'n eenvoudige lyn, verruklike gebak en sjarmante milieu. Ideale Vaaltyn materiaal. Saam met Bella op die Bank.
Saturday, December 12, 2020
Wild Mountain Thyme - 4/10
Wild Mountain Thyme beweeg net te stadig, met dialoog wat net te dik vir 'n daalder is. Wat dit wel red is die asemrowende Ierse landskap en tonele. Dit is egter nie genoeg om hierdie tjiekfliek toeganklik te maak vir non-tjieks nie....dit is net te vervelig. Gedeeltelik saam met Bella op die Bank, geprei oor twee dae.
Wednesday, October 7, 2020
Emily in Paris, Reeks - 5/10
Emily in Paris is baie lig, speels en heel kykbaar. Van vooraf verlief op die Romantiese Stad, Sal dit kyk, al is die net vir al die mooi. Saam met Bella op die Bank.
Saturday, October 3, 2020
Tulipani: Liefde, eer en een fiets - 7/10
Tulipani: Liefde, eer en een fiets is 'n ligte fliekie maar met so draaitjie drama en tragedie by. Die einde is nie een honderd persent maanskyn en rose nie, maar mens voel tog dit eindig wel met 'n skurk of twee wat skouspelagtig sneuwel. Die fliek kom eerlik en opreg voor, nie pretensieus nie. Saam met Bella op die Bank.
Saturday, August 8, 2020
Made in Italy - 5/10
Made in Italy is dalk nie die beste film nie, maar Italie" bly verruklik. Die vertolkings en rolverdeling werk heel goed, en dan besef mens die parallel tussen die manlike hoofrol en sy seun. Die film kyk op die ou einde net pleinweg lekker, niks gesofistikeerd nie. Saam met Bella op die Bank.
Sunday, August 2, 2020
Summerland - 6/10
Summerland is 'n besielende fliekie wat met deernis aangebied word. Die milieu is asemrowend te midde van die verwoestende oorlog - dit bevestig die hawe wat gebied word aan stadskinders. Dit is dan ook 'n love story met 'n kinkel of wat. 'n Rustige fliekie wat baie meer op die emosionele fokus, dus dalk meer 'n tjiekfliek (en vir die ander span). Saam met Bella op die Bank.
Saturday, May 9, 2020
Return of the Hero (Le retour du héros) - 5/10
Return of the Hero (Le retour du héros) is 'n baie ligte Franse drama met die mees romantiese klein dorpie. Van die vertolkings is dalk ietwat oordadig, maar daar is heelwat humoristiese oomblikke. Die humor pas goed by die tydperk. Saam met Bella op die Bank.Friday, April 24, 2020
Trading Paint - 4/10
Ten spyte van die rolverdeling, is Trading Paint baie voorspelbaar, 'n uitmundende voorbeeld van film cliche's en net te sentimenteel. Is tog redelike Vrydagaand as jy pap is kykmateriaal. 'n Outomobiel tjiek se fliek. Saam met Bella op die Bank.Saturday, April 11, 2020
Love. Wedding. Repeat - 6/10
Love. Wedding. Repeat is 'n taamlik gemiddelde tjiekfliekie, darem ten minste met 'n paar lag-snaakse tonele, veral die eerste slaap ene. En so een lus vir die oog aktrise. En natuurlik die Italiaanse villa en klein dorpie. Ai. Saam met Bella op die Bank.
Subscribe to:
Posts (Atom)







