Saturday, September 30, 2017

Baby Driver - 7/10

Baby Driver is die mees kreatiefste wegkom-kar-fliek nog. Dit het 'n sterk Tagtigs gevoel met so sprinkel Tarantino daarby. Die rolverdeling werk veral goed, veral met die vroulike hoofrol. Saam met die familie op die bank.



Killing Gunther - 2/10

Killing Gunther herinner aan die aksioom dat komediante nie moet flieks maak nie... Hierdie is eintlik erg pateties, maar vir een of ander vreemde rede kyk mens dit klaar. Daar is net nie genoeg humor nie. Selfs Arnie red nie die fliek nie. Saam met die familie op die bank.

Maudie - 7/10

Maudie is 'n stadige, bittersoet liefdesdrama, gebaseer op ware gebeure (en persone). Dit bevestig mens het eintlik baie min nodig om gelukkig te wees... Die film kyk nogals moeilik, maar as mens die moeite doen om dit klaar te kyk, voel dit of jy iets bereik het. Minder van die manne sal hierdie een kan deurvoer. Saam met Bella op die bank.

Star Trek: Discovery, Seisoen 1 - 6/10

Star Trek: Discovery lyk en voel nie heeltemal soos Star Trek nie.... The Orville is meer Star Trek, net met humor en stoute dialoog by. Sal dit nog kans gee, maar die baie Klingon gepraat in die eerste twee episodes is ontmoedigend. Saam met Bella op die bank. Anrich sien nie kans nie, nie na die eerste episode nie, en Franko is nie 'n Trekkie nie. 

Saturday, September 16, 2017

Breathe In - 5/10

Breathe In is nogals pynlik stadig sonder enige aksie. Die musiek is mooi. Dit eindig baie stomp en sonder resolusie. Minder vir die manne bedoel. Saam met Bella op die bank. 

The Orville, Seisoen 1 - 5/10

The Orville is nogals 'n snaakse parodie, beslis gemik op Star Trek. Dit is presies Star Trek, maar dan is die dialoog nie altyd nie.... Dink nie ons gaan hierdie een deurvat nie, dit voel soos tydmors. Daar is egter heelwat snaakse tonele in die eeste episode. Saam met Bella op die bank.

The Big Sick - 6/10

The Big Sick kon heelwat korter gewees het. Dit raak so bietjie meganisties na die einde se kant, met 'n baie abrupte einde. Net te stadig. Beslis 'n tjiekfliek, maar dan op ware gebeure gebaseer, met die hoofrol as die werklike persoon.... Wonder wat die skoonfamilie van die fliek se^.... Ek dink die meeste manne sal deur hierdie een slaap of swoeg. Saam met Bella op die bank.


Startup, Seisoen 1 - 5/10

StartUp het my nie nie oortuig met Episode 1 nie, miskien sal ons nog een kyk. Die oppervlakkige, net vir die skyn, onrealistiese sekstonele is steurend. Blykbaar raak dit minder later in die reeks. Saam met Bella op die bank.


Monday, September 11, 2017

Pirates of the Caribbean: Dead Men Tell No Tales - 7/10

Pirates of the Caribbean: Dead Men Tell No Tales is pure Vrydagaand genot. Dit is lig, vol skerp dialoog en ontmoontlike situasies. Ek dink dalk die beste van die lot so ver. Indrukwekkende grafika, soos te verwagte. Die openingstoneel is puik! Saam met Bella en Anrich op die bank.


Sunday, September 3, 2017

The Ottoman Lieutenant - 6/10

The Ottoman Lieutenant is 'n liefdesverhaal teen die agtergrond van die Turke en Armeniers tydens die Eerste Wereld Oorlog. Die film slaag beide daarin om die gru en grim van oorlog tog te wys, maar nie oorheersend tot die tema nie. Alhoewel beide hoofrolle tegnies uitstekend vertolk word, is dit jammer dat beide van ander nasionaliteite is. Die milieu is gepas en word tot voordeel gebruik. Meer 'n stadige, emosievolle pas. Saam met Bella op die bank.
    

Despicable Me 3 - 4/10

Despicable Me 3 probeer kapitaliseer op die sukses van sy voorgangers, maar faal ongelukkig. Ten spyte van al die nimlike karakters, kort dit skerper humor. Die grafika is uitstekend, soos te verwagte, maar die lyn verveel. Saam met Anrich en Bella op die bank.