Sunday, June 26, 2016

Suffragette - 9/10

Suffragette is een van daardie flieks waar mens tog iets leer. Dit is nie vermaak nie, maar ook nie net 'n swaar drama nie. Dit is egter puik vervaardig, gepaste rolverdeling en uitstekende vertolkings. Mens leef jou nogals in die film in. Vir die meer denkende fliekganger bedoel, moet nie met springmielies op 'n Vrydagaand regsit nie, eerder wanneer jy wakker en by is. Saam met Bella op die bank.

New Blood, Seisoen 1 - 6/10

New Blood voel so bietjie meer verfrissend, maar A Lucky Man is vir my meer luuks en stylvol. Sal die eerste 3 episodes kyk omdat dit oor een saak handel wat nie te sleg is nie. Saam met Bella op die bank.

Thursday, June 23, 2016

Expecting - 4/10

Ek dink Expecting klassifiseer as 'n kuns tjiekfliekie. Dit is maar flou, en ons weet al beter as om komedie-dramas te probeer. Hulle werk nie altyd uit nie. Die fliek weet nie wat dit probeer wees nie. Die rolverdeling werk glad nie, die getroude paartjie is net te een-dimensioneel, en daar is maar baie min karakterontwikkeling, en een magtige BJ, heeltamal ongelee" en oordrewe onvanpas vir die res van die energie van die fliek. Vermy dalk maar eerder. Saam met Bella op die bank.

Eddie the Eagle - 6/10

Ten spyte van hoe simpel liewe Eddie mag wees, is Eddie the Eagle 'n baie goeie weergawe van wat potensieel 'n baie flou dokumente^r kon gewees het. Mens bly nogals vasgenael, en die vertolking van ou Hugh is heel verrasend. Mens voel die gees by die Spele nogals sterk. Saam met Bella en Anrich op die bank.

Dad's Army - 5/10

Dad's Army is 'n baie ligte kykie na oorlog, as jy nie daarin kan deelneem nie, en die mooi Britse landskap. Heelwat humor. Saam met Bella op die bank.

My Big Fat Greek Wedding 2 - 6/10


Rustige, ongekompliseerde tjiekfliekie, amper so asof hierdie een uit die Tagtigers ontsnap het. Saam met Bella op die bank.

The Notorious Bettie Page - 5/10

The Notorious Bettie Page sneuwel ongelukkig omdat dit op die ou einde soos 'n lang dokumente^r voel. Dit begin heel goed, maar raak dan maar heel vervelig, ten spyte van al die ontblote vel... Saam met Bella op die bank.

How to be Single - 6/10

Kyk, ek is nie 'n groot fe^n van Me Wilson nie, maar hierdie fliekie wys 'n ander New York karakter, jonk, vinnig en verleidend. Die fliek is heel kykbaar met 'n paar snaakse tonele. Vir 'n Vrydagaand as jy moeg van die week is en nie baie wil dink nie. Saam met Bella op die bank.