Thursday, April 30, 2020

The Night Clerk - 4/10

The Night Clerk is 'n lae koste kunsfliek met 'n taamlik vreemde tema. Ek is nie seker wat mens sou beweeg om hierdie film te maak nie. Dit is eintlik dan 'n vermenging van genres wat nie heeltemal sin maak nie. Mens begin die film kyk en hoop dan vir 'n verassende einde, en besef te laat die tyd bele^ daarin betaal nie met dividende nie. Die hoofrol vertoking is sterk, maar die hele fliek kort daai iets. Saam met Bella op die Bank.


Saturday, April 25, 2020

La Belle Époque - 7/10

La Belle Époque is 'n ligte Franse hoofstukkie uit 'n liefdesverhaal. Dit is soet, stout en mooi om na te kyk. Die vertolkings is gepas, en die dialoog vinnig, so mens moet lees aan die onderskrifte dat dit bars. Moderniteit in verlore eras word kreatief herskep as ontvlugtings milieus vir die karakters met ander wat van bo toekyk en elemente in die milieu bestuur, amper soos 'n poppespel met regte mense op volskaal. Saam met Bella op die Bank.


Friday, April 24, 2020

Trading Paint - 4/10

Ten spyte van die rolverdeling, is Trading Paint baie voorspelbaar, 'n uitmundende voorbeeld van film cliche's en net te sentimenteel. Is tog redelike Vrydagaand as jy pap is kykmateriaal. 'n Outomobiel tjiek se fliek. Saam met Bella op die Bank.


Monday, April 20, 2020

Hunters, Seisoen 1 - 1/10

Na so vinnige skip kyk deur die eerste episode van Hunters het ons besluit om dit eerder te los. 


Saturday, April 18, 2020

Misbehaviour - 7/10

Misbehaviour is met net genoeg sensasie en drama gemaak, enigsins meer en dit sou onkykbaar wees. Ten spyte van als wat mens weet rondom die aktuale sake van die dag wat uitgebeeld word, leer mens tog nog 'n ding of twee by. Saam met Bella op die Bank.




Friday, April 17, 2020

Finding Steve McQueen - 6/10

Finding Steve McQueen is 'n soete, stil, periode bankroof fliekie, gebaseer op ware gebeure. Dit is aangenaam om te kyk met speelse vertolkings wat andersins baie vervelig sou wees. Saam met Bella op die Bank.

Saturday, April 11, 2020

Love. Wedding. Repeat - 6/10

Love. Wedding. Repeat is 'n taamlik gemiddelde tjiekfliekie, darem ten minste met 'n paar lag-snaakse tonele, veral die eerste slaap ene. En so een lus vir die oog aktrise. En natuurlik die Italiaanse villa en klein dorpie. Ai. Saam met Bella op die Bank.


Friday, April 10, 2020

The World's Fastest Indian - 6/10

The World's Fastest Indian is ligte kykmateriaal, ongekompliseerd en met 'n eenvoudige lyn. Beter as gemiddeld, en laat mens deel voel van die uiteindelike poging. Saam met Bella en Anrich op die Bank.


Thursday, April 9, 2020

Bodyguard, Seisoen 1 - 6/10

Bodyguard lyk glad nie te sleg nie, dalk 'n bietjie te ernstig, soos die manlike hoofrol vertolking. Maar Brits en onderspeeld. Saam met Bella op die Bank.


Sunday, April 5, 2020

The Spanish Princess, Minireeks - 6/10

Gits, The Spanish Princess is 'n sterk jong dame. Sy vatikaki. Interessante deel van die Britse geskiedenis. Kon seker doen met meer oortuigende vertolkings hier en daar, maar steeds heel gangbare kyk materiaal. Saam met Bella op die Bank.


Saturday, April 4, 2020

Military Wives - 5/10

Military Wives is 'n voelgoed fliekie, baie lig en eenvoudig. Tog hou dit mens se aandag al is dit oorwegend tjiekfliek materiaal. Wel op ware gebeure gebaseer. Saam met Bella op die Bank.



Friday, April 3, 2020

Cats - 4/10

Cats het ongelooflike menslike beweegkunde. Maar die lyn en die gevoel is vreemd en mens kan dit net solank uitstaan. Ook half vervelig. Ons het die eerste en laaste stukke gekyk. Die dialoog en musiek is net te flou. Saam met Bella op die bank.

Bloodshot - x/10

Het die eerste 20 minute van Bloodshot begin kyk, maar sal dit dalk alleen klaar kyk, nie Bella se koppie tee nie.