Friday, December 30, 2022

man vs bee

Maar net 'n mr bean talkie

medieval

Bietjie te veel fights 
Redelike rolverdeling, milieu 

Tuesday, December 27, 2022

super intelligence

Baie lig 
Tesla is n karakter 
Nie te lank en uitgerek nie
Perfekte laaste dag van die vakansie materiaal 
Gullibility van die mens en dalk ook n super ai?

the boy the mole the fox Nd the horse

Animasie kuns
Sagte storietjie

Sunday, December 25, 2022

night sky

Oudword is nie vir sissies nie
Laat wormhole travel soos gewone pap lyk
Te veel stories in een, oudword, time travel, familie drama, verwerking van (dood) verlies, kinders grootmaak, kultus, goed en kwaad ....


a spy among us

Gritty nice periode drama
Beweeg nogals stadig

the responder

Te veel wroeg en swaar 

inside man

Hmmm nee lyk nie goed nie

the dry

Hmm nee te veel van n wroeg

flowers in the attic the origin

Swak, geforseerd, bewys die amerikaners kan nie iets soos downton maak nie
Die hoofrol lyk soos haar man se ma

the fablemans

Nee wat baie amateuragtig, self gemaak vervelig verby

Saturday, December 24, 2022

glass onion

Lig
Aksent van jb irritasie 
Elon musk
Cv19 kommentaar 

Friday, December 23, 2022

Thursday, December 15, 2022

A taste for hunger

 Deense fliek

Tipies ekonomies en minimalisties

redelike drama

meer fokus op drama as die kos self


Sunday, December 11, 2022

the watcher

Eerste episode redelig flou

Saturday, December 10, 2022

bandit

Periode getrou
Lig

Thursday, December 8, 2022

Saturday, December 3, 2022

kajilionnaire

Baie wierd mense 
Sterk vertolkings 
Ekonomies vervaardig 
Skuim teen die mure afloop analogie vir wat?
Simboliek ryk, vreemde agteroorloop, skuim wat teen mure afloop, lee huis aan die einde wat nuwe begin aanwys



Tuesday, November 29, 2022

donkerbos

Vergelykbaar met europese procedurals
Milieu n karakter 
Akkurate vertolkings 

Sunday, November 27, 2022

weird al yankivic

Sataand gekyk
Laf
Sterk hoofrol vertolking 
Nooit van hierdie geweet nie
Madonna vertolking nogal goed 

Saturday, November 26, 2022

emily

Ware kunsfilm
Brandende passie
Uitstaande vertolkings 
Uncluttered milieu
Groot ooptes soos binneste

Friday, November 25, 2022

Sunday, November 20, 2022

lamborghini

Ietwat amateuragtig
Trn spyte tog kykbaar

Saturday, November 19, 2022

black adam

Pateties
Swak raserige klankbaan 
Beslis nie epies nie
Rolverdeling vreemd
Sterre red dit nie
Kon dit nie klaarkyk nie

Sunday, November 13, 2022

all quiet on the western front

Oorlog in sy grimmigste vorm
Vermensliking van die soldaat, gewoonlik die een aan die ander kant
Oordadigheid van die spelmeesters
Vreemde musiekbaan
Duits met onderskrifte 
Donker swaar en ontstellend 

Saturday, November 12, 2022

amsterdam

Vreemderige tema
Starload3d
Romantiese lens
Praterig
Herinner sterk aan pennyworth

Friday, November 11, 2022

the lost king

Beginsel fliekie, redelik kykbaar, ware gebeure

Friday, November 4, 2022

the storied life of aj fikry

Snot en trane love story 
Wyer toegangklik
Gepaste rolverdeling 
Sluimerende milieu


Saturday, October 29, 2022

Friday, October 28, 2022

Sunday, October 23, 2022

Saturday, October 22, 2022

Friday, October 21, 2022

raymond & ray

Kunsfliek
Aweregse humor
Ekonomiese rolverdeling milieu en lyn
Karakterstudie van persoon nie in die fliek nie

school for good and evil

Gits nee nie eers 3minute nie
Swak rolverdeling 
Lyk amateuragtig
Standard 3 dogter materiaal 

andor

Ok maar wil nie tyd belê in die karakters nie
Redelik vervaardig 

Thursday, October 20, 2022

Saturday, October 1, 2022

bullet train

Lig
Tarantino-rig
MAKABERE komedie 
Helder kleure 
Moderne milieu

Sunday, September 11, 2022

Saturday, September 10, 2022

brian & charles

Moderne frankenstein , maar die monster is ander mense
Mooi milieu,  wallis
Koud nat renerig heeltyd 
Die goeie oorwin

Friday, September 9, 2022

Where the Crawdad Sings - 7/10

Sagte fliekie
Herinner sterk aan iets soos Fried Green Tomatoes
Mooi verfilm
Goeie rolverdeling
Marsh sterk karakter, vloeiend, onvergewend maar vergewend
Taylor Swift the Carolina liedjie mooi

Monday, August 29, 2022

Saturday, August 27, 2022

spiderhead

Gits nee Hemsworth werk nie as mad scientist nie, en die hele affere is net te dik vir n daalder. 

Monday, August 22, 2022

Sunday, August 21, 2022

margrete

Leer iets
Regte dene
Goed gemaak

Saturday, August 20, 2022

rogue agent

Ware gebeure
Low key brits
Gepaste rolverdeling

she hulk

Wednesday, August 17, 2022

The Offer, Minireeks - 9/10

Wel, as mens die moeite doen om The Offer te kyk, moet mens eers The Godfather kyk as voorbereiding. Dit maak The Offer net soveel beter. Die minireeks is getrou aan die era en milieu. Die stelinkleding, kostuumwerk, en rolverdeling is soos die vertolkings uit die boonste rakke. Hoogs aan te beveel. Saam met Bella op die Bank.



Tuesday, August 16, 2022

Saturday, August 13, 2022

Tuesday, August 9, 2022

Elvis - 4/10

 Hulle moes eerder die fliek COl Parker genoem het

Swakste rol ooit wat Tom Hanks vertolk het

Elvis has left the movie

Wanneer kom die regte Elvis fliek?


Sunday, August 7, 2022

mrs harris in paris

 baie sweet ou fliekie

visueel 

Biethie soos paddington


Friday, August 5, 2022

Saturday, July 30, 2022

On A Magical Night

Black Bird, Minireeks - x/10

Openings titels en sekwens bevat beelde en tonele wat nie sin maak of voorkom in die episodes nie behalwe vir die swart voels

Sunday, July 24, 2022

Friday, July 22, 2022

Sunday, July 17, 2022

Saturday, July 16, 2022

The Godfather - 8/10

The Godfather mag miskien in die jaar van my geboorte vrygestel gewees het, maar is beslis 'n klassieke film wat die toets van tyd deurstaan. Getrou aan van films van die era is dit 'n langer sessie, maar beslis nie saai nie. Ons het hierdie as huiswerk vir The Offer gekyk. Al kyk mens net die film, is dit steeds die moeite werd. Saam met Bella op die Bank.

  

Friday, July 15, 2022

Persuasion - 6/10

Persuasion is redelik as periode drama, maar die rolverdeling kon sterker. Tog kykbaar met redelike milieu en stelinkleding. Saam met Bella op die Bank.

  

Thursday, July 14, 2022

Lightyear - 3/10

Lightyear bewys weereens, al is al die elemente - rolverdeling, vorige suksesse, grafika, beminde karakters, alles - aan jou kant, is dit nie 'n waarborg nie. Hierdie is sekerlik die grootste teleurstelling van die dekade. Ai. Saam met Bella op die Bank.



Wednesday, July 13, 2022

Love & Gelato - 6/10

Wel, hoe kan enige iets wat oor kos handel, en die liefde, en in Italie" afspeel nie kykbaar wees nie? Love & Gelato is prettig, lig en romanties verleidend. Saam met Bella op die Bank.


Saturday, July 9, 2022

Callas Forever - 7/10

Gits maar Dame Callas was maar moeilik. Die film, alhoewel ouer is tog tydloos, grotendeels agv die klankbaan. Sterbelaaide rolverdeling, gepaste vertolkings vir die era (ietwat oordrewe) asook milieu. Saam met Bella op die Bank.


Thursday, July 7, 2022

Thor: Lover and Thunder - 5/10

Thor: Lover and Thunder is pret en humor en lig. Verwag die Hollywood enjin op sy stukke. Die eerste derde is bietjie saai, maar dan raak dit tog beter. Saam met Franko by Menlyn.


 

Wednesday, July 6, 2022

Suspect, Minireeks - 8/10

Dit is min dat ons 'n reeks spoedkyk, maar Suspect is beslis een. Gepaste rolverdeling, sterk vertolkings en 'n geloofwaardige ontknoping. Saam met Bella op die bank.


 

Sunday, July 3, 2022

Inventing Anna, Minireeks - 5/10

Dit is nog nie seker of ons Inventing Anna verder gaan kyk nie. Die loodsepisode verwek nie juis enige afwagting of opgewondenheid nie.... Dit is blykbaar op ware gebeure gebaseer. Saam met Bella op die Bank.

 

Friday, July 1, 2022

Maigret (2022) - 6/10

Hierdie uitgawe van die bekende speurder is dalk nie die beste nie, ten sypte van die indrukwekkende hoofrol verdeling en dat dit wel in Frans met onderskrifte is. Die ontkoping was nie juis interessant nie. Dink ek het dalk 'n stukkie of wat gemis met swaar oe". Saam met Bella op die Bank.
 


Saturday, June 25, 2022

The Man from Toronto - 6/10

The Man from Toronto het inderdaad 'n meer indrukwekkende titel as wat die film self is. Die fliekie het wel sy oomblikke met 'n paar snaakses daarby toe. Ligte tong in die kies materiaal vir 'n pap Vrydagaand. Saam met Bella op die Bank.


 



Monday, June 20, 2022

Redemption, Minireeks - 6/10

Redemption is 'n redelike Britse prosedurale polisie storie met geloofwaardige vertolkings, rolverdeling, gebeure en milieu. Mens wil dit nogals klaar kyk om agter die kap van die byl te kom. Die ontkoping maak sin, maar mens voel tog bietjie ingedoen. Saam met Bella op die Bank.



Sunday, June 19, 2022

Julia, Reeks - 7/10

Julia se stem kan ietwat te veel raak, maar haar warmte en hartlikheid oorrompel enige gehoor. Kyk beslis hierdie as jy van haar weet, haar boek gelees het, of haar reeks gekyk het, of die fliek oor haar reeks gekry het. Sy het beslis voluit (volstoom?) geleef en alles met gusto aangepak. Sy was ook lewens groot, fisies teen 1.88m! Saam met Bella op die Bank. Bon Appetit!  


Star Trek: Strange New Worlds - 3/10

Dalk het ons verleer om Star Trek te kyk, maar Star Trek: Strange New Worlds is beslis vreemd vervelig. Die intriges en karakters wen beslis nie mens se guns nie. Nie eens die loodsepisode was boeiend nie. Saam met Bella op die Bank.





Black Site - 1/10

Black Site is 'n papperige fliekie met so-so vertolkings. Dit begin heel belowend, maar verval dan vinnig in dodelike cliches. Ons het maar die aftog geblaas. Saam met Bella op die Bank.




The Tragedy of Macbeth - 5/10

Dalk as ek Macbeth op skool gedoen het so ek deur hierdie swoeg, maar vir eers het ons The Tragedy of Macbeth gelos. Saam met Bella op die Bank.




The Sunset Limited - 5/10

The Sunset Limited is waarskynlik uitstekend maar die slag het ons nie kans gesien vir so hoe" film nie. Saam met Bella op die Bank.


Greenberg - 4/10

Greenberg het 'n sterbelaaide rolverdeling, maar dalk is dit sy ouderdom wat wys, of net nie ons tipe storie nie. Na sowat 20 minute die aftog geblaas. Saam met Bella op die Bank.



Melancholia - 4/10

Melancholia het aanvanklik na iets kykbaar gekyk, maar binne minute het ons vasgestel dit gaan nie werk nie. Saam met Bella op die Bank.


Father Stu - 4/10

Father Stu het 'n indrukwekkende rolverdeling maar was nie ons koppie tee nie. Het eerder die handskoene ingegooi vir hierdie een. Saam met Bella op die Bank.


Saturday, June 18, 2022

Cha Cha Real Smooth - 3/10

Cha Cha Real Smooth het 'n aanloklike titel en redelike rolverdeling, maar heelaas, flou vertolkings. Aftog geblaas na sowat 15 minute. Saam met Bella op die Bank.



 

Thursday, June 16, 2022

Interceptor - 3/10

Interceptor begin belowend maar verval dan baie skielik in 'n papperige affere. Nee wat, beslis nie klaarkyk materiaal nie. Die vertolkings is eenvoudig nie oortuigend nie. Saam me Bella op die Bank.


Sunday, June 12, 2022

Im Labyrinth des Schweigens (Labyrinth of Lies) - 7/10

Labyrinth of Lies is 'n stylvolle na-oorlog periode drama. Dit wys 'n verassende element wat gebaseer is op ware gebeure. Beslis die moeite werd as geskiedenis jou kos is. Saam met Bella op die Bank.





The Spy Who Never Dies - 3/10

The Spy Who Never Dies lyk erg belowend, maar faal binne die eerste 15 minute. Dit is pap en flou en leeg. Nee wat, gaap. Saam met Bella op die Bank.




Spitfire Over Berlin - 6/10

Spitfire Over Berlin vertel die reeks van tragiese gebeure wat gelei het tot iets wat beide kante nie wou had nie. Die rekenaar grafieka is hier en daar sigbaar, maar die vertolkings sterk en gepas. Die film slaag wel daarin om mens deel van die absolute paniek te maak, veral waar die name deur 'n jong seun gelees word. Saam met Bella op die Bank.



  

Friday, June 10, 2022

Downton Abbey: A New Era - 7/10

Downton Abbey: A New Era is 'n gepaste afsluiting van die reeks (en vorige film). Vol van die verwagte, met 'n ietwat meganistiese gevoel hierdie slag - afhandeling van 'n saak. Maar steeds iets wat Downton-kykers moet kyk. Saam met Bella op die Bank.



Saturday, June 4, 2022

Toscana - 6/10

Toscana het 'n sterk onderspeelde trant met 'n besliste Deense minimalisme. Die hoofrol vertolking is vreemderig, maar dit ten spyte voel die film eerlik en hartlik. Alles is nie hier maneskyn en rose nie. Maar goeters werk tog uit soos dit moet. Kyk wanneer jy oop is vir iets anders maar met die verleiding van die Italiaanse landskap, sy mense, en belangriker, sy kos kan saamleef. Saam met Bella op die Bank. 
 

 

Fantastic Beasts: The Secrets of Dumbledore - 3/10

Fantastic Beasts: The Secrets of Dumbledore het wel uitstaande grafika, 'n indrukwekkende rolverdeling (wel sonder die trekpleister, Mnr Depp), en 'n fantastiese draaiboek. Heelaas beindruk die hele petalje my ongelukkig glad nie. Gaap. Saam met Bella op die Bank.




The Lincoln Lawyer, Minireek - 6/10

The Lincoln Lawyer is een van die min reekse wat ons so vinnig moontlik klaar gekyk het. Die reeksie slaag daarin om die aandag te behou en die afwagting na die volgende episode te verseker. Die rolverdeling werk en mens kan die uitkoms seker nie heeltemal voorspel nie, maar is tog geloofwaardig. Die milieu dra by as karakter op eie stoom. Saam met Bella op die Bank.



Sunday, May 29, 2022

The Match - 7/10

Moet nie 'n Hollywood einde met The Match verwag nie. Dit is nie histories 100% korrek nie, maar van die belangrike dele is wel. Goed en geloofwaardig vervaardig. Bevestig die monsters wat oorlog mense maak. Saam met Bella op die Bank.

 

Top Gun: Maverick - 8/10

Top Gun: Maverick doen gestand aan sy voorganger, al is dit soveel jare later. Die enigste kritiek wat ek kan he^, is die heelwat swakker klankbaan en minder gebruik van die vorige treffers. Moes ons eerste poging laat staan by Kolonnade, al die sitplekke was uitverkoop, maar met die tweede slag kon ons die film te sien kry.    




Sunday, May 22, 2022

The Last Bus (2021) - 8/10

Met sy absolute eenvoud oorrompel hierdie ekonomiese verhaaltjie mens. The Last Bus bewys dat aanvaarding, vasberadenheid, eerlikheid, opregtheid en onbevooroordeeldheid 'n ver pad kan gaan, letterlik en figuurlik. Bittersoet. Saam met Bella op die Bank.


Saturday, May 21, 2022

Anatomy of a Scandal, Minireeks - 7/10

Anatomy of a Scandal druk mens nogals tot klaarkyk (wat is 'n beter term vir binge watch?). Die rolverdeling is gepas, die vertolkings net-net genoeg oormatig en oordrewe, en die lyn grotendeels geloofwaardig. 'n Puik vervaardige minireeks wat beslis die kyk en tyd werd is. Herinner tot 'n mate aan The Undoing, maar hierdie poging is meer stylvol met 'n geloofwaardige, bevredigende ontknoping. Saam met Bella op die Bank.





Fukushima: A Nuclear Story - 7/10

Fukushima: A Nuclear Story het 'n rustige pas, maat skep 'n grim beeld van atoomenergie. Dit voel nie sensaioneel nie, maar dit sal mens self nooit kan vasstel nie. Wel die moeite werd al is dit net vir 'n oorsig van die gebeure. Saam met Anrich op die Bank.



Sunday, May 15, 2022

Operations Mincemeat - 8/10

Operations Mincemeat is tonekrul lekkerkry materiaal. Die Koningin se beste word hier opgedis met die parmantigste taalgebruik, met die bes moontlike rolverdeling. Weereens geniet ons 'n film waar mens iets leer van die verlede. Saam met Bella op die Bank.




Saturday, May 14, 2022

The Northman - 7/10

The Northman voel meer getrou as iets soos Vikings of The Last Kingdom - beide skep heeltemal te luukse beelde van soveel jare terug en omstandighede. Die rolverdeling werk met sterk vertolkings en 'n geloofwaardige storielyn. Kyk gerus as jy van die twee bg. reekse gehou het. Saam met Bella op die Bank.



 

Friday, May 13, 2022

The Lost City - 6/10

The Lost City is genre gewys een van die beter voorbeelde uit die Hollywood drukpers - sonder te veel pretensie en erns, met genoeg simpel humor. Vrydagaand springmielie meteriaal as ligte vermaak en ontspanning. Saam met Bella op die Bank. 
 

Sunday, May 8, 2022

The Bombardment (aka The Shadow in my Eye) - 7/10

The Bombardment bevestig die grim van oorlog, wel op 'n gevoelvolle, stylvolle manier. 'n Eenvoudige reeks van gebeure wat tot die ondenkbare gelei het. Beslis iets wat jy moet kyk as jy die Tweede We^reldoorlog geskiedenis interessant vind. Uitstekend vervaardig. Saam met Bella op die Bank.


Saturday, May 7, 2022

Percy Vs Goliath - 6/10

Percy Vs Goliath is 'n eenvoudige fliekie met 'n groot boodskap. Geld wen altyd. Eintlik maar net nog meer onstellende materiaal vir denke. Saam met Bella op die Bank.


Monday, May 2, 2022

Reacher, Reeks - 6/10

Reacher is lewensgroot maar koop mens se guns met sy skerp dialoog. Die loodsepisode is belowend met geloofwaardige karakters. Sal die korter reekse klaar kyk. Saam met Bella op die Bank.


David Attenborough: A Life on Our Planet - 6/10

David Attenborough: A Life on Our Planet is uiteindelik 'n opsomming van verskeie van sy bekende programme. Die opsomming is egter neerdrukkend met 'n klein gleufie hoop vir ons geliefde planeet. Saam met Anrich op die Bank.





Saturday, April 30, 2022

The Outfit - 7/10

The Outfit is beslis 'n grendelstaat fliekie met erge milieu en karakter ekonomie. Die lyn, kostuum, periode, styl, visuele en spraak elemente lei beslis nie daaronder nie, en behou mens se aandag deurentyd. 'n Verwagte maar nodige ontknoping rond die kykgenot af. Saam met Bella op die Bank.




Squid Game, Minireeks - 7/10

Squid Game is amper kinderlik in sy eenvoud. Dit plaas egter menslike gedrag onder die vergrootglas op 'n skaal lanklaas gesien. Mens wil die kort reeksie vinnig klaarkyk, amper met dieselfde haas as wat die aanvaklik onwillige deelnemers die spel wil wen. Saam met Bella op die Bank.

  

Friday, April 29, 2022

Chaos Walking - 7/10

So nou en dan is daar 'n film wat innoverend is en 'n nuwe konsep op so manier verbeeld dat mens wonder hoekom dit nie al lankal gedoen is nie. Die Noise in Chaos Walking, sowel as die grafiese uitbeelding daarvan is in meeste opsigte prettig en vars. Behalwe seker waar die wolkies donker word... Die uitbeelding van mans in die algemeen as een-dimensionele slagoffers van hul eie gedagte is dalk bietjie seksisties, maar seker dan ook raak. Makisaki, hierdie was 'n onverwagse vermaaklike fliek. Mens kan ook 'n hele Doktorsgraad doen oor die sosiologie van sulke futuristiese pioniersgemeenskappe met sy menslike tropgedrag en al. Saam met Bella op die Bank.



Thursday, April 28, 2022

Temple, Minireeks - 5/10

Temple het dit nie eers gemaak vir 'n eerste paar minute nie.


Love Me, Minireeks - 4/10

Love Me het aanvanklik die moeite werd gelyk, maar nie seker of ons die tyd gaan spandeer nie - te dramarig. O, en dit is Australiaans. Saam met Bella op die Bank.


Wednesday, April 27, 2022

The Interpreter - 5/10

The Interpreter is heel kykbaar. Dit is nie oormatig sentimenteel nie, en die lyn redelik geloofwaardig. Perfek vir 'n Vrydag of Saterdagaand. Saam met Bella op die Bank.



Monday, April 25, 2022

Vikings: Valhalla, Reeks - 3/10

Vikings: Valhalla bewys splinterreekse werk nie altyd nie. Hierdie is 'n tam, flou opvolg. Nee wat, dit lyk en klink amateuragtig, gaan beslis nie die tyd spandeer nie. Saam met Bella op die Bank.


Sunday, April 24, 2022

A Very British Scandal, Minireeks - 6/10

A Very British Scandal bevestig die ander kant is nie altyd so rose en maanskyn nie. Periode, kostuum en dialoog doen gestand aan die Briste manier van langoedlewe. Saam met Bella op die Bank.



  

Re Granchio (The Tale of King Crab) - 4/10

Re Granchio (The Tale of King Crab) lyk baie belowend maar is eintlik net 'n groot geraas. Het na sowat 15 minute moed opgegee. Nie alle Italiaanse kunsflieks werk nie... Saam met Bella op die Bank.