Friday, December 31, 2021

Ghostbusters: Afterlife - 2/10

Gits, Ghostbusters: Afterlife kon nie 'n swakker opvolg van die vorige film wees nie. Die film is lank en vervelig met eindelose herhaling. Hou beslis verby. Ons het na die eerste 45 minute begin spring na die einde toe net om te sien of daar wel iets sinvol gebeur. Saam met Bella op die Bank.



Thursday, December 30, 2021

Hawkeye, Minireeks - 6/10

Hawkeye is 'n kort minireeksie wat heel gemaklik kyk. Dit is nie oordrewe nie, en die lyn, karakters en milieu word geloofwaardig voorgehou. Saam met Bella op die Bank.

 

Monday, December 27, 2021

The Kominsky Method, Reeks - 7/10

The Kominsky Method lyk baie belowend na 'n voorstel van Hercules. Dit is 'n sagter kykie na oudword, met heelwat skerp dialoog. Die rolverdeling is nogals alternatief vir Hollywood. Saam met Bella op die Bank.



  

Last Looks - 5/10

Last Looks is 'n redelike wieritgedoen fliekie, met 'n amperse Film Noir gevoel, maar dan ook nie. Die rolverdeling is redelik, met 'n nuwe manlike hoofrol. Dit kyk heel aangenaam en is 'n goeie opsie vir 'n Vrydagaand. Dit is egter een van die min films waar die manlike hoofrol nogals pakslae vat maar geen uitdeel nie. Saam met Bella op die Bank.




  


Sunday, December 26, 2021

Jonathan Creek, Reeks - 5/10

Jonathan Creek wys sy ouderdom ietwat, maar omdat dit 'n wieritgedoen reeksie is - elke episode is 'n saak - maak dit nie juis saak nie. Die oordrewe verhoogstyl monoloog optrede van die akteurs is by tye komies en/of irriterend, maar dit lyk of latere seisoene beter raak in hierdie opsig. Saam met Bella op die Bank.



  

Saturday, December 25, 2021

Dopesick, Minireeks - 7/10

Dopesick, tesame met Don't Look Up! en Dr Death bevestig heelwat wat mens vermoed, en dan besef is waarskynlik nog erger as wat mens kan indink. Kort nou net 'n reeksie oor wat ons elke dag eet... Die reeks is beslis nie vermaaklik nie, met interpretasie rondom werklike gebeure. Die wonderpynmiddel bestaan steeds, en die uiteinde is dat die familie steeds een van die rykstes in die wereld is. Die rolverdeling is gepas met sterk vertolkings. Saam met Bella op die Bank.


Being the Ricardos - 5/10

Being the Ricardos is waarskynlik uigtstekend met sy sterk rolverdeling en gepaste vertolkings. Die periode lyk romanties en raak, sowel as die stel, stelinkleding en kostuumwerk. Dalk sou dit sin gemaak het as ons die sepies gekyk het waarin Lucille Ball verskyn het. Met te min konteks vir die drama het ons die aftog geblaas. Saam met Bella op die Bank. 






Friday, December 24, 2021

Don't Look Up! - 8/10

Don't Look Up! lewer sterk sosiale kommentaar. Alhoewel die lyn handel oor 'n komeet wat die aarde gaan tref, is die kommentaar direk van toepassing op meeste globale gebeure en reaksies, soos bv die huidige pandemie en aardverwarming. As mens verby die kommentaar kyk is die fliek op sy eie ook vermaaklik. Dit is ook 'n uitstekende opsomming van 2020 en 2021 in een. Die rolverdeling is perfek met sterk vertolkings. Reaksies en gebeure is (en gaan) waarskynlik erger wees as wat uitgebeeld word. Die film bevestig ook ou Leo as 'n top manlike hoofakteur. Ek is egter seker, agv van die nabye pandemie analogie gaan hierdie film sneuwel by die toekenningsgeleenthede... Saam met Bella op die Bank.


Thursday, December 23, 2021

Fosse/Verdon, Minireeks - 5/10

Fosse/Verdon is waarskynlik uitstekend, maar dalk nie iets wat ons nou sal volg nie. Saam met Bella op die Bank.



Wednesday, December 22, 2021

The Matrix: Resurrections - 2/10

The Matrix: Resurrection lei aan die voorprent siekte - dit lyk erg belowend met baie koel tonele, en dan het die voorprent al die koel tonele bevat en die res van die film is so saai en vervelig mens sukkel om al die baie praat en herhaling te verduur. Regtig 'n swak poging. Saam met Bella op die Bank. 



 

Sunday, December 19, 2021

Annika, Reeks - 6/10

Annika is 'n mengsel van Sweedse eenvoud en Skotse aksent. Die episodes staan grootliks alleen met 'n paar drade wat deurvleg. Die karakters is geloofwaardig en die dialoog beslis meer volwasse. Die sake is nie te kompleks of fantasties nie, maar met genoeg lyf om mens gei"nteresseerd te hou. Europese reeks bly steeds verfrissend gestroop van pretensie. Saam met Bella op die Bank.   



Chapelwaite, Reeks - 5/10

Chapelwaite is waarskynlik die moeite werd, maar net te donker vir ons. Die milieu, kostuumwerk, rolverdeling en klankryke styl is uitstekend, maar dalk nie vir nou nie. Saam met Bella op die Bank. 


 

Maid, Minireeks - 5/10

Maid is waarskynlik beter as die punt wat ek gee, maar ons het na sowat 15 minute van die loodsepisode besluit hierdie dalk nie die moeite werd nie. Saam met Bella op die Bank.


Spiderman: No Way Home - 6/10

Ek sou nie reken Spiderman: No Way Home is die beste ooit nie, maar mens geniet dit tog. Min of meer alles soos te verwagte, meesal in die oortreffende trap. Saam met Bella en Franko by Kolonnade. 






Saturday, December 18, 2021

The French Dispatch - 6/10

The French Dispatch is 'n vertoonstuk van kreatiwiteit, talent en stilistiese uitdrukking in 'n kleurvolle skynwe^reld. Meer vir ervare kunskring liefhebbers bedoel. Die verteltrantstyl is ook baie spesifiek. Die film is tong in die kies komies, maar eerder eienaardig as skatersnaaks. Saam met Bella op die Bank.



 

  

Thursday, December 16, 2021

Sorjonen: Muraalimurhat (Bordertown: The Mural Murders) - 5/10

Sorjonen: Muraalimurhat is redelike wieritgedoen materiaal, maar die hoofkarakter se anderste gedrag werk nie so goed nie. Dit val nie in die kategorie van Monk, Mentalist of Lie to Me nie. Die lyn is ook taamlik kompleks, en sekere details raak tog verlore in die vertaling, veral die meer filosofiese elemente. Saam met Bella op die Bank.

  



Sunday, December 12, 2021

De Tweeling - 7/10

De Tweeling is 'n Tweede We^reld Oorlog periode drama met 'n geloofwaardige storie. Dit het 'n duursame gevoel en ordentlik vervaardig. Daar is ook heelwat Duits saam met die Hollands, wat mens redelik kan volg. Saam met Bella op die Bank.




Friday, December 10, 2021

The Hating Game - 5/10

The Hating Game doen glad nie te sleg vir sy genre nie. Dit bly 'n tjiekfliek met mooi mense. In geen opsig oordadig nie, heel kykbaar. 'n Aanvaarbare opsie as vakansiefliekie. Saam met Bella op die Bank.

 

Sunday, December 5, 2021

Belfast - 7/10

Belfast vertel die Noord Ierse Konflik vanuit die perspektief van 'n jong laaitie. Die film is nie oormatig sensasioneel of sentimenteel nie, en is nie in kleur nie. Dit versag die konflik, geweld en bloederige tonele heelwat. Dit is maar 'n hartseer verhaal, maar nogals heel kykbaar. Die rolverdeling en vertolkings is uit die boonste rakke, tesame met die milieu stelinkleding en kostuumwerk. Alles voel getrou. Saam met Bella op die Bank.   



Saturday, December 4, 2021

The Last Duel - 7/10

The Last Duel voel baie realisties en periode getrou. Die rolverdeling, vertolkings, kostuumwerk en milieu is van geen detail ontsien nie. As jy van Ridley Scott flieks hou, kyk hierdie een beslis. Saam met Bella op die Bank.


  

What We Do in the Shadows, Reeks - 6/10

What We Do in the Shadows is 'n skyn-dokumente^r. Dit is beslis nie almal se koppie tee nie, maar het regtig snaakse tonele. Saam met Bella op die Bank.