Sunday, October 28, 2018

Burke and Hare - 4/10

Burke and Hare het groot afwagting geskep met die periode, milieu en rolverdeling, maar nogals gefaal as komiese drama. Dit het al die bestandele, maar die broodjie het nie gerys nie. Ai. Saam met Bella op die bank.

Saturday, October 27, 2018

Alpha - 4/10

Alpha is eintlik nogals swak, die milieu en kostuumwerk pas glad nie by die stemwerk, wat skynbaar met moeite ontwikkel is, nie. Die spanningslyn is pap, sonder fut, en die hele petalje lank, stadig en uitgerek. Lang tonele sonder enige bydrae. Saam met Bella op die bank. 

 

Juliet, Naked - 6/10

Juliet, Naked is 'n baie ligte tjiek fliekie, dalk nie helemal gepas vir die manlike gehoor nie. Dit kyk nie te sleg nie, en het voldoende komiese elemente. Dit is dan die rolverdeling wat die film red en kykbaar maak vir 'n wyer gehoor. Saam met Bella op die bank.

Tuesday, October 23, 2018

Camping, Seisoen 1 - 4/10

Die eerste episode van Camping was nir te sleg nie, kon doen met meer humor. Die tweede episode was net eenvoudig flou, so die res lyk nie die moeite werd nie. Dit lyk ook erg ekonomies vervaardigd. Dit ten spyte van 'n redelike rolverdeling. Saam met Bella op die bank. 


Friday, October 19, 2018

Terminal - 3/10

Ten spyte van 'n aantreklike en sterbelaaide rolverdeling, faal Terminal klaaglik. Dalk is dit die irriterende verteller, of dalk net die gebrek aan 'n oortuigende storielyn. In elk geval, kon net sowat die eerste derde uithou. Bella het sommer van die begin af handoek ingegooi. 

Monday, October 15, 2018

King Arthur: Legend of the Sword - 5/10

King Arthur: Legend of the Sword het ons destyds gesien toe dit beskikbaar geraak het. Weet nie hoekom die resensensie verlore geraak het nie.... Nietemin, dit het nie die beste indruk gelaat nie. was te veel fantasie en te min storie. Saam met Bella (en die res?) op die bank.



Sunday, October 14, 2018

The Kindergarten Teacher - 6/10

The Kindergarten Teacher is 'n overwagse sielkundige riller. Alhoewel 'n kort film, voel dit langer oor die gemete pas. Dit is berekenend, met 'n oomblik van waansin wat dan die lyn voltrek in 'n enkele stap. Nie daardie warm verhaal oor 'n wunderkind nie... Saam met Bella op die bank.

Saturday, October 13, 2018

Loving Vincent - 8/10

Loving Vincent is uiters kreatief vervaardig, met gepaste stemwerk en lyn. Alhoewel ek dele gemis het (was baie moeg), is hierdie beslis die moeite werd en moet ek daar maar nogmaals kyk. Saam met Bella op die bank.



Manifest, Seisoen 1 - 3/10

Manifest lyk net te sepierig. Mooi mense, diep gesprekke sonder veel rigting of doelwit. Nee wat, het nie eers die eerste episode 5 minute kans gegee nie. Saam met Bella op die bank.


Friday, October 12, 2018

The Clapper - 6/10

The Clapper is uiteindelik 'n klasles in realiteits kwets programme. Hoe die geblikte lag en klap bedryf werk. En dan 'n propperse tjiekfliek met 'n hopelose romantikus in die reseppie. Kykbaar, maar moet nie te veel verwag nie. Tot 'n mate 'n vreemde rolverdeling, veral met die vroulike hoofrol. Saam met Bella op die bank. 


The Romanoffs, Seisoen 1 - 3/10

The Romanoffs lyk belowend, maar dan verval dit taamlik vinnig in 'n baie oppervlakkige tydsvermorsing. Amper asof dit 'n teoretiese oefening is in reeks vervaardiging. Nee wat. Beste deel is die rolverdeling, milieu en dan die inleidende konteks vignette. Saam met Bella op die bank.

DC Titans, Seisoen 1 - 3/10

Hmmm, nee, nie lus vir die demoon tema van DC Titans nie... Het so 10 minute van die eertste episode kon maak en opgegee. Saam met Bella op die bank.


Thursday, October 11, 2018

Life, Love, Lust (2010) - 6/10

Life, Love, Lust is drie aparte vignette wat elk handel oor 'n deel van die film titel. Baie gewaagde erotika (vir 2010). Het dit in Wilderness Nasionale Park gekyk tydens 'n Oktober 2020 werksreis. 




Saturday, October 6, 2018

Swimming with Men - 6/10

Swimming with Men is 'n teer kykie na aanvaarding, alhoewel gebaseer op ware gebeure. 'n Baie eenvoudige en ekonomiese premisse, tog kykbaar met net genoeg komiese en pynigende tonele. Saam met Bella op die bank.


The Crossing, Seiusoen 1 - 6/10

The Crossing is 'n korter reeks, anders sou dit uitmergelend geraak het. Daar gebeur genoeg in 'n episode, en die spanningslyn tel stadig op. Dit voel te veel na iets soos Under the Dome en The Mist, maar is tog kykbaar. Ten minste werk die rolverdeling. Saam met Bella op die bank.

Wednesday, October 3, 2018

Ant-Man and the Wasp - 8/10

Al is Ant-Man and the Wasp baie lig, is dit propvol tonekrul aksie en taamlik onskuldige humor. Dit is sekerlik die snaakste superheld film, met so paar van die byrolle wat uitstaan in hierdie opsig. Kyk gerus as jy lus is vir gemaklike ontspanning. Saam met Bella en Anrich op die bank.
 

Monday, October 1, 2018

War Machine - 6/10

As dit nie vir ou Brad se tong-in-die-kies vertolking van Generaal Glenn McMahon was nie, sou War Machine sekerlik gefaal het. Dit is Weermag humor op sy skerpste, maar beslis met al die nodige gekruide taal daarby. Saam met Bella op die bank.