Sunday, May 31, 2020

L'odyssée (The Odyssey) - 7/10

L'odyssée (The Odyssey) werk goed omdat dit in die brontaal verfilm is. Interessante geskiedenis wat bevestig sommige afgode het voete van klei. Al was Jacques Cousteau se intensies nie altyd so edel nie, het hy steeds baie vermag en bewusmaking van ons planeet se fyn balans behaal. Saam met Bella op die Bank. 


Saturday, May 30, 2020

Arctic - 7/10

Arctic bevestig die menslike gees en wil tot oorlewing, en dan ook seker dat nie almal so sterk soos die hoof karakter sou staan nie. Die film voel hiper realisties, soveel so dat mens bibber en beef na dit, en opsluit in jou warm nes gaan kruip. Minimalisties in alle opsigte, behalwe impak. Saam met Bella op die Bank.

A Midsummer Night's Dream - 5/10

A Midsummer Night's Dream is dalk net te volksvreemd. Het nie vir dit kans gesien nie. Sowat 15 minute uitgehou. Saam met Bella op die Bank. 

Friday, May 29, 2020

Mr. Jones - 8/10

Mr. Jones is 'n kragtige uitbeelding van verskeie donker menslike gedragte, veral hoogmoed. Sterk vertolkings, akkurate periode en milieu. Die gru van oorlog en gulsigheid laat mens verslae, so-ook die ontberings wat mense moet ly agv onvanpaste leiers. Dit is dan ook tragies, en meer so omdat dit op ware persone gebaseer is. Beslis as jy lus voel vir 'n kunsfilm met 'n sterk onderbou. Maar wees gewaarsku, nie vir algemene gehore bedoel nie. Saam met Bella op die Bank.


The Limits of Control - 4/10

The Limits of Control is my limiet, dit lyk net te veel na 'n film sonder enige sinvolle dialoog. Uiters minimalisties en repeterend vir effek. Sowat 20 minute later die limiet geslaan. Saam met Bella op die Bank.



The Invisible Man - 4/10

Gits, nee, The Invisible Man werk net nie. Nie lus vir hierdie sinnelose verhaal lyn nie. Redelik vinnig moed opgegee. Saam met Bella op die Bank.


Space Force, Reeks - 6/10

Space Force ... Lekker Vrydagaand eet-voor-die-teevee materiaal. Saam met Bella en Anrich op die Bank.


Thursday, May 28, 2020

Belgravia, Minieeks - 6/10

Belgravia is nou wel nie Downton Abbey nie maar is tog 'n redelike periode drama vol intriges. Dit het wel 'n stouter lyn as Mnr Carson en sy spannetjie, met 'n sappige einde. Saam met Bella op die Bank.


Sunday, May 24, 2020

Marie Curie: The Courage of Knowledge - 6/10

Marie Curie: The Courage of Knowledge is beter as die ander poging omdat dit meer getrou aan die verskeie tale is. Haar lewe bly merkwaardig - sy gee amper alles op vir haar wetenskap. Beslis die moeite werd, al is dit net vir die periode, Saam met Bella op die Bank.

Saturday, May 23, 2020

The Emperor of Paris - 7/10

The Emperor of Paris is 'n lekker sappige Franse kunsfilm gebaseer op ware karakters en gebeure. Dit bevat al die nodige elemente met beter as gemiddelde dosisse. Saam met Bella op die Bank.


The Islands - 4/10

The Islands lyk baie belowend met 'n interessante onderbou gebaseer op ware gebeure. Alhoewel die produksie propers lyk, is die vertolkings en dialoog oninteressant en amateuragtig. Dis jammer, hierdie het potensiaal. Sowat 15 minute lank probeer en die aftog geblaas. Saam met Bella op die Bank. 

A Boy Called Sailboat - 7/10

A Boy Called Sailboat is een van daardie onontdekte juweeltjies. Dit is prettig maar tog ook tragies, en met allerhande vreemde gewoontetjies. Dit is verfrissend anders met 'n karakter en milieu ekonomie wat jou sal bybly vir sy eenvoud maar onverdunde impak. Saam met Bella op Bank


3 Days with Dad - 4/10

3 Days with Dad probeer te veel intrige uitvind en bo-op vasplak dat mens nie vashou daarop kan kry nie. So 20 minute later moes ons tou ingooi. Saam met Bella op die Bank.


Friday, May 22, 2020

Bad Education - 6/10

Bad Education lyk na 'n ordentelike drama, maar net waarvoor ek nie nou lus is nie. Sterk rolverdeling en vertolkings, maar het dit nie klaar gekyk nie. Saam met Bella op die Bank.

Capone - 5/10

Ek was erg teleurgesteld toe ek besef Capone handel oor die einde van sy lewe eerder as al sy rampokkery. Niemand stel in die einde belang nie, eerder die luisteryke, opwindende deel. Het die aftog geblaas na sowat 20 minute. Dit is egter 'n kragspel vir die hoofrol, maar die kool is nie die sous werd nie. Saam met Bella op die Bank.



Torpedo - 5/10

Dit is te duidelik dat Torpedo 'n lae-koste  produksie is met net te amateuragtige dialoog en vertolkings. Het sowat 15 minute kon uithou. Saam met Bella op die Bank. 

Thursday, May 21, 2020

Devs, Minireeks - 7/10

Devs is hipnotiserend, veral die klankbaan. Dit is modern, ekonomies, visueel, en stadig. Moet nie vinnige aksie verwag nie, eerder stadige, swanger tonele. Mens wil sien wat gaan gebeur. Saam met Bella op die Bank.


Wednesday, May 20, 2020

Penny Dreadful: City of Angels - 5/10

Dis nie dat Penny Dreadful: City of Angels so sleg is nie, dit is 'n redelike gehalte produksie, met sterk vertolkings en interessante milieu. Dit is net dat mens nie vir die hoofkarakters omgee nie, en ook nie vir die raaiselagtige moorde nie. Sal eers verby hou met hierdie een. Saam met Bella op die Bank.   

Saturday, May 16, 2020

The King - 7/10

The King is 'n sterk drama met gebeure en karakters eerder volgens Henry V as geskiedenis. Dit is stylvol, sterk vertolkings met die nodige dramatiese effek soos bedoel deur Shakespeare. Beslis vir die connoisseur bedoel. Hier en daar Frans (sonder opskrifte). Saam met Bella op die Bank.



Friday, May 15, 2020

Proximity - 4/10

Proximity is laekoste film of sy beste - die lyn hou mens se aandag, maar daar is 'n paar tonele wat beslis die amateur aanslag sterk laat deurslaan. Tog kykbaar. Saam met Bella op die Bank.

Addams Family Values - 6/10

Het Addams Family Values baie lank terug gesien, maar weer Saam met Bella en Anrich gekyk. Selfs Franko het 'n paar kort stukkies gekyk. Selfde as die voorganger, met humor en tonele wat die moderne oe" sal laat rek...


Saturday, May 9, 2020

Return of the Hero (Le retour du héros) - 5/10

Return of the Hero (Le retour du héros) is 'n baie ligte Franse drama met die mees romantiese klein dorpie. Van die vertolkings is dalk ietwat oordadig, maar daar is heelwat humoristiese oomblikke. Die humor pas goed by die tydperk. Saam met Bella op die Bank.

 

The Addams Family - 6/10

The Addams Family bly tydloos snaaks, na soveel jare. Het dit wel gesien, maar die slag saam met Bella en Anrich, op die Bank. Wat wel pla, is ek onthou hulle van met net een 'd', is dit 'n Mandela effek? Sal wel die opvolg ook met Anrich kyk. 


 

Friday, May 8, 2020

The Song of Names - 7/10

The Song of Names is 'n stadige drama, redelik gevoelvol, met 'n soet maar hartseer verhaal. Sterk vertolkings en 'n raak milieu en periode. Saam met Bella op die Bank.


Saturday, May 2, 2020

Radioactive - 4/10

Radioactive laat mens in war, aan die een kant is dit goed en aan die ander kant baie swak. Die film ambiance pas nie by die tema nie. Dit voel ook in sekere opsigte oordoen, selfs oordadig. Sal dalk beter werk as 'n minireeks. Saam met Bella op die Bank. 


Friday, May 1, 2020

Mulan: Rise of a Warrior - 7/10

Mulan: Rise of a Warrior is in Sjinees met onderskrifte, Dit kyk waarskynlik beter as 'n Hollywood oordrewe interpretasie. Moet nie die beste grafika en toertjies verwag nie, dit voel amper amateur teen die Hollywood masjien, maar is eerlik, sielvol en gepas. Saam met Bella op die Bank.