Saturday, March 16, 2013

Argo - 7/10

Argo is heel goed, met 'n lekker spanningslyn. Eenvoudige storie sonder fieterjasies vertolk. Redelike akteur vertolkings en een van die beste Sewentigs periode dramas wat ek nog gesien het.  Saam met Bella op die bank.  

Sunday, March 3, 2013

Moonrise Kingdom - 8/10

Moonrise Kingdom herinner sterk aan The Royal Tenenbaums maar is dalk so bietjie meer toeganklik vir die hele familie. Later laerskool en op sal dit geniet. Die verhaal is 'n ou soetetjie met 'n ster belaaide rol verdeling. Die vertolkings is baie gepas en lekker tong in die kies. Lekker humoristies en oulik. Kyk gerus. Saam met Bella en Anrich op die bank. 

Saturday, March 2, 2013

Cheerful Weather for the Wedding - 5/10

Cheerful Weather for the Wedding is 'n gemiddelde Engelse tjiekfliekie. Dit bevat tipiese droe" humor, met 'n stadige lyn. Ek was redelik moeg, so heelwat stukkies gemis...ai. Bella het dit nogals geniet. Saam met haar op die bank. 

Friday, March 1, 2013

The Time Traveller's Wife - 6/10

The Time Traveller's Wife is 'n heel kykbare tjiekfliekie. Net jammer ek het die laaste tien minute of so gemis omdat die vliegtuig begin land het....ai. Oulike konsep van tydreis en die impak om die om jou. Kyk gerus saam met liefie op 'n naweek of Sondagaand. Oppad terug van Greding op SA 265.

Lincoln - 8/10

Wel, een ding moet mens Daniel Day Lewis toegee, hy is een van die beste akteurs in omloop. Sy rol in Lincoln is onvergeetlik. Die fliek raak so ietwat vervelig hier en daar, maar is 'n goeie periode drama. Ek wonder so hier en en daar oor die tipe taalgebruik, veral aan die vloek kant. Ek stel voor jy kyk gerus, maar onthou dit het sterk sentiment en tipiese Amerikaanse onderneming. Ek was nogals teleurgesteld in die uitbeelding van sy moord, het meer verwag. Maar dan handel die fliek oor die dertiende amendement en nie sy moord nie. Oppad terug van Greding op SA 265.