Wednesday, March 31, 2010

The Rebound - 5/10

The Rebound was maar baie afgeskiet toe dit in die teaters gedraai het. Dit is glad nie so sleg nie, en werk lekker as 'n Vrydagaand tjiekfliek DVD. Dit is nou wel baie lig, maar het darem hier en daar 'n dieper oomblik. Saam met Bella op die bank.

Monday, March 29, 2010

Land of the Lost - 7/10

Land of the Lost sal beslis nie in almal se smaak val nie, maar is vrek snaaks. Mens kan selfs die irriterende Will Ferrell verdra... Dit val vir my baie in dieselfde kategorie as The Hitchhiker's Guide to the Galaxy of The Life Aquatic with Steve Zissou. Dit werk baie goed op DVD, en die spesiale effekte is nogals heel goed vir 'n fliek wat waarskynlik nie so duur was om te maak nie - net so koel $100m !!! Vrek, hierdie ouens het baie sleg gedoen met die fliek op mainstream, want sover ek weet was dit nie eers hier in die teaters nie...reguit DVD rak toe. Die idee van 'n kosmiese Verlore en Gevind is beslis goeie vermaak, en word uitsstekend uitgebeeld in die fliek. Die slim T-Rex vat die koek. Ek was dalk net lig histeries, maar hierdie fliek het my laat skater - regdeur - en ek sou beslis ook gebly het, soos wat Will Stanton gemaak het! Wow, die Pakuni women is die wag werd.... Die film maak heelwat kommentaar op die wetenskap, veral met steke na die ouens wat werk aan die teorie van alles (mikro/makro), evolusie, menslike gedrag, en nog heelwat. Dit is baie lig, maar ek het die baie geniet saam met Bella en Franko op die bank.


Saturday, March 27, 2010

Moon - 6/10

Moon bestaan uit 'n beknopte milieu met net twee werklike karakters. Dit het 'n kriewelrige storielyn, wat dalk nie so vergesog is as wat mens dink nie. Die fliek is nie ligte vermaak nie. Die drama element is ook egter nie te swaar om te verteer nie. Saam met Bella op die bank.

Couples Retreat - 3/10

Couples Retreat het belowende akteurs, 'n lieflike eiland (die regte een), en hope moontlikhede. Ek vermoed omdat Vince Vaughn een van die skrywers is, en baie lief is om baie te praat, is die fliek maar heelwat saai. Selfs nie eens Jean Reno red die humor in hierdie film nie. Daar is 'n paar snaakse tonele, maar nie genoeg om die fliek 'n properse komedie te maak nie. Dit is ook nie 'n romantiese fliek nie, dus is dit ook nie 'n romkom nie. Vermy dalk maar eerder, maar dit is darem nie te sleg op 'n Vrydagaand nie. Saam met Bella op die bank.

Sunday, March 21, 2010

Inglourious Basterds - 6/10

Inglourious Basterds is nog 'n Tarantino fliek wat skynbaar sy terugkoms inlei. Die fliek kom aanbeveel en het selfs 'n Oscar losgeslaan. Hoop dis so goed as wat ek hoop...

Ek moet se^ dat hierdie dalk nie Tarantino se beste is nie, maar ek weet dan ook nie wat sy beste is nie... Die fliek is goed gemaak - kostuumwerk, akteurs, en so aan, maar ek kry die gevoel van "goed uitgevoer, maar ietwat vervelig". Dit is ook glad nie so geweldadig nie, behalwe dalk vir die enkele skote van kopvelle wat verwyder word (a la Apache). Dalk was ek net nie in die regte bui vir die fliek nie. Dalk was dit omdat die fliek uitgerek is, en die einde wat nie heeltemal met geskiedenis strook nie. Saam met Bella op die bank. 

Saturday, March 20, 2010

(500) Days of Summer - 6/10

'n Taamlike off-beat romantiese komedie, met 'n tydlyn wat selfs die mees geharde tydtoeris sal ontsenu. Dis baie lig, maar tog baie kykbaar. Die akteurs speel almal heel goed, op gelyke vlak vir hierdie tipe genre. Dis 'n klein bietjie bo die gemiddeld. Saam met Bella op die bank. 

Julie & Julia - 7/10

Sjoe, hierdie fliek maak mens sommer honger. Ten minste gebruik hulle Julia se "kuns" om die fliek uit te beeld - Dis ook weereens 'n kragrol vir Streep - sy is maar net 'n goeie aktrise. Dit is 'n lekker ligte fliek met heelwat humor, selfs ou Stanley speel goed. Enigste nadeel van die fliek is dat mens wens jy kon soos Julie in Parys leer kook... Saam met Bella op die bank.

Planet 51 - 5/10

Planet 51 is lekker ligte familie vermaak met 'n paar stukkies wat darem ook die grootmense sal vermaak. Daar is veral twee stukke wat my laat skaterlag het. Kyk gerus saam met die hele familie. Saam met die hele familie op die bank. 

Alice in Wonderland 3D - 8/10

Dis nou maar een ding, Tim Burton maak miskien donkerder flieks, maar sy aandag aan visuele details en verdieping is ongelooflik. Eintlik vertel hy 'n ou storie weer maar net oor, en met soveel verfrissende interpretasies dat mens heeltemal ingesluk word in die skynwerklikheid van Onderland. Johnny Depp doen sy reputasie gestand en lewer weereens 'n puik vertolking van die mal hoedeman. Dis egter die Rooi Koningin wat mens beindruk, maar eintlik kan mens niemand uitsonder in hierdie absolute visuele nirvana nie. Hoogs aan te beveel, maar nie vir die kleinstes nie, dis dalk so bietjie donker en bo hulle vuurmaakplek. Dit is off-beat, maar tog ook toeganklik. Saam met die familie en die Krugers (sonder Mnr J) in die teater. Ek en Bella het op 'n loverseat gesit...

Sunday, March 7, 2010

The Soloist - 6/10

The Soloist is nog 'n ware verhaal, maar die slag is dit heel kykbaar. Dit handel ook oor pyn en leiding, maar word goed aangebied met 'n baie klein rolverdeling. Dit is dalk bietjie swaar vir 'n Saterdagaand. Op die ou einde is die vraag dan seker wie die solois in die film is - dis nou as mens verby die musiekman self kyk. Die akteurs is almal puik. Saam met Bella op die bank.  

Friday, March 5, 2010

Fireflies in the Garden - 5/10


Fireflies in the Garden het net so mooi visuele titel as Photographing Fairies. Laasgenoemde het ek baie geniet, dus hoop ek Fireflies in the Garden doen net so goed, en selfs beter...

Wel, nou ja, dis maar een stryd in hierdie film. Dit is redelik goed vervaardig, maar die menslike drama is maar gemiddeld - miskien was dit nie die regte keuse vir 'n Vrydagaand DVD op die bank nie... Beslis nie in dieselfde klas of kategorie as Photographing Fairies nie. Ek voel redelik neutraal, en sal dit nie juis aan of af beveel nie. Saam met Bella op die bank.

Monday, March 1, 2010

Garfield's Fun Fest - 5/10


Ek hou die meeste van hierdie reeks Garfield flieks, die ander een is Garfield gets Real. Dit is vir my beter as die een met regte mense, bloot omdat die gevoel van die rekenaar animasie die naaste is aan die van die strokies. Saam met die twee seuns op die bank. Lekker kindervermaak.

Coco avant Chanel - 6/10


Wel-wel, nog 'n ware verhaal, die slag oor die mode orakel, Coco Chanel. Die fliek handel oor Coco, voordat sy Chanel gevorm het tot 'n magtige mode ryk. Audrey Tautou, met haar beste ooit as Amelie, toon merkwaardige ooreenkoms met die regte Coco. Die fliek beweeg ietwat stadig, en gelukkig gebruik hulle darem tot 'n mate die mode on haar "kuns" te vertel. Werk lekker vir 'n Sondagaand, maar moet net nie moeg wees nie. Dit werk ook redelik op DVD, maar sal sekerlik die beste in 'n teater wees, omdat dit onderskrifte gebruik. Saam met Bella op die bank. 

The Informant! - 5/10

Party ware verhale werk net vrek goed, en ander eenvoudig nie. Dit het ook selde te make met die interessantheid van die werklike gebeure - selfs die saaiste lewe maak soms 'n goeie film. The Informant! val ongelukkig nie in die beste van groepe nie. Hierdie is egter 'n goeie poging vir ou Matt. Saam met Bella op die bank. 

Smart People - 7/10

Smart People is 'n "main stream" kunsfliek, as daar so iets is. Dit is egter ou Thomas Haden Church wat hierdie fliek met humor laat slaag. Mens is half jammer die fliek is klaar as die einde aanbreek. Op die ou einde speel al die akteurs goed, dit luk of hulle mekaar gevind het toe die moewie vervaardig was. Juno, oftewel Ellen Page, 'n groot gunsteling, doen net so goed met haar ongeergde benadering tot die lewe. Dit werk op enige aand van die week, en is 'n baie goeie DVD opsie. Ou Dennis het darem oud geword! Saam met Bella op die bank.