Showing posts with label Goeie familie vermaak. Show all posts
Showing posts with label Goeie familie vermaak. Show all posts
Friday, May 28, 2021
Cruella - 8/10
Cruella is vars, met 'n skopgat klankbaan en uitstekende vertolkings. Die kostuumwerk, milieu, dialoog en karakters pas allles saam vir perfekte Vrydagaand vermaak. Ek sou wel minder rekenaargrafika verkies het. Dit is 'n langer fliek maar voel glad nie uitgerek nie. Saam met Bella op die Bank.
Sunday, June 14, 2020
Sunday, February 9, 2020
A Beautiful Day in the Neighborhood - 7/10
A Beautiful Day in the Neighborhood is 'n sagte fliekie, net soos die hoofkarakter daarin. Dat een mens wel so kan optree met so ononderbroke positiewe uitkyk is 'n hoe' standaard vir ons blote sterflinge. Wel 'n uitstaande vertolking van die hoofrol. Saam met Bella op die bank.Sunday, January 12, 2020
Ford v Ferrari - 7/10
Kan jy dit glo! Daar gaan Ford v Ferrari en gebruik 'n Amerikaner om 'n Britse aksent na te boots! Is dit 'n mode neiging in Hollywood wat hoofstroom akteurs probeer oortuig dit is die nuwe Nirvana van vertolkings? Dit irriteer en doen afbreek aan die film. Vir die res, beslis 'n kykfliekie vir 'n Vrydag of Saterdagaand. Ek sal graag 'n Italiaanse weergawe ook wil sien, die Amerikaanse sentiment loop net te dik hier. Saam met Bella en Anrich op die Bank.Friday, January 10, 2020
Dolittle - 6/10
Dolittle is meesal bedoel vir kortvolk en as heilsame familie vermaak. Dit het baie skoon grappies, uitstekende grafika, en 'n oortuigende lyn. Die enigste aspek wat pla is Robert wat probeer Brits of so iets klink. Dit kom meer as 'n dronk Ier van Australie af oor. Saam met Bella en Anrich by die tjiep fliek.Saturday, December 21, 2019
The Aeronauts - 6/10
The Aeronauts hommel stadig - wel, seker soos 'n lugballon - en het my by tye laat dink die twee bemanningslede het dae en weke daar bo spandeer nie 90 minute nie. Dit is wel 'n belangrike gebeurtenis, maar die lyn is maar dun vir 'n hele fliek. Wel oortuigende grafika, met die vroulike hoofrol dalk ietwat buite die geskiedkundige era se aanvaarde gedrag, Saam met Bella op die Bank.Monday, December 16, 2019
Jumanji: The Next Level - 6/10
Jumanji: The Next Level is meer van die selfde maar steeds aangename ontspanning. Dit is regte Saterdagmiddag (of vakansiedag) springmielie materiaal. Saam met Bella en Anrich en Franko by die tjiepfliek. Dit bly egter hartseer om te sien hoe die sentrum gelydelik agteruitgaan. Thursday, August 8, 2019
Aladdin (2019) - 7/10
Aladdin doen die animasie weergawe met al die musikale snitte beslis gestand. Dit het steeds 'n animasie gevoel, maar kyk net so goed indien nie beter nie. Die rolverdeling stel gerus met 'n tempo en lyn wat voorspelbaar verloop (na gelang van die animasie), en wyk nie van die resep af nie. Indrukwekkende grafika en produksie. Saam met Bella en Anrich op die bank, alhoewel hy na sowat 20 minute moed opgegee het.
Labels:
Goeie familie vermaak,
Kortvolk materiaal,
Musical
Friday, July 12, 2019
Fisherman's Friends - 7/10
Fisherman's Friends is 'n ligte en voorspelbare kykie na 'n klein vissers gemeenskappie wat soos die hemel lyk. Dit is nou wel op ware gebeure gebaseer, maar vat nie die kykgenot daarvan weg nie. Saam met Bella op die bank. Thursday, June 27, 2019
Toy Story 4 - 9/10
Toy Story 4 stel die nuwe drempel vir rekenaargrafika - Dit is eenvoudig asemrowend, die velddiepte fokus, stof partikels, tekstuur, animasie, fisika, glinstering, lens effekte, lig effekte, noem maar op. Die verhaal pas perfek by die vorige films in, al voel dit so lank terug. Jy mag hierdie nie mis as jy die voriges gesien het nie! Saam met Bella en Anrich by die tjeep fliek in Zambezi Mall. Franko het dit reeds saam met die manne gesien.Saturday, June 15, 2019
Dumbo - 7/10
Dumbo is 'n soete fliekie van groot olifantogies en suikerstroop. Die grafika is lewensgetrou en oortuigend, die rolverdeling, kostuumwerk en algehele tekstuur van die film alles saam swiets. Klein en groot sal dit geniet. Saam met Bella op die Bank.Sunday, April 7, 2019
Mary Poppins Returns - 7/10
Mary Poppins Returns is pure fliek onskuld, met die perfekte rolvereling. Die naamrol is beide akademies en prakties sekerlik een van die beste karakter vertolkings ooit. Uitnemende familie vermaak, die slag met moderne fliek tegnologie, maar steeds getrou aan die oorspronkilike idioom. Saam met Bella op die Bank.Wednesday, December 26, 2018
Christopher Robin - 7/10
Christopher Robin is getrou aan die nimlike karaktertjies se verhaal, met 'n uitstaande rolverdeling. Beslis die moeite werd as mens die verhaaltjies oor en oor vir jou kinders gelees het... Ideale Kers vermaak. Saam met Bella op die stoele by Skilpadvlei.Wednesday, October 3, 2018
Ant-Man and the Wasp - 8/10
Al is Ant-Man and the Wasp baie lig, is dit propvol tonekrul aksie en taamlik onskuldige humor. Dit is sekerlik die snaakste superheld film, met so paar van die byrolle wat uitstaan in hierdie opsig. Kyk gerus as jy lus is vir gemaklike ontspanning. Saam met Bella en Anrich op die bank.Wednesday, July 11, 2018
Incredibles 2 - 8/10
Dit gebeur min, maar Incredibles 2 is heelwat beter as die eerste uitgawe. Die konstante humor maak hierdie absoluut die moeite werd. Jonk en oud sal dit geniet. Saam met die familie by Capitol Cinemas. Saturday, March 17, 2018
The Man Who Invented Christmas - 8/10
The Man Who Invented Christmas is liplekker, taalryke, goedvoel ontspanning. Uitstekende rolverdeling, periode milieu en kostuumwerk. Hierdie is 'n juweeltjie en beslis die moeite werd. Saam met Bella op die bank. Wednesday, March 14, 2018
Paddington 2 - 6/10
Paddington 2 is net so goed as die eerste een. Ligte humor, met nimlike karakters, selfs die klomp tronkskelms. Dalk meer kortvolk materiaal, maar dit ten spyte, kan mens dit steeds kyk en geniet. Saam met Bella en Anrich op die bank, al het beide van hulle die film in die teater reeds gesien. Sunday, February 25, 2018
Wonder - 6/10
Wonder speel met mens se emosies en neig na sentiment, tipies Hollywoodstyl. Dit kyk egter maklik, met 'n goeie rolverdeling en glad nie oordrewe vertolkings nie. Minder komiese elemente wat die drama kwaliteit meer ernstig laat voel, maar steeds nie swaar nie. Kyk gerus, maar wees gewaarsku, die knop in die keel gaan 'n hele paar keer sy verskyning maak. Saam met Bella en Anrich op die bank. Saturday, January 13, 2018
*batteries not included - 6/10
*batteries not included is 'n soete fliekie, van so paar dekades terug, toe grafika en al sulke goeters nog nie die industrie oorheers het nie. 'n Gewone verhaaltjie van veg teen verandering en Dawid teen Goliat. Saam met Anrich op die bank een oggend vroegerig in Ballito. Saturday, December 30, 2017
Jumanji: Welcome to the Jungle - 8/10
Jumanji: Welcome to the Jungle is een van die beste voorbeelde van die genre. Dit kyk lekkerlag lekker, met gesoute akteurs wat absoluut die fliek maak. Genoeg snaakse tonele, baie snaakse dialoog, net die regte mengsel fisiese humor. Waarskynlik Jack Black se beste vertoning ooit, al hou ek nie van hom nie. Die balans van hierdie fliekie is net reg. Saam met Anrich en Bella by Zambezi Mall. O, en dan was daar 'n redelike haelstorm, soveel so, hulle het die fliek gestop want mens kon niks hoor nie. Franko is in Mosselbaai, kuier by Michelle.
Subscribe to:
Posts (Atom)


