Showing posts with label Minireeks. Show all posts
Showing posts with label Minireeks. Show all posts

Saturday, June 3, 2023

Friday, June 2, 2023

Tuesday, April 25, 2023

The Diplomat (VK, 2023), Minireeks - 4/10

The Diplomat (hierdie is die VK een, nie die VSA een nie) het 'n romantiese milieu, maar met saai dialoog en nie gepaste rolverdelings nie. Niks fout met die akteurs nie, hulle vertolkings pas net nie in die genre nie. Dalk is dit meer realisties as die gatskop The Diplomat, maar beslis nie soveel pret nie. Het tydens die eerste episode besluit nie die tyd werd nie. Die saak wat ondersoek word is nie oortuigend nie. Saam met Bella op die Bank.


 

Sunday, February 12, 2023

Billy the Kid, minireeks - 6/10

Billy the Kid voel heelwat meer realisties as wat party flieks en reekse wil voorhou hoe dit in die Wilde Weste eens op 'n tyd was. Hierdie kort reeksie is nie sensasie-soekend nie, maar vertel eerder die jongman se soeke na geregtigheid en regverdigheid. Nie te swaar drama-rig nie, maar beweeg ietwat stadig, dalk omdat hulle nie allerhande eienskappe aan hom bly toedig nie. Wel die moeite werd om te kyk. Saam met Bella op die Bank.


Saturday, July 30, 2022

Black Bird, Minireeks - x/10

Openings titels en sekwens bevat beelde en tonele wat nie sin maak of voorkom in die episodes nie behalwe vir die swart voels

Wednesday, July 6, 2022

Suspect, Minireeks - 8/10

Dit is min dat ons 'n reeks spoedkyk, maar Suspect is beslis een. Gepaste rolverdeling, sterk vertolkings en 'n geloofwaardige ontknoping. Saam met Bella op die bank.


 

Sunday, July 3, 2022

Inventing Anna, Minireeks - 5/10

Dit is nog nie seker of ons Inventing Anna verder gaan kyk nie. Die loodsepisode verwek nie juis enige afwagting of opgewondenheid nie.... Dit is blykbaar op ware gebeure gebaseer. Saam met Bella op die Bank.

 

Monday, June 20, 2022

Redemption, Minireeks - 6/10

Redemption is 'n redelike Britse prosedurale polisie storie met geloofwaardige vertolkings, rolverdeling, gebeure en milieu. Mens wil dit nogals klaar kyk om agter die kap van die byl te kom. Die ontkoping maak sin, maar mens voel tog bietjie ingedoen. Saam met Bella op die Bank.



Saturday, June 4, 2022

The Lincoln Lawyer, Minireek - 6/10

The Lincoln Lawyer is een van die min reekse wat ons so vinnig moontlik klaar gekyk het. Die reeksie slaag daarin om die aandag te behou en die afwagting na die volgende episode te verseker. Die rolverdeling werk en mens kan die uitkoms seker nie heeltemal voorspel nie, maar is tog geloofwaardig. Die milieu dra by as karakter op eie stoom. Saam met Bella op die Bank.



Saturday, May 21, 2022

Anatomy of a Scandal, Minireeks - 7/10

Anatomy of a Scandal druk mens nogals tot klaarkyk (wat is 'n beter term vir binge watch?). Die rolverdeling is gepas, die vertolkings net-net genoeg oormatig en oordrewe, en die lyn grotendeels geloofwaardig. 'n Puik vervaardige minireeks wat beslis die kyk en tyd werd is. Herinner tot 'n mate aan The Undoing, maar hierdie poging is meer stylvol met 'n geloofwaardige, bevredigende ontknoping. Saam met Bella op die Bank.





Saturday, April 30, 2022

Squid Game, Minireeks - 7/10

Squid Game is amper kinderlik in sy eenvoud. Dit plaas egter menslike gedrag onder die vergrootglas op 'n skaal lanklaas gesien. Mens wil die kort reeksie vinnig klaarkyk, amper met dieselfde haas as wat die aanvaklik onwillige deelnemers die spel wil wen. Saam met Bella op die Bank.

  

Thursday, April 28, 2022

Temple, Minireeks - 5/10

Temple het dit nie eers gemaak vir 'n eerste paar minute nie.


Love Me, Minireeks - 4/10

Love Me het aanvanklik die moeite werd gelyk, maar nie seker of ons die tyd gaan spandeer nie - te dramarig. O, en dit is Australiaans. Saam met Bella op die Bank.


Sunday, April 24, 2022

A Very British Scandal, Minireeks - 6/10

A Very British Scandal bevestig die ander kant is nie altyd so rose en maanskyn nie. Periode, kostuum en dialoog doen gestand aan die Briste manier van langoedlewe. Saam met Bella op die Bank.



  

Friday, April 22, 2022

Gentleman Jack, Minireeks - 5/10

Gentleman Jack is 'n kort reeksie, en lyk belowend, maar die dreunende stemtoon van die hoofrol kry my net onder. Sy praat soos 'n beheerde stoomroller - een van daardie kleintjies. Gaan dit dalk nie deursit nie. Saam met Bella op die Bank.


Swimming with Sharks, Minireeks - 6/10

Swimming with Sharks hou die aandag met sy puntenerige hoofmeisie voorkoms. Dit is 'n kort reeksie, hierdie sal dalk nie werk as 'n lang uitgerekte seisoen op seisoen een nie. Beslis nie vir die preutse mark bedoel nie. Saam met Bella op die Bank.


Saturday, April 2, 2022

Moon Knight, Minireeks - 5/10

Moon Knight is 'n kort minireeksie. Die onhebbelike deurmekaar gemaal herhinner sterk aan Legion - mens moet kophou soos 'n dronk weeluis. Sal dit waarskynlik klaar kyk, redelike vermaak. Saam met Bella op die Bank.


  

Sunday, January 2, 2022

The Book of Boba Fett, Minireeks - 5/10

The Book of Boba Fett ontbreek sover een belangrike deel - Baba Yoda. Vir die res volg dit die resep van The Mandalorian. Saam met Bella op die Bank.


 

Thursday, December 30, 2021

Hawkeye, Minireeks - 6/10

Hawkeye is 'n kort minireeksie wat heel gemaklik kyk. Dit is nie oordrewe nie, en die lyn, karakters en milieu word geloofwaardig voorgehou. Saam met Bella op die Bank.