Tuesday, June 16, 2015

Beyond the Edge - 6/10

Beyond the Edge is nogals 'n dokumenter met 'n spanningslyn, ten spyte daarvan dat mens weet wat die uiteinde is. Redelik goed gemaak, met net een fokus, hoe gaan dit gebeur en wees? Die menslike ondernemingsgees ken geen perke nie. Saam met Anrich op die bank.


Lucky Them - 5/10

Lucky Them is 'n meer growwe tjiekfliek, maar wat Bella baie onverwags verras het was die drie minute verskyning van Johnny Depp. Ek het hierdie minder geniet, dit was vir my so ietwat vervelig, darem met 'n redelike humoristiese ondersteunende manlike rol. Saam met Bella op die bank.


Monday, June 15, 2015

Sleeping Beauty (2104) - 0/10

Wel, wat kan mens se^, zombies in Sleeping Beauty!? Vermy dalk eerder. Gelukkig was dit 'n baie kort fliek, en kon ek net nie die krag kry om die afstandbeheerknoppie af te druk nie... Saam met die hele familie op die bank.

My Old Lady - 6/10

Ai, Parys is so verleidelik, veral in My Old Lady. Baie kykbare tjiekfliekie, met 'n soet einde wat die dames sal gelukkig hou. Uitstaande vertolking van Maggie Smith, soos te verwagte. Saam met Bella op die bank. 

Frequencies (OXV: The Manual) - 7/10

Ek sou reken Frequencies is eksperimentele film teater, met 'n baie interessante premis. Dit lewer diep sosiale kommentaar op 'n baie oppervlakkige en aanvoelbare manier. Ongelukkig val die laaste tonele so bietjie uitmekaar tydens die resolusie maar by nabetragting kan mens dit vir jouself seker verduidelike.... Die film het 'n vreemde trekkrag, mens wil dit klaar kyk...voel amper gedwonge... Ek het nogals die onderliggende humor baie geniet, veral die vertolking van die onderwyserres. Saam met Bella op die bank.


Anna (Mindscape) - 5/10

Anna het 'n redelike lyn wat die heletyd cliches probeer skep om mens te verlei in vinnige konklusies. Dit slaag tot 'n mate om dan te veras, maar na die einde raak die lyn en logika net te veel gaterig om geloofwaardig te bly. Ek sal eerder iets anders kyk as hierdie, maar dit was darem nie so sleg nie.

The Paradise, Seisoen 1 - 6/10

The Paradise lyk na 'n redelike periode drama reeks, maar ek verstaan hierdie een is nie verleng nie, eerder sy meer gewilde kompetisie. Sal dit dalk klaar kyk, lyk tog volgbaar, Saam met Bella op die bank.

A Most Wanted Man - 8/10

A Most Wanted Man is 'n baie realistiese spioenasie drama, met puik vertolkings, en alhoewel nie 'n gunsteling akteur nie, maar steeds uitstaande, en laaste vertoning, van Mnr Hoffman. Kyk gerus, glad nie ontstellend nie, maar met 'n einde wat jou sal meevoel. Saam met Bella op die bank.

Maya the Bee Movie - 6/10

Maya the Bee Movie moes ons maar net kyk, want soos Brakanjan, A-Team en ander reekse dateer hierdie uit die Tagtigers in SA. Dalk so bietjie onder my ouderdomslyn, maar tog kykbaar. Anrich het dit meer geniet, maar Franko minder... Die rekenaar grafika is deesdae baie beter, destyds was dit seker hand-getekende animasie? Saam met die familie, deeltyds op die bank.

Mr. Robot, Seisoen 1 - 6/10

Mr. Robot is seker een van vele reekse wat sal begin draai omdat Kuberkrakers nou al meer die gewone man se sak en doen en late raak. Hierdie is nie 'n slegte poging nie, en die tegniese terme darem meer van pas, maar tog steeds ietwat meer sensasioneel as funksie. Sal dit so paar episodes kans gee. Saam met Bella op die bank.


Shaun the Sheep Movie - 9/10

Kyk, ons is seker al verby hierdie tipe flieks, maar Shaun the Sheep Movie is uitstaande. Dit het selfs Franko saam op die bank gehou. Die karaktertjies is opvreetbaar oulik en die lyn gepas. Klei animasie is net soveel beter as gewone rekenaar grafika. Dit is 'n lekker gesinsfliek wat almal saam kan geniet (en wel het). Die humor en sosiale kommentaar het ons baie geniet. Die skapies het boonop dan ook 'n superkrag om ander aan die slaap te maak....zzzz... Saam met die familie op die bank.

Sunday, June 14, 2015

Two Night Stand - 6/10

Gepraat van film ekonomie! Two Night Stand is nie te sleg nie, kon heelwat erger gewees het. Die vroulike hoofrol kon egter sterker gewees het, is so bietjie onvoldoende, kort skopkrag. Saam met Bella op die bank. 

Daredevil, Seisoen 1 - 5/10

Nie seker of ons Daredevil gaan kyk nie, dit voel bietjie donker. Het eerste twee episodes gekyk, sal dalk nog een of so. Saam met Bella en Franko op die bank, nie Anrich se smaak nie. 

The Railway Man - 7/10

The Railway Man is 'n tragiese oorlogverhaal, gebaseer op 'n ware verhaal, maar met 'n bittersoet einde. Die vertolkings is uitstaande. Daar is 'n paar ontstellende tonele, maar almal as terugflitse. Kyk gerus, maar voel dan sterk as jy hierdie een aanpak.

Knysna - 5/10

Kyk, hierdie fliekie is so common as wat mens hulle kry, maar gelukkig het dit humor tot redding. En dan, soos die mode tans loop, 'n perfekte milieu met Knysna as stel. Die vertolkings is nie te sleg nie, dalk so bietjie pretensieus hier en daar, maar dan is dit gepas vir die genre. Saam met Bella op die bank.


Friday, June 5, 2015

Rome's Invisible City - 7/10

Kyk, as mens al in Rome was, dan is Rome's Invisible City 'n moet. Dit is 'n BBC One dokumenter, met so ietwat te veel fokus op die aanbieder se gesigsuitdrukkings en mannerismes. Dit is 'n enkele episode van omtrent 50 minute. Dis net baie jammer dat al die versteekte dele nie vir die publiek oop is nie... ai. Daar is uitstekende grafika tegnieke wat gebruik word, mens staan half verstom. Saam met die gesin op die bank.