Showing posts with label Op eie risiko. Show all posts
Showing posts with label Op eie risiko. Show all posts

Saturday, May 13, 2023

The Mother - 4/10

The Mother is redelik, erg voorspelbaar en nie met my gunsteling rolverdeling nie. Tog het ons dit klaar gekyk, seker darem nie so sleg nie. Saam met Bella op die Bank.


Saturday, April 22, 2023

The Locksmith - 3/10

Nee wat, The Locksmith mis al sy geleenthede en potensiaal. Met 'n swakkerige rolverdeling help die geloofwaardige lyn en redelike milieu net mooi niks. Die film is ook nie seker of dit realisties of nie wil wees nie. Saam met Bella op die Bank. 




Friday, April 21, 2023

Ant-Man and the Wasp: Quantumania - 1/10

O gits nee, hierdie is 'n pot mierpoep. Ant-Man and the Wasp: Quantumania maak so staat op fantasie grafika dat mens nie anders kan as om dit af te sit nie. Saam met Bella op die Bank.




Saturday, March 25, 2023

Battle Los Angeles - 3/10

Het hierdie op die vlug terug van Munich na Doha gekyk, maar kon dit nie klaar kyk nie. Het dit wel in Buffelsbaai klaar gekyk. Regte Amerikaanse sentimentele pulp. 





Sunday, February 12, 2023

Blonde - 4/10

Gits, Blonde is net te donker, en te kunserig, maar steeds tragies. 'n Gepaste rolverdeling met sterk hoofrol vertolking, maar net te moeilik om te kyk. Het die aftog geblaas. 





Thursday, July 14, 2022

Lightyear - 3/10

Lightyear bewys weereens, al is al die elemente - rolverdeling, vorige suksesse, grafika, beminde karakters, alles - aan jou kant, is dit nie 'n waarborg nie. Hierdie is sekerlik die grootste teleurstelling van die dekade. Ai. Saam met Bella op die Bank.



Sunday, June 19, 2022

Black Site - 1/10

Black Site is 'n papperige fliekie met so-so vertolkings. Dit begin heel belowend, maar verval dan vinnig in dodelike cliches. Ons het maar die aftog geblaas. Saam met Bella op die Bank.




Saturday, June 4, 2022

Fantastic Beasts: The Secrets of Dumbledore - 3/10

Fantastic Beasts: The Secrets of Dumbledore het wel uitstaande grafika, 'n indrukwekkende rolverdeling (wel sonder die trekpleister, Mnr Depp), en 'n fantastiese draaiboek. Heelaas beindruk die hele petalje my ongelukkig glad nie. Gaap. Saam met Bella op die Bank.




Sunday, April 10, 2022

Miss Willoughby and the Haunted Bookshop - 3/10

Gits, Miss Willoughby and the Haunted Bookshop is taamlik amateuragtig. Die rolverdeling red ook nie juis die filmpie nie. Die dialoog is geforseerd en die teks bra saai. Ek het stukkies gekyk, Bella het dit gevolg. Op die Bank.


 

Saturday, April 9, 2022

Moonshot - 3/10

Moonshot is plastiek, oppervlakkig met geforseerde dialoog en situasies. Dit is ondraaglik pynlik by tye. Die vertolkings is so-so. Ek het stukkies gekry, Bella het dit deurgesit (op die Bank).
 


Friday, April 1, 2022

Moonfall - 2/10

Soos te verwagte is Moonfall een groot potjie gemors. Redelike grafika, en getrou aan die genrem totaal oorspeelde vertoklings en 'n oppervlakkige erns. Breinlose vermaak. Hou verby. Saam met Bella op die Bank.


Saturday, March 26, 2022

Death on the Nile - 3/10

Death on the Nile het alles wat in sy guns tel, maar is 'n klomp pretensieuse, vermaaklose, oordrewe rommel. Ek het met stukke aan die slaap geraak so oninteressant was dit. Ai. Hou maar eerder verby. Die grafika is dalk goed maar doen afbreek aan die materiaal. Saam met Bella op die Bank.




Thursday, January 27, 2022

Mainstream - 6/10

Mainstream wurg lee" sensasie in mens se keel af soortgelyk aan sosiale (en gewone) media platforms as kommentaar op hedendaagse aanlyn samelewing. Die film steek die grens van die absurde oor met sterk maar oordrewe vertolkings. Gelukkig is dit relatief kort, so sterk maar vinnige medisyne. Wat mens alles vir 'n Like nie sal doen nie. Saam met Bella by Buffelsbaai.



Sunday, January 23, 2022

The King's Daughter - 4/10

Gits, ek was seker The King's Daughter is 'n middel laerskool meisie Disney fliekie. Die vertolkings is oordrewe, ten spyte van 'n redelike rolverdeling. Hou maar eerder verby. Saam met Bella by Buffelsbaai
 

Friday, January 21, 2022

L'origine du Monde (Dear Mother) - 5/10

L'origine du Monde begin heel goed, snaaks en met gepaste storielyn. Dit neem dan 'n draai in die verre absurde, maar steeds snaaks, alhoewel seer ongemaklik. Die film moet met 'n waarskuwing kom! beslis nie materiaal saam met Ouma nie. Dit laat my steeds wonder, hoekom sal iemand so tema/film aanpak? Saam met Bella by Buffelsbaai.



Saturday, January 15, 2022

Eternals - 3/10

Gits, gaap, Eternals is een lang uitgerekte polities korrekte span dinamika gevalle studie klas. Dit is regtig saai, met eindelose herhaling. Alles in die fliek neem ditself heeltemal te ernstig op. Humor sou dit gered het. Saam met Bella op die Bank.




Friday, December 31, 2021

Ghostbusters: Afterlife - 2/10

Gits, Ghostbusters: Afterlife kon nie 'n swakker opvolg van die vorige film wees nie. Die film is lank en vervelig met eindelose herhaling. Hou beslis verby. Ons het na die eerste 45 minute begin spring na die einde toe net om te sien of daar wel iets sinvol gebeur. Saam met Bella op die Bank.



Wednesday, December 22, 2021

The Matrix: Resurrections - 2/10

The Matrix: Resurrection lei aan die voorprent siekte - dit lyk erg belowend met baie koel tonele, en dan het die voorprent al die koel tonele bevat en die res van die film is so saai en vervelig mens sukkel om al die baie praat en herhaling te verduur. Regtig 'n swak poging. Saam met Bella op die Bank. 



 

Saturday, December 4, 2021

What We Do in the Shadows, Reeks - 6/10

What We Do in the Shadows is 'n skyn-dokumente^r. Dit is beslis nie almal se koppie tee nie, maar het regtig snaakse tonele. Saam met Bella op die Bank.