Saturday, January 29, 2022

The Gilded Age, Reeks - 5/10

Met dieselfde skepper as Downton Abbey, is die verwagtinge seker net te groot vir The Gilded Age. Die karakters en vertolkings is ietwat saai, en die intriges voel bietjie plastiek. Sal nog kyk, maar nie oortuig nie. So bietjie van 'n reseppie wat net in 'n ander milieu herhaal word met ander mense. Saam met Bella by Buffelsbaai begin kyk. 

 

Thursday, January 27, 2022

Mainstream - 6/10

Mainstream wurg lee" sensasie in mens se keel af soortgelyk aan sosiale (en gewone) media platforms as kommentaar op hedendaagse aanlyn samelewing. Die film steek die grens van die absurde oor met sterk maar oordrewe vertolkings. Gelukkig is dit relatief kort, so sterk maar vinnige medisyne. Wat mens alles vir 'n Like nie sal doen nie. Saam met Bella by Buffelsbaai.



Monday, January 24, 2022

Peacemaker - 6/10

Peacemaker volg direk na die papperige The Suicide Squad fliekie as 'n splinter reeks - van die fliek tonele herhaal in die loodsepisode. Dit is egter baie snaaks, maar beslis vir 'n volwasse gehoor bedoel. Die reeksie lyk beter as die fliek, sal die paar episodes kyk. Saam met Bella by Buffelsbaai begin kyk. 



Succession, Reeks - 6/10

Succession bevat die vewagte drama en intrige dosis, sal nog 'n paar episodes kyk om vas te stel of dit gaan werk aldan nie. Saam met Bella by Buffelsbaai begin kyk.


Sunday, January 23, 2022

The King's Daughter - 4/10

Gits, ek was seker The King's Daughter is 'n middel laerskool meisie Disney fliekie. Die vertolkings is oordrewe, ten spyte van 'n redelike rolverdeling. Hou maar eerder verby. Saam met Bella by Buffelsbaai
 

Friday, January 21, 2022

L'origine du Monde (Dear Mother) - 5/10

L'origine du Monde begin heel goed, snaaks en met gepaste storielyn. Dit neem dan 'n draai in die verre absurde, maar steeds snaaks, alhoewel seer ongemaklik. Die film moet met 'n waarskuwing kom! beslis nie materiaal saam met Ouma nie. Dit laat my steeds wonder, hoekom sal iemand so tema/film aanpak? Saam met Bella by Buffelsbaai.



Sunday, January 16, 2022

Délicieux - 8/10

Délicieux is 'n smaakvolle, eenvoudige storietjie oor die ontstaan van restuarante. Alles is nie histories of feitelik korrek nie, maar mens kry die idee. Die vertolkings is sterk, die milieu na aan die paradys. Die kos tonele laat mens se mond water. Kyk gerus as jy van Frans, Frankryk, kosmaak of net mooi goed hou. Saam met Bella op die Bank. 



Saturday, January 15, 2022

Eternals - 3/10

Gits, gaap, Eternals is een lang uitgerekte polities korrekte span dinamika gevalle studie klas. Dit is regtig saai, met eindelose herhaling. Alles in die fliek neem ditself heeltemal te ernstig op. Humor sou dit gered het. Saam met Bella op die Bank.




Saturday, January 8, 2022

Code of Silence - 7/10

Code of Silence is 'n stylvolle minimalistiese drama rondom die vastrek van die berugte Kray tweeling. Raak rolverdeling, akkurate periode, stel, stelinkleding en milieu. Hierdie twee was ongure karakters verantwoordelik vir heelwat moord en dood. Uitstekende produksie en die moeite werd om te kyk. Saam met Bella op die Bank.




Friday, January 7, 2022

Verdens Verste Menneske (The Worst Person in the World) - 5/10

Verdens Verste Menneske begin redelik maar word dan vinnig saai. Dit beweeg stadig en mens gee nie regtig vir die vroulike hoofrol karakter om nie. Die donker storielyn raak net te donker. Het by sowat 20 minute die aftog geblaas. Saam met Bella op die Bank.


Sunday, January 2, 2022

The Book of Boba Fett, Minireeks - 5/10

The Book of Boba Fett ontbreek sover een belangrike deel - Baba Yoda. Vir die res volg dit die resep van The Mandalorian. Saam met Bella op die Bank.


 

Saturday, January 1, 2022

En Man Som Heter Ove (A Man Called Ove) - 6/10

En man som heter Ove (A Man Called Ove) is in Sweeds met onderskrifte wat nie baie streng volgens die taal ree"ls is nie, en baie vertalingsfoute bevat. Ten spyte daarvan, volg mens redelik maklik die dialoog. Dit is 'n besielende storietjie wat fokus op aanvaarding, 'n mens se doel, en onbevooroordeeldheid. Tipiese Sweedse humor en dialoog, streng sonder takt. Verwag Skandinawiese eenvoud in alle opsigte in die film. Nie so snaaks soos Hundraåringen som klev ut genom fönstret och försvann (The 100 Year-Old Man Who Climbed Out the Window and Disappeared) nie, maar tog soortgelyk. Saam met Bella op die Bank.