Sunday, June 26, 2011

The Warrior's Way - 6/10

Mens verwag dalk baie meer van The Warrior's Way, veral omdat Mnr Rush, 'n onlangse Oscar-wenner daarin verskyn. Dit is 'n surrealistiese kruising tussen 'n lekker ou Western (bv 3:10 to Yuma), Japanese Krygskuns, soos bv Crouching Tiger, Hidden Dragon en The Imaginarium of Doctor Parnassus. Die verhaal is redelik eenvoudig en word met allerhande snaakse detail vertel. Dit kyk glad nie te sleg nie, maar ek sou nie reken dit moet jou lys van flieks wat jy moet sien kom nie. Saam met Bella op die bank. 

127 Hours - 6/10

127 Hours is nog 'n ware verhaal wat redelik onlangs plaas gevind het. Dit wys hoe sterk die mens se wil ter oorlewing kan wees. Baie goed gemaak, veral as mens in ag neem dat dit meesal 'n eenpersoonsbedryf is. Ek sou reken dit is die hoogtepunt van Mnr Franco se loopbaan. Nie hoogs aan te bevele nie, maar ek sou reken mens moet dit maar sien. Saam met Bella op die bank.  

Tuesday, June 21, 2011

The Extra Man - 6/10

The Extra Man is meer op die connoisseur mark gerig. Dit bestaan uit drie baie eksentrieke, vreemde rolle, met ietwat aweregse humor. Die verhaal is tog verteerbaar, en mens raak verdiep in die gebeure. Vir 'n stil aand bedoel, waar nie veel aksie verwag word nie. 'n Swaarder rooietjie sal baie help.... Saam met Bella op die bank.

Monday, June 20, 2011

Kung Fu Panda 2 (3D) - 5/10

Kung Fu Panda 2 (3D) werk baie goed in 3D. Die dialoog is nou wel nie dubbelvlakkig nie, maar die storie maak darem op. Dit is tog beter as die eerste uitgawe, en heel vermaaklik. Saam met die hele gesin en Joanice in die teater (Kolonnade)

Easy A - 5/10

Easy A is so ietwat beter as die gemiddelde met redelik skerp dialoog, veral van die hoofrol. Dit is dalk wel eerder vir 'n ietwat jonger gehoor (vroulik) bedoel, maar is tog kykbaar. Saam met Bella op die bank.

Dinner for Schmucks - 5/10

Dinner for Schmucks het heelwat vrek snaakse tonele, maar daar is tog heelwat komedie cliches ook in. Dit is 'n heel ontspanne fliekie, wat sal werk vir breindood vermaak. Mens kan verdiep raak in Mej Szostak se spelerige lispel.... Saam met Bella op die bank.

Friday, June 17, 2011

Made in Dagenham - 6/10

Made in Dagenham is 'n ware verhaal, en heel goed daarby. Die storielyn kon seker baie vervelig gewees het, maar die akkurate tydvak milieu skep 'n heel ander gevoel in die fliek. Dit is op geen stadium langdradig nie, wat baie die geval met ware verhale is. Kyk gerus op enige aand van die week, behalwe dalk breindoodvrydaeaande. Saam met Bella op die bank.

Burlesque - 6/10

Wel, ek is nie 'n musical aanhanger nie, maar Burlesque is heel kykbaar. Dit is nie vir my helemal so goed as Chicago nie. Dit is seker ook nie 100% opreg musical nie.... Die stories is maar basies, maar die gevoel van die fliek baie goed. Kyk gerus as jy lus is vir ontspanning en mooi lywe... Saam met Bella op die bank.

Saturday, June 11, 2011

The Fighter - 7/10

Glad nie 'n lekker ontspannende fliek nie, maar beslis uitstekend vertolk, veral die twee hoof karakters. Die humor in die fliek le^ beslis dan ook in die familie van dames....Dit is gebaseer op 'n ware verhaal, maar volg nie die gewone inspirasie cliche nie. Kyk gerus, dalk nie op 'n Vrydagaand nie. Hulle vloek egter heelwat in die fliek. Saam met Bella op die bank.

Sunday, June 5, 2011

The Green Hornet - 4/10

The Green Hornet het baie potensiaal, maar Seth Rogen verongeluk die fliek helemal. Ek kan hom glad nie hanteer nie. Hy, Jack Black, Vince Vaughn en Will Ferrell kan gerus maar eerder ander werkies gaan kies as om flieks te probeer maak. Die fliek is andersins heel goed gemaak, en is tog kykbaar, maar Seth.... Saam met Bella op die bank.

You Will Meet a Tall Dark Stranger - 4/10

Ek is nogals 'n Woody fe^n, maar hierdie is sekerlik sy slegste nog.... Saam met Bella op die bank.