Saturday, February 26, 2022

Retour en Arrière (Flashback) - 5/10

Gits, Retour en Arrière (Flashback) is 'n vinnige Franse geskiedenisles met 'n taamlike hals-oor-kop aktrise. Die materiaal word baie lig voorgele^, al is daar dele wat sekerlik ten tyde van die ware gebeure heelwat minder lig ervaar was. Een van die beter moderne Franse komedies, met 'n opvolg fliek wat wink aan die einde. Saam met Bella op die Bank.




Friday, February 25, 2022

Kimi - 6/10

Kimi is 'n ware grendelstaat (inperking) fliekie met 'n onverwagse komiese einde. Dit is asof die film eweskielik ontwaak en ontspan. Dalk nie Soderbergh se beste produksie tot hede nie, maar mens kan beslis sy hand aan die styl sien. Dit is veral die nederige woonstel wat hiertoe bydrae. Nie te swaar of met veel spanningsdrama elemente nie, heel ontstappend om te kyk. Saam met Bella op die Bank.




Saturday, February 19, 2022

Eiffel - 6/10

Dit is jammer Eiffel fokus meer op die politiek en ander sake as die tegniese aspekte van die bekendste toring in die we^reld, maar dit ten spyt, is die film steeds die moeite werd om te kyk. Dalk ietwat oordrewe en sentimenteel, maar dan is Parys 'n plek van sulke goeters. Saam met Bella op die Bank.




Saturday, February 12, 2022

House of Gucci - 7/10

Die rolverdeling is verassend en mens herken van die akteurs nie. House of Gucci is egter periode, milieue en waarskynlik feitelik korrek. En tog tragies, geen Gucci familielid is meer betrokke by die modehuis nie. Gierigheid bly die ergste doodsonde. Die moeite werd vir die vertlokings en verhaal. Saam met Bella op die bank.

 

Friday, February 11, 2022

The King's Man - 6/10

Ek was nie gek na die inleiding van The King's Man nie, dit laat 'n ietwat Kakie smakie in die mond. Die film voel dan ook soos 'n langerige geskiedenis lessie met 'n paar redelike tonele tussendeur. Die milieu is wel skouspelagtig  met 'n oorspeelde vertolking van Rasputin. Maar die waarde van die film is in die terugstorie. Steeds redelike vermaak vir 'n Saterdagaand. Saam met Bella op die Bank.



Friday, February 4, 2022

Nightmare Alley - 6/10

Nightmare Alley is stilisties en visueel ryk. Heelwat aandag is aan detail geskenk ten opsigte van die milieu en stelinkleding. Die lyn is ietwat voorspelbaar, maar ten spyte daarvan behou dit die aandag. Die rolverdeling is gepas met sterk vertolkings. Saam met Bella op die Bank.