Saturday, July 31, 2021

Settlers - 7/10

Ek het nie geweet Mars is naby Vioolsdrif nie? Settlers is 'n depressiewe kykie na ware pioniers - hierdie is nie ligte wetenskapfiksie nie. Professioneel vertolk en vervaardig. Saam met Bella op die Bank.



Friday, July 30, 2021

French Exit - 5/10

French Exit gebruik nie Parys tot sy maksimum potensiaal nie. Die fliek slaag ook nie om my aandag deurentyd te behou nie.... sluimer, sluimer, slapies. Bella het dit wel geniet. 

A French Exit may be an alternative for a French Letter?



Wednesday, July 28, 2021

Dr. Death, Minireeks - 6/10

Dr. Death bevestig maar wat mens dink gebeur. Die stelsel laat mens net jou kop in ongeloof skud. Ek dink egter erger dinge gebeur as hierdie - dit word net nie so aan die lig gebring nie. Saam met Bella op die Bank.





Tuesday, July 27, 2021

Ted Lasso, Reeks - 10/10

Die loodsepisode van Ted Lasso lyk belowend in twee opsigte, eerstens die milieu en tweedens die dialoog en premis. Maar wat die koek steel is die hoof antagonis. Sal beslis nog 'n paar episodes kyk. Dit herinner ook sterk aan Emily in Paris. Anders as verwag het die hoofrol 'n seunsagitge onskuld in sy benadering, iets wat moeilik moes wees vir 'n Amerikaanse akteur. Hierdie reeksie raak al beter, met baie skerp en snaakse se^ goed, maar ook heelwat waarvan mens kan leers, soos bv, “Be curious, not judgmental” – Walt Whitman. Saam met Bella op die Bank.


 

Sunday, July 25, 2021

Finding You - 6/10

Finding You is 'n onskuldige tjiekfliekie, met 'n taamlik voorspelbare lyn. Dit is wel die milieu wat die hart steel. Saam met Bella op die Bank. 



  

Saturday, July 24, 2021

Les Herbes Folles (Wild Grass) - 3/10

Les Herbes Folles bewys dat nie alle Franse films die moeite werd of goed is nie. Die sin van die film, gegee dat dit wel 'n kunsfliek is, maak nie sin nie. Dit val rond. Die akteurs is ook nie noodwendig te waffers nie. Mens bly kyk in die hoop dat iets sinvol gaan gebeur. Teen die einde besef jy dit was erge tydmors. Die film se plakaat is waarskynlik die beste deel. Ai. 'n Minder suksesvolle flieknaweek. Saam met Bella op die Bank. 


 



The Tomorrow War - 3/10

The Tomorrow War is seker nie die slegste Hollywood film ooit nie. Dit is redelike eskapism, maar wat my kry van hierdie tipe films is dat fisika wette nie deur buitenruimtelike wesens gehoorsaam word nie. Breinloos en te naby aan cv19. Saam met Bella op die Bank.




Radio Free Albemuth - x/10

Radio Free Albemuth lyk taamlik esoteries, dus het ons die aftog redelik vinnig geblaas. Ek sal dit egter wel nog 'n probeerslag gun. 


The word "albemuth" was derived by Philip K. Dick from the Arabic word Al Behemoth, "the whale", itself an oblique reference to Fomalhaut, the star Dick at one time believed VALIS came from in real life. 

- Word Similarity


Jolt - 5/10

Jolt is die naweek se beste film gewees, maar steeds nie bogemiddeld nie. Dit is 'n skaamtelose nabootsing van John Wick, net met gatskop vroue. Ek is 'n groot Kate Beckinsale aanhanger, maar hier stem ek nie saam nie. Ten minste is die sterk visuele, ryk milieu vermaaklik en aanskoulik. Saam met Bella op die Bank.

Monday, July 19, 2021

Domina, Reeks - 6/10

Domina is visueel en stilisties sterk en ontwikkeld, en dalk te fyn afgewerk as wat mooontlik was tydens die werklike era. Ek is egter oortuig die dialoog was nie naastenby so modern en afgerond nie - hulle het beslis ook nie die f-bom so gebruik nie. Dalk so hierdie soveel beter in die oorspronklike taal met onderskifte gewees het. Sal dit wel klaar kyk, die geskiedenis bly interessant, al as dit so oorgedramatiseerd. Saam met Bella op die Bank.


Sunday, July 18, 2021

Hope and Glory - 6/10

Hope and Glory wys sy ouderdom (1987) met oorspeelde, oordawerende en oordrewe vertolkings, dialoog en fisiese manewales. Dit is wel nodig om hierdie te kyk as mens die opvolg beplan. Steeds interessant hoe kinders oorlog beleef en hoe vinnig dit hulle realiteit word in al hul optredes. Saam met Bella op die Bank.




   

Mike and Mavis - 6/10

Mike & Mavis is kort en soet met karakter, milieu en kostuum ekonomie. Romantiese tonele in alledaagse Gauteng. En nog meer alledaagse dialoog tussen die ma en dogter. Die hoofkarakter is wel betowerend in sy vasberadenheid. Saam met Bella op die Bank.

Die oorspronklike Mike & Mavis radio-paar.


 

Saturday, July 17, 2021

Vervroegde Aftrede, Kort Film - 5/10

Vervroegde Aftrede is heel vermaaklik. Dit is ietwat voorspelbaar, maar die vertolkings is net genoeg tong-in-die-kies om hierdie 'n prettige aard te gee. Saam met Bella op die Bank.



 

The Duke - 6/10

The Duke maak staat op sy sterk rolverdeling, kwaliteit vertolkings en era. Die lyn is redelik eenvoudig, maar wel gebaseer op ware gebeure. Mens voel vir die omie en al sy manewales, en verstaan se wederhelf se frustrasie. Hy skop ten minste teen die stelsel. Saam met Bella op die Bank. 




Friday, July 16, 2021

Gunpowder Milkshake - 5/10

Gunpowder Milkshake is redelike skop-skiet-en-donder aksies, darem met 'n oorheersende meisie-bende. Visueel ryk en stylvol, met 'n geloofwaardige lyn. Saam met Bella op die Bank.



Tuesday, July 13, 2021

Ragnarok, Reeks - 6/10

As enige iemand anders as die Noorwee"rs Ragnarok gemaak het, sou dit waarskynlik nie so onderspeeld en onderstromend voorgekom het nie. Gewone mense in 'n gewone, maar asemrowende natuur omgewing, kleindorpie. Sal beslis Seisoen Een klaar kyk. Wat hierdie van enige soortgelyke ekwivalent onderskei is die oorspronklike taal met onderskrifte. Saam met Bella op die Bank.



Saturday, July 10, 2021

The Scottish Play - 7/10

The Scottish Play maak ou Ingels in ongerymde iambiese pentameter heel toeganklik vir 'n meer algemene gehoor. Die skep van heelwat nuwe frases is interessant en val sag op die oor. Die fliek het 'n geduldige tempo, met 'n rustige Amerikaanse kleindorpie milieu en speelse vertolkings, alles in lyn met die gevoel van die bronteks wat voorgehou word. Die rolverdeling is sterk en ondersteunend. Saam met Bella op die Bank.




Qualcosa di Nuovo (Something New) - 4/10

Qualcosa di Nuovo is net te lig en laf vir my. Kon ten minste die eerste 30 minute deurmaak slegs omdat dit in Italie" afspeel... Die openings sekwens was ook net te oordoen, my kop het begin swaai. Saam met Bella op die Bank.


 



Friday, July 9, 2021

Black Widow - 6/10

Black Widow is, soos te verwagte, een lang sekwens van vegtoertjies maar darem met pittige se^goed tussendeur. Die onmoontlike word hier gemaklik moontlik. Nogsteeds 'n goeie dosis eskapism vir 'n lui Vrydagaand. Saam met Bella op die Bank.




  

Saturday, July 3, 2021

Korkoro - 8/10

Korkoro is gemik op geharde kunskring fliekgangers. Dit was wel bedoel as 'n dokumente^r, maar werk steeds as 'n film, alhoewel sonder 'n spesifieke storielyn. Dit is hartseer en laat mens koud en magteloos teen die mensdom en sy ondinge. Die fliek oorrompel met sy borrelende emosie en opregtheid. Saam met Bella op die Bank. 





Friday, July 2, 2021

Peter Rabbit 2: The Runaway - 5/10

Jip, Peter Rabbit 2: The Runaway is meer op die kortvolk gerig. Dit is wel grappig en vol oulikhede, en kan deur jonk en groot geniet word. Ek het wel 'n groot stuk weggedommel in die middel. Al kyk mens dit net vir die milieu. Saam met Bella op die bank.