Sunday, July 29, 2012

Answer This! - 4/10

Answer This! is nie 'n drama nie, nie 'n komedie nie, en nie regtig 'n tjiekfliek nie, so wat is dit? Die kassie lyk na 'n komedie. Die fliek lyk of dit erens heen gaan, en dan eindig dit maar sonder 'n heenkome, maar dalk darem een besluit. As jy nie baie verwag nie. Beslis nie hoe" energie vermaak nie, veral nie die Lit proffie nie, wat 'n baie aardige manier van doen het... Saam met Bella op die bank. 

Saturday, July 28, 2012

Casino Jack - 6/10

Casino Jack met Spacey is nou nie 'n ligte komedie nie, al noem hulle dit 'n satiriese komedie op die kassie. Dit is wel interessant, en verskil seker nie soveel van ons eie politiek nie, wel net meer gesofistikeerd. Ek verwag ook dat dit veel erger is as wat die film dit uitbeeld. Dalk nie die beste keuse vir 'n Vrydag of Saterdagaand nie... Die rolle word uitstekend vertolk. Saam met Bella op die bank.

Friday, July 27, 2012

Big Miracle - 6/10

Big Miracle is seker tradisionele Hollywood sentiment, maar in 'n lekker familie kyk formaat verpak. 'n Aks bokant gemiddelde Hollywood Sentiment... Saam met die familie en Anton op die bank. 

Sunday, July 22, 2012

Sherlock - 9/10

Sherlock is 'n heel interessante weergawe van die immergewilde karakter en die slag darem meet Brits as Amerikaans. Net jammer daar is so min episodes per reeks, hopelik maak hulle meer. Saam met Bella op die bank. 

Black Butterflies - 6/10

Black Butterflies is 'n heel goeie poging op Jonker se lewe, maar het twee groot tekortkomings. Eerstens moes dit eerder in Nederlands of Afrikaans gewees het, met Engelse onderskrifte. Tweedens is dit 'n ietwat eensydige kykie na haar lewe. Die fokus is te veel op haar malgeit. Ek stem wel saam dat daar 'n baie fyn lyn tussen genialiteit en kranksinnigheid is... Die vertolkings is redelik goed, die periode redelik akkuraat, en die film heel kykbaar. Dit het nie daai tipiese dokumentere gevoel wat met sulke flieks gepaardgaan nie. Ek het net nogals gewonder of sy wel so promisku was... Saam met Bella op die bank.


Bitterbessie dagbreek

Bitterbessie dagbreek
bitterbessie son
'n spieel het gebreek
tussen my en hom

Soek ek na die grootpad
om daarlangs te draf
oral draai die paadjies
van sy woorde af

Dennebos herinnering
dennebos vergeet
het ek ook verdwaal
trap ek in my leed

Pappegaai- bont eggo
kierang kierang my
totdat ek bedroe
weer die koggel kry

Eggo is geen antwoord
antwoord hy alom
bitterbessie dagbreek
bitterbessie son

The Amazing Spider-Man 3D - 6/10

The Amazing Spider-Man is vir my die beter een van die lot sover. Die vegbedrywe is minder en meer ekonomies, maar dan dalk nie so asemrowend soos ander nie. Heel lekker vermaak vir 'n Vrydag of Saterdagaand. Saam met Franko in Kollonade se 3D teater. 

An Invisible Sign - 6/10

An Invisible Sign is 'n ligter ernstige fliekie met 'n prettige draai of wat. Me Alba kon dalk net 'n ekstra gesigsuitdrukking of twee byleer. Hulle laat haar maar bra vaal in die film lyk. Sal vir enige aand van die week goed werk. Saam met Bella op die bank. 

Tuesday, July 10, 2012

Angus Buchan's Ordinary People - 5/10

Angus Buchan's Ordinary People. Nog 'n voel-goed fliekie met 'n eg Suid-Afrikaanse inslag. Saam met Bella op die bank.

Extremely Loud and Incredibly Close - 6/10

Extremely Loud and Incredibly Close is beslis nie ligte materiaal nie, alhoewel dit hier en daar wel 'n ligte oomblik het. Baie goed gemaak, met nie te veel sentiment rondom 9/11 nie. Saam met Bella op die bank. 

Journey 2: The Mysterious Island - 4/10

Journey 2 het 'n heelwat sagter spanningslyn as die eerste weergawe, dus is dit ook baie meer gepas vir die ander geslag. Dit is maar baie gewoon, ietwat onder gemiddeld vir die genre.  Saam met Bella en Franko op die bank.

New Year's Eve - 4/10

New Year's Eve het nie regtig iets wat dit bo die ander vakansie-romanse-flieks lig nie. Te veel sterre, te min storie en te veel opgeblasenheid. Saam met Bella op die bank. 

Man on a Ledge - 6/10

Man on a Ledge is gewone Hollywood springmielie Vrydagaandvermaak. Redelike spanningslyn, maar nie dodelik nie, en die gebruiklike vroulike byspeler met stywe kleertjies...Het 'n ietwat meer interessante inslag wat dit daai aks bo die ander gewones lig.  Saam met Bella op die bank.