Monday, June 18, 2012

Jack & Jill - 4/10

Wel, as jy hierdie uitneem weet jy waarvoor jy jouself inlaat, Toilethumor op verskeie vlakke. Daar is wel die een of twee scenarios waar ek maar op die vloer moes rondkruip om asem te haal... Kyk gerus saam met laat laerskoolseuns, hulle reaksies is beslis prysloos in vergelyking met die koste van die DVD. Dit is familie vermaak, maar nie goeie familie vermaak nie... Saam met die familie op die bank. 

Henry's Crime - 6/10

Stadige, rustige, amper ontstellende wat-te-hoender-!? tipe, aweregse humor. Reeves was dalk nie die beste rol-verdeling nie, maar ook seker nie die slegste nie. Kyk gerus as jy baie ontspanne voel. Saam met Bella op die bank. 

21 Jump Street - 5/10

Jip, dis hoe mens weet jy raak oud, as hierdie tipe flieks te vloekerig en kinderagtig voorkom. Gehou van die kameerolle, dit was nogals koel gedoen. Ek is nou maar net nie 'n Jonah Hill fen nie. As jy sterk voel en beslis nie preuts nie. Saam met Bella op die bank.

Monster in Paris - 8/10

Nogals 'n verassende animasie fliek met regte Parys-gevoel, veral as mens na die animasiekuns kyk. Stroopsoet verhaaltjie, sonder Hollywood cliches. Kyk gerus saam met die kortvolk. Saam met die hele familie op die bank. 

Anne Frank - 3/10

Wat 'n jammerte. Die milieu het soveel potensiaal, maar die oordrewe, oppervlakkige vertolkings werk net nie. Dit is een van die swakker wereldoorlog films wat ek nog gesien het. Vermy dalk eerder. Saam met Bella op die bank.

Carnage - 6/10

Carnage is 'n uiters ekonomiese fliekie. Die sosiale karakter wat ontwikkel is maar presies soos die mens is. Haal die masker af en dan is jy eintlik nie verras nie. Kyk gerus, dit is uitstekend gemaak, met puik vertolkings. Oppad terug van Zurich na SA op LX289.

Ides of March - 6/10

Ides of March stel beslis nie teleur nie, maar is dalk nie Clooney se beste ooit nie. Ek dink in vergelyking met SA politiek loop die Amerikaanse masjien glad geolie, maar het nog steeds nie naastenby sulke katestrofes soos ons s'n nie... Kyk gerus, vir 'n kinkel of wat in die kabel. Saam met Bella op die bank.

Dolphin Tale - 6/10

Lekker ligte familie fliekie, en dan kan mens selfs na die regte een online kyk, en boonop die plek besoek. Saam met die familie op die bank. 

Restless - 3/10

Restless is maar 'n pot strooi. Dit verveel, het nie rigting nie, en is 'n onwaarskynlike strorielyn, selfs as fiksie. Vermy gerus. Saam met Bella op die bank.

Chronicle - 6/10

Nie te slegte fliekie oor tieners wat eweskielik superkragte kry nie. Nogals redelike karakterontwikkeling, en 'n realistiese kyk na wat 'n mens se reaksies sou wees. Oppad terug van Zurich na SA op LX289.

Thursday, May 10, 2012

We Bought a Zoo - 5/10

Het aanvanklik gedink hierdie gaan 'n lekker snaakse grap fliekie wees, maar dit is nie. Dit het 'n meer ernstige toon, en sal waarskynlik my twee manne verveel. Het dit oppad na Zurich gekyk LX 289

Tuesday, May 1, 2012

The Royal Tenenbaums - 5/10 (uitstaande finale punt)

Ek het The Royal Tenenbaums op SA 265 begin kyk, maar was net te laat voor landingstyd. Ai. Sal dit een of ander tyd verder probeer kyk. Lyk glad nie te sleg nie, maar ek sal eers beter kan se^ as ek die einde sien....

The Lost Valentine - 5/10

The Lost Valentine is 'n gemiddelde fliekie oor oorloghelde wat verdwyn en die wat agterbly. Heel kykbaar, en laat mens eers weer jou naastes baie waardeer. Saam met die familie op die bank in Dullstroom, Dunkeld. Was daar vir die langnaweek einde Apr 2012.

What Happens in Vegas - 3/10

What Happens in Vegas is 'n redelik ondergemiddelde tjiekfliekie wat ek oppad terug op SA 265 gekyk het. Dit is sekerlik op die hoogtepunt van die twee hoofkarakters se privaat verhouding, oftewel, ten minste lyk dit so. As jy regtig niks anders het om te doen nie. 

The Change-Up - 2/10

The Change-Up is regtig 'n baie swak fliek, wat jammer is, want dit het tog potensiaal. As dit nie vir al die vloek was nie, en die akteurs so bietjie meer moeite gedoen het, sou dit baie beter gewees het. Dit is 'n redelik holruggeryde tema, uit 'n nuwe oogpunt. Vermy dalk eerder. Saam met Bella op die bank. 

Stolen - 5/10

Stolen is 'n gemiddelde fliekie oor twee moorde, 50 jaar uit mekaar. Heel kykbaar, en laat mens eers weer jou eie kinders ekstra oppas... Saam met Bella op die bank in Dullstroom, Dunkeld. Was daar vir die langnaweek einde Apr 2012. 

Crazy, Stupid, Love - 5/10

Crazy, Stupid, Love is seker 'n Hollywood remake van Run, Fatboy, Run. Dit is heel kykbaar, met so paar snaakse tonele. Ek het dit in twee paaiemente tussen Johannesburg en Munich gekyk (SA 265/264). Dit het 'n paar baie goeie oomblikke, maar kon seker tog nog so bietjie snaakser/beter. 

Monday, April 23, 2012

Once Upon a Time S1 - 6/10

Lekkerrr, moderne kinder sprokies... Nou net daarmee begin maar dit lyk baie belowend. Once Upon a Time lyk so bietjie ligter, met heelwat intrige. Saam met Bella op die bank. Aag deksels, die reeks klaar gekyk! Was lekker kyk materiaal. Tweede seisoen word beplan, hoop dit gaan wys.

Game of Thrones S1 & S2 - 6/10

Game of Thrones is beslis nie preuts nie... Dit is 'n redelik goed vervaardigde reeks met so trappie beter akteurs as die gewone. Lekker komplekse plot met heelwat kinkels. Ons is besig met Seisoen 1. Saam met Bella op die bank. 

My Week with Marilyn - 6/10

Wel, nog 'n floskopfliekie, amper soos Midnight in Paris, net behalwe hierdie slag is dit 'n vrou en nie 'n stad wat so verleidelik speels is nie. Die fliek is pragtig verfilm, maar reflekteer absoluut die optrede van Me Monroe. Dit raak ook amper half dokumenter na die einde se kant toe. En moet my nie laat vertel dat die jong mannetjie 'n hele memoir oor Marilyn geskryf het net omdat hy haar twee maal sonder klere gesien het nie... Klink vir my helemal te fieshie.... Moet se dat die vertolkings nogals goed is. Oppad na Munich op SA 264

Midnight in Paris - 6/10

Midnight in Paris maak mens sommer van vooraf verlief op Parys, maar dan eerder 'n 1920 Parys... Woody Allen het ook daarin geslaag om 'n vervanging vir homself in sy eie flieks te kry... Ek raak net bekommerd wie by hom agter die skerms gaan oorvat. Die fliek raak so tema of wat op 'n baie lawwe (soos 1920 Parys was) manier aan. Parys word dan ook nog 'n karakter in die fliek, met karakterontwikkeling en al, die hele ketoetie. Lekker lig om te kyk, en moenie te veel verwag nie. Saam met Bella op die bank. 

Real Steel - 5/10

Real Steel is 'n baie effens beter as gemiddeld fliekie. Dit voel amper asof dit eerder animasie moes gewees het.  Beslis vir die jongklomp, maar dan ook nie, want dit spreek 'n ander tema aan as net rou robotika. Saam met die familie op die bank.

Sunday, April 15, 2012

The Rum Diary - 6/10

The Rum Diary kry dit heeltemal reg om mens dronk te laat voel. Die hoeveelheid wat die manne drink is verbysterend... Die milieu is baie getrou, en mens kan nie anders as om op die ou karre en afgeleefde plekke verlief te raak nie. Die fliek het so paar skreeusnaakse tonele, wat baie gepas is by die trant en wat die fliek uitbeeld, storm-dronk. Kyk gerus vir 'n ligte aandjie. Saam met Bella op die bank. 

Hugo - 9/10

Die aandag aan detail in Hugo is ongelooflik, die romantiese stasie in Parys perfek. Mens ruik die Croissants, die koffie en al die Brasso om al daai koperwerk so mooi te hou. Die swaar klokke voel mens, dit is 'n film van sintuie. Saam met die familie op die bank. Die vertolkings pas perfek by die Franse tema, en daar is 'n verassing of twee (veral die stasieinspekteur...) Saam met die familie op die bank. 

Tinker Tailor Soldier Spy - 8/10

Tinker Tailor Soldier Spy het 'n baie komplekse storielyn, met baie fyn aandag aan detail van die era. Die vertolkings is almal uit die boonste rakke. Kyk gerus, maar wees gewaarsku, dit is nie 'n maklike kyk nie. Saam met Bella op die bank.  

Alcatraz S1 - 5/10

Alcatraz het net een reeks oorleef, maar is nie te sleg nie, heel kykbaar. Ons het nog so 4 episodes oor. Saam met Bella op die bank.  

Sunday, April 1, 2012

Apollo 18 - 5/10

Apollo 18 bevat redelik realistiese maanvaart tonele, en skep seker die beste idee van die beknoptheid en uitdagings van so 'n reis. Dit is egter waar dit stop. Die storielyn bou tot 'n mate op, maar vir een of ander rede werk dit nie goed nie. Kyk gerus op eie risiko. Saam met Bella op die bank.

Sunday, March 25, 2012

Beginners - 6/10

Beginners is 'n baie stadige lewensdrama, maar die moeite werd om te kyk. Dalk nie almal se koppie tee nie, en nie so snaaks as wat die DVD kassie probeer voorgee nie. Daar is tog humor in. Vir 'n baie rustige Sondagaand bedoel. Die vertolkings is voortreflik. Saam met Bella op die bank.

Saturday, March 24, 2012

I Don't Know How She Does It - 5/10

I Don't Know How She Does It is 'n lekker ligte tjiekfliekie maar tog met 'n boodskap aan voornemende ouers. Dit is darem nie so erg nie, maar seker tog baie realisties. As die vrou net so bietjie minder gepraat het n die fliek sal dit heelwat beter gewees het. En die pa is helemal te genoee" om te verstaan.... Op stadiums voel die fliekie soos 'n dokumente^r, maar dit raak beter na die eerste helfte. Saam met Bella op die bank. 

Diary of a Wimpy Kid - 6/10

Diary of a Wimpy Kid is lekker laat laerskool vermaak. Dit is baie getrou aan die boeke, wat net soveel pret is om saam met die kortvolk (wat nie meer so kort is nie) te lees. Kyk gerus saam met die hele familie. Lekker snaaks, lig en vol goeie lessies. Saam met die familie op die bank. 

Girl with a Dragon Tattoo (US Remake) - 7/10

Dit is min dat 'n nuwe weergawe van 'n vorige film so getrou aan die oorspronklike is, soos hierdie Amerikaanse weergawe van Girl with a Dragon Tattoo. As mens jou oe" toe hou, klink Craig amper Sweeds. Kyk gerus, hierdie weergawe het meer detail en is storielyn, milieu en gevoelsgewys baie getrou. Dit is ook heelwat langer as ek my nie misgis nie. Dit kry dan ook 'n punt beter, wat vreemd is vir 'n Hollywood weergawe van 'n Europese fliek... Saam met Bella op die bank. 

Sunday, March 18, 2012

The Inbetweeners Movie - 3/10

The Inbetweeners Movie is die Britse ekwivalent van American Pie en Bakgat. Baie toilet humor, seks (praat daaroor, eerder) en drank en lelik praat. Hier en daar heel snaakse tonele, maar op die ou einde maar ietwat lig in die broek. Dis jammer dat 'n fliek soos hierdie groot winste maak, en 'n fliek soos Anonymous 'n verlies. Kyk op eie risiko...

Saturday, March 17, 2012

Anonymous - 7/10

Anonymous gee 'n interessante, alternatiewe kykie na wie eintlik Shahespeare se werke geskryf het. Dit skep ook maar 'n bleek prentjie van Engeland, koninklikes en edelmanne in die algemeen. Kyk gerus, maar wees gewapen vir moeiliker Engels as jou gewone Amerikaanse fliek, veral meer in die eerste helfte. Baie goeie vertolkings, regdeur. Wat ook interessant is, is die politieke milieu rondom teater, wat baie goed in die fliek uitgebeeld word. Ek kan nogals dink dat dit so was. Saam met Bella op die bank. 

Sunday, March 11, 2012

Kooperasiestories Seisoen 1, Episodes 1 tot 4 - 6/10

Kyk ek en Bella toe gisteraand weer die eerste episode van Kooperasiestories. Kan jy glo?! SAUK op sy beste.... Wat ook verassend is, is dat dit in Cullinan verfilm is?! Baie ou memories....

Tower Heist - 4/10

Ek het baie meer komedie van Tower Heist verwag, veral oor die rolverdeling. Dit is nie sleg nie, en raak beter na die einde se kant toe. Gewone fliekie, met so paar oulike elemente in. Saam met Bella op die bank. 

The Artist - 6/10

Behalwe vir die paar Chaplin fliekies wat ek gesien het, is The Artist die eerste, vol lengte Silent wat ek deurgekyk het. Ook net oor al die Oscars. Dit is nie sleg nie, maar raak tog maar ietwat vervelig. Die akteurs vertolk hulle rolle puik, stilweg, en die stel is perfek. Alles werk, maar soos ek se^, raak mens hier en daar verveeld. Ek sou ook se^ die fliek is baie getrou aan sy genre. Saam met Bella op die bank. 

The Three Musketeers - 5/10

Wel, die musketiere in hierdie weergawe is baie meer tegnologies gevorderd en slinks as hulle tradisionale voorgangers. Nie te slegte Vrydagaand vermaak nie, maar nie ook nie die beste nie. Milady is ook baie meer aktief en waaghalsig... Kyk gerus saam met die jongspan. Saam met die familie op die bank.  

Monday, March 5, 2012

The Descendants - 7/10

The Descendants is 'n ietwat swaarder drama, gepas vir 'n Sondagaand. Dit beweeg redelik stadig, en is maar 'n tipiese kunsfliek wat mens bly laat wees jou lewe is so gewoon. Dit is 'n kuns-tjiekfliek sou ek reken. Redelike karakterontwikkeling met goeie vertolkings regdeur. Saam met Bella op die bank. 

Sunday, March 4, 2012

One Day - 6/10

One Day is 'n glad nie te slegte fliekie nie. Dit het 'n ietwat vreemde tempo, maar raak beter na die einde se kant. Dalk so klein bietjie voorspelbaar, veral die gebeurtenis aan die einde, maar met redelike karakterontwikkeling. Dit is nie 'n swaar drama nie, maar beslis nie 'n ligte komedie nie. Kyk gerus wanneer vir daai klein bietjie ekstra brein in jou tjiekfliek vermaak soek. Saam met Bella op die bank.

Sunday, February 19, 2012

The Double - 1/10

Aag nee wat, wat 'n pap ou FBI/CSI/KGB/... fliekie. Cliches op sy ergste met vrot vertolkings daarby. Vermy dalk maar eerder. Saam met Bella op die bank. 

Inkheart - 6/10

Inkheart is 'n lekker kykfliekie, en nog een vir die familie, alhoewel nie vir die kleinstes se smaak nie. Jammer dit was nie 'n sukses by die loket nie. Moet nie egter nie te veel verwag as jy dit kyk nie. Saam met die familie op die bank.

In Time - 8/10

In Time is 'n redelik styvolle futuristiese drama (ek sou dit nie as wetenskapfiskie klassifiseer nie) wat met 'n baie interessante, relevante tema spog. Ek sou reken die toekomsprentjie is baie realisties wat hulle daarin skep. Nie te veel aksie gedrewe nie, maar tog genoeg daarvan. As mens net na die plakaat kyk is dit al duidelik, hierdie is minimalisme, gebalanseerd. Kyk gerus op enige aand van die week. Ons het die baie geniet. Saam met Bella op die bank. 

Johnny English Reborn - 6/10

Johnny English Reborn is 'n lekker Vrydagaand fliekie vir die familie. Dit kan dalk doen met nog so bietjie ekstra humor, maar is oor die algemeen snaaks genoeg vir 'n lekker ontspanne aandjie tuis. Daar is 'n paar puik Standard IV seun grappe... Saam met die familie op die bank.

Monday, February 13, 2012

The Iron Lady - 7/10

The Iron Lady is definitief Oscar materiaal, maar beslis nie vermaaklik nie. Die hoofrol word uitnemend vertolk, maar anders as The King's Speech, is dit bloot net 'n dokumenter. Ek sou dit steeds gekyk het, al het ek toe geweet wat ek nou weet. Tipiese Sondagaand materiaal. Saam met Bella op die bank. 

Saturday, February 11, 2012

The Big Year - 3/10

Met drie sulke name (al hou ek glad nie van Jack Black nie) moes The Big Year ordes snaakser gewees het... Dit is maar baie flou en ek het nie eens eenkeer hard gelag nie. Dit is 'n oulike storie, maar dan is dit ook waar dit bly. Wat 'n vermorsing van rou komedie talent. Ai. Op SA265 van Munich na Johannesburg

Thursday, February 9, 2012

Love and Other Impossible Pursuits (The Other Woman) - 4/10

Love and Other Impossible Pursuits (The Other Woman) is 'n swaar drama, met heelwat om die lyf. Dit kyk egter moeilik, en is maar 'n gewroeg regdeur. Dalk was ek net nie lus vir so gesukkel op 'n Vrydagaand nie. Kyk as jy sterk van gees voel die dag. Saam met Bella op die bank.

The Pirates of Silicon Valley - 6/10

Ek wonder hoe sou hierdie fliek post Jobs gelyk het, waarskynlik hom in 'n baie beter lig voorgestel het... Kyk gerus as jy meer wil verstaan van die rekenaar reuse van vandag. Ek het nooit besef DOS is gebaseer of die Seattle Computer Products se produk nie.... Saam met Bella op die bank. 

Tamara Drewe - 8/10

Wat 'n lekker fliek is Tamara Drewe nie! Dit is nouwel 'n goeie tjiekfliek, maar dit is baie kykbaar, veral wanneer sy in die kort denimpie oor die heining klim... Kyk gerus saam met jou beterhelf, jy gaan beslis punte score. Saam met Bella op die bank.

Sherlock Holmes: A Game of Shadows - 7/10

Ah, Sherlock by gedaante van Mr Downey bly maar lekker om te kyk, alhoewel nie so goed as die eerste nie. Die slag het dit vir my 'n meer ernstige ondertoon, en ook 'n magtelose gevoel in die gesig van die immer-skurk, Dr Moriarty. Kyk gerus as jy van die eerste gehou het. Saam met Francois en Willie in die Kolonade teater

Wednesday, February 8, 2012

The Dive at Clauson's Pier - 4/10

Hierdie fliek is nie eers op IMDB nie! Dit is 'n Kanadese tipe film op DSTV gewees. Moet maar nie kyk nie, 'n gewone verhaal met min om die lyf. Saam met Bella op die bank, in Bloemfontein terwyl op vakansie.