Saturday, August 4, 2012

The Lorax - 7/10

The Lorax is 'n goeie verwerking van die boek wat in die vroee sewentigs verskyn het. Wonder wat sal Dr Seuss se^ as hy sien wat nou aangaan in die wereld se groot woude.... Die fliekie is perfek vir laat laerskool en as 'n gesin saam. Die grafika is pragtig en met heelwat genoeg ligte oomblikke om die swaar tema verteerbaar te maak. As ek nou net een van daai thneeds in die hande kan kry... Saam met die familie op die bank.

Sunday, July 29, 2012

Answer This! - 4/10

Answer This! is nie 'n drama nie, nie 'n komedie nie, en nie regtig 'n tjiekfliek nie, so wat is dit? Die kassie lyk na 'n komedie. Die fliek lyk of dit erens heen gaan, en dan eindig dit maar sonder 'n heenkome, maar dalk darem een besluit. As jy nie baie verwag nie. Beslis nie hoe" energie vermaak nie, veral nie die Lit proffie nie, wat 'n baie aardige manier van doen het... Saam met Bella op die bank. 

Saturday, July 28, 2012

Casino Jack - 6/10

Casino Jack met Spacey is nou nie 'n ligte komedie nie, al noem hulle dit 'n satiriese komedie op die kassie. Dit is wel interessant, en verskil seker nie soveel van ons eie politiek nie, wel net meer gesofistikeerd. Ek verwag ook dat dit veel erger is as wat die film dit uitbeeld. Dalk nie die beste keuse vir 'n Vrydag of Saterdagaand nie... Die rolle word uitstekend vertolk. Saam met Bella op die bank.

Friday, July 27, 2012

Big Miracle - 6/10

Big Miracle is seker tradisionele Hollywood sentiment, maar in 'n lekker familie kyk formaat verpak. 'n Aks bokant gemiddelde Hollywood Sentiment... Saam met die familie en Anton op die bank. 

Sunday, July 22, 2012

Sherlock - 9/10

Sherlock is 'n heel interessante weergawe van die immergewilde karakter en die slag darem meet Brits as Amerikaans. Net jammer daar is so min episodes per reeks, hopelik maak hulle meer. Saam met Bella op die bank. 

Black Butterflies - 6/10

Black Butterflies is 'n heel goeie poging op Jonker se lewe, maar het twee groot tekortkomings. Eerstens moes dit eerder in Nederlands of Afrikaans gewees het, met Engelse onderskrifte. Tweedens is dit 'n ietwat eensydige kykie na haar lewe. Die fokus is te veel op haar malgeit. Ek stem wel saam dat daar 'n baie fyn lyn tussen genialiteit en kranksinnigheid is... Die vertolkings is redelik goed, die periode redelik akkuraat, en die film heel kykbaar. Dit het nie daai tipiese dokumentere gevoel wat met sulke flieks gepaardgaan nie. Ek het net nogals gewonder of sy wel so promisku was... Saam met Bella op die bank.


Bitterbessie dagbreek

Bitterbessie dagbreek
bitterbessie son
'n spieel het gebreek
tussen my en hom

Soek ek na die grootpad
om daarlangs te draf
oral draai die paadjies
van sy woorde af

Dennebos herinnering
dennebos vergeet
het ek ook verdwaal
trap ek in my leed

Pappegaai- bont eggo
kierang kierang my
totdat ek bedroe
weer die koggel kry

Eggo is geen antwoord
antwoord hy alom
bitterbessie dagbreek
bitterbessie son

The Amazing Spider-Man 3D - 6/10

The Amazing Spider-Man is vir my die beter een van die lot sover. Die vegbedrywe is minder en meer ekonomies, maar dan dalk nie so asemrowend soos ander nie. Heel lekker vermaak vir 'n Vrydag of Saterdagaand. Saam met Franko in Kollonade se 3D teater. 

An Invisible Sign - 6/10

An Invisible Sign is 'n ligter ernstige fliekie met 'n prettige draai of wat. Me Alba kon dalk net 'n ekstra gesigsuitdrukking of twee byleer. Hulle laat haar maar bra vaal in die film lyk. Sal vir enige aand van die week goed werk. Saam met Bella op die bank. 

Tuesday, July 10, 2012

Angus Buchan's Ordinary People - 5/10

Angus Buchan's Ordinary People. Nog 'n voel-goed fliekie met 'n eg Suid-Afrikaanse inslag. Saam met Bella op die bank.

Extremely Loud and Incredibly Close - 6/10

Extremely Loud and Incredibly Close is beslis nie ligte materiaal nie, alhoewel dit hier en daar wel 'n ligte oomblik het. Baie goed gemaak, met nie te veel sentiment rondom 9/11 nie. Saam met Bella op die bank. 

Journey 2: The Mysterious Island - 4/10

Journey 2 het 'n heelwat sagter spanningslyn as die eerste weergawe, dus is dit ook baie meer gepas vir die ander geslag. Dit is maar baie gewoon, ietwat onder gemiddeld vir die genre.  Saam met Bella en Franko op die bank.

New Year's Eve - 4/10

New Year's Eve het nie regtig iets wat dit bo die ander vakansie-romanse-flieks lig nie. Te veel sterre, te min storie en te veel opgeblasenheid. Saam met Bella op die bank. 

Man on a Ledge - 6/10

Man on a Ledge is gewone Hollywood springmielie Vrydagaandvermaak. Redelike spanningslyn, maar nie dodelik nie, en die gebruiklike vroulike byspeler met stywe kleertjies...Het 'n ietwat meer interessante inslag wat dit daai aks bo die ander gewones lig.  Saam met Bella op die bank.

Saturday, June 30, 2012

The Trouble With Bliss - 5/10

The Trouble with Bliss begin eintlik eers na twee derdes van die fliek verby is. Dan eweskielik skop daar so vlakkie van verdieping in. Wat nogals jammer is. Wonder net hoekom die looser so magneet vir vrouens is... In elk geval, dalk nie vir 'n Vrydagaand nie. Ook nie die gewone Hollywood gevoel tipe fliek nie, eerder die tipiese filmfees gevoel. Saam met Bella op die bank. 

Ice Age 4, Continental Drift 3D - 5/10

Het hierdie weergawe van Ice Age saam met die familie in Zambezi Mall gaan kyk. Lekker ligte vermaak, en dalk so bietjie meer aangepas vir die ander geslag as laaities.... maar nog steeds prettig. 

Monday, June 25, 2012

The Firm (Reeks) - 5/10

The Firm is op dieselfde boek as The Firm gebaseer. Op hierdie stadium lyk dit baie vervelig, wel ten minste episodes 1 en 2... Het die fliek jare terug gesien, was nie te sleg nie. Saam met Bella op die bank.

Sunday, June 24, 2012

This Means War - 5/10

This Means War is heel kykbaar maar moet nie enige diepte verwag nie. Dit is perfek vir 'n Vrydag of Saterdagaand. Bietjie dik vir 'n daalder, maar ja, dan is dit seker vermaak en nie filmkuns nie. Saam met Bella op die bank.

Wanderlust - 3/10

Wanderlust is een van daai flieks wat as dit Brits was, dit baie beter sou gewees het. Beslis nie een van Me Aniston se bestes nie. Daar is darem 'n vrek snaakse toneel of twee, maar dan is daar heelwat te veel bar tonele wat net nie werk nie. Beslis op eie risiko. Saam met Bella op die bank.

John Carter - 4/10

John Carter is beslis nie die beste wetenskapfiksie tot op datum nie, maar het seker darem 'n oomblik of twee. Die kinders het dit baie gelaaik. Ek het net dele daarvan gesien saam met die twee manne op die bank. 

Mirror, Mirror - 8/10

Mirror, Mirror was onverwags prettig en verassend. Die grafiese detail van sprokieland is ongelooflik en kreatief. Dit is die perfekte familie fliek. Beslis aan te beveel. Saam met die familie op die bank. 

Monday, June 18, 2012

Agatha Christie's Poirot - Murder on the Orient Express - 5/10

Wel, die mannetjie is taamlik irriterend, maar die sjarme van 'n stoomtrein met 'n interessante klankbaan maak op. Maar ek het nog steeds 'n paar lekker gesange geslaap. Ai. Dit is deel van 'n reeks en nie 'n losstaande film nie. Saam met Bella op die bank. 

A Dangerous Method - 6/10

Baie interessante kykie na Freud en Jung. Die manne was waarlik intellektuele en het moderne sielkunde omskep in 'n geldmaakmasjien sonder dat hulle dit waarskynlik besef het. Baie goeie periode drama, goeie vertolkings, met waarlik mal episodes van Sabina. Saam met Bella op die bank. 

J Edgar - 5/10

Foeitog, J Edgar het nie baie uitgekom nie... Goed gemaak, maar dalk te eentonig en stadig. Ek sukkel maar deesdae om in sulke films wakker te bly. Saam met Bella op die bank. 

Jack & Jill - 4/10

Wel, as jy hierdie uitneem weet jy waarvoor jy jouself inlaat, Toilethumor op verskeie vlakke. Daar is wel die een of twee scenarios waar ek maar op die vloer moes rondkruip om asem te haal... Kyk gerus saam met laat laerskoolseuns, hulle reaksies is beslis prysloos in vergelyking met die koste van die DVD. Dit is familie vermaak, maar nie goeie familie vermaak nie... Saam met die familie op die bank. 

Henry's Crime - 6/10

Stadige, rustige, amper ontstellende wat-te-hoender-!? tipe, aweregse humor. Reeves was dalk nie die beste rol-verdeling nie, maar ook seker nie die slegste nie. Kyk gerus as jy baie ontspanne voel. Saam met Bella op die bank. 

21 Jump Street - 5/10

Jip, dis hoe mens weet jy raak oud, as hierdie tipe flieks te vloekerig en kinderagtig voorkom. Gehou van die kameerolle, dit was nogals koel gedoen. Ek is nou maar net nie 'n Jonah Hill fen nie. As jy sterk voel en beslis nie preuts nie. Saam met Bella op die bank.

Monster in Paris - 8/10

Nogals 'n verassende animasie fliek met regte Parys-gevoel, veral as mens na die animasiekuns kyk. Stroopsoet verhaaltjie, sonder Hollywood cliches. Kyk gerus saam met die kortvolk. Saam met die hele familie op die bank. 

Anne Frank - 3/10

Wat 'n jammerte. Die milieu het soveel potensiaal, maar die oordrewe, oppervlakkige vertolkings werk net nie. Dit is een van die swakker wereldoorlog films wat ek nog gesien het. Vermy dalk eerder. Saam met Bella op die bank.

Carnage - 6/10

Carnage is 'n uiters ekonomiese fliekie. Die sosiale karakter wat ontwikkel is maar presies soos die mens is. Haal die masker af en dan is jy eintlik nie verras nie. Kyk gerus, dit is uitstekend gemaak, met puik vertolkings. Oppad terug van Zurich na SA op LX289.

Ides of March - 6/10

Ides of March stel beslis nie teleur nie, maar is dalk nie Clooney se beste ooit nie. Ek dink in vergelyking met SA politiek loop die Amerikaanse masjien glad geolie, maar het nog steeds nie naastenby sulke katestrofes soos ons s'n nie... Kyk gerus, vir 'n kinkel of wat in die kabel. Saam met Bella op die bank.

Dolphin Tale - 6/10

Lekker ligte familie fliekie, en dan kan mens selfs na die regte een online kyk, en boonop die plek besoek. Saam met die familie op die bank. 

Restless - 3/10

Restless is maar 'n pot strooi. Dit verveel, het nie rigting nie, en is 'n onwaarskynlike strorielyn, selfs as fiksie. Vermy gerus. Saam met Bella op die bank.

Chronicle - 6/10

Nie te slegte fliekie oor tieners wat eweskielik superkragte kry nie. Nogals redelike karakterontwikkeling, en 'n realistiese kyk na wat 'n mens se reaksies sou wees. Oppad terug van Zurich na SA op LX289.

Thursday, May 10, 2012

We Bought a Zoo - 5/10

Het aanvanklik gedink hierdie gaan 'n lekker snaakse grap fliekie wees, maar dit is nie. Dit het 'n meer ernstige toon, en sal waarskynlik my twee manne verveel. Het dit oppad na Zurich gekyk LX 289

Tuesday, May 1, 2012

The Royal Tenenbaums - 5/10 (uitstaande finale punt)

Ek het The Royal Tenenbaums op SA 265 begin kyk, maar was net te laat voor landingstyd. Ai. Sal dit een of ander tyd verder probeer kyk. Lyk glad nie te sleg nie, maar ek sal eers beter kan se^ as ek die einde sien....

The Lost Valentine - 5/10

The Lost Valentine is 'n gemiddelde fliekie oor oorloghelde wat verdwyn en die wat agterbly. Heel kykbaar, en laat mens eers weer jou naastes baie waardeer. Saam met die familie op die bank in Dullstroom, Dunkeld. Was daar vir die langnaweek einde Apr 2012.

What Happens in Vegas - 3/10

What Happens in Vegas is 'n redelik ondergemiddelde tjiekfliekie wat ek oppad terug op SA 265 gekyk het. Dit is sekerlik op die hoogtepunt van die twee hoofkarakters se privaat verhouding, oftewel, ten minste lyk dit so. As jy regtig niks anders het om te doen nie. 

The Change-Up - 2/10

The Change-Up is regtig 'n baie swak fliek, wat jammer is, want dit het tog potensiaal. As dit nie vir al die vloek was nie, en die akteurs so bietjie meer moeite gedoen het, sou dit baie beter gewees het. Dit is 'n redelik holruggeryde tema, uit 'n nuwe oogpunt. Vermy dalk eerder. Saam met Bella op die bank. 

Stolen - 5/10

Stolen is 'n gemiddelde fliekie oor twee moorde, 50 jaar uit mekaar. Heel kykbaar, en laat mens eers weer jou eie kinders ekstra oppas... Saam met Bella op die bank in Dullstroom, Dunkeld. Was daar vir die langnaweek einde Apr 2012. 

Crazy, Stupid, Love - 5/10

Crazy, Stupid, Love is seker 'n Hollywood remake van Run, Fatboy, Run. Dit is heel kykbaar, met so paar snaakse tonele. Ek het dit in twee paaiemente tussen Johannesburg en Munich gekyk (SA 265/264). Dit het 'n paar baie goeie oomblikke, maar kon seker tog nog so bietjie snaakser/beter. 

Monday, April 23, 2012

Once Upon a Time S1 - 6/10

Lekkerrr, moderne kinder sprokies... Nou net daarmee begin maar dit lyk baie belowend. Once Upon a Time lyk so bietjie ligter, met heelwat intrige. Saam met Bella op die bank. Aag deksels, die reeks klaar gekyk! Was lekker kyk materiaal. Tweede seisoen word beplan, hoop dit gaan wys.

Game of Thrones S1 & S2 - 6/10

Game of Thrones is beslis nie preuts nie... Dit is 'n redelik goed vervaardigde reeks met so trappie beter akteurs as die gewone. Lekker komplekse plot met heelwat kinkels. Ons is besig met Seisoen 1. Saam met Bella op die bank. 

My Week with Marilyn - 6/10

Wel, nog 'n floskopfliekie, amper soos Midnight in Paris, net behalwe hierdie slag is dit 'n vrou en nie 'n stad wat so verleidelik speels is nie. Die fliek is pragtig verfilm, maar reflekteer absoluut die optrede van Me Monroe. Dit raak ook amper half dokumenter na die einde se kant toe. En moet my nie laat vertel dat die jong mannetjie 'n hele memoir oor Marilyn geskryf het net omdat hy haar twee maal sonder klere gesien het nie... Klink vir my helemal te fieshie.... Moet se dat die vertolkings nogals goed is. Oppad na Munich op SA 264

Midnight in Paris - 6/10

Midnight in Paris maak mens sommer van vooraf verlief op Parys, maar dan eerder 'n 1920 Parys... Woody Allen het ook daarin geslaag om 'n vervanging vir homself in sy eie flieks te kry... Ek raak net bekommerd wie by hom agter die skerms gaan oorvat. Die fliek raak so tema of wat op 'n baie lawwe (soos 1920 Parys was) manier aan. Parys word dan ook nog 'n karakter in die fliek, met karakterontwikkeling en al, die hele ketoetie. Lekker lig om te kyk, en moenie te veel verwag nie. Saam met Bella op die bank. 

Real Steel - 5/10

Real Steel is 'n baie effens beter as gemiddeld fliekie. Dit voel amper asof dit eerder animasie moes gewees het.  Beslis vir die jongklomp, maar dan ook nie, want dit spreek 'n ander tema aan as net rou robotika. Saam met die familie op die bank.

Sunday, April 15, 2012

The Rum Diary - 6/10

The Rum Diary kry dit heeltemal reg om mens dronk te laat voel. Die hoeveelheid wat die manne drink is verbysterend... Die milieu is baie getrou, en mens kan nie anders as om op die ou karre en afgeleefde plekke verlief te raak nie. Die fliek het so paar skreeusnaakse tonele, wat baie gepas is by die trant en wat die fliek uitbeeld, storm-dronk. Kyk gerus vir 'n ligte aandjie. Saam met Bella op die bank. 

Hugo - 9/10

Die aandag aan detail in Hugo is ongelooflik, die romantiese stasie in Parys perfek. Mens ruik die Croissants, die koffie en al die Brasso om al daai koperwerk so mooi te hou. Die swaar klokke voel mens, dit is 'n film van sintuie. Saam met die familie op die bank. Die vertolkings pas perfek by die Franse tema, en daar is 'n verassing of twee (veral die stasieinspekteur...) Saam met die familie op die bank. 

Tinker Tailor Soldier Spy - 8/10

Tinker Tailor Soldier Spy het 'n baie komplekse storielyn, met baie fyn aandag aan detail van die era. Die vertolkings is almal uit die boonste rakke. Kyk gerus, maar wees gewaarsku, dit is nie 'n maklike kyk nie. Saam met Bella op die bank.  

Alcatraz S1 - 5/10

Alcatraz het net een reeks oorleef, maar is nie te sleg nie, heel kykbaar. Ons het nog so 4 episodes oor. Saam met Bella op die bank.  

Sunday, April 1, 2012

Apollo 18 - 5/10

Apollo 18 bevat redelik realistiese maanvaart tonele, en skep seker die beste idee van die beknoptheid en uitdagings van so 'n reis. Dit is egter waar dit stop. Die storielyn bou tot 'n mate op, maar vir een of ander rede werk dit nie goed nie. Kyk gerus op eie risiko. Saam met Bella op die bank.