The Hunger Games skep 'n ongemak met die samelewing se skynbare demokratiese benaderings. Alhoewel die film in toekoms afspeel, maak dit heelwat kommentaar op hedendaagse tendense. Die fliek beeld dan ook realiteits televisie op steroides uit. Die vertolkings is puik en in die eerste helfte bou daar 'n senuagtige spanningslyn op wat vir niks skrik nie. Mens voel amper dieselfde as die verkose deelnemers, bewerig van bangeit. Die verfilming neig hier en daar na die kamera-skud tegniek, maar is nie te erg nie. Saam met Bella op die bank.
Sunday, September 2, 2012
Wuthering Heights - 8/10
Kyk, as jy van wroeg hou is die nuutste weergawe van Wuthering Heights beslis jou kos. Die eerste helfte van die fliek is dalk bietjie stadig (in 'n reeds stadige fliek), met die tweede helfte heel beter. Die fotografie is gepas en goed, maar die in-jou-gesig-ruk-beweging-kamera-tegniek raak net te veel. Dit is dan 'n baie sterk metafoor vir diepe grond, onder draai die duiwel rond emosies in die film. Die naby skote is so erg dat mens amper verlore in die fliek voel, wat dan die tweede metafoor inlei. Die derde metafoor is in die vorm van die weer, en die vierde in die vorm van die milieu. Daar is verskeie meer om die pyn, smart en leiding van arme Heathcliff uit te beeld. Die vertolkings is almal puik, en die keuse van akteurs perfek. Kyk gerus, maar wees gewaarsku, net vir die met dubbel-sterk konstitusies onder ons, en wat volbloed kunsfilms kan waardeer. Ek is bly ek het hierdie nie in 'n groot teater gesien nie, dit sal mens amper seesiek van emosies laat. Saam met Bella op die bank, en nogals op 'n Vrydagaand.
The Avengers - 6/10
The Avengers is heel kykbaar, met die laaste vegtonele bietjie uitgerek. Van die goed het net te fantastiese vermoeens, maar nou ja, dit is seker gepas vir die tipe fliek. Baie goeie waarde vir geld want amper al die superhelde is daarin, behalwe Superman en kie. Saam met die familie op die bank.
Dollhouse - 5/10
Dollhouse is nie komiese vermaak nie, maar ook nie te sleg nie. Die eerste eposide of wat lyk belowend. Reeks was heel goed om te kyk, maar die laaste episode van seisoen 1 maak glad nie sin nie... Saam met Bella op die bank.
Sunday, August 26, 2012
The Best Exotic Marigold Hotel - 7/10
The Best Exotic Marigold Hotel is 'n ligte komedie-drama met 'n sterk boodskap. Dit is 'n moet vir die oueres onder ons. Dalk so ietwat oordrewe spel hier en daar, maar beslis gepas, gegee die tema en milieu. Saam met Bella op die bank.
The Pirates! Band of Misfits - 7/10
The Pirates! Band of Misfits is Wallace en Gromit, net op die see. Baie skerp humor, met lekkerkry grappies. Baie lekker familie kyk fliekie. Saam met die familie op die bank.
Saturday, August 25, 2012
War Horse - 7/10
War Horse is dalk net te sentimenteel vir my, maar dan pas dit ook by die era waarin dit afspeel. Beslis die moeite werd om te kyk, met pragtige kamera werk regdeur. Die oorlog dele is nie te erg vir laat laerskool nie, so die hele familie kan dit saam geniet. Saam met Bella op die bank.
Saturday, August 18, 2012
Ceremony - 3/10
Ceremony is 'n flouerige tjiekfliekie met te veel praat en te min intrige. Die lyn is net te eenvoudig vir hierdie tipe fliek. Op eie risiko. Saam met Bella op die bank.
Friday, August 17, 2012
Pretty Bird - 5/10
Vreemde titel vir 'n fliek oor entrepeneurs en ingenieurs... In elk geval 'n gewone kykie na 'n goeie plan wat skeef loop met 'n kinkel of wat in die kabel. Vreemde fliek, maar tog met 'n aantrekking. Gekyk op TV terwyl ek in Ladybrand vir werk was.
The Lincoln Lawyer - 4/10
Aarg, nee wat, hierdie moes 'n TV fliek gewees het. Dit is maar baie flou en vervelig. Gekyk op TV terwyl ek in Ladybrand vir werk was.
Bird on a Wire - 4/10
Hierdie is 'n baie ou fliek wat ek in Ladybrand gekyk het terwyl ek daar vir werk was. Op goeie SABC as ek reg onthou. Vir die 1990's was dit seker baie goed, maar ai, al die melodrama staan my nie aan nie.
The Best and the Brightest - 2/10
Hmmm, The Best and the Brightest het dalk 'n oomblik of wat, maar vir een of ander rede werk die film nie vir my nie. Dis amper asof hulle kyk hoe aweregs mens 'n fliek oor voorskoolse onderrig kan maak. Dit mag dalk 'n parodie van New York snobisme wees, maar dit faal. Op eie risiko. Saam met Bella op die bank.
Cat Run - 6/10
Wel, dalk nie vir sensitiewe kykers nie, maar glad nie te sleg nie. Van die tonele, veral die sigaar een, kan dalk te raak vir party. Beslis vir 'n Vrydag of Saterdagaand. Saam met Bella op die bank.
Contagion - 8/10
Van al die erge virusuitbarstingsflieks wat ek nou al gesien het, is Contagion die beste by verre. Nugter lyn, met waarskynlik korrekte populasie reaksies, goeie vertolkings en die besef dat daar maar min tussen ons en barbarisme is... Kyk gerus enige aand van die week. Saam met Bella op die bank.
Step Up Revolution 3D - 7/10
Wel, wat kan ek se^, 'n uber-fest van dans, mooi lywe en ritme. As jy van die vorige Step Up flieks gehou het, is hierdie beslis die beste sover. Nie te sentimenteel nie, nie te lank uitgerekte storietjie nie, net lekker dans en musiek. Dit is veral die karre aan die begin, die kantoorwerkerpassies en kunslokaal wat beindruk. Tap-tap-tap. Saam met die familie en Tyron by Zambezi Mall.
Sunday, August 5, 2012
Margaret - 6/10
Soos te verwagte volgens die kassie is Margaret wel 'n drama. Die vertolkings is baie goed, maar daar is nie 'n spanningslyn nie, dus net 'n kykie na 'n reeks gebeure. Kyk net as jy lus voel vir 'n kunsfliek. Saam met Bella op die bank.
Saturday, August 4, 2012
Balls to the walls - 4/10
Balls to the Wall is glad nie so erg as wat die titel voorspel nie....dit is egter heel vervelig met net te min aksie. Redelike idee maar met meer komiese potensiaal. As jy regtig niks anders op die DVD rak kan kry vir 'n Vrydagaand nie. Saam met Bella op die bank.
The Lorax - 7/10
The Lorax is 'n goeie verwerking van die boek wat in die vroee sewentigs verskyn het. Wonder wat sal Dr Seuss se^ as hy sien wat nou aangaan in die wereld se groot woude.... Die fliekie is perfek vir laat laerskool en as 'n gesin saam. Die grafika is pragtig en met heelwat genoeg ligte oomblikke om die swaar tema verteerbaar te maak. As ek nou net een van daai thneeds in die hande kan kry... Saam met die familie op die bank.
Sunday, July 29, 2012
Answer This! - 4/10
Answer This! is nie 'n drama nie, nie 'n komedie nie, en nie regtig 'n tjiekfliek nie, so wat is dit? Die kassie lyk na 'n komedie. Die fliek lyk of dit erens heen gaan, en dan eindig dit maar sonder 'n heenkome, maar dalk darem een besluit. As jy nie baie verwag nie. Beslis nie hoe" energie vermaak nie, veral nie die Lit proffie nie, wat 'n baie aardige manier van doen het... Saam met Bella op die bank.
Saturday, July 28, 2012
Casino Jack - 6/10
Casino Jack met Spacey is nou nie 'n ligte komedie nie, al noem hulle dit 'n satiriese komedie op die kassie. Dit is wel interessant, en verskil seker nie soveel van ons eie politiek nie, wel net meer gesofistikeerd. Ek verwag ook dat dit veel erger is as wat die film dit uitbeeld. Dalk nie die beste keuse vir 'n Vrydag of Saterdagaand nie... Die rolle word uitstekend vertolk. Saam met Bella op die bank.
Friday, July 27, 2012
Big Miracle - 6/10
Big Miracle is seker tradisionele Hollywood sentiment, maar in 'n lekker familie kyk formaat verpak. 'n Aks bokant gemiddelde Hollywood Sentiment... Saam met die familie en Anton op die bank.
Sunday, July 22, 2012
Sherlock - 9/10
Sherlock is 'n heel interessante weergawe van die immergewilde karakter en die slag darem meet Brits as Amerikaans. Net jammer daar is so min episodes per reeks, hopelik maak hulle meer. Saam met Bella op die bank.
Black Butterflies - 6/10
Black Butterflies is 'n heel goeie poging op Jonker se lewe, maar het twee groot tekortkomings. Eerstens moes dit eerder in Nederlands of Afrikaans gewees het, met Engelse onderskrifte. Tweedens is dit 'n ietwat eensydige kykie na haar lewe. Die fokus is te veel op haar malgeit. Ek stem wel saam dat daar 'n baie fyn lyn tussen genialiteit en kranksinnigheid is... Die vertolkings is redelik goed, die periode redelik akkuraat, en die film heel kykbaar. Dit het nie daai tipiese dokumentere gevoel wat met sulke flieks gepaardgaan nie. Ek het net nogals gewonder of sy wel so promisku was... Saam met Bella op die bank.
Bitterbessie dagbreek
Bitterbessie dagbreek
bitterbessie son
'n spieel het gebreek
tussen my en hom
Soek ek na die grootpad
om daarlangs te draf
oral draai die paadjies
van sy woorde af
Dennebos herinnering
dennebos vergeet
het ek ook verdwaal
trap ek in my leed
Pappegaai- bont eggo
kierang kierang my
totdat ek bedroe
weer die koggel kry
Eggo is geen antwoord
antwoord hy alom
bitterbessie dagbreek
bitterbessie son
bitterbessie son
'n spieel het gebreek
tussen my en hom
Soek ek na die grootpad
om daarlangs te draf
oral draai die paadjies
van sy woorde af
Dennebos herinnering
dennebos vergeet
het ek ook verdwaal
trap ek in my leed
Pappegaai- bont eggo
kierang kierang my
totdat ek bedroe
weer die koggel kry
Eggo is geen antwoord
antwoord hy alom
bitterbessie dagbreek
bitterbessie son
The Amazing Spider-Man 3D - 6/10
The Amazing Spider-Man is vir my die beter een van die lot sover. Die vegbedrywe is minder en meer ekonomies, maar dan dalk nie so asemrowend soos ander nie. Heel lekker vermaak vir 'n Vrydag of Saterdagaand. Saam met Franko in Kollonade se 3D teater.
An Invisible Sign - 6/10
An Invisible Sign is 'n ligter ernstige fliekie met 'n prettige draai of wat. Me Alba kon dalk net 'n ekstra gesigsuitdrukking of twee byleer. Hulle laat haar maar bra vaal in die film lyk. Sal vir enige aand van die week goed werk. Saam met Bella op die bank.
Tuesday, July 10, 2012
Angus Buchan's Ordinary People - 5/10
Angus Buchan's Ordinary People. Nog 'n voel-goed fliekie met 'n eg Suid-Afrikaanse inslag. Saam met Bella op die bank.
Extremely Loud and Incredibly Close - 6/10
Extremely Loud and Incredibly Close is beslis nie ligte materiaal nie, alhoewel dit hier en daar wel 'n ligte oomblik het. Baie goed gemaak, met nie te veel sentiment rondom 9/11 nie. Saam met Bella op die bank.
Journey 2: The Mysterious Island - 4/10
Journey 2 het 'n heelwat sagter spanningslyn as die eerste weergawe, dus is dit ook baie meer gepas vir die ander geslag. Dit is maar baie gewoon, ietwat onder gemiddeld vir die genre. Saam met Bella en Franko op die bank.
New Year's Eve - 4/10
New Year's Eve het nie regtig iets wat dit bo die ander vakansie-romanse-flieks lig nie. Te veel sterre, te min storie en te veel opgeblasenheid. Saam met Bella op die bank.
Man on a Ledge - 6/10
Man on a Ledge is gewone Hollywood springmielie Vrydagaandvermaak. Redelike spanningslyn, maar nie dodelik nie, en die gebruiklike vroulike byspeler met stywe kleertjies...Het 'n ietwat meer interessante inslag wat dit daai aks bo die ander gewones lig. Saam met Bella op die bank.
Saturday, June 30, 2012
The Trouble With Bliss - 5/10
The Trouble with Bliss begin eintlik eers na twee derdes van die fliek verby is. Dan eweskielik skop daar so vlakkie van verdieping in. Wat nogals jammer is. Wonder net hoekom die looser so magneet vir vrouens is... In elk geval, dalk nie vir 'n Vrydagaand nie. Ook nie die gewone Hollywood gevoel tipe fliek nie, eerder die tipiese filmfees gevoel. Saam met Bella op die bank.
Ice Age 4, Continental Drift 3D - 5/10
Het hierdie weergawe van Ice Age saam met die familie in Zambezi Mall gaan kyk. Lekker ligte vermaak, en dalk so bietjie meer aangepas vir die ander geslag as laaities.... maar nog steeds prettig.
Monday, June 25, 2012
Sunday, June 24, 2012
This Means War - 5/10
This Means War is heel kykbaar maar moet nie enige diepte verwag nie. Dit is perfek vir 'n Vrydag of Saterdagaand. Bietjie dik vir 'n daalder, maar ja, dan is dit seker vermaak en nie filmkuns nie. Saam met Bella op die bank.
Wanderlust - 3/10
Wanderlust is een van daai flieks wat as dit Brits was, dit baie beter sou gewees het. Beslis nie een van Me Aniston se bestes nie. Daar is darem 'n vrek snaakse toneel of twee, maar dan is daar heelwat te veel bar tonele wat net nie werk nie. Beslis op eie risiko. Saam met Bella op die bank.
John Carter - 4/10
John Carter is beslis nie die beste wetenskapfiksie tot op datum nie, maar het seker darem 'n oomblik of twee. Die kinders het dit baie gelaaik. Ek het net dele daarvan gesien saam met die twee manne op die bank.
Mirror, Mirror - 8/10
Mirror, Mirror was onverwags prettig en verassend. Die grafiese detail van sprokieland is ongelooflik en kreatief. Dit is die perfekte familie fliek. Beslis aan te beveel. Saam met die familie op die bank.
Monday, June 18, 2012
Agatha Christie's Poirot - Murder on the Orient Express - 5/10
Wel, die mannetjie is taamlik irriterend, maar die sjarme van 'n stoomtrein met 'n interessante klankbaan maak op. Maar ek het nog steeds 'n paar lekker gesange geslaap. Ai. Dit is deel van 'n reeks en nie 'n losstaande film nie. Saam met Bella op die bank.
J Edgar - 5/10
Foeitog, J Edgar het nie baie uitgekom nie... Goed gemaak, maar dalk te eentonig en stadig. Ek sukkel maar deesdae om in sulke films wakker te bly. Saam met Bella op die bank.
Jack & Jill - 4/10
Wel, as jy hierdie uitneem weet jy waarvoor jy jouself inlaat, Toilethumor op verskeie vlakke. Daar is wel die een of twee scenarios waar ek maar op die vloer moes rondkruip om asem te haal... Kyk gerus saam met laat laerskoolseuns, hulle reaksies is beslis prysloos in vergelyking met die koste van die DVD. Dit is familie vermaak, maar nie goeie familie vermaak nie... Saam met die familie op die bank.
Henry's Crime - 6/10
Stadige, rustige, amper ontstellende wat-te-hoender-!? tipe, aweregse humor. Reeves was dalk nie die beste rol-verdeling nie, maar ook seker nie die slegste nie. Kyk gerus as jy baie ontspanne voel. Saam met Bella op die bank.
21 Jump Street - 5/10
Jip, dis hoe mens weet jy raak oud, as hierdie tipe flieks te vloekerig en kinderagtig voorkom. Gehou van die kameerolle, dit was nogals koel gedoen. Ek is nou maar net nie 'n Jonah Hill fen nie. As jy sterk voel en beslis nie preuts nie. Saam met Bella op die bank.
Monster in Paris - 8/10
Nogals 'n verassende animasie fliek met regte Parys-gevoel, veral as mens na die animasiekuns kyk. Stroopsoet verhaaltjie, sonder Hollywood cliches. Kyk gerus saam met die kortvolk. Saam met die hele familie op die bank.
Anne Frank - 3/10
Wat 'n jammerte. Die milieu het soveel potensiaal, maar die oordrewe, oppervlakkige vertolkings werk net nie. Dit is een van die swakker wereldoorlog films wat ek nog gesien het. Vermy dalk eerder. Saam met Bella op die bank.
Carnage - 6/10
Carnage is 'n uiters ekonomiese fliekie. Die sosiale karakter wat ontwikkel is maar presies soos die mens is. Haal die masker af en dan is jy eintlik nie verras nie. Kyk gerus, dit is uitstekend gemaak, met puik vertolkings. Oppad terug van Zurich na SA op LX289.
Ides of March - 6/10
Ides of March stel beslis nie teleur nie, maar is dalk nie Clooney se beste ooit nie. Ek dink in vergelyking met SA politiek loop die Amerikaanse masjien glad geolie, maar het nog steeds nie naastenby sulke katestrofes soos ons s'n nie... Kyk gerus, vir 'n kinkel of wat in die kabel. Saam met Bella op die bank.
Dolphin Tale - 6/10
Lekker ligte familie fliekie, en dan kan mens selfs na die regte een online kyk, en boonop die plek besoek. Saam met die familie op die bank.
Restless - 3/10
Restless is maar 'n pot strooi. Dit verveel, het nie rigting nie, en is 'n onwaarskynlike strorielyn, selfs as fiksie. Vermy gerus. Saam met Bella op die bank.
Chronicle - 6/10
Nie te slegte fliekie oor tieners wat eweskielik superkragte kry nie. Nogals redelike karakterontwikkeling, en 'n realistiese kyk na wat 'n mens se reaksies sou wees. Oppad terug van Zurich na SA op LX289.
Subscribe to:
Posts (Atom)


















































