Wednesday, July 8, 2015

Fifty Shades of Grey - 5/10

Fifty Shades of Grey is redelik goed vervaardig, maar die twee hoofrol vertolkings pas nie lekker by mekaar nie. Die vroulike hoofrol werk, maar nie die manlike een nie. Die karakter is net te lig en sagmoedig - nie iemand wat op so jong ouderdom soveel bereik het in terme van rykdom nie. Die film kom ook glad nie as eroties oor nie (woordspeling?) Dit het wel 'n gevoel van luuks en stylvol, wat dit dan red van 'n ondergemiddelde poging. Dit is seker skokkend vir tannie Sarie van Poggenpoelville, maar is nie so erg nie, mens kan dit darem kyk. Saam met Bella op die bank.

Monday, July 6, 2015

Enlightened, Seisoen 1, Episode 1 - 4/10

Het die eerste episode van Enlightened gekyk, maar kon nie aan beweeg na die res nie. Voel net nie na vermaak nie. Saam met Bella op die bank.

Sunday, July 5, 2015

Strikdas - 5/10

Strikdas is baie lig met 'n soeterige storietjie. Dit gebruik weereens die milieu as karakter en trekpleister. Meer en meer Afrikaanse flieks val in hierdie slaggat, en laat dan die plot agter. Saam met Bella op die bank.




Jurassic World 3D - 6/10

Jurassic World maak dalk nie so groot indruk as wat Jurassic Park terug in die Negentigs gemaak het nie, toe die grafika nuut was, en alles baie groot en sterk was nie, maar is tog op 'n sekere vlak steeds goed. Die verskil is alles lyk so "normaal", wat beklemtoon hoe ver die tegnologie gevorder het. Ek het dit geniet saam met die twee manne in 3D by Kolonnade.  

Stretch - 1/10

Jip, moes seker Stretch al in die eerste vyf minute gestop het. Ietwat van 'n tydmors. Daar was so een of twee hiper snaakse tonele, maar die res maar saai en vervelig. Beslis op eie risiko. Saam met Bella op die bank.

Home - 7/10

Home is nogals 'n kreatiewe animasie fliekie met 'n vars nuwe Engelse dialek... Uitstekende grafika, goeie rolverdeling en blink nuwe film fisika. Saam met die familie op die bank, ja, selfs Franko.

Friday, July 3, 2015

Turks & Caicos - 5/10

Turks & Caicos is dalk so bietjie te kompleks vir 'n Vrydagaand. Nie te slegte Britse fliek nie, maar mens moet redelik kophou. Redelik indrukwekkende rolverdeling vir 'n televisie film. Saam met Bella op die bank.

Paper Planes - 5/10

Paper Planes is 'n gemiddelde familie fliekie, met die verwagte, cliche-sentimentele voel-goed dosis, Saam met Anrich en Bella op die bank.


Tuesday, June 16, 2015

Beyond the Edge - 6/10

Beyond the Edge is nogals 'n dokumenter met 'n spanningslyn, ten spyte daarvan dat mens weet wat die uiteinde is. Redelik goed gemaak, met net een fokus, hoe gaan dit gebeur en wees? Die menslike ondernemingsgees ken geen perke nie. Saam met Anrich op die bank.


Lucky Them - 5/10

Lucky Them is 'n meer growwe tjiekfliek, maar wat Bella baie onverwags verras het was die drie minute verskyning van Johnny Depp. Ek het hierdie minder geniet, dit was vir my so ietwat vervelig, darem met 'n redelike humoristiese ondersteunende manlike rol. Saam met Bella op die bank.


Monday, June 15, 2015

Sleeping Beauty (2104) - 0/10

Wel, wat kan mens se^, zombies in Sleeping Beauty!? Vermy dalk eerder. Gelukkig was dit 'n baie kort fliek, en kon ek net nie die krag kry om die afstandbeheerknoppie af te druk nie... Saam met die hele familie op die bank.

My Old Lady - 6/10

Ai, Parys is so verleidelik, veral in My Old Lady. Baie kykbare tjiekfliekie, met 'n soet einde wat die dames sal gelukkig hou. Uitstaande vertolking van Maggie Smith, soos te verwagte. Saam met Bella op die bank. 

Frequencies (OXV: The Manual) - 7/10

Ek sou reken Frequencies is eksperimentele film teater, met 'n baie interessante premis. Dit lewer diep sosiale kommentaar op 'n baie oppervlakkige en aanvoelbare manier. Ongelukkig val die laaste tonele so bietjie uitmekaar tydens die resolusie maar by nabetragting kan mens dit vir jouself seker verduidelike.... Die film het 'n vreemde trekkrag, mens wil dit klaar kyk...voel amper gedwonge... Ek het nogals die onderliggende humor baie geniet, veral die vertolking van die onderwyserres. Saam met Bella op die bank.


Anna (Mindscape) - 5/10

Anna het 'n redelike lyn wat die heletyd cliches probeer skep om mens te verlei in vinnige konklusies. Dit slaag tot 'n mate om dan te veras, maar na die einde raak die lyn en logika net te veel gaterig om geloofwaardig te bly. Ek sal eerder iets anders kyk as hierdie, maar dit was darem nie so sleg nie.

The Paradise, Seisoen 1 - 6/10

The Paradise lyk na 'n redelike periode drama reeks, maar ek verstaan hierdie een is nie verleng nie, eerder sy meer gewilde kompetisie. Sal dit dalk klaar kyk, lyk tog volgbaar, Saam met Bella op die bank.

A Most Wanted Man - 8/10

A Most Wanted Man is 'n baie realistiese spioenasie drama, met puik vertolkings, en alhoewel nie 'n gunsteling akteur nie, maar steeds uitstaande, en laaste vertoning, van Mnr Hoffman. Kyk gerus, glad nie ontstellend nie, maar met 'n einde wat jou sal meevoel. Saam met Bella op die bank.

Maya the Bee Movie - 6/10

Maya the Bee Movie moes ons maar net kyk, want soos Brakanjan, A-Team en ander reekse dateer hierdie uit die Tagtigers in SA. Dalk so bietjie onder my ouderdomslyn, maar tog kykbaar. Anrich het dit meer geniet, maar Franko minder... Die rekenaar grafika is deesdae baie beter, destyds was dit seker hand-getekende animasie? Saam met die familie, deeltyds op die bank.

Mr. Robot, Seisoen 1 - 6/10

Mr. Robot is seker een van vele reekse wat sal begin draai omdat Kuberkrakers nou al meer die gewone man se sak en doen en late raak. Hierdie is nie 'n slegte poging nie, en die tegniese terme darem meer van pas, maar tog steeds ietwat meer sensasioneel as funksie. Sal dit so paar episodes kans gee. Saam met Bella op die bank.


Shaun the Sheep Movie - 9/10

Kyk, ons is seker al verby hierdie tipe flieks, maar Shaun the Sheep Movie is uitstaande. Dit het selfs Franko saam op die bank gehou. Die karaktertjies is opvreetbaar oulik en die lyn gepas. Klei animasie is net soveel beter as gewone rekenaar grafika. Dit is 'n lekker gesinsfliek wat almal saam kan geniet (en wel het). Die humor en sosiale kommentaar het ons baie geniet. Die skapies het boonop dan ook 'n superkrag om ander aan die slaap te maak....zzzz... Saam met die familie op die bank.

Sunday, June 14, 2015

Two Night Stand - 6/10

Gepraat van film ekonomie! Two Night Stand is nie te sleg nie, kon heelwat erger gewees het. Die vroulike hoofrol kon egter sterker gewees het, is so bietjie onvoldoende, kort skopkrag. Saam met Bella op die bank. 

Daredevil, Seisoen 1 - 5/10

Nie seker of ons Daredevil gaan kyk nie, dit voel bietjie donker. Het eerste twee episodes gekyk, sal dalk nog een of so. Saam met Bella en Franko op die bank, nie Anrich se smaak nie. 

The Railway Man - 7/10

The Railway Man is 'n tragiese oorlogverhaal, gebaseer op 'n ware verhaal, maar met 'n bittersoet einde. Die vertolkings is uitstaande. Daar is 'n paar ontstellende tonele, maar almal as terugflitse. Kyk gerus, maar voel dan sterk as jy hierdie een aanpak.

Knysna - 5/10

Kyk, hierdie fliekie is so common as wat mens hulle kry, maar gelukkig het dit humor tot redding. En dan, soos die mode tans loop, 'n perfekte milieu met Knysna as stel. Die vertolkings is nie te sleg nie, dalk so bietjie pretensieus hier en daar, maar dan is dit gepas vir die genre. Saam met Bella op die bank.


Friday, June 5, 2015

Rome's Invisible City - 7/10

Kyk, as mens al in Rome was, dan is Rome's Invisible City 'n moet. Dit is 'n BBC One dokumenter, met so ietwat te veel fokus op die aanbieder se gesigsuitdrukkings en mannerismes. Dit is 'n enkele episode van omtrent 50 minute. Dis net baie jammer dat al die versteekte dele nie vir die publiek oop is nie... ai. Daar is uitstekende grafika tegnieke wat gebruik word, mens staan half verstom. Saam met die gesin op die bank.

Sunday, May 31, 2015

Time Lapse - 7/10

Sjoe, gepraat van film ekonomie, Time Lapse stel die voorbeeld. Die plot, karakters, milieu, lyn, dialoog, alles spreek van ekonomiese gebruik. Maar ten spyte van 'n film holruggeryde tema, boei hierdie fliekie mens regdeur. Ek vermoed die onderspeelde vroulike hoofrol en die redelik gewone mansrolle het baie daarmee te maak. Die interpretasie is baie geloofwaardig met 'n kinkel aan die einde wat mens nogals verras. Daar is redelik min aksie, so mens moet nie moeg wees as jy hierdie een kyk nie. Saam met Bella op die bank. 


Kingsman: The Secret Service - 5/10

Kingsman: The Secret Service lyk baie goed, veral die advertensie, maar dan verval dit ongelukkig in 'n patroon, alles is perfek, behalwe die moewie!? Die rolverdeling kon sekerlik nie beter nie, die milieu is London, die storie perfek, die vertolkings gepas, selfs humor, maar dit werk net nie. Veral die tweede helfte voel uitgerek, stadig en oormatig. Dis baie jammer, soveel potensiaal. Ai. O, en dit is beslis nie gepas vir die kortvolk nie, die taal is deurlopend net te gekrui. Saam met Bella op die bank.

Mozart in the Jungle, Seisoen 1 - 8/10

Mozart in the Jungle is ongelukkig halfuur episodes, maar dan is dit ook seker hoekom die tempo redelik knap voel. Die musiek is pragtig, New York verleidelik, en die vertolkings gepas, Die rolverdeling is perfek. Vir 'n slag iets helemal anders as die gewone reekse, maar dan is dit net rondom musiek, en nie kastele nie... Gelukkig is dit reeds verleng, want 10 episodes is net te min. Saam met Bella op die bank.

Wayward Pines, Seisoen 1 - 5/10

Wayward Pines lyk redelik, en kan seker sepierig raak... Sal dit nog so episode of wat kans gee. Saam met Bella op die bank.

Thursday, May 28, 2015

Peaky Blinders, Seisoen 1 - 9/10

Man, die Britte kan darem vir jou reeks maak! Peaky Blinders is sekerlik een van die beste periode dramas wat ek gesien het, en ons is nou eers by episode 4 van seisoen 1. Dit is stylvol, kreatief, veral rondom die klankbaan. Die lyn is baie geloofwaardig, en selfs die redelike geweldadige vignettes is so verfilm dat dit hanteerbaar is. Wat hulle wel baie goed regrky is om die mees donker, onromantiese beeld van Birmingham te skep. Die vertolkings is uitstaande en die rolverdeling nog beter. Mens is spyt aan die einde van elke episode dit is nou oor. Dan is daar die stadig bouende spanningslyn tesame met alles wat gebeur... Saam met Bella op die bank.

Vrou Soek Boer - 3/10

Vrou Soek Boer is maar baie flou. Die dialoog, vertolkings, alles is flou. Al wat bietjie opmaak is die mooi kamerawerk aan die begin (lugskote) en die uiteindelike kleindorpie milieu. Vermy dalk eerder, hierdie is pynlik op stadiums. Saam met Bella op die bank.


Saturday, May 23, 2015

The SpongeBob Movie: Sponge Out of Water - 6/10

The SpongeBob Movie: Sponge Out of Water is Anrich se stapel. Die eerste helfte is animasie, en die tweede helfte realiteit/fantasie. Ek het nogals die tweede helfte geniet. Goeie komedie, skerp se^goed, lekker lig, en 'n geloofwaardige storielyn. Ons het almal lekker gelag, saam met Anrich, Bella en Franko op die bank, alhoewel lg. nie alles gekyk het nie, van die tonele was net te erg vir 'n middeltiener... 


The Two Faces of January - 5/10

The Two Faces of January is 'n gemiddelde fliekie met 'n stadige spanningslyn. Dit het egter 'n stylvolle gevoel met 'n milieu wat daartoe bydrae. Kyk gerus, dit is nie bloederig, vloekerig of onvanpas nie. Ek hou nogals van die rolverdeling. Saam met Bella op die bank.


Saturday, May 16, 2015

Mooirivier - 5/10

Mooirivier is heel kykbaar, maar is beslis 'n tjiekfliekie. Dit is baie lig, en het so paar elemente wat mens nie seker hoekom dit daar is nie, soos byvoorbeeld die vete tussen die twee studente. Heel snaaks maar mens is nie seker hoe dit in die storielyn inpas nie. Wat mens nogals opval is die pragtige Potchefstroom, word baie mooi uitegbeeld deur die flunke kamerawerk. Saam met Bella op die bank.

Vikings, Seisoen 1 - 6/10

Vikings lyk baie belowend, en ek verstaan dat Seisoen 2 en 3 baie goed is. Saam met Bella op die bank.

Sunday, May 10, 2015

Spud 3: Learning to Fly - 5/10

Spud 3: Learning to Fly is beter as Nommer 2, heel snaaks, tipies, en flou, alles op die selle tyd. Mens moet maar kyk, al is dit net vir die Michaelhouse omgewing. Saam met Bella en Anrich op die bank.


The Voices - 1/10

Wel, het The Voices begin kyk, seker so 25% ver gekom, besluit om die aftog te blaas. Net te ongemaklik om te kyk. Selfs die volgende dag net om te kyk wat nou wel op die einde gebeur het (afstandbeheer-skiep-kyk) het nie gewerk nie. Nog 'n Sundance filmpie wat dit nie maak nie. Saam met Bella op die bank.

The Cobbler - 7/10

The Cobbler is nog 'n kom-ons-leer-'n-lessie-fliek-van-Adam-Sandler. Maar ek hou nogals van hierdie flieks van hom, waarvan een van my gunstelinge sekerlik Click is. Die fliek het 'n taamlik onverwagte kinkel aan die einde, iets wat gewoonlik in hierdie Sandler genre gebeur. Die flieks kyk lekker, veral op 'n naweekaand. Saam met Bella op die bank.

Hello I Must Be Going - 4/10

Hello I Must Be Going is sekerlik nie 'n te slegte fliek nie, ek het net nogals 'n lang stuk daarin geslaap. Instede van sterre in die rolverdeling maak dit van gewone mense gebruik. Dit werk, maar ook nie. Die lyn is redelik, die verhaal geloofwaardig maar in geheel nael dit mens net nie vas voor die skerm nie. Ek het darem die tweede helfte volledig gesien. Hierdie is nog 'n Sundance film, dalk kan die Amerikaners net nie kunsfliek maak nie? Saam met Bella op die bank.

Saturday, May 2, 2015

The Hunger Games: Catching Fire - 5/10

The Hunger Games: Catching Fire is 'n tussen-in fliek...die einde is baie stomp en die verloop net te voorspelbaar... Saam met Bella op die bank.

Friday, May 1, 2015

Leading Lady - 5/10

Leading Lady het so hier en daar 'n gat in die storielyn, maar is darem kykbaar. Verwag redelike sentiment maar mooi landskap en 'n paar Suid Afrika cliches, soos bv die taxi se bobbejaanspanner stuurwiel... Die oorseese, Ierse aktrise is glad nie te versmaai nie, maar die Amerikaanse een is maar, wel, Amerikaans. Saam met Bella op die bank.

Mortdecai - 8/10

Ek het Mortdecai baie geniet, dit het 'n baie ligte aanslag, baie skerp kwinkslae, goeie humor en perfekte milieu. Die rolverdeling kon regtig nie beter nie, van die skelms, kroeks, dames en butler tot die hoofrolle. Jy moet egter nie anti-Depp wees om hierdie te kyk nie, want dan gaan jy maar verveeld wees. Ek wag nog vir 'n Allen-Depp kombinasie... Saam met Bella op die bank, giggel & grinnik. 

Wild - 7/10

Wild is nogals glad nie te sleg nie. Dit is nie helemal familie vermaak nie, wat tot 'n mate jammer is. Mens leef nogals in Me Witherspoon se vertolking in, sy kry dit reg om 'n 1000 myl stappie kykbaar te maak. Saam met Bella op die bank, pootuit.

Comet - 4/10

Wraggies, Comet het so min indruk gelaat dat ek nou nie eers meer kan onthou wat ek daarvan gedink het nie. Bella onthou ook min en dat dit maar 'n baie flou tjiekfliekie was. Saam met Bella op die bank, as ek nou reg onthou....

Thursday, April 16, 2015

Dragonheart 3: The Sorcerer's Curse - 4/10

Dragonheart 3: The Sorcerer's Curse is so flouerige poging van 'n Game of Thrones namaaksel. Vermy dalk eerder, baie voorspelbaar. Saam met Bella en Anrich op die bank.


My Man is a Loser - 3/10

My Man Is a Loser is sekerlik die beste swakste fliek ooit. Daar is een spesifieke grap oor 'n klein babavoe"ltjie wat heeltemal onverwags insluip in 'n toneel, en waar dit so onwaarskynlik en onvanpas is dat ek nou nog daaroor lag. Die aantal se^goed wat hierdie buiteweste grappie ontsluit is 'n bonus. Die fliek is darem kykbaar, maar wees gewaarsku, moet nie saam met prim en propper tannie Bets kyk nie! Saam met Bella op die bank.  


Fast and Furious Furious Seven - 5/10

Ek het die meeste van Fast Five gehou, maar moes hierdie uitgawe in die reeks sien, bloot net oor Paul Walker se ongeluk en overwagte dood. Verwag onophoudelike aksie, onwaarskynlike toertjies en harde klanke. Die Etihad Toring toertjie is redelik skouspelagtig. Saam met Franko in die Kolonnade

Tuesday, April 14, 2015

Laggies - 4/10

Aag nee wat! Ou Keira kan nie meer tjiekflieks maak nie! Sy werk beter in periode dramas en ander flieks, maar nie hedendaagse tjiekflieks nie. Vreemd, want sy het goed begin daarmee... Laggies is 'n onder gemiddelde tjiekfliek, met aanvegbare hoofrol toedelings. Dalk voel mens self nog so raps onvolwasse...daarom die ongemaklike kakkerlakgril in die rug af!? Saam met Bella op die bank.


Big Eyes - 6/10

Big Eyes, gebaseer op ware gebeure is 'n interessante kyk werd. Dit voel egter dokumente^r, 'n siekte van baie sulke films. Dit is baie gepas vervaardig in terme van milieu en periode. In Bloemfontein saam met Bella. 

Lien se Lankstaan Skoene - 6/10

Lien se Lankstaan Skoene is 'n redelike Afrikaanse filmpie. Dit is dalk so bietjie lig in die broek vir die tema wat aangeraak word, maar is tog heel kykbaar. Mens leef jou hier en daar in die omstandighede in. Dit raak-raak aan sentiment. Saam met Bella en Ouma Lenie in Bloemfontein op die bank, met Ouma se peewee-aar.  

Don Jon - 4/10

Wees gewaarsku, Don Jon het maar growwe kante... Die film is in 'n ligte, alternatiewe styl vervaardig, Dit ruik van pronk-stap (Engels: Swagger). Beide hoofrolle is regtig onaantreklik, selfs met Scarlett in die vroulike hoofrol... Mens moet maar baie oopkop na hierdie oukie kyk. Moet se^, dit raak ietwat beter na die einde, maar is erg voorspelbaar. Ek sou reken dit is dalk 'n anti-tjiekfliek. Saam met Bella op die bank.