Rampage is tipiese Hollywood stapel, gewone reseppie, maar steeds redelike, breinlose vermaak vir 'n lam Vrydagaand. Dit kon nog snaakser gewees het, sou nie afbreek doen aan die skyn erns nie.... Saam met die familie op die bank.Monday, July 9, 2018
Rampage - 5/10
Rampage is tipiese Hollywood stapel, gewone reseppie, maar steeds redelike, breinlose vermaak vir 'n lam Vrydagaand. Dit kon nog snaakser gewees het, sou nie afbreek doen aan die skyn erns nie.... Saam met die familie op die bank.Sunday, July 8, 2018
Mary Magdalene - 6/10
Mary Magdalene is meer 'n kunsfliek as wat dit 'n Bybelfliek is - lang skote sonder dialoog, stadige pas, maar tog met die Boodskap. Die rolverdeling kon waarskynlik beter gewees het. Saam met Bella op die bank.Thursday, July 5, 2018
Set It Up - 0/10
Set It Up begin net te flou, geforseerd en oppervlakkig. Dit is nie die tyd werd nie. Na sowat 10 minute moes dit net stop.... Saam met Bella op die bank.The Miniaturist, Minireeks - 7/10
The Miniaturist is 'n twee episode reeks wat mens as 'n fliek kan kyk. Die styl, stel, stelinkleding, kostuumwerk en kamera-perspektief laat mens voel asof jy in een van die indrukwekkende poppehuise is. Die lyn is boeiend, die karakters meer as gepas vertolk en die rolverdeling perfek. Hierdie is nie 'n gewone reeksie nie, en het so aks fantasie ingement. Saam met Bella op die bank.Sunday, July 1, 2018
The Catcher Was a Spy - 6/10
The Catcher Was a Spy is 'n filmpie wat mens so geskiedenisles of wat leer. Voldoende vertolkings, redelike periode drama, nie sentimenteel nie, en 'n gepaste rolverdeling. Die akteurs doen heel goed om die verskillende kulture en aksente te vermag. Nie 'n angswekkende pas of spanningslyn nie, net gemaklik om nie te verveel nie. Kyk gerus op 'n Sondagaand, dit voel amper soos 'n dokumenter.... Saam met Bella op die bank.Saturday, June 30, 2018
The Last Witness - 7/10
The Last Witness bly maar grim, en ten minste leer mens iets nuuts oor die Tweede Wereldoorlog - die rol van die Russe in Poland. Die vroulike hoofrol is ietwat amateuragtig vertolk, maar die res heel goed. Saam met Bella op die bank.Sunday, June 24, 2018
Paul, Apostle of Christ - 7/10
Paul, Apostle of Christ is 'n hoofstroom kwaliteit produksie, met 'n indrukwekkende rolverdeling en uitstaande vertolkings. Dit is glad nie oormatig sentimenteel nie, en 'n interessante interpretasie van die bekende verhaal. Dit voel ook of mens darem iets leer. Saam met Bella op die bank.Cloak & Dagger, Seisoen 1 - 4/10
Cloak & Dagger begin heel stylvol, maar verval dan teen die tweede en derde episodes in 'n onnodige, papperige herhaling van die selfde situasie oor-en-oor. Sal nog een episode kyk, maar as dit dan nie oordadig optel nie, nie die belegging werd nie. Saam met Bella op die bank. Anrich en Franko het baie gouer as ons opgegee. Lady Chatterley's Lover - 6/10
Lady Chatterley's Lover is hier in 'n formaat wat glad nie herinner aan die rede waarom dit aanvanklik verban was nie... Dit is 'n soete liefdesverhaal, in 'n dromerige milieu. Die vertolkings is gemeng, maar ten minste is die twee leidende rolle gepas vertolk. Kyk gerus met genoeg romantiese hulpmiddels. Saam met Bella op die bank.Saturday, June 2, 2018
Submergence - 7/10
Submergence is 'n stadiger kuns tjiekfliekie, met asembenemende natuur tonele en 'n ou we^reldse hotel in Normandie". Daar is sterk teenoorstaande, maar tog soortgelyke omstandighede vir die twee partye, beide lewe en dood. Moet nie 'n Hollywood-einde verwag nie... Saam met Bella op die bank. Friday, June 1, 2018
Reverie, Seisoen 1 - 4/10
Reverie het 'n interessante premis, maar gaan beslis vinnig uitgerek en vervelig voel. Sal beter doen as 'n fliek. Gaan nie tyd hierin bele^ nie. Saam met Bella op die bank.Monday, May 28, 2018
Sweetbitter, Seisoen 1 - 4/10
Sweetbitter begin nogals stadig vir 'n reeks met die eerste episode. Sal dalk nog een kyk om te besluit. Nee wat, net 'n gesuip en geen werklike gebeure of lyn nie. Saam met Bella op die bank.Sunday, May 27, 2018
The Bachelors - 7/10
The Bachelors is meer drama as komedie, met eerlike vertolkings en 'n sterk rolverdeling. Daar is 'n mate van oordrewe emosies, maar dan is dit moeilik om innerlike struwelinge, seer en swaarkry anders uit te beeld. Op die ou einde is die landloop afrigter se raad eintlik bedoel vir die droewige pa, en dan seker ook goeie lewensraad in die algemeen, al was dit nie so bedoel nie. Die einde is ietwat abrupt met 'n ontknoping wat nie sal teleurstel nie, en dat dit genadiglik nie uitgerek word nie. Kyk gerus, maar dalk nie op 'n Vrydagaand nie. Saam met Bella op die bank.The Broken Key - 0/10
The Broken Key is sekerlik een van die mees amateuragtigste flieks ooit. Sowat 15 minute is al wat mens kon uithou. Beslis nie aan te bevele nie. Saam met Bella op die bank. Friday, May 25, 2018
Amadeus - 8/10
Amadeus, in die regiseur formaat is nogals 'n lang affe^re, maar steeds die moeite werd. Baie musiek, en dan die tragiese draai van sy roem en glorie. Een van die grootstes. Saam met Bella op die bank. Deadpool 2 - 7/10
Deadpool 2 is nie beter of slegter as die eerste uitgawe nie, maar beslis anders, en dalk nog so bietjie snaakser. Kyk beslis as jy van die eerste een gehou het, maar beslis nie, as jy nie van die eerste een gehou het nie. Saam met Anrich en Franko by Zambezi Mall. Saturday, May 19, 2018
The Con is On - 0/10
Aag nee wat! watter vermorsing van akteurs, milieu en potensiaal. Hierdie is een groot gevloek en gesuip sonder doel. Kon net sowat die eerste derde uitstaan. Saam met Bella op die bank.The Terror, Minireeks - 6/10
The Terror begin nogals sonder veel intrige en gryp mens nie juis spesifiek aan nie, maar dit voel luuks vervaardig met uitstaande kostuumwerk en vertolkings. Mens weet die uitkoms, so nou is die vraag hoe kom mens tot by daardie punt. Net sowat tien episodes, sal dit dalk klaar kyk. Ek hou van die Britse manier van maritieme eksplorasie, vol bravade en bolip vasbyt. En dan is daar die metaforiese monster wat seker meer as die helfte afgemaai het.... Saam met Bella op die bank.
Siren, Seisoen 1 - 0/10
Siren lyk baie power, swak rolverdeling, vreemde gevoel, nee wat, na 5 minute dit gelos. Saam met Bella op die bank.3%, Seisoen 1 - 1/10
3% lyk of dit na sensasie soek en probeer saai, en dan is dit beslis 'n lae-koste produksie. Nee wat, het net die eerste 10 minute kon maak. Saam met Bella op die bank.Genius, Seisoen 2 (Picasso) - 6/10
Anders as met Seisoen 1 wat oor Einstein handel, voel hierdie een so bietjie flouer, maar dan leer mens baie van die geskiedenis en oor Picasso. Ek is nou nie seker hoe akkuraat die reeks is nie, maar dit moes 'n opwindende tyd (en lewe) gewees het. Saam met Bella op die bank.Anon - 6/10
Anon is 'n baie ekonomiese toekomsvisie. Alles is maar verbeeldingloos en grys, wat die tema ondersteun en bevestig. Ek voel hulle kon so bietjie meer gedoen het met die tema, maar soos dit is, is dit reeds ontstellend hoe naby ons aan so samelewing is. Die denkende wetenskapfiksiekyker opsie. Sterk rolverdeling. Saam met Bella op die bank. Monday, May 14, 2018
Mistress America - 1/10
Mistress America lyk baie belowend maar verval vinnig in 'n koptollende, dreunende, irriterende dialoog. Dalk het ek net hierdie tipe film ontgrooi, maar kon net sowat 10 minute uithou. Dis jammer, want die rolverdeling is nie te sleg nie. Saam met Bella op die bank.Peter Rabbit - 7/10
Peter Rabbit is heerlike kortvolk materiaal, maar steeds kykbaar vir ander. Dit is prettig, met uitstekende grafika. Gepaste rolverdeling, ook vir die stemwerk. Kyk gerus, sit terug en geniet die skerp dialoog. Saam met Bella en Anrich op die bank.Friday, May 11, 2018
Astérix: Le domaine des dieux - 6/10
Astérix: Le domaine des dieux is heel kykbaar al is dit 'n fliekie vir die jongeres. Die kommentaar op sogenaamde vooruitgang en ontwikkeling is steeds van toepassing op ons moderne probleme. Dis waarskynlik hoekom mens die fliek kan kyk. Ek het ook nogals die uitbeeldings van hebsug geniet. Saam met Bella en Anrich op die bank.Monday, May 7, 2018
Hostiles - 7/10
Hostiles is 'n Western met 'n redelik ooglopende emosionele tema. Raak vertolkings, maar ek (en dus ons) moes dit in twee paaiemente kyk. Die eerste moelike emosionele tonele was net te swaar vir 'n Vrydagaand. Soos Bella opmerk, die fliek handel eintlik oor wie nou eintlik die vyandiges (hostiles) is... dit is nie noodwendig so duidelik nie, ten minste 4 tot 5 groepe ding mee om hierdie titel.... Saam met Bella op die bank.The Woman in White, Seisoen 1 - 3/10
The Woman in White begin maar bra power, met 'n swak rolverdeling, maar uitstekende milieu. Die karakters kom net nie tot reg nie, en die hooftemarol (die vrou in wit), is irriterend en swak vertolk. Die manlike hoofrol is aanvaarbaar, maar red ongelukkig nie die reeks nie. Ons kon nie verby die eerste episode halfpad kom nie. Saam met Bella op die bank.Sunday, May 6, 2018
Red Sparrow - 6/10
Red Sparrow is onverwags ongepas vir 'n Sondagaand, maar dit ten spyt, nie 'n slegte spioen fliek nie. Hulle kon dalk beter gedoen het deur wel Russe as akteurs te gebruik het, maar dan is die rolverdeling nie so sleg nie. Die Amerikaanse akteurs sit 'n meriete poging in. Dit voel of mens darem ook iets leer tussendeur die kyk. Saam met Bella op die bank.Saturday, April 21, 2018
Psych: The Movie - 6/10
Mens kan Psych: The Movie net kyk as jy die reeks gevolg het. Hierdie voel ook dan soos een ietwat langer episode... Tipiese Psych manewales en lawwighede, baie lig. Saam met Bella op die bank.Killing Eve, Seisoen 1 - 8/10
Killing Eve is tong-in-die-kies, met 'n raak rolverdeling. Al die Europese stede en areas maak mens groen van jaloesie, veral die gemak en styl waarmee hulle tussen die beweeg. Nie 'n lang reeks nie, so sal dit beslis kyk, tensy dit sepierig raak. Saam met Bella op die bank. Sunday, April 15, 2018
The Post - 7/10
The Post leer mens ten minste iets nuuts oor die Amerikaners en hul politiek. Voorbeeld vertolkings met 'n sterbelaaide rolverdeling. Perfekte Sondagaand materiaal. Saam met Bella op die bank.Wonder Wheel - 5/10
Wonder Wheel is akademies en teoreties uitstekende materiaal. Die rolverdeling, milieu, periode en kostuumwerk kan nie beter nie. Maar dit faal onnodiglik en klaaglik as vermaak. Die vrou praat mens van jou kop af! Soveel so dat ek hoofpyn begin kry het. Genadiglik het ek nie hierdie in 'n teater gesien nie... Saam met Bella op die bank. Saturday, April 14, 2018
Maze Runner: The Death Cure - 3/10
Maze Runner: The Death Cure is baie flou en vervelig, soveel so, ek het die laaste 30 minute eerder nie gekyk nie.... Die enigste rede om nie 'n 2/10 te gee nie, is die feit dat dit in en rondom Kaapstad geskiet is... Saam met Bella op die bank. Franko en Michelle het dit apart gekyk, maar het my die einde vertel - ek gaan dit nie eers klaar kyk nie. Sunday, April 8, 2018
Z: The Beginning of Everything, Seisoen 1 - 5/10
Z: The Beginning of Everything is redelik, maar dalk oorheers die Southerner gevoel dit net te veel. Ek sal nie meer as een Seisoen kan kyk nie. Saam met Bella op die bank.The Hitchhiker's Guide to the Galaxy - 6/10
Ons het The Hitchhiker's Guide to the Galaxy gekyk destyds tydens vrylating in SA. Nou weer saam met Anrich gekyl op die bank. Sal tog baie deurmekaar en onsinvol lyk as mens dit kyk sonder om die boeke te gelees het. Redelike akkurate weergawe van die boeke. Die rolverdeling bly goed, al is dit soveel jare later. \
Annihilation - 6/10
Annihilation is 'n kombinasie van Stranger Things, Avatar, Under the Dome en The Mist. Dit het 'n redelike spaningslyn en is darem nie te grim nie. Ietwat voorspelbaar. Saam met Bella op die bank.Phantom Thread - 4/10
Phantom Thread handel op die ou einde net oor een simpel onwaarskynlike en disfunksionele verhouding. Teen die einde van die fliek - mens het aanhoudend hoop vir iets sinvols - voel dit baie doelloos en leeg. Hierdie is kunsfliek op sy ergste. Die eerste opmeet toneel is baie sensueel, maar dan is dit die finale toneel wat mens laat hoop het vir iets sinvols. Die intensiteit van die film verander van rat en modus - van misterie na meganika. Aag nee wat, vermy dalk eerder. Saam met Bella op die bank.Saturday, April 7, 2018
Lady Bird - 6/10
Lady Bird is dalk net te tjiekfliek, maar die dialoog hou tog mens (mans) se aandag. 'n Ander rolverdeling sou waarskynlik gefaal het. Saaam met Bella op die bank.Friday, April 6, 2018
American Assassin - 5/10
American Assassin is redelike Vrydagaand materiaal, nie te ernstig nie, en darem tot 'n mate vermaaklik. Net te Hollywoods en te veel Amerikaanse sentiment, met so paar gate in die lyn. Ten minste 'n paar gunsteling Europese stede se bekende vistas....ai... Saam met Bella op die bank.Sunday, March 25, 2018
Father Figures - 3/10
Father Figures is eintlik swak, maar vir een of ander rede het ons dit klaar gekyk. Tipiese Hollywood oordrewe vertolkings en bar sentiment. Saam met Bella op die bank.The Greatest Showman - 7/10
The Greatest Showman is dalk so bietjie oordrewe vergeleke moet hoe die sirkus werklik gelyk het, maar is beslis kleur en luisterryke vermaak. Die rolverdeling werk baie goed, al is dit nie altyd hul eie stemme nie (Mev Lind bv.). Nie my gunsteling operette (musiekfilm of musical) nie, maar glad nie sleg nie. Saam met Bella op die bank.Krypton, Seisoen 1 - 3/10
Saturday, March 24, 2018
Tomb Raider - 6/10
Tomb Raider kyk nogals punt-op-die-sitplek, vinnige aksie. Daar is een donkerder toneel, maar die res is stapel aksie en ontsnapping. Lekker Vrydag of Saterdagaand springmielie materiaal. Saam met die familie by Zambezi mall, vir die vakansiedag. Tuesday, March 20, 2018
What Planet Are You From? - 5/10
What Planet Are You From? is 'n 2000 fliekie wat sy ouderdom baie goed dra. Neig na bar, maar eintlik heel snaaks. Die oppervlakkige dialoog, tong-in-die-kies vertolkings red die fliekie. Saam met Bella op die bank.Saturday, March 17, 2018
Life Sentence, Seisoen 1 - 4/10
In Life Sentence is almal net te mooi - die reeks het geen realisme nie, daarom voel dit net te plastiek vir so 'n tipe drama. Kon net die eerste 15 minute uithou. Saam met Bella op die bank.The Man Who Invented Christmas - 8/10
The Man Who Invented Christmas is liplekker, taalryke, goedvoel ontspanning. Uitstekende rolverdeling, periode milieu en kostuumwerk. Hierdie is 'n juweeltjie en beslis die moeite werd. Saam met Bella op die bank. Star Wars: The Last Jedi - 6/10
Star Wars: The Last Jedi is nie die beste nie, maar darem heel kykbaar. Ek het meer van gehou Star Wars: The Force Awakens. Daar is hier-en-daar klein humor klippies, maar te min om die fliek te red, en dan sal dit boonop seker nie meer Star Wars wees nie. Saam met Bella op die bank, alhoewel sy en die manne dit reeds in die teater ook gesien her. Anrich het die eerste stukke saam gekyk, weer. Wednesday, March 14, 2018
Paddington 2 - 6/10
Paddington 2 is net so goed as die eerste een. Ligte humor, met nimlike karakters, selfs die klomp tronkskelms. Dalk meer kortvolk materiaal, maar dit ten spyte, kan mens dit steeds kyk en geniet. Saam met Bella en Anrich op die bank, al het beide van hulle die film in die teater reeds gesien. The Alienist, Seisoen 1 - 7/10
The Alienist is 'n donkerige, sielkundige drama in 'n jonger New York. Voel coortgelyk aan The Knick, hopelik net minder bloederig. Net tien episodes, wat oor een komplekse saak handel, Saam met Bella op die bank.
Subscribe to:
Posts (Atom)



