Pennyworth is donkerder maar nie te veel nie. Dit het 'n pretelement en gekoppel aan die milieu en taal en kultuur kyk dit heel maklik. Saam met Bella op die Bank.Thursday, August 1, 2019
Pennyworth, Seisoen 1 - 6/10
Pennyworth is donkerder maar nie te veel nie. Dit het 'n pretelement en gekoppel aan die milieu en taal en kultuur kyk dit heel maklik. Saam met Bella op die Bank.Sunday, July 28, 2019
Tolkien - 6/10
Hoe waar ook al Tolkien se weergawe is van die persoon en sy vriende, is die film 'n definitiewe moet vir kunsfliekgangers. Dit is sag en weerloos, en voel eintlik minder skerp en fors as die bekende trilogie van flieks. Goeie vertolkings en rolverdeling. Saam met Bella op die Bank.Saturday, July 27, 2019
Hunter Killer - 6/10
Hunter Killer is redelike materiaal met 'n sterk spanningslyn, maar faal agv die taal vertolkings. Dit voel net nie reg dat Russe so praat nie. Steeds materiaal tot nadenke, maar kon soveel meer impak gehad het as hulle meer getrou aan die kultuur was. Saam met Bella op die Bank.Friday, July 26, 2019
The Little Drummer Girl, Minireeks - 7/10
The Little Drummer Girl lyk na 'n stewige minireeks. Het dit oppad terug van Nanjing op KA 811 begin kyk, maar besluit om dit te los vir die huis saam met Bella. Die eerste episode skep 'n getroue periode drama konteks teen die agtergrond van historiese konteks. Lekker. Saam met Bella op die Bank.American Made - 8/10
American Made is amper nog meer ontstellend as Beirut. Amerika is eintlik self verantwoordelike vir sy eie dwelm probleem.... Hierdie een is meer Hollywoods as Beirut, maar dan is dit waarskynlik so gewees, baie geld beinvloed baie. Materiaal wat mens laat dink. Oppad terug van Nanjing op KA 811 / CX 749.Monday, July 22, 2019
Beirut - 9/10
Beirut is waarskynlik een van die beste voorbeelde in sy genre. Dit speel af in 'n milieu wat nou al soos 'n ou bekende voel as gevolg van verskeie soortgelyke films. Wat hierdie film onderskei is die afwesigheid van sinlose martel en gewelds tonele. Die lyn, dialoog en vertolkings doen die harde werk. Hoogs aan te beveel. Oppad na Nanjing op CX 748 / KA 810.The Big Short - 8/10
The Big Short is eintlik maar op vele vlakke onstellend, en nie in die sin wat mens assosieer met flieks nie. Daar is 'n krioeltjie wat in mens se rig af beweeg as jy eers besef hoe korrup ons we^reld en gepaargaande, maar aanvaarde, stelsels is. En hierdie is nie klein stelseltjies nie, dit is groot masjiene wat miljoene mense affekteer. Kyk gerus, maar wees gewaarsku, hierdie is 'n meer tegniese fliek wat ekonomie en oudit studente beter sal verstaan. Die rolverdeling is puik en die vertolkings daarby ook. O, en dit is redelik feitelik akkuraat, as daar so iets is, maar dit maak die einde soveel meer pynlik. Oppad na Nanjing op CX 748. Sunday, July 21, 2019
Supervized - 5/10
Supervized bevestig dat oudword nie vir kinders of sissies is nie. Dit is 'n ligte fliekie, dalk ietwat voorspelbaar, maar tog kykbaar en vermaaklik. Dit is dalk nie die beste Sondagaand materiaal nie, dalk eerder vir 'n Vrydag of Saterdagaand bedoel. Dit is nie pretensieus nie, en beslis nie 'n Hollywood produksie nie. 'n Paar snaakse tonele met skerp dialoog hier en daar. Saam met Bella op die Bank.Saturday, July 20, 2019
Lying and Stealing - 4/10
Lying and Stealing het 'n resep vir vermaak, maar faal ongelukig met die uitvoering. Daar is elektriese chemie tussen die twee hoofrolle, maar red nie die fliekie van onder gemiddeldheid nie. Saam met Bella op die Bank.Hellboy (2019) - 5/10
Het Hellboy saam met Bella en Anrich begin kyk op die Bank (sowat 15 minute). Het dit wel later oppad na Nanjing op CX 748 klaar gekyk. Die droe" humor, op en aanmerkings en verwysings hou dit net-net interessant genoeg. Sal nie moeite doen om dit te kyk nie, maar as jy 12 ure het om te verwyl is dit seker nie so sleg nie.Sunday, July 14, 2019
Die Byl, Seisoen 1 - 6/10
Saturday, July 13, 2019
Black Sea - 7/10
Black Sea begin met 'n stywe spanningslyn wat darem redelik ontknoop. Perfekte mateiaal vir 'n Saterdagaand - nie te swaaar nie, maar ook nie ligte materiaal nie. Saam met Bella op die Bank.Friday, July 12, 2019
Fisherman's Friends - 7/10
Fisherman's Friends is 'n ligte en voorspelbare kykie na 'n klein vissers gemeenskappie wat soos die hemel lyk. Dit is nou wel op ware gebeure gebaseer, maar vat nie die kykgenot daarvan weg nie. Saam met Bella op die bank. Thursday, July 11, 2019
Death and Nightingales, Minireeks- 6/10
Death and Nightingales is broeiende Ierse materiaal. Daar is net drie episodes, met 'n taamlike stadige pas. Intrige, drama en konflik en 'n mistroostige milieu wat pas by al die onstuimige innerlikes. Saam met Bella op die Bank.Monday, July 8, 2019
The Rook, Seisoen 1 - 5/10
The Rook is net te pap en sonder fut. Mens vind ook nie besondere aanklank by die karakters nie. Sal dalk eerder nie die tyd investeer nie. Saam met Bella op die Bank.Saturday, July 6, 2019
Deep State, Seisoen 1 - 6/10
Deep State voel oortuigend en laat mens wonder hoe sake gaan verloop. Sal waarskynlik net Seisoen 1 kyk, die volgende handel oor 'n nuwe area, nuwe probleme en nuwe mense. Saam met Bella op die Bank.13 Minutes - 7/10
13 Minutes is op verskeie vlakke ontstellend. Dit laat mens hardop wonder wat sou gebeur het as Elser wel geslaag het? Hierdie is oorlog connoisseur materiaal op sy beste, Duits met Engelse onderskrifte. Van die skote is pynlik (fisies en sielkundig) uitgerek. Nie ligte vermaak nie. Saam met Bella op die Bank.The Hummingbird Project - 6/10
The Hummingbird Project laat mens nogals wonder hoekom iemand so 'n tema sal gebruik vir 'n fliek as kanaal vir 'n dieper boodskap. As dit dalk op ware gebeuere gebaseer was of so, maar hierdie is nie. Die rolverdeling is goed, die vertolkings tegnies korrek met hart. Die fliek kyk nie onaardig nie, maar ek wonder so bietjie oor die punt daarvan? Saam met Bella op die bank.Sunday, June 30, 2019
And Then There Were None, Minireeks - 8/10
And Then There Were None is vol allerhande goetertjies wat net lekker kykmateriaal maak. Die Britse gevoel, die milieu, die kostuumwerk, die rolverdeling en die karakters. Misterieus, onheilspellend en raaiselagtig. Kan nie wag vir die finale episode nie. Saam met Bella en Anrich op die Bank. Thursday, June 27, 2019
Toy Story 4 - 9/10
Toy Story 4 stel die nuwe drempel vir rekenaargrafika - Dit is eenvoudig asemrowend, die velddiepte fokus, stof partikels, tekstuur, animasie, fisika, glinstering, lens effekte, lig effekte, noem maar op. Die verhaal pas perfek by die vorige films in, al voel dit so lank terug. Jy mag hierdie nie mis as jy die voriges gesien het nie! Saam met Bella en Anrich by die tjeep fliek in Zambezi Mall. Franko het dit reeds saam met die manne gesien.Sunday, June 23, 2019
Vice - 7/10
Wel, eerstens moet nie Vice kyk as jy pro-Amerikaans is nie. Tweedens moet dit nie kyk as jy nie van Amerikaanse politiek hou nie. Derdens, moet dit nie kyk as jy nie van samesweringsteoriee hou nie. Mens besef redelik wat die Amerikaners Irak voor gebruik het, maar die vlak van die werklikheid wat hier ontbloot word, is dat mens waarskynlik net die punt van die ysberg vermoed en nie die volle omvang van magsig, korrupsie en wandade nie, skok tot 'n mate. Uitstekende vervaardiging, rolverdeling en periode drama, maar beslis meer op die connoisseur mark gemik. Saam met Bella op die Bank.Friday, June 21, 2019
Submission - 5/10
Dit is duidelik, mens moet nie 'n bekende skrywer word nie, jy raak oorgelaat en blooggestel aan jong dames se intensies wat nie so suiwer is nie... Die arme man, het alles gehad en alles verloor in 'n oogwink - weens een oomblik van kortstondige oordeelsonbeholpenheid. Wel Submission, 'n bedoelde woordspeling, is redelik gemiddelde materiaal, maar tog kykbaar. Saaam met Bella op die bank. Thursday, June 20, 2019
Red Joan - 7/10
Ek hou daarvan as mens iets van geskiedenis in 'n film leer. Red Joan stel nie in hierdie opsig teleur nie. Die rolverdeling werk goed, mens hou van die karakters. Die milieu is romanties, en die era goud (wel, behalwe vir die oorlog deel). Dit bly egter indrukwekkend dat sy solank daarmee weggekom het. Mens wou eintlik he^ dat sy nooit uitgevang was nie. 'n Connoisseur tjiekfliek drama, gebaseer op ware gebeure. Saam met Bella op die bank. Tuesday, June 18, 2019
I Am Mother - 7/10
I Am Mother is ekonomies verfilm, daar is maar min karakters. Dit is wel oortuigend en hou die aandag. Dit het 'n element van voorspelbaarheid, maar tog met 'n onverwagte kinkel of twee. Die moeite werd, maar moet nie baie aksie verwag nie, hierdie is eerder sielkundig. Wel baie goed vervaardig met 'n gepaste rolverdeling. Op die ou einde raak dit baie moeilik om protagonis en antagonis te identifiseer. Saam met Bella op die Bank.Sunday, June 16, 2019
The Aftermath - 7/10
The Aftermath is sensueel met mooi mense, smaaklike uitrustings, asemrowende wonings, prag ysige koud woud tonele en verleidende vrugte. Dit alles teen die grim oorlog agtergrond, skerp kontrasterend. 'n Stadige innerlike konflik lyn met stylvolle vertolkings. Die meer denkende tjiekfliek. Saam met Bella op die bank.Saturday, June 15, 2019
Dumbo - 7/10
Dumbo is 'n soete fliekie van groot olifantogies en suikerstroop. Die grafika is lewensgetrou en oortuigend, die rolverdeling, kostuumwerk en algehele tekstuur van die film alles saam swiets. Klein en groot sal dit geniet. Saam met Bella op die Bank.Friday, June 14, 2019
The Cleanse - 4/10
The Cleanse is net te flou en stadig en onderspeeld. Dit kom nie aan die gang nie, en die lang kamera fokus op die monstertjies is irriterend. Die simboliek en metafoor het potensiaal, maar word nie behoorlik ontgin nie. Ek het die laaste 20 minute eerder gelos, Bella het klaar gekyk. En Leonard sal moet werk om rolle sonder Leanard te doen.... Saam met Bella op die Bank.Sunday, June 9, 2019
Can You Ever Forgive Me? - 6/10
Can You Ever Forgive Me? is ietwat saai, maar tog bindend genoeg om mens tot die einde te laat kyk. Die vertolkings is teksboek materiaal. 'n Meer eksentrieke, connoisseur fliek keuse. Saam met Bella op die Bank.Saturday, June 8, 2019
All You Ever Wished For - 4/10
All You Ever Wished For is baie lig, oppervlakkig en redelik onskuldig. Die milieu is egter presies wat die titel se^ - ek sou beslis hier kon bly. Baie breinlose tjiekfliek vermaak. Gelukkig is dit 'n kort fliekie. Saam met Bella op die bank.Friday, June 7, 2019
Domino - 5/10
Domino is 'n baie gemiddelde fliekie, met 'n gemiddelde pas en gemiddelde rolverdeling. Dalk nie heeltemal die tyd werd nie, maar darem nie lank en uitgerek nie. Saam met Bella op die bank.Thursday, June 6, 2019
Catch-22, Seisoen 1 - 6/10
Catch-22 lyk belowend, maar sal dit nog een episide kans gee. Moeilik om te sien waarna die reeks mik (woordspeling bedoel in hierdie geval). Ek hou van die tekstuur, stelinkleding en era, maar dit sal nie reddende faktor alleen kan wees nie. Saam met Bella op die Bank.Sunday, June 2, 2019
All Is True - 6/10
All Is True lewer 'n opinie oor ou Willem Wikkelspies se laaste jaar of wat. Hoeveel histories en feitelik akkuraat is, is oop vir hewige en vele debat. Die milieu is meesleurend, die rolverdeling en vertolkings goed. Wat wel nie werk nie is die sporadiese vreemde kamera perspektief, wat nie die tydperk gestand doen nie. Maar een ding is seker, die bekgevegte hier lewer Engelse prosa op. Dit is ook dan duidelik, sy gesinslede was nie maklike mense nie... Saam met Bella op die bank.Saturday, June 1, 2019
Into the White - 7/10
Into the White maak die hartseer van oorlog draagbaar vir 'n kort rukkie, todat realiteit weer inskop. Die Noorweegse wildernis is ongenaakbaar, onvergewend en tog perfek mooi - ook dan 'n metafoor vir die absurde ironie waarin die soldate hulself bevind. 'n Film met hart en 'n knippie humor. Saam met Bella op die Bank.Doom Patrol, Seisoen 1 - 5/10
Doom Patrol se loodsepisode is nogals interessant, maar dan besef mens gou die res van die reeks steek nie kers op nie. Lyk nie of dit die tyd werd is nie. Saam met Bella op die bank. Friday, May 31, 2019
Stockholm - 7/10
Stockholm is gebaseer op ware feite, maar draai dan die antagonis en protagonis rolle om van die verwagte. Die vertolkings is uitstaande, die periode akkuraat, en die stelinkleding 'n absolute nostalgie. Die rolverdeling is gepas, en die ontknoping, al is die ietwat voorspelbaar - wonderlik anti-cliche. Saam met Bella op die Bank.Tuesday, May 28, 2019
Chernobyl, Minireeks - 10/10
Chernobyl, soos Kursk, laat mens wonder hoe onbeholpe die Russe werklik is, en of hierdie net nog Yank proganda is. Dit ten spyt, is dit briljant vervaardig met vertolkings uit die boonste rakke. Dit is onstellend realisties, en hou mens vasgenaal, al het mens as jong lat die TV beelde gesien van die werklike gebeure. Saam met Bella op die Bank, Sunday, May 26, 2019
The Mercy - 8/10
The Mercy laat mens soutwater proe en ruik. Alles werk in hierdie fliek, Mens kry sommer self vlinders op die maag met die solo vertrek. En dan die onvoorbereide vertrek. Ware gebeure, wat mens nogals erg laat wonder wat feit en wat verbeelding is. Ek kan egter net dink hoe eensaam en klein mens kan voel in sulke omstandighede. Saam met Bella op die Bank.
En hy het gedink hy kon nie terug gaan nie, hy het verkeerd gedink, hulle sou hom aanvaar het, al het hy gedink hy het gefaal. Hy het verkeerd gedink. Hy het nie gefaal nie. Hy sou steeds hulle held gewees het. Hy het probeer.
Saturday, May 25, 2019
The Twilight Zone (2019), Seisoen 1 - 6/10
The Twilight Zone is weer terug, met die eerste episode dalk anders as wat mens verwag het, maar dan is dit die vreemde dimensie wat mens betree. Die tema musiek is steeds daar, net minder aggressief, of dalk is ek net heelwat ouer.... Ons praat hier van 25 jaar terug, mense. Saam met Bella op die Bank, in die gewone dimensie. Friday, May 24, 2019
The Professor - 6/10
The Professor het heelwat skerp dialoog en komiese situasies, alhoewel sommige (heelwat) nie preuts is nie. Daar is 'n mate van herhaling, maar die rolverdeling en interpretasies red hierdie fliekie van erge pyn en smart. Dit maak eintlik van 'n baie gewigtige - veral in konteks van ons ou gesinnetjie tans - verteerbare en verstaanbare en ligter materiaal. Kyk, maar wees gewaarsku, dalk nie almal se materiaal nie. Saam met Bella op die Bank.Thursday, May 23, 2019
The Truth About the Harry Quebert Affair, Minireeks - 7/10
The Truth About the Harry Quebert Affair is 'n 10 episode minireeks. Die loodsepisode lyk belowend, sal dit nog kans gee. Saam met Bella die Bank. Sunday, May 12, 2019
The Aspern Papers - 2/10
The Aspern Papers lyk belowend, maar stel dan erg teleur. Nie eers Venisie" red dit nie. Sterk rolverdeling maar te hoogdrawend. Ai. Sowat 20 minute se vergaap aan die milieu en tuin!? En dan besef mens hierdie gaan net nie werk nie. Saam met Bella op die Bank.
Saturday, May 11, 2019
Extremely Wicked, Shockingly Evil and Vile - 7/10
Extremely Wicked, Shockingly Evil and Vile (een van die langer film titels) laat mens nogals wonder oor of ou Ted skuldig was al dan nie. Mens besef eers later die film is uit die perspektief van 'n nie-slagoffer verfilm (sy meisie). Alhoewel die rolverdeling nie sterk voorkom nie, is die akkuraatheid van die vertolkings siniste^r, onheilspellend. Hierdie by maar grillerig, maar gelukkig is die film glad nie bloed en binnegoed nie, en nie op die oog af ontstellend nie - dit skop eers later in... Saam met Bella op die Bank.Friday, May 10, 2019
Old Boys - 7/10
Wel, Old Boys is seker op 'n meesterstuk gebaseer, maar hierdie interpretasie is prettig, komieklik, vermaaklik en net lekker om te kyk. Familie vriendelik, maar dalk nie 'n tema vir die jongeres nie. Gepaste rolverdeling en gepaste vertolkings. Beslis voor in die genre. Saam met Bella op die Bank. Untogether - 3/10
Untogether het 'n redelike rolverdeling met 'n erotiese ondertema - maar dit faal en trek mens nie aan nie, Van die vertolkings is net papsleg. Dit voel net nie die moeite werd om tyd daaraan te spandeer nie. Sowat 15 minute is al wat ek kon regkry. Saam met Bella op die Bank.Wednesday, May 8, 2019
Hawking - 6/10
Hawking is redelike kyk materiaal, dalk nie die beste biografiese film ooit nie. Dit voel hier en daar oorgedramatiseerd, veral met sekere kamera skote. Die rolverdeling is goed, die vertolkings baie goed. Dit voel soos 'n baie goeie televisie fliek. Saam met Bella op die Bank.Tuesday, May 7, 2019
The Stolen - 2/10
The Stolen is maar lig in die broek, met een van die swakste klankbane ooit - soveel so dit doen aktief afbreek aan die fliek. Ek kon dit nie klaar kyk nie, het so 20 minute oorleef. Die fliek het 'n vreemde ritme. Saam met Bella op die bank.Saturday, May 4, 2019
Wind River - 6/10
Wind River is 'n redelike drama, losweg op ware omstandighede gebaseer. Dit het 'n sterk onderliggende tema, maar word nie te swaar of gru aangebied nie. Dit is wel tragies en ontstellend, so nie vermaak nie. By tye is die dialoog so binnesmonds mens sukkel om belangrike dele te volg, so gebruik beslis onderskrifte. Me Olson is ook nie my gunsteling verdeling nie - sy is bloot net te een-dimensioneel on on-dinamies. Saam met Bella op die Bank. Drunk Parents - 0/10
Drunk Parents maak dit nie, selfs nie met die rolverdeling nie. 'n Totale oordoende affe^re. Ag nee wat. Nie eers 10 minute kon uithou nie. Saam met Bella op die bank.Friday, May 3, 2019
55 Steps - 7/10
55 Steps is 'n kragtoer van vertolkings in 'n sterk periode drama formaat. Dit is gebaseer op ware gebeure en persone, met realistiese situasies. Nie oormatig sentimenteel nie, en beslis nie lig nie. Dit gebruik wel humor om die tema verteerbaar te maak. Sterk vroue. Saam met Bella op die bank.Tuesday, April 30, 2019
Glass - 7/10
Glass is die laaste in die trilogie en maak seker daar is afronding, afsluiting en posisionering vir opvolg films. Dit eindig beslis anders as die tipiese Hollywood styl. Ten minste meer aksie en 'n vinniger tempo as Unbreakable en miner spannend/gru as Split. Ek sou reken die beste in die reeks en dan ook nie heeltemal hoofstroom materiaal nie. Saam met Bella en Franko en Anrich op die Bank.
Subscribe to:
Posts (Atom)


