Hundraåringen som klev ut genom fönstret och försvann (The 100 Year-Old Man Who Climbed Out the Window and Disappeared) is 'n stil, minimalistiese komedie. Die het heelwat baie snaakse tonele en oomblikke. Dit voel asof die film op 'n werklike persoon gebaseer moes gewees het, maar is nie. Nie seker hoekom mens so 'n boek sou wou skryf nie, maar ten minste is dit goeie kyk materiaal en beslis nie hoofstroom nie. Kyk gerus as jy beter wil voel. Saam met Bella op die Bank.Friday, February 28, 2020
Hundraåringen som klev ut genom fönstret och försvann (The 100 Year-Old Man Who Climbed Out the Window and Disappeared) - 7/10
Hundraåringen som klev ut genom fönstret och försvann (The 100 Year-Old Man Who Climbed Out the Window and Disappeared) is 'n stil, minimalistiese komedie. Die het heelwat baie snaakse tonele en oomblikke. Dit voel asof die film op 'n werklike persoon gebaseer moes gewees het, maar is nie. Nie seker hoekom mens so 'n boek sou wou skryf nie, maar ten minste is dit goeie kyk materiaal en beslis nie hoofstroom nie. Kyk gerus as jy beter wil voel. Saam met Bella op die Bank.Saturday, February 22, 2020
Last Christmas - 5/10
Last Christmas is heel kykbaar vir 'n tjiekfliek met 'n cliche kinkel, maar wat steeds nogals onverwag en onafgekondig gebeur het. Redelike humor en drama. Saam met Bella op die bank.Friday, February 21, 2020
Hot Air - 6/10
Hot Air is redelike materiaal met dialoog wat mens noukeurig moet volg. Tot 'n mate verwag mens die gebeure en verloop van sake. Saam met Bella op die bank.Wednesday, February 19, 2020
Greyzone - 6/10
Greyzone is 'n realistiese reeksie in 'n ander taal met onderskrifte. Dit het 'n onderspeelde, stylvolle, ongekompliseerde, minimalistiese gevoel. Daar is net 'n paar episodes, en elk beweeg stadiger as wat mens gewoond is vir die tipe genre. Saam met Bella op die bank.Saturday, February 15, 2020
Charlie's Angels (2019) - 5/10
Charlie's Angels werk nie heeltemal vir my nie, maar is tog redelike kykvermaak vir 'n pap Vrydagaand. Saam met Bella op die Bank.Sunday, February 9, 2020
A Beautiful Day in the Neighborhood - 7/10
A Beautiful Day in the Neighborhood is 'n sagte fliekie, net soos die hoofkarakter daarin. Dat een mens wel so kan optree met so ononderbroke positiewe uitkyk is 'n hoe' standaard vir ons blote sterflinge. Wel 'n uitstaande vertolking van die hoofrol. Saam met Bella op die bank.Saturday, February 8, 2020
Rambo: Last Blood - 4/10
Rambo: Last Blood lyk maar net flou en laat mens nie voel om tyd en energie in die karakters te bele^ nie. Mens gee nie vir hulle lot om nie. Saam met Bella op die Bank, maar net vir sowat 15 tot 20 minute.Friday, February 7, 2020
Crash Pad - 4/10
Crash Pad is eintlik maar simpel maar behou tog mens se aandag met die beter as gemiddeld mal-dialoog. Taamlik onder die belt, oordrewe en vol ongemaklike situasies. Goed genoeg vir 'n breindood Vrydagaand. Saam met Bella op die Bank.Sunday, February 2, 2020
The Windermere Children - 8/10
The Windermere Children is 'n besielende film, wat sag en met onderspeelde emosie na 'n afgryslike onreg kyk. Die grim van oorlog le^ vlak in die agtergrond en sluip in die aandtonele uit. Kyk hierdie as jy iets opbouend nodig het. Die eindtonele met die ware mense laat mens net besef hoe gelukkig ons is om nie deur so tyd te gegaag het nie. Saam met Bella op die Bank. Saturday, February 1, 2020
Greatest Events of WWII in Colour - 8/10
Greatest Events of WWII in Colour is beslis iets wat mens moet kyk as hierdie geskiedenis vir jou interessant is. Die beelde is verblyk, grim en flitsend. Die hedendaagse analises vertel hoe hierdie menslike gruwel afgewend kon word op sleuteltye... Net as jy sterk voel. Saam met Bella op die Bank.Friday, January 31, 2020
Salt and Fire - 4/10
Salt and Fire het die belt knap getrek met die begroting. Die film voel ook doelloos, en mens is nie seker wat dit probeer bereik nie. Die einde maak sin, maar ook nie. Net vir geharde kunsteater gangers. Ek reken die akteurs het die vir die liefde van die saak, en dalk ook nering, gedoen. Saam met Bella op die Bank.Sunday, January 26, 2020
The Soloist - 7/10
The Soloist bewys mens kan verby die oppervlak kyk, jou eie ongemak opsy skuif en 'n verskil maak. Hierdie is perfekte Sondagaand materiaal as jy niksseggend en onbelangrik voel, Mooi musiek in 'n onwaarskynlike milieu. Saam met Bella op die Bank.Saturday, January 25, 2020
Midway - 6/10
Midway is minder sentimenteel as Pearl Harbor, en gelukkig met heelwat minder opgemaakte drama. Ek sou egter hierdie ook graag uit 'n Japannese oogpunt wou sien, want die spanning tussen die vloot, lee"r en lugmag van daardie land maak vir interessante interpretasie en kykstof. Oorlog bly wel 'n daad wat tot alle koste vermy moet word. Saam met Bella op die Bank.Friday, January 24, 2020
The Good Liar - 5/10
The Good Liar is 'n ligte fliekie oor swindelary. Die eerste driekwart is redelik mak en stadiger, maar dan kry dit lewe met 'n verwagte en voorspelbare einde. Die ketting van aksies wat dan ontrafel is ook dan minder geloofwaardig maar steeds interessant. Saam met Bella op die Bank.Thursday, January 23, 2020
Star Trek: Picard, Seisoen 1 - 8/10
Star Trek: Picard lyk belowend en vol nuwe verwikkelinge in my gunsteling Star Trek reeks/tema. Saam met Bella op die Bank.Tuesday, January 21, 2020
2050 (2018) - 5/10
Ten spyte van die tema is 2050 heelwat makker as wat dit aanvanklik lyk. Dit is egter amateur connoisseur materiaal met 'n totaal onvanpaste, maar sterk klassieke stukke, klankbaan. Die tema is ook nie so vergesog nie, en waarskynlik nader as wat mens verwag. Daar is heelwat onbereikte potensiaal, en sal graag dit met 'n meer ervare vervaardiger, rolverdeling en regisseur wou sien. Het dit by Marakele alleen moes kyk op 'n werksreis.Sunday, January 19, 2020
The Informer - 5/10
The Informer lyk beter as die punt wat ek gee, maar is net nie lus vir die tipe genre nie. Het dit begin kyk, maar opgegee, voel nie soos Sondagaand materiaal nie. Nie seker of ek dit wel gaan klaar kyk nie, ten spyte van die bogemiddelde rolverdeling. Saam met Bella op die Bank.Saturday, January 18, 2020
Float Like a Butterfly - 6/10
Float Like a Butterfly is 'n ligter filmpie, met die mooiste milieu. Dit het nie juis 'n noemenswaardige storielyn nie, maar het wel 'n laer spanningslyn. Dit is maar 'n paar weke van iemand se lewens wat nie soos almal konformeer nie. Vroegmiddag saam met Bella op die Bank terwyl dit saggies buite ree"n, 'n luiste Saterdagmiddag verdryf.Friday, January 17, 2020
Terminator: Dark Fate - 7/10
Terminator: Dark Fate is waarskynlik, naas die oorspronklike, die beste in die reeks. Dit is perfekte Vrydagaand materiaal, met welkome komedie elemente, soos die suurlemoen toneel. Verwag verder die gewone, maar kyk gerus as jy afskeid wil neem van ou Arnie se rol. Saam met Bella en Franko op die Bank.Tuesday, January 14, 2020
Hustlers - 5/10
Die film Hustlers self is soos Amerikaanse eksotiese dansery, dit is oppervlakkig, raserig, oordrewe, en glad nie eroties nie. Dit kyk darem redelik, maar dit het 'n paar keer gevoel of ek eerder nou iets anders gaan kyk. Wat die aandag hou is die gierigheid van mense. sekerlik die wortel van die dood sondes. Saam met Bella op die Bank.Monday, January 13, 2020
The Witcher, Seisoen 1 - 6/10
The Witcher begin met 'n redelike onoortuigende openingstoneel en karakters wat mens dalk nie nog nie tyd in wil bele^ nie. Die reeksie geniet dan ook 'n gewldige advertensieveldtog (vir Suid Afrika), en dit lyk regtig of hulle wil he^ mens moet dink dit is goed. Sal nog een episode kyk. Saam met Bella en Anrich op die Bank. Sunday, January 12, 2020
Ford v Ferrari - 7/10
Kan jy dit glo! Daar gaan Ford v Ferrari en gebruik 'n Amerikaner om 'n Britse aksent na te boots! Is dit 'n mode neiging in Hollywood wat hoofstroom akteurs probeer oortuig dit is die nuwe Nirvana van vertolkings? Dit irriteer en doen afbreek aan die film. Vir die res, beslis 'n kykfliekie vir 'n Vrydag of Saterdagaand. Ek sal graag 'n Italiaanse weergawe ook wil sien, die Amerikaanse sentiment loop net te dik hier. Saam met Bella en Anrich op die Bank.Friday, January 10, 2020
Knives Out - 7/10
Knives Out is 'n boeiende wie't-dit-gedoen (whodunit), met 'n paar kinkels in die kabel. Die milieu, vertolkings en rolverdeling is oortuigend met 'n kleinere mate van oordrywing. Wat wel erg teleurstel is die gedwonge, onoortuigende, kunsmatige, dik-in-die-tong aksent van Blanc. Toevallig met Dolittle wat ons op dieselfde dag gesien het, is dit presies dieselfde geval, net andersom! Die moedertong aksente sou in beide gevalle gepas gewees het. Ai. Saam met Bella en Anrich en Franko op die Bank (dit gebeur min, die fliek het almal oortuig om te bly sit).Dolittle - 6/10
Dolittle is meesal bedoel vir kortvolk en as heilsame familie vermaak. Dit het baie skoon grappies, uitstekende grafika, en 'n oortuigende lyn. Die enigste aspek wat pla is Robert wat probeer Brits of so iets klink. Dit kom meer as 'n dronk Ier van Australie af oor. Saam met Bella en Anrich by die tjiep fliek.Tuesday, January 7, 2020
Jexi - 6/10
Jexi is snaaks, bar, onder die belt maar raak. Dit is 'n oordrewe uitbeelding van 'n hedendaagse wettige verslawing. 'n Paar tonele staan uit en sal mens langer bybly en steeds laat giggel. Die rolverdeling, veral Jexi se stem, dra by tot die komedie element. Perfekte Vrydagaand materiaal, dalk nie saam met Ouma nie. Saam met Bella op die Bank.Monday, January 6, 2020
Dracula, Minireeks - 7/10
Gits, dit is min dat ons 'n reeks so vinnig opkyk, maar Dracula was een wat met elke episode slottoneel oortuig het. Net 3, maar lang episodes, met die derde 'n interessante kinkel op die bekende verhaal. Die rolverdeling is perfek, en die hoofrol glibberig vertolk, soos dit moet wees. Saam met Bella en Anrich op die Bank. Franko het stukkies gesien maar nie alles saamgekyk nie. Sunday, January 5, 2020
Free Solo - 5/10
Free Solo fokus heeltemal te veel op die nie-tegniese oploop na die groot klim. Wanneer die groot klim wel gebeur, is mens verbysterd deur die skaal van Die Muur, die klimmer, en die aanpak van so iets. Daar is verskeie oomblikke wat jy self voel hoe jy aftuimel en amper dronk in die kop voel. Het dit alleen in Muizenberg, Surfer's Corner, Nr 122, op die skootrekenaar gekyk, en met die snel knoppie (behalwe vir die klim).Stumptown, Seisoen 1 - 6/10
Stumptown begin met 'n sterk eerste episode, soveel so dat mens hoop (en wens) die res van die episodes hou kersvas. Die rolverdeling is gepas en die sake is boeiend genoeg. 'n Saak word dan ook nie noodwendig per episode opgelos nie, en daar is 'n ook 'n paar onderliggende lyne wat waarskynlik oor die seisoen of reeks vloei. In Muizenberg, Surfer's Corner, Nr 122, begin kyk saam met Bella op die Bank.Mindhumter, Seisoen 1 - 4-10
Mindhunter begin baie vreemd vir 'n reeks, veral as mens die tema in ag neem. Dalk moet ons 'n tweede of derde episode kyk, maar voel nie lus om so te doen nie. In Muizenberg, Surfer's Corner, 122, op die Bank.Wednesday, January 1, 2020
The Time Machine - 6/10
The Time Machine is glad nie sleg vir 'n ouer fliekie nie. Die uitbeelding van die verloop van tyd (teen 'n hoe" tempo), voel raak en oortuigend. Die vertolkings is redelik, en die lyn boeiend. Alleen voor die televisie in Muizenberg, Surfer's Corner, 122, terwyl die res herlaai het. Tuesday, December 31, 2019
Maleficent: Mistress of Evil - 6/10
Maleficent: Mistress of Evil is dalk so klein bietjie beter as die vorige een maar voel tog soos meer van dieselfde. Dit is egter nie 'n slegte fliek vir almal saam nie, en ons het dit geniet om die oujaar by 'n redelike besige en raserige Muizenberg af te sluit. Saam met Bella en Anrich en Franko en Michelle op die (baie groot, gemaklike) bank. Sunday, December 29, 2019
Spider in the Web - 4/10
Ten spyte van Spider in the Web se rolverdeling, potensiaal en tema, stel die film teleur. Dit maak nie alles sin of saak nie. Mens assosieer nie met die karakters nie, en gee nie regtig vir hulle noodlot om nie. Hou eerder verby. Saam met Bella by Muizenberg Surfer's Corner, Nr 122. Wednesday, December 25, 2019
The Goldfinch - 7/10
The Goldfinch is 'n baie stadige, lang kunsfliekie, meesal oor rou (of die afwesigheid daarvan), verdedigingsmeganismes, kuns, antieke meubels en suurlemoene (wat mens kry as jy dit die minste verwag). Hierdie is beslis bedoel vir die geharde connoisseur met deursettingsvermoe". Die vertolkings is raak, vanpas, nie oordrewe nie, met 'n indrukwekkende rolverdeling - nie die bekendheid of status van die akteurs nie, maar eerder die akkurate pas van verskillende ouderdomme (daar is meer as een tydlyn). Saam met Bella op die Bank.Tuesday, December 24, 2019
The Two Popes - 8/10
The Two Popes is onverwags 'n uitstaande film. En gepraat van karakter ekonomie, die twee veterane, beide volkome akteurs, lewer steeds kragtoer vertolkings. Die humor element maak dan ook beide menslik en binne bereikbare identifisering. Die milieu is getrou (en 'n stel!), en die feit dat dit 'n verhoogstuk is/was, skaad glad nie enige deel nie. Die perfekte Ou Kersaand film, Saam met Bella op die Bank.Monday, December 23, 2019
Code 8 - 4/10
Code 8 is maar 'n papperige fliekie ten spyte van sy potensiaal. Dit eindig taamlik stomp en onbevredigend, en dit voel ook of daar net te veel gate in die lyn is. Saam met Bella en Anrich op die Bank.Sunday, December 22, 2019
The Last Princess - 7/10
The Last Princess is 'n hartroerende, sensitiewe, tragiese vertel van wat magsug vermag. 'n Kunsfliek-stadige tempo, met uitgerekte, kleurryke kameraskote en tonele. Beslis net vir die kieskeurige fliekganger bedoel. O, en wees gereed vir onderskifte, selfs ook tussen Japanees en Koreaans. Saam met Bella op die Bank.Saturday, December 21, 2019
The Aeronauts - 6/10
The Aeronauts hommel stadig - wel, seker soos 'n lugballon - en het my by tye laat dink die twee bemanningslede het dae en weke daar bo spandeer nie 90 minute nie. Dit is wel 'n belangrike gebeurtenis, maar die lyn is maar dun vir 'n hele fliek. Wel oortuigende grafika, met die vroulike hoofrol dalk ietwat buite die geskiedkundige era se aanvaarde gedrag, Saam met Bella op die Bank.Star Wars: Episode IX - The Rise of Skywalker - 7/10
Star Wars: Episode IX - The Rise of Skywalker is standaard vermaak met genoeg tong-in-die-kies dialoog en oomblikke om dit perfekte vakansie ontspannings materiaal te maak. Kyk net as jy 'n Star Wars aanhanger is. Saam met Bella en Franko by die tjiepfliek. Thursday, December 19, 2019
Joker - 7/10
Joker pas nie regtig in enige genre nie maar voel die meeste soos 'n kunsfliek. Dit is donker, swaar en by tye pynlik om te kyk, veral die uitgerekte lagbuie. Dit is egter wel hiper-realisties, met uitstaande vertolkings, beslis Oscar-materiaal. Dit is ook dan nie vermaaklik nie, en eerder 'n kragtoer van filmteater vermoe". Moet nie superheld manewales hier verwag nie. Saam met Bella op die Bank.Monday, December 16, 2019
Jumanji: The Next Level - 6/10
Jumanji: The Next Level is meer van die selfde maar steeds aangename ontspanning. Dit is regte Saterdagmiddag (of vakansiedag) springmielie materiaal. Saam met Bella en Anrich en Franko by die tjiepfliek. Dit bly egter hartseer om te sien hoe die sentrum gelydelik agteruitgaan. Sunday, December 15, 2019
Judy - 8/10
Judy bly mens by oor die tragiese lewe van 'n ikoon. Mens maak altyd die aanname roem kom maklik en is altyd 'n keuse. En nooit ten konste van al die ander keuses wat ons gewones as vanselfsprekend aanvaar nie. Hierdie is dan ook 'n kragvertoning vir die hoofrol en as sy nie die Oscar kry nie, ja wel. Dit gese^, die film het 'n sterk rolverdeling met uitstaande vertolkings regdeur. Ek dink hierdie is meer Judy as Judy self. Maar beslis nie vir die wye mark bedoel nie. Hollywood eet mense op en spoeg nie eers bene uit nie. Saam met Bella op die bank. Saturday, December 14, 2019
6 Underground - 5/10
6 Underground is 'n redelike, maar oordadige in vele opsigte, aksie fliekie. Soos te verwagte met Ryan Reynolds is daar 'n ongehoorde aantal f-bomme. Wees dus gewaarsku. 'n Alternatiewe verteltrantstyl vir die soort film. Vinige tempo, asemrowende plekke, mooi mense, vinnige karre. Saam met Bella en Franko en Anrich op die Bank.Tuesday, December 10, 2019
Anna - 6/10
Anna is heel kykbaar en 'n aks meer stylvol as die gewone spioenasie materiaal. Verskeie knope en draaie in die lyn, so mens moet redelik kophou. Saam met Bella op die Bank.Monday, December 9, 2019
Ad Astra - 6/10
Ad Astra kon ten minste 30 minute korter gewees het sonder enige impak op die lyn. Lang, stadige tonele wat bye tye uitmergelend is. Die terugdraai tydlyn pas dan ook nie by die soontoe-gaan tydlyn nie, en die film eindig dan ook net te abrupt. Redelike vetolkings, uitstekende grafika en 'n dwingende interpretasie van nabye toekoms tegnologie. Saam met Bella en Anrich op die Bank.Sunday, December 8, 2019
The Report - 7/10
The Report bevestig weereens die mensdom se vindingrykheid agv van hebsug en magsug. Die fliek is waarskynlik akkuraat en ek vermoed die bereik van al die korrupsie en wandade is in werklikheid nog erger. 'n Onverwagte kliniese kyk na Amerikaanse politiek en Homeland Security met sterk vertolkings. Saam met Bella op die Bank.Yesterday - 5/10
Het Yesterday tweedehans gesien terwyl Franko en Michelle dit op die Bank gekyk het. Nie sleg nie, maar sal dit nie 'n tweede keer kyk nie. Catherine the Great, Minireeks - 5/10
Catherine the Great lyk belowend, maar dalk kon hulle dit meer getrou aan die kultuur en taal gemaak het. Saam met Bella op die Bank. Het net die eerste 15 minute gekyk, sal dalk die res later kyk. Hmm, nee wat. Saturday, December 7, 2019
Sometimes Always Never - ?/10
Wel, Bella sal die punt moet toeken, en die beskrywing moet gee, ek het alles gemis in 'n diepe sluimer. Nie oor die fliek se kwaliteite nie, ek was net flou. Thursday, December 5, 2019
For All Mankind, Seisoen 1 - 5/10
For All Mankind is soortgelyk aan The Man in the High Castle, net met 'n verslae Amerikaanse nasie. Dit lyk interessant sal nog so episode of wat kyk. Saam met Bella en Anrich op die Bank. Het besluit om nie die tyd te spandeer nie, veral nie na The Astronaut Wives Club nie. Dit voel ook net te neerdrukkend. Sunday, December 1, 2019
His Dark Materials, Seisoen 1 - 5 /10
Die loodsepisode van His Dark Materials laat mens nie voel om tyd en energie aan die karakters se noodlot te bestee nie. Laat maar eerder oorstaan. Saam met Bella en Anrich op die Bank.
Subscribe to:
Posts (Atom)
