Saturday, June 20, 2020

The Girl in the Fog - 7/10

The Girl in the Fog is 'n realistiese maar proseduraal-vermaaklike fliek. Nog 'n bewys dat flieks met onderskrifte baie maal beter is as die Hollywood pulp waarvan ons afgestomp geraak het. Die fliek is wel realisties, dus is die verloop en einde ook so, en moet dus nie 'n gewilde einde verwag nie. Saam met Bella op die Bank.

Friday, June 19, 2020

Agatha and the Curse of Ishtar - 6/10

Agatha and the Curse of Ishtar val nie buite die verwagte Agatha Christie lyn nie. Ek het hier en daar bietjie die plot verloor, die fliekie het nie my aandag goed genoeg behou nie.... Redelike vermaak, voel of daar meer kon wees. Saam met Bella op die Bank.

Monday, June 15, 2020

Waiting for Anya - 6/10

Waiting for Anya is 'n bittersoet oorlog fliekie. Dit sou dalk meer outentiek met onderskrifte wees, maar die milieu en vertolkings red dit net. Die storie skans teen die grim en uiterlike geweld van oorlog, en fokus meer op die mense en hul verhoudings, ook dan oor die opposisie lyn. 'n Rustige fliekie wat maklik kyk en mens nogals deel van die innerlike spanning maak. Saam met Bella op die Bank.

Sunday, June 14, 2020

Artemis Fowl - 6/10

Artemis Fowl is glad nie so sleg nie. Dit het powere resensies gekry - Saam met Bella op die Bank.


Saturday, June 13, 2020

The Personal History of David Copperfield - 6/10

The Personal History of David Copperfield is op die ou einde ietwat saai, veral omdat die periode-tydperk nie heeltemal tydloos is nie. Mens kan seker moeite doen en dit terwyl jy kyk vertaal na 'n hedendagse idioom. Die produksie is wel ryk en vol fieterjasies. Tog sal dit vermaaklik bly vir 'n uitgesoekte gehoor. Saam met Bella op die Bank.


Friday, June 12, 2020

Calvary - 9/10

Calvary maak redelike swaar materiaal baie verteerbaar. Mens sou 'n volledige PhD tesis kon doen op al die simboliek versteek in onverwagte hoekies van die lyn. 'n Oe"nskynlike idiliese milieu, maar met innerlike onderstrominge in skerp kontras met die uiterlike. Daar is ook dan 'n paar geleenthede waar amper profetiese uitsprake die einde voorspel, veral die toneel oor vergifnis as die belangrikste deug - eerder as om op die sewe doodsondes te konsentreer. Die hoofrol vertolking maak die tema amper vermaaklik, en is 'n voorbeeld van 'n gesoute akteur wat sy nering as kunsvorm beoefen. Ek sou reken Oscar materiaal. En daar leer ek die term is Calvary nie Cavalry nie... groot verskil. Saam met Bella op die Bank.



Thursday, June 11, 2020

The Great, Reeks - 6/10

The Great is beslis 'n gespottery met soortgelyke reekse, maar veral die wat hulself meer ernstig opneem. Dit is meer ontaktvol as komedies, maar laat mens tog ongemaklik giggel op plekke. Die produksie is beslis nie lae koste of swak kwaliteit nie en die rolverdeling gepas. Saam met Bella op die Bank.


Wednesday, June 10, 2020

The Trial of Christine Keeler, Minireeks - 6/10

The Trial of Christine Keeler wys beslis nie 'n rooskleurige prentjie van Me Keeler nie. Die eerste episode voel ietwat pap, maar bou die konteks vir die res van die episodes. Hoop dit tel op. Die periode lyk wel korrek en akkuraat, en met sulke situasies kan mens werklik niks glo nie, alles is maar oop vir interpretasie en aanbieding. Dit was wel 'n speelse en stout tyd in Britse politiek met meer flair as hedendaagse pione. Saam met Bella op die Bank.

Sunday, June 7, 2020

2 Guns - 4/10

2 Guns is dalk meer as vier uit tien werd, dalk was ek net nie lus vir die tipe fliek nie. Het sowat 20 minute gekyk en die aftog geblaas. Saam met Bella op die Bank.


Saturday, June 6, 2020

The Irishman - 5/10

The Irishman is vir geharde fliekvlooie bedoel - dit is meer as drie ure lank, met lang sinnelose dialoog (wie gee nou om of die gevriesde vis in die kar was?), soms as monoloe" bedoel. Dit voel of hulle deur die hele geskiedenis van Italiaanse mafia en unie rampokkery probeer werk in een fliek. Wel 'n sterbelaaide rolverdeling en behoorlike periode stuk. Sou dalk beter as 'n 3 of 6 episode minireeks gewerk het. As mens die fliek kan glo is dit nie vreemd dat Hoffa verdwyn het nie... Saam met Bella op die Bank.

Friday, June 5, 2020

La Gomera (The Whistlers) - 5/10

La Gomera (The Whistlers) doen uiteindelik afbreek aan hierdie kommunikasie kunsvorm, maar is tog kykbaar vanwee die taal en ander manier van fliekmaak. Die vertolkings, alhoewel seker vir die land 'n relatiewe sterk rolverdeling, voel stomp en emosieloos. Dit het dan ook die nodige Roemeense model wat nie skaam is vir seks nie, en 'n verbeeldinglose milieu. Saam met Bella op die Bank.

Sunday, May 31, 2020

L'odyssée (The Odyssey) - 7/10

L'odyssée (The Odyssey) werk goed omdat dit in die brontaal verfilm is. Interessante geskiedenis wat bevestig sommige afgode het voete van klei. Al was Jacques Cousteau se intensies nie altyd so edel nie, het hy steeds baie vermag en bewusmaking van ons planeet se fyn balans behaal. Saam met Bella op die Bank. 


Saturday, May 30, 2020

Arctic - 7/10

Arctic bevestig die menslike gees en wil tot oorlewing, en dan ook seker dat nie almal so sterk soos die hoof karakter sou staan nie. Die film voel hiper realisties, soveel so dat mens bibber en beef na dit, en opsluit in jou warm nes gaan kruip. Minimalisties in alle opsigte, behalwe impak. Saam met Bella op die Bank.

A Midsummer Night's Dream - 5/10

A Midsummer Night's Dream is dalk net te volksvreemd. Het nie vir dit kans gesien nie. Sowat 15 minute uitgehou. Saam met Bella op die Bank. 

Friday, May 29, 2020

Mr. Jones - 8/10

Mr. Jones is 'n kragtige uitbeelding van verskeie donker menslike gedragte, veral hoogmoed. Sterk vertolkings, akkurate periode en milieu. Die gru van oorlog en gulsigheid laat mens verslae, so-ook die ontberings wat mense moet ly agv onvanpaste leiers. Dit is dan ook tragies, en meer so omdat dit op ware persone gebaseer is. Beslis as jy lus voel vir 'n kunsfilm met 'n sterk onderbou. Maar wees gewaarsku, nie vir algemene gehore bedoel nie. Saam met Bella op die Bank.


The Limits of Control - 4/10

The Limits of Control is my limiet, dit lyk net te veel na 'n film sonder enige sinvolle dialoog. Uiters minimalisties en repeterend vir effek. Sowat 20 minute later die limiet geslaan. Saam met Bella op die Bank.



The Invisible Man - 4/10

Gits, nee, The Invisible Man werk net nie. Nie lus vir hierdie sinnelose verhaal lyn nie. Redelik vinnig moed opgegee. Saam met Bella op die Bank.


Space Force, Reeks - 6/10

Space Force ... Lekker Vrydagaand eet-voor-die-teevee materiaal. Saam met Bella en Anrich op die Bank.


Thursday, May 28, 2020

Belgravia, Minieeks - 6/10

Belgravia is nou wel nie Downton Abbey nie maar is tog 'n redelike periode drama vol intriges. Dit het wel 'n stouter lyn as Mnr Carson en sy spannetjie, met 'n sappige einde. Saam met Bella op die Bank.


Sunday, May 24, 2020

Marie Curie: The Courage of Knowledge - 6/10

Marie Curie: The Courage of Knowledge is beter as die ander poging omdat dit meer getrou aan die verskeie tale is. Haar lewe bly merkwaardig - sy gee amper alles op vir haar wetenskap. Beslis die moeite werd, al is dit net vir die periode, Saam met Bella op die Bank.

Saturday, May 23, 2020

The Emperor of Paris - 7/10

The Emperor of Paris is 'n lekker sappige Franse kunsfilm gebaseer op ware karakters en gebeure. Dit bevat al die nodige elemente met beter as gemiddelde dosisse. Saam met Bella op die Bank.


The Islands - 4/10

The Islands lyk baie belowend met 'n interessante onderbou gebaseer op ware gebeure. Alhoewel die produksie propers lyk, is die vertolkings en dialoog oninteressant en amateuragtig. Dis jammer, hierdie het potensiaal. Sowat 15 minute lank probeer en die aftog geblaas. Saam met Bella op die Bank. 

A Boy Called Sailboat - 7/10

A Boy Called Sailboat is een van daardie onontdekte juweeltjies. Dit is prettig maar tog ook tragies, en met allerhande vreemde gewoontetjies. Dit is verfrissend anders met 'n karakter en milieu ekonomie wat jou sal bybly vir sy eenvoud maar onverdunde impak. Saam met Bella op Bank


3 Days with Dad - 4/10

3 Days with Dad probeer te veel intrige uitvind en bo-op vasplak dat mens nie vashou daarop kan kry nie. So 20 minute later moes ons tou ingooi. Saam met Bella op die Bank.


Friday, May 22, 2020

Bad Education - 6/10

Bad Education lyk na 'n ordentelike drama, maar net waarvoor ek nie nou lus is nie. Sterk rolverdeling en vertolkings, maar het dit nie klaar gekyk nie. Saam met Bella op die Bank.

Capone - 5/10

Ek was erg teleurgesteld toe ek besef Capone handel oor die einde van sy lewe eerder as al sy rampokkery. Niemand stel in die einde belang nie, eerder die luisteryke, opwindende deel. Het die aftog geblaas na sowat 20 minute. Dit is egter 'n kragspel vir die hoofrol, maar die kool is nie die sous werd nie. Saam met Bella op die Bank.



Torpedo - 5/10

Dit is te duidelik dat Torpedo 'n lae-koste  produksie is met net te amateuragtige dialoog en vertolkings. Het sowat 15 minute kon uithou. Saam met Bella op die Bank. 

Thursday, May 21, 2020

Devs, Minireeks - 7/10

Devs is hipnotiserend, veral die klankbaan. Dit is modern, ekonomies, visueel, en stadig. Moet nie vinnige aksie verwag nie, eerder stadige, swanger tonele. Mens wil sien wat gaan gebeur. Saam met Bella op die Bank.


Wednesday, May 20, 2020

Penny Dreadful: City of Angels - 5/10

Dis nie dat Penny Dreadful: City of Angels so sleg is nie, dit is 'n redelike gehalte produksie, met sterk vertolkings en interessante milieu. Dit is net dat mens nie vir die hoofkarakters omgee nie, en ook nie vir die raaiselagtige moorde nie. Sal eers verby hou met hierdie een. Saam met Bella op die Bank.   

Saturday, May 16, 2020

The King - 7/10

The King is 'n sterk drama met gebeure en karakters eerder volgens Henry V as geskiedenis. Dit is stylvol, sterk vertolkings met die nodige dramatiese effek soos bedoel deur Shakespeare. Beslis vir die connoisseur bedoel. Hier en daar Frans (sonder opskrifte). Saam met Bella op die Bank.



Friday, May 15, 2020

Proximity - 4/10

Proximity is laekoste film of sy beste - die lyn hou mens se aandag, maar daar is 'n paar tonele wat beslis die amateur aanslag sterk laat deurslaan. Tog kykbaar. Saam met Bella op die Bank.

Addams Family Values - 6/10

Het Addams Family Values baie lank terug gesien, maar weer Saam met Bella en Anrich gekyk. Selfs Franko het 'n paar kort stukkies gekyk. Selfde as die voorganger, met humor en tonele wat die moderne oe" sal laat rek...


Saturday, May 9, 2020

Return of the Hero (Le retour du héros) - 5/10

Return of the Hero (Le retour du héros) is 'n baie ligte Franse drama met die mees romantiese klein dorpie. Van die vertolkings is dalk ietwat oordadig, maar daar is heelwat humoristiese oomblikke. Die humor pas goed by die tydperk. Saam met Bella op die Bank.

 

The Addams Family - 6/10

The Addams Family bly tydloos snaaks, na soveel jare. Het dit wel gesien, maar die slag saam met Bella en Anrich, op die Bank. Wat wel pla, is ek onthou hulle van met net een 'd', is dit 'n Mandela effek? Sal wel die opvolg ook met Anrich kyk. 


 

Friday, May 8, 2020

The Song of Names - 7/10

The Song of Names is 'n stadige drama, redelik gevoelvol, met 'n soet maar hartseer verhaal. Sterk vertolkings en 'n raak milieu en periode. Saam met Bella op die Bank.


Saturday, May 2, 2020

Radioactive - 4/10

Radioactive laat mens in war, aan die een kant is dit goed en aan die ander kant baie swak. Die film ambiance pas nie by die tema nie. Dit voel ook in sekere opsigte oordoen, selfs oordadig. Sal dalk beter werk as 'n minireeks. Saam met Bella op die Bank. 


Friday, May 1, 2020

Mulan: Rise of a Warrior - 7/10

Mulan: Rise of a Warrior is in Sjinees met onderskrifte, Dit kyk waarskynlik beter as 'n Hollywood oordrewe interpretasie. Moet nie die beste grafika en toertjies verwag nie, dit voel amper amateur teen die Hollywood masjien, maar is eerlik, sielvol en gepas. Saam met Bella op die Bank.

Thursday, April 30, 2020

The Night Clerk - 4/10

The Night Clerk is 'n lae koste kunsfliek met 'n taamlik vreemde tema. Ek is nie seker wat mens sou beweeg om hierdie film te maak nie. Dit is eintlik dan 'n vermenging van genres wat nie heeltemal sin maak nie. Mens begin die film kyk en hoop dan vir 'n verassende einde, en besef te laat die tyd bele^ daarin betaal nie met dividende nie. Die hoofrol vertoking is sterk, maar die hele fliek kort daai iets. Saam met Bella op die Bank.


Saturday, April 25, 2020

La Belle Époque - 7/10

La Belle Époque is 'n ligte Franse hoofstukkie uit 'n liefdesverhaal. Dit is soet, stout en mooi om na te kyk. Die vertolkings is gepas, en die dialoog vinnig, so mens moet lees aan die onderskrifte dat dit bars. Moderniteit in verlore eras word kreatief herskep as ontvlugtings milieus vir die karakters met ander wat van bo toekyk en elemente in die milieu bestuur, amper soos 'n poppespel met regte mense op volskaal. Saam met Bella op die Bank.


Friday, April 24, 2020

Trading Paint - 4/10

Ten spyte van die rolverdeling, is Trading Paint baie voorspelbaar, 'n uitmundende voorbeeld van film cliche's en net te sentimenteel. Is tog redelike Vrydagaand as jy pap is kykmateriaal. 'n Outomobiel tjiek se fliek. Saam met Bella op die Bank.


Monday, April 20, 2020

Hunters, Seisoen 1 - 1/10

Na so vinnige skip kyk deur die eerste episode van Hunters het ons besluit om dit eerder te los. 


Saturday, April 18, 2020

Misbehaviour - 7/10

Misbehaviour is met net genoeg sensasie en drama gemaak, enigsins meer en dit sou onkykbaar wees. Ten spyte van als wat mens weet rondom die aktuale sake van die dag wat uitgebeeld word, leer mens tog nog 'n ding of twee by. Saam met Bella op die Bank.




Friday, April 17, 2020

Finding Steve McQueen - 6/10

Finding Steve McQueen is 'n soete, stil, periode bankroof fliekie, gebaseer op ware gebeure. Dit is aangenaam om te kyk met speelse vertolkings wat andersins baie vervelig sou wees. Saam met Bella op die Bank.

Saturday, April 11, 2020

Love. Wedding. Repeat - 6/10

Love. Wedding. Repeat is 'n taamlik gemiddelde tjiekfliekie, darem ten minste met 'n paar lag-snaakse tonele, veral die eerste slaap ene. En so een lus vir die oog aktrise. En natuurlik die Italiaanse villa en klein dorpie. Ai. Saam met Bella op die Bank.


Friday, April 10, 2020

The World's Fastest Indian - 6/10

The World's Fastest Indian is ligte kykmateriaal, ongekompliseerd en met 'n eenvoudige lyn. Beter as gemiddeld, en laat mens deel voel van die uiteindelike poging. Saam met Bella en Anrich op die Bank.


Thursday, April 9, 2020

Bodyguard, Seisoen 1 - 6/10

Bodyguard lyk glad nie te sleg nie, dalk 'n bietjie te ernstig, soos die manlike hoofrol vertolking. Maar Brits en onderspeeld. Saam met Bella op die Bank.


Sunday, April 5, 2020

The Spanish Princess, Minireeks - 6/10

Gits, The Spanish Princess is 'n sterk jong dame. Sy vatikaki. Interessante deel van die Britse geskiedenis. Kon seker doen met meer oortuigende vertolkings hier en daar, maar steeds heel gangbare kyk materiaal. Saam met Bella op die Bank.


Saturday, April 4, 2020

Military Wives - 5/10

Military Wives is 'n voelgoed fliekie, baie lig en eenvoudig. Tog hou dit mens se aandag al is dit oorwegend tjiekfliek materiaal. Wel op ware gebeure gebaseer. Saam met Bella op die Bank.



Friday, April 3, 2020

Cats - 4/10

Cats het ongelooflike menslike beweegkunde. Maar die lyn en die gevoel is vreemd en mens kan dit net solank uitstaan. Ook half vervelig. Ons het die eerste en laaste stukke gekyk. Die dialoog en musiek is net te flou. Saam met Bella op die bank.

Bloodshot - x/10

Het die eerste 20 minute van Bloodshot begin kyk, maar sal dit dalk alleen klaar kyk, nie Bella se koppie tee nie.