Son of the Pink Panther se genre is net nie meer gewild nie, maar dit bly steeds simpel-snaaks plek-plek. Eenvoudige lyn van ongelukkige toevalle, misverstande en belaglike situasies. As jy breinlose vermaak nodig het, soos 'n Vrydagaand van werkhoofpyn. Saam met Bella op die Bank.
Friday, March 19, 2021
Saturday, March 13, 2021
Meisies Wat Fluit - 6/10
Meisies Wat Fluit is redelik direk en skroom nie vir gebruiktaal nie. Dit is 'n nuwe tipe Afrikaanse film wat wegbreuk van die stroop hoofstroom. Beslis nie vir almal se smaak nie. Dan seker 'n tjiekfliek, want die tema is verhoudings en verhoudings en verhoudings. Die rolverdeling en vertolkings staan nogals sterk. Saam met Bella op die Bank.
Friday, March 12, 2021
The Little Things - 5/10
The Little Things is op die ou einde nie so indrukwekkend as wat die titel probeer weergee nie. Dit is maar gemiddeld en dan sonder enige oplossing!? Ek sou verstaan as dit op ware gebeure gebaseer was, maar dit is nie die geval hier nie?! Saam met Bella op die Bank.
Tuesday, March 9, 2021
Dam, Minireeks - 6/10
Dam het 'n sterk, onheilspellende loodsepisode. Dit is visueel en audio ryk, met heelwat stilistiese ontwerp ter wille van maksimum bangmaakeffek. Sal dit tog klaar kyk. Teen episode drie raak mens angstig oor die aanhoudende onheilspellende spanningslyn wat net bou en bou. Weliswaar ietwat oormatig gestilleerd. Saam met Bella op die Bank.
Friday, March 5, 2021
The Man in the Hat - 7/10
The Man in the Hat se beskrywing maak dit verpligte kykmateriaal vir Fiat 500 drywers en Italie" verslaafdes. Dit is 'n film van bitter min woorde, meer gebare en knortaal. Dit vind egter plaas in die Suide van Frankryk, naby Marseille. Dit is 'n sjarmante reeks gebeure met 'n speelsheid. Dalk meer vir gesoute kunsfliek liefhebbers. Saam met Bella op die Bank.
Palm Trees in the Snow - 5/10
Palm Trees in the Snow is net te stadig. Dit het redelike lang uitgerekte tonele, maar is waarskynlik die moeite werd as 'n diep, innemende verhaal, iets wat met geduld en waardering geproe word. Ek kon net nie die laaste uur deursit nie. Saam met Bella op die Bank.
Thursday, March 4, 2021
Superman and Lois, Reekse - 6/10
Superman and Lois lyk glad nie te sleg nie, hulle trek maar swaar by tye as 'n voorstedelike gesinnetjie, geen superkragte hier nie. Sal dit beslis nog 'n episode of twee kans gee. Nie die beste rolverdeling nie, dit wel gangbaar. Teen episode twee hoop mens hierdie reeksie sneuwel nie soos ander nie, want dit is waarskynlik die CW kanaal se beste nog. Saam met Bella op die Bank.
Sunday, February 28, 2021
Miss Scarlet and the Duke, Reeks - 7/10
Miss Scarlet and the Duke is 'n ligte periode privaat speurder storietjie met sag genoeg kante vir 'n lui Sondagaand. Neig effens na die tjiekreeks kant, maar is heel kykbaar. Sal beslis die eerste seisoen kyk, dit is lekker kort. Saam met Bella op die Bank.
Friday, February 26, 2021
Promising Young Woman - 7/10
Promising Young Woman is 'n donker komedie, maar met 'n stekie daarby. Die vroulike rolverdeling kon nie beter nie, met die manlike hoofrol dalk nie so sterk nie. Dit is nie ontstellend nie, maar die materiaal kan dalk so vir ligter kykers wees. Beslis nie hoofstroom nie. Saam met Bella op die Bank.
Saturday, February 20, 2021
Blithe Spirit (2020) - 4/10
Blithe Spirit beloof die maan en sterre met die milieu, periode en rolverdeling. Tegnies is alles perfek. Dit werk net nie. Die film is oninteressant, saai en vervelig. Mens kry nie houvas op die karakters nie, en gee glad nie vir hulle verdoemenis om nie. Ek kon net sowat 30 minute maak. Saam met Bella op die Bank.
Friday, February 19, 2021
Monster Hunter - 3/10
Monster Hunter val buite ons portefeulje. Die grafika is swakkerig, die vertolkings meganisties, en ons kon net sowat 15 minute uithou. Saam met Bella op die Bank.
Sunday, February 14, 2021
Wishin' and Hopin' - 6/10
Wishin' and Hopin' is baie ligte materiaal met 'n aangename verteltrant styl. Die karakters word eerlik vertolk met die nodige skoot dramatisering om die filmpie meer interessant te maak. 'n Eenvoudige lyn met heelwat komies-ongemaklike situasies. SoetMoet nie Hollywood op al sy silinders verwag nie, hierdie is nie oordadig nie, en eindig op die regte noot. Perfekte Sondagaand materiaal. Saam met Bella op die Bank.
Saturday, February 13, 2021
Love Sarah - 6/10
Love Sarah is 'n baie ligte fliekie met 'n eenvoudige lyn, verruklike gebak en sjarmante milieu. Ideale Vaaltyn materiaal. Saam met Bella op die Bank.
Friday, February 12, 2021
Thys & Trix - 5/10
Thys & Trix is waarlike Afrikaanse slapstok (slapstick?) - dit is kommon met 'n K, maar wel snaaks, baie lig en simpel. Die perfekte komedie vir 'n Vrydagaand voor die skole weer begin. Hier en daar onder die belt, nie te vloekrig nie, en in 'n meer hedendaagse idioom. Saam met Bella op die Bank.
Sunday, February 7, 2021
A Call to Spy - 6/10
Ek geniet dit as mens iets leer in 'n fiek - as oorlog geskiedenis jou opgewonde laat, kyk gerus A Call to Spy. Ek dink 'n taamlike realistiese kykie na hierdie brawe dames met die nodige dramatisering om dit kykbaar vir 'n wyer gehoor te maak. Saam met Bella op die Bank.
Saturday, February 6, 2021
L'ultimo Paradiso - 6/10
L'ultimo Paradiso is 'n stadige, sagte Italiaanse fliekie. Dit is basies, eenvoudig maar gevoelvol en met passie vertolk. Beslis nie as jy aksie en tempo verwag nie. Saam met Bella op die Bank.
Friday, February 5, 2021
Bliss (2021) - 2/10
Bliss (2021) is beslis nie so tintelend as Bliss (1997) nie. Alhoewel die rolverdeling sterk en die vertolkings tegnies uitnemend is, is hierdie so deurmekaar soos katbraaksel in 'n tuimeldroe"r. Die enkele punt is 'n verlore siel wat met 'n verlore ander siel deurmekaar raak en dan raak albei net meer verlore... Ai, dit was tydmors want mens wag die heeltyd vir daardie aha oomblik. Ai. (Die 1997 Bliss het ek en Bella in die Labia, Kaapstad gesien). Saam met Bella op die Bank.
Wednesday, February 3, 2021
The Capture, Reeks - 6/10
The Capture lyk nie te sleg nie - dit is dalk so bietjie oorspeeld, maar 'n Britse proseduraal bly beter as Hollywood s'n. Sal die kort seisoen klaar kyk. Saam met Bella op die Bank.
Saturday, January 30, 2021
Paris (2008) - 4/10
Paris is 'n opsigtelike naboots van Robert Altman se styl. Hierdie is egter soos om te kyk hoe ek hawermout pap voor werk maak in die oggend. Die mense se lewens is regtig nie interessant nie, en mens gee nie juis vir die danser om nie. Daar is nie genoeg verwysing, verhouding of verwagting geskep nie. Die rolle is weliswaar gepas vertolk. Saam met Bella op die Bank.
Friday, January 29, 2021
The World's End - 5/10
As jy van alternatiewe Zombie films hou is The World's End beslis jou materiaal. Redelik oordadig vertolk, wel snaaks, en tipiese Pegg materiaal. Saam met Bella op die Bank.
Lupin, Reeks - 6/10
Ek sou nie se^ Lupin is die bestee weergawe van die Franse karakter ooit nie, maar mens geniet wel hierdie interpretasie. Sal beslis die reeksie klaar kyk, of ten minste die loods-seisoen. O, en al is die onderskrifte nie akkuraat nie, kyk eerder die Franse weergawe as die vertaalde een. Dit maak 'n groot verskil. Saam met Bella op die Bank.
The Great Escapists, Reeks - 6/10
The Great Escapists is gemik op 'n jonger ouderdom kyker, maar is steeds kykbaar as daar nie The Grand Tour episodes is om te kyk nie. Saam met Bella en Anrich op Bank.
Tuesday, January 26, 2021
The Pembrokeshire Murders, Minireeks - 7/10
The Pembrokeshire Murders is 'n 3 episode minireeks wat teen 'n taamlike pas beweeg. Dit is afgerond, proseduraal korrek en beslis milieu en periode korrek, al is lg. 'n onlgangse periode. Geloofwaardige rolverdelings met sterk vertolkings. Ons sal dit beslis kyk, 3 aande na mekaar. Saam met Bella op die Bank.
Friday, January 22, 2021
A Boere-Krismis - 6/10
A Boere-Krismis breek nuwe grond vir Afrikaanse films. Dit werk. Ek is egter nie seker of dit 'n wye gehoor gaan bevredig nie. Van die vertolkings is pynlik oordadig, maar gepas. Veral die fikse paartjie... Ek sou reken op eie risiko en kies jou mede-gehoor met deurdagte oordeel. Saam met Bella op die Bank.
Thursday, January 21, 2021
WandaVision, Reeks - 6/10
WandaVision het 'n besliste vars, nuwe benadring tot superheld reekse. Dit is baie tong in die kies en steek die draak met reekse van die era. Elke episode beweed na 'n volgende dekade. Gepaste tempo en sterk vertolkings. Saam met Bella op die Bank.
Saturday, January 16, 2021
Maigret Sets a Trap - 6/10
Maigret Sets a Trap se milieu en periode oortuig om dit te kyk. Gepaste stapel as mens die genre geniet. Dit is jammer die produksie het gestop met die "reeks". Saam met Bella op die Bank.
Friday, January 15, 2021
News of the World - 7/10
As daar so iets as 'n gevoelvolle cowboy film is, dan is News of the World die voorbeeld. 'n Sagte kykie na 'n harde we^reld. Die fliek laat mens glo die goeie oorwin altyd aan die einde en word beloon vir geduld, liefde en deernis. Beslis een van Mnr Hanks se beste vertolkings tot hede, maar dan moet mens ook Greyhound en ander kyk. Saam met Bella op die Bank.
Thursday, January 14, 2021
Bridgerton, Reeks - 3/10
Bridgerton breek die templaat net te veel. The Great is dieselfde tipe materiaal, maar die verskil is hier is een karakter mal, simpel en totaal oordadig. Met Bridgerton voel dit of almal so is. Nee wat, nie ons koppie tee nie. Saam met Bella op die Bank.
Saturday, January 9, 2021
Pixie - 7/10
Pixie is 'n alternatiewe, Ierse kykie na 'n tawwe tienie. Sy gee die manne vuur onder hulle holle en skroom nie om te verneuk en te beneuk nie. 'n Tone krul einde. Ek sou dit nie saam met Ouma kyk nie. Kyk dalk met onderskrifte om seker te maak jy mis nie die dialoog nie. Die fliekie is ongekompliseerd en glad nie pretensieus nie. Saam met Bella op die Bank.
Filthy Rich, Minireeks - 4/10
Kon so episode of wat uithou van Filthy Rich maar het besluit om stukke van die ontknopingsepisode te spoedkyk. Nie diie beste produksie nie, dalk te getrou aan die periode en milieu. Ten minste is die karakters openlik eerlik oor hulle sub-agendas. Saam met Bella op die Bank.
Hoener met die Rooi Skoene - 5/10
Hoener met die Rooi Skoene is baie ligte en lawwe vermaak. Moet dit glad nie ernstig opneem nie. Heel aanvaarbaar vir 'n ontspanne kykie. Saam met Bella op die Bank.
Wednesday, January 6, 2021
The Right Stuff, Reeks - 3/10
The Right Stuff hou nie kersvas by iets soos the The Astronaut Wives Club nie. Dit voel net te sentimenteel met 'n te sterk dosis Amerikaanse patriotisme. Kon net sowat helfte van die loodsepisode die aanslag weerstaan. Saam met Bella op die Bank.
Tuesday, January 5, 2021
Wonder Woman 1984 - 6/10
Wonder Woman 1984 lyk redelik periode korrek, en is waarskynlik. Alhoewel dit taamlik maklik kyk voel dit effens uitgerek. Dit is lig, met laerskool-tipe komiese dele. 'n Goeie Vrydagaand opsie as jy moeg na die week se swoeg is, en net op die bank wil le^. Saam met Bella op die bank.
Friday, December 25, 2020
April 9th - 7/10
April 9th bevestig sterk hoe sinloos oorlog kan wees. Nog 'n film waar mens geskiedenis leer. Geproduseer met 'n omsigtige maar sagte hand, met deernis vir die verslaenheid van die poppe in hierdie spel wat hulle nie gekies het nie. Saam met Bella by Moonshine on Whiskey Creek, Tree Frog eenheid.
Thursday, December 24, 2020
Radium Girls - 6/10
Ek hou daarvan as mens iets in 'n reeks of fliek leer - Radium Girls het beslis so 'n element. Dit is 'n redelike periode drama met 'n gepaste rolverdeling en standaard vertolkings. Saam met Bella by Moonshine on Whiskey Creek, Tree Frog eenheid.
Wednesday, December 23, 2020
Breach - 1/10
Gits, na die eerste 5 minute van Breach moes ons die aftog geblaas het - swak storie, swak vertolkings, lagwekkend eintlik en tydmors. Saam met Bella by Moonshine on Whiskey Creek, Tree Frog eenheid.
Saturday, December 12, 2020
The Undoing, Minireeks - 4/10
The Undoing is plastiek en pleisterryk, maar miskien kan mens dit nog 'n episode kans gee. Die minireeksie wss nie te sleg nie, maar dit het wel 'n swak laaste episode - sekerste die goorste ooit naas Alphas.... Saam met Bella op die Bank.
Greenland - 2/10
Hollywood bewys weereens met Greenland dit bly die onoorwonne koning van gemorskosfilms. Hierdie is so oormatig sentimenteel dit raak belaglik. Ek en Bella het dit gespoedkyk op die Bank.
Wild Mountain Thyme - 4/10
Wild Mountain Thyme beweeg net te stadig, met dialoog wat net te dik vir 'n daalder is. Wat dit wel red is die asemrowende Ierse landskap en tonele. Dit is egter nie genoeg om hierdie tjiekfliek toeganklik te maak vir non-tjieks nie....dit is net te vervelig. Gedeeltelik saam met Bella op die Bank, geprei oor twee dae.
Wednesday, December 9, 2020
The Flight Attendant, Minireeks - 3/10
Gits, nee, The Flight Attendant misluk klaaglik. Die genre is aanvanlik onseker, en verander skynbaar halfpad in die minireeksie weer. Die hoofrol is uitputtend irriterend, ongeag dat dit tegnies wel korrek vertolk word. Het nie kans gesien vir meer as die eerste episode nie. Saam met Bella op die Bank.
Tuesday, December 8, 2020
Sex Education, Reeks - 5/10
Sex Education is nogals snaaks maar ver onder die belt. Sal dit nog 'n episode of wat kans gee, veral omdat die eerste episode die konfigurasie bevestig het. Saam met Bella op die Bank.
Sunday, December 6, 2020
The Queen's Gambit, minireeks - 8/10
The Queen's Gambit begin stadig maar met 'n konstante spannningslyn. Dit word dan gou een van daardie minireekse wat mens eintlik in een sitting wil klaar maak. Die eenvoud van die storie, die periode drama, die raak vertolkings en die hoofrol se gesigsuitdrukkings en veral oe" is betowered en hou mens vasgenael. Saam met Bella op die Bank.
Saturday, December 5, 2020
De Gaulle - 6/10
De Gaulle beweeg ietwat stadig, maar dra tog 'n sterk boodskap oor, veral oor die groot Generaal se persoonlike omstandighede. Die hele film handel oor 'n week in Junie 1940, en mens leer tog iets van die geskiedenis. Dalk nie vir wyer gehore toeganklik nie. Saam met Bella op die Bank.
Friday, December 4, 2020
La délicatesse (Delicacy) - 6/10
La délicatesse is 'n minder swaar drama, met komiese elemente. Soos mens kan verwag van 'n Franse film is dit nie maanskyn en rose nie, eerder morsige, gewone lewe. Die film het egter 'n aantrekkingskrag met sy eenvoud en eerlikheid. Dalk meer 'n tjiekfliek, maar toeganklik. Saam met Bella op die Bank.
Saturday, November 28, 2020
Fatman - 4/10
Fatman is 'n aksiefilm ekwivalent van die normale Kersfliek genre. Dit is kykbaar, maar die ongeloofwaardigheid daarvan maak dit so bietjie saai. Die vertolkings is gepas oorspeeld, maar die rolverdeling minder akkuraat. Saam met Bella op die Bank.
Friday, November 20, 2020
The Girl from Monaco - 5/10
The Girl from Monaco is 'n redelike komedie, met die manlike hoofkarakter wat nie te verbaal is. Die tonele in Monaco en omgewing maak die kyk werd, en daar is tog genoeg komiese oomblikke. Saam met Bella op die Bank.
Friday, November 13, 2020
Next, Minireeks - 2/10
Gits, nee, dalk het Next meer potensiaal, maar iets werk net nie. Dalk die swak hoofrol vertolking, die powere poging om 'n onderliggende onheil te skep of onoortuigende milieu - ek weet nie, maar gaan nie tyd hierin bele^ nie. Saam met Bella op die Bank.
Sunday, November 8, 2020
The Letters - 7/10
The Letters se hoofrol vertolking staan net to ver bokant die res van die rolle uit - hulle is meesal amateuragtig. Mens leer egter heelwat in die film van Moeder Teresa en al die struikelblokke wat sy beleef het - ekstern sowel as intern. Die fliek is ook glad nie sentimenteel nie. Dit tref 'n aanvaarbare balans tussen die geloofsaspekte en dokumentering van 'n deel van haar lewe. Saam met Bella op die Bank.
Friday, November 6, 2020
Special Correspondents - 4/10
Special Correspondents is nie die geloofwaardigste film ooit nie, met redelike vertolkings. Die konsep is nie verregaande nie, die uitvoering daarvan is dalk ietwat so. Dit bly egter baie ligte ontspanning en waarskynlik die enigste film met Ricky Gervais in wat ek sal kyk. Saam met Bella op die Bank,
Sunday, November 1, 2020
Krotoa - 6/10
Krotoa is 'n redelike uitbeelding van die periode, maar met vertolkings wat hier en daar dalk net nie werk nie - miskien sou dit in Hollands beter gevaar het. Die verhaal is tot 'n mate hartseer, en hoeveel daarvan onder en bokant die waarheid is, is 'n ope vraag. Ek dink dit was heelwat erger as wat uitgebeeld word, veral die tronk dele. Mens moet hierdie maar kyk, maar ek is nie so seker oor die versoeningswaarde daarvan nie. Vir die sondes van jou voorvaders betaal mens maar duur. Dit voel ook meer luuks as 'n plaaaslike produksie. Saam met Bella op die Bank.
Subscribe to:
Posts (Atom)


















































