Vervroegde Aftrede is heel vermaaklik. Dit is ietwat voorspelbaar, maar die vertolkings is net genoeg tong-in-die-kies om hierdie 'n prettige aard te gee. Saam met Bella op die Bank.
À la vie is 'n eenvoudige storietjie opgedra aan sterk vrouens. Ten spyte van grim omstandighede maar met 'n volhoudende sterk gees oorwin hulle, hulle omstandighede. Beslis die moeite werd. Humor, hartseer en eerlikheid. Saam met Bella op die Bank.