Tuesday, June 30, 2009

Hond se Dinges - 4/10


Hond se Dinges is een van die beter slapstick-tipe Afrikaanse komedies, met 'n heel volgbare storielyn. Moet nie die jaar se beste verwag nie, en dit is ook glad nie gemik op die kunssinnige fliekganger nie...Daar is genoeg bo en onder die belt grappe. Daar is goeie Suid Afrikaanse akteurs in, dus is dit nie heeltemal 'n budget-beater nie. Frank Opperman speel dalk so ietwat oordrewe, in vergelyking met die res, maar dit pas seker ook dan goed by die intriges en so. Wat ook baie help, in vergelyking met Poena is Koning, Saam met Bella op die bank. Aan te bevole vir daardie Vrydagaande.

Sunday, June 28, 2009

The New World - 6/10


The New World met Colin Farrell is bietjie meer die Pocanhontas vir die denkende fliek-ganger. Die musiek in die fliek is baie mooi, en al die natuur tonele baie gepas - dit is egter vir my net 'n titseltjie te stadig. Moet se^ ek was baie moeg, want het die oggend die Dullstroom MTB Winter Challenge gery.... Farrell is nie my gunsteling akteur nie, maar speel heel aanvaarbaar, sowel as die Indiaanse meisie. Saam met Bella op die bank.

The Pink Panther - 6/10

The Pink Panther met Steve Martin is werklik waar snaaks - ook die tweede keer. Het hierdie gesien toe dit op die kriung begin draai het in SA, maar nou weer saam met die hele gesin op die bank. Die laaities kraai van die lag vir al die fisiese grappe. Martin is seker hier en daar bietjie te oordrewe, maar doen 'n baie goeie inspekteur. Ek het die tweede weergawe nog meer geniet. Hit dit ook so rukkie terug saam met die kinders gesien. Nog 'n lekker alternatief as mens nie te hard wil dink in die fliek nie.

Tuesday, June 23, 2009

Marley & Me - 6/10


Marley & Me is nouwel 'n volbloed Hollywood fliekie, maar is tog heel kykbaar, veral Jennifer....en veral wanneer sy vir Owen sy verjaardag present oorhandig... Storie is maar sterk sentimenteel, maar ouers kan beslis met die impak van kinder-keuses identifiseer. Dit is dan ook wat die fliek geslaagd maak, want dit skep 'n goeie geloofwaardige prentjie van die impak - beide honde en kinders. Saam met Bella op die bank. Aan't beveel vir aande wanneer jy net lekker wil ontspan voor die skerm, en nie noodwendig hard wil dink nie.

Sunday, June 21, 2009

Funny People I en II - 7/10


Ek dink Funny People I en II was waarskynlik baanbrekers films. Hulle is nie so snaaks soos die Leon Schuster moewies nie, alhoewel hy in II self speel.... Moet se dat die springmat toneel seker een van die bestes is. Dit bly snaaks, maak nie saak hoe jy daarna kyk nie. Saam met die hele familie op die bank.

The Gods must be Crazy II - 9/10


Vir 'n Suid-Afrikaanse produksie in die jare wat dit vrygestel is, is hierdie 'n tydlose klassieke film. Dit is eenvoudig puik en een van my absolute gunstelinge. Dit is ook beter as die eerste een, wat op sy eie net so goed is. Ten sterkste aan te beveel vir daai Vrydagaand pooped gevoel. Ek het dit ook oorspronklik as nuwe vrystelling in Pietersburg gesien - nog in die Astra teater... Wat mens ook byval is hoeveel mens kan oordra sonder woorde. Veral waar die klein familie herenig. Saam met die hele familie op die bank hierdie slag. Ek gaan ook beslis die een aanskaf, net soos die eerste.

Saturday, June 20, 2009

My Sassy Girl - 3/10

Nee, wat, My Sassy Girl maak dit nie....Dit is een van daardie fliekies wat in die voorprent lyk asof dit 'n vlakkie beter as die normale chick flick gaan wees, maar wat dan heeltemal teleurstel. Die karakters is net nie geloofwaardig in hulle weergee van emosies nie. Baie ligte vermaak as jy effens breinloos voel. Saam met Bella op die bank.

Wednesday, June 17, 2009

Comments en Jan

Sorry, Jan, nou eers gesien jy het comments gemaak op van my skrywe....ek het sommer dadelik 'n epos waarskuwing aangesit indien jy weer comment.....The Reader is nog nie op DVD nie...

Die Bank, die Leer en die TV...

Die bank waarna soveel verwys word....'n Coricraft Kariba 2.15m met Zambezi Brown Exotic Leather - Net lekker om te le^ en fliek.







En die skerm waarop ons kyk....Sony Bravia 40" LCD TV - S Series








Tuesday, June 16, 2009

Doubt - 7/10


Doubt is 'n verhoogstuk wat verwerk is as film, sonder om te veel moeite te doen om die film medium tot voordeel te gebruik. Die akteurs is egter puik, en alhoewel die storielyn redelik eenvoudig is, is dit steeds boeiend. Moet glad nie enige aksie of so verwag nie, net sterk dialoog. Dit spreek 'n swaar aktuele saak aan, maar is tog nie swaar om te kyk nie. Vir ernstige fliekvlooie, nie luise nie. Saam met Bella op die bank.


The Curious Case of Benjamin Button - 8/10

The Curious Case of Benjamin Button is regtig 'n baie interessante storie. Die feit dat Fitzgerald van The Great Gatsby faam dit geskryf het maak dus baie sin. Daar is 'n ou grappie wat rondloop dat mens eerder by jou begrafnis moet begin en dan terug werk na tiener, kind, baba en dan eerder eindig met 'n orgasme as die dood. Die film gaan nou wel nie so ver nie, maar raak al die kwessies met styl aan, sou so iets gebeur. Die fliek is lank, met 'n stadige lyn, maar dit pas by die storie. Baie goeie akteurs, en die fliek bevestig ook weereens dat Cate Blanchett seker die mees veelsydigste en beste aktrise van ons tyd is. Dit werk op DVD. Kyk gerus. Saam met Bella op die bank.

Monday, June 15, 2009

The House Bunny - 3/10

The House Bunny is maar 'n baie lee fliekie. Moet nie veel verwag nie, selfs nie eers kaal meisies nie.... Dit raak na so rukkie bietjie irriterend, maar mens kan dit darem net-net klaar kyk. Heel voorspelbare lyn en al. Saam met Bella op die bank.

The Beach - 7/10

Mens kry twee soorte skop, skiet en slaan flieks - die wat net dit is, en dan die wat darem so 'n lagie of twee by het. The Beach val in die tweede kategorie. Ek is ook gewoond daaraan dat ou Leo meesal in sulke tipe flieks speel. Kyk maar na What's eating Gilbert Grape, Match stick men, The Aviator, etc. Die enigste wat hy tot dusver gespeel het wat nie 'n gelaagde storie het nie is sekerlik Titanic, maar dit het ek tog op 'n ander manier geniet. Hierdie film raak 'n paar filosofiese kwessies aan, insluitend plesier, eksistensialisme, etc. Dit raak dan ook duidelik, dat al kan mens die mees perfekte strand ooit ontdek, en selfs daar woon, daar maar probleme in die paradys is. Daar is altyd een of ander opoffering wat nodig is om die paradys te laat voort bestaan, soms is dit ander wat die prys moet betaal. Baie goeie toneelspel, en beslis aan te beveel. Saam met Bella op die bank.

Friday, June 12, 2009

Frozen River - 6/10

Frozen River is ietwat swaar, maar darem nie te swaar nie. Dit laat mens egter weereens baie mooi besef hoe maklik jy dit kan he in vergelyking met ander en hoe gemaklik en ingerig 'n mens se voorstedelike bestaan is. Die akteurs is almal goed en redelik onbekend. Moet se hierdie is een van die beter Kanadese films wat ek al gesien het, al is dit duidelik met 'n klein begroting gemaak. Die storie maak goed op daarvoor. Saam met Bella op die bank.

Seven Pounds - 6/10

Seven Pounds herinner baie sterk aan Jesus of Montreal. Die laaste was ook vir my beter, al het ek dit 'n hele paar jare vroeer gesien. Pounds neig so ietwat na oor-sentimenteel, maar dit is mos maar 'n sterk Hollywood neiging. Smith speel egter nie te sleg nie. Wat wel verwarrend in die fliek is, is dat dit 'n hele rukkie vat voordat mens agterkom wat eintlik aangaan. Ek het ook die Seven Pounds idee gemis, maar dit verwys seker maar nou ou Shylock in die Koopman van Venisie wat die beroemde stelling gemaak het. Die fliek is beslis kykbaar, en mens kan dit op DVD geniet. Saam met Bella op die bank.

Transporter 3 - 5/10

Transporter 3 is 'n redelike goeie aksie fliek, met een van die beter kar jaagtonele wat ek al gesien het. Seker net Bond met die tank was beter. Mens kan ook die Besson-aanslag sien. Heel kykbaar op DVD vir 'n naweekaand. Jason werk goed in die tipe van rolle. Saam met Bella op die Bank.

Wednesday, June 10, 2009

The Pentagon Wars - 5/10

The Pentagon Wars is soos The Hitchhiker's Guide to the Galaxy - geen ingenieur wat betrokke is in R&D kan dit mis nie.... Die akteurs speel heelwat oordrewe, maar ou Frasier se generaal is seker redelik akkuraat. Daar is heelwat snaakse oomblikke, soveel dat Bella dit ook geniet het. Daar is twee regtige snaakse tonele, een met skape en een met stoofplaatjies....Lekker lig as mens oppervlakkig kyk, maar dit is ook wyd bekend dat hierdie fliek in verskeie kursusse as gevallestudie gebruik is. Saam met Bella op die bank.

The Boy in the Striped Pajamas - 7/10

The Boy in the Striped Pajamas het redelik versigtig dit reggekry om nie te sentimenteel te wees nie, en ook nie net skokkend ter wille van skok nie. Dit is egter 'n storie wat mens raak, bloot agv die gebeure op die ou einde. Dit is ook skreiend hoe die Duitse seuntjie verskil van sy pa. Dit is nie 'n baie swaar fliek nie, maar die einde sal mens tog raak. Aan te beveel as jy lus is vir iets met 'n nie te komplekse storie nie, maar tog diepere lyne. Saam met Bella op die bank.

You Don't Mess with the Zohan - 2/10

You Don't Mess with the Zohan slaag nie heeltemal vir my nie. Ek kan nogals na fliekies van ou Adam kyk, soos bv Click. Hierdie een is net nie snaaks genoeg nie. Mens kan dit seker maar kyk op 'n Vrydagaand as jy lus vir niks is nie.... Saam met Bella op die Bank.

Friday, June 5, 2009

Requiem for a Dream - 6/10


Requiem for a Dream is een van daai flieks wat nie regtig vir ontspanning bedoel is nie. Mens moet dit egter kyk as jy beplan om verslaaf aan iets te raak....Dit is goed gemaak, en daar word van meer as een kamera en klank eksperimentele pogings gebruik gemaak. Die film is nie heeltemal uitputtend om te kyk nie, maar mens is vir vrek min lus na die film. Kyk net as jy redelik oopkop is in die moewies.... Saam met Bella op die bank.



Wednesday, June 3, 2009

No Reservations - 5/10

No Reservations probeer ernstig en lig wees in dieselfde fliek. Dit slaag nie heeltemal nie, en verval in sentiment. Catherine slaag glad nie as die kwaai kok nie, en ook nie in die ernstige rol nie. Op die vliegtuig tussen Keulen en SA. Was by NCW 2009.

The Devil Wears Prada - 6/10

The Devil Wears Prada wys hoe erg mens se baas kan wees, en hoe leeg 'n bedryf op die ou einde kan wees, al probeer die wat daarin vasgevang is om hulle self en die daarbuite anders te oortuig. Die duiwel speel seker so bietjie oordadig, maar moet om die boodskap hard en duidelik oor te bring. Die klere is regtig mooi, veral soos wat Anne verder vorder om opgeslurp te raak in die bedryf. Die duiwel speel puik. Kyk gerus. Op die vliegtuig tussen SA en Keulen, oppad terug van NCW 2009.

Yes Man - 5/10

Yes Man is 'n fliekie wat mens so ietwat aan die dink sit. Dit volg dan ook eerder die wereldse pad van doen goed aan ander, as die bybelse pad. Mens kan seker dit as New Age of Humanisties klassifiseer. Dit is egter steeds interessant, en laat mens wonder oor hoeveel keer jy al in jou lewe nee gese het, waar daar uiteindelik 'n versteekte ondervinding of positiewe einde was. Mens se baie meer nee in jou lewe eerder as ja. Ek het die film geniet en ou Jim het al redelik verby sy gewone persona beweeg. Dit is nog steeds teenwoordig, wat hom beperk tot die tipe van rolle. Mens kan dit gerus kyk - dit is ligter vermaak met 'n baie goeie en diep versteekte boodskappie. Op die vliegtuig tussen SA en Keulen vir NCW 2009. 

The Reader - 6/10

The Reader is maar 'n sad storie, en nog 'n fliek oor die tweede wereld oorlog. Dit is egter uit 'n heel ander perspektief as die ander, gewone oorlog flieks. Ek vind die storie heel kykbaar, maar die feit dat die ouer vrou 'n skoollaaitie vasdruk is dalk so effens vergesog, veral in die milieu waarin die film afspeel. Die aanvanklike ontmoeting is ook nie heeltemal gewens nie. Dit is dan seker die moederlike instinkte en die weerloosheid van die seun wat die vrou daartoe dwing. In elk geval, 'n swaarder storie, maar nie te swaar nie. Op die vliegtuig van SA na Keulen vir NCW 2009. Aan te beveel. 

Saturday, May 23, 2009

Frost / Nixon 8/10

Frost/Nixon lyk reg aan die begin of dit een van daardie rerige verveel fliekies gaan wees, maar is dit beslis nie. Hulle slaag uiters goed daarin om 'n po

Wednesday, May 20, 2009

Moving McAllister - 5/10

Moving McAllister is redelik kykbaar, maar nie die beste van die jaar nie. Dit is egter maar bietjie geyk dat die arme kerel die hele land deurkruis met sy skoen in. Mila is darem nie te sleg vir die oog nie. Saam met Bella op die bank.

Sunday, May 17, 2009

Interview - 5/10

Interview is een van daai films met 'n baie klein begroting, wat net twee akteurs gebruik in 'n beperkte milieu. Dit is redelik, maar dalk nie die regte medisyne vir 'n Vrydagaand nie....Aan te beveel vir mense wat van baie dialoog hou, en min fisiese gebeure. Gelukkig is dit redelik kort, en darem nie te veeleisend om te kyk nie. Dit gaan jou egter nie op die punt van die stoel hou nie, en as jy ietwat moeg is nie, ook nie wakker nie. Die bepalende eienskap van sulke films is karakter ontwikkeling en interaksie. Dit is ook redelik in die fliek, maar nie uitstaande nie. Saam met Bella op die bank.
 

Wednesday, May 13, 2009

Miss Pettigrew Lives for a Day - 8/10

Miss Pettigrew Lives for a Day is 'n ligte kykie na die lewe van 'n laer werkerklas dame, wat in een dag eweskielik die haai-poppe-laai lewe ervaar. Dit is in skrille kontras met haar gewone lewe, maar in meer as een opsig as wat mens verwag. Met uitstekende karakterontwikkeling wat pas by die tipe lewe van leekoppie aktrises, kan mens uiteindelik sien dat die fokus op uiterlike en innerlike al is wat werklik verskil. Die fliekie eindig soos voorspel, maar sou nie anders kon nie, want dit bevestig weereens die Holloywood kultuur. Ten sterkte aan beveel as ligter vermaak, en is beslis 'n goeie feelgood. Saam met Bella op die bank.

Sunday, May 10, 2009

Stone Angel - 7/10

Stone Angel is nie 'n komplekse verhaal nie, doodgewoon, maar word baie mooi, stadig en stylvol gedoen. Dit fokus op die ouderdom wat mens stadig bekruip en eendag onverhoeds uitvang. Die akteurs speel almal puik.Mens raak vasgevang in die fliek, wat telkens tussen hede en verlede skakel, gelukkig so dat mens darem goed kan kophou. Ten sterkste aan beveel, as mens rustig is, en lus is vir iets met bietjie meer om die lyf. Saam met Bella op die bank.

 

Monday, May 4, 2009

Charlie Wilson's War 7/10

Charlie Wilson's War is een van die tipe flieks waarvcan ek baie hou - dit is gebaseer op werklike gebeure, maar so aangepas dat die storie darem kykbaar is. Beide Hanks en Julia speel werklik goed, en selfs ook Philip, alhoewel vir my ietwat oordrewe. Aan te beveel, en kan seker ook as ligter vermaak gesien word....Julia speel voorwaar 'n verassende rol, en anders as gewoonlik - ek hou daarvan! (sy word seker ook nou meer mature....) Saam met Bella op die bank by die moepels in Bloem op DSTV

Elegy 6/10

Elegy is die stylvolle weergawe van Lie With Me - Dit gebruik goeie akteurs wat mooi in die rolle pas. Cruz lyk heelwat jonger in hierdie fliekie as gewoonlik en ook heelwat yummie. Daar is ook 'n paar lui skote van haar sonder heelwat minder kostuumwerk...Ai die arme proffie - keuses, keuses! Nou wel nie eroties nie, maar is tog so ietwat. Saam met Bella op die bank.

Beverley Hills Chihauhau 5/10

Beverley Hills Chihauhau is 'n regte kinderfliekie met min onderliggende dialoog op volwasse vlak. Geniet dit dus saam met die kinders. Saam met die familie op DVD.

Winter Passing 6/10

Winter Passing is dalk so bietjie swaar vir 'n Vrydagaand. Die arme girl het maar 'n baie taai innerlike stryd. Zooey kan net een soort rol goed speel, lyk dit my, waarvan hierdie 'n baie goeie voorbeeld is. Mens krimp ineen van die pyn wanneer sy meer as een keer haar hand opsetlik in 'n laai vasslaan, net om seker te maak dat sy nog kan pyn voel, en dus leef. Haar wereld is totaal monotoon, maar haar innerlike, eintlik nie. Ferrell speel puik, en die rol wat hy vertolk is dan ook skreiend eerlik. Aan te beveel as mens sterk voel.... Saam met Bella op die bank.

City of Ember 6/10

City of Ember is nogals heel kykbaar en die skaal waarop die ondergrond-stad geskep is, is indrukwekkend. Beslis aan te beveel as ligte fantasie, met heelwat diepere lyne vir stof tot nadenke. Die gulsigheid van die mens lei maar altyd tot een van die ander dood-sondes, en dan uiteindelik tot die val van die mens. In City of Ember kry die mensdom 'n 2e kans, wat mens laat wonder op die einde of dit wel gehelp het. Op DVD geniet saam met Bella op die bank.

Uitstaande Resensensies

Charlie Wilson's War (6) Elegy (6) Hollywood Chihauhau (5) Winter Passing (6) Ciry of Ember (6) Taken (5) The Duchess (7) Lie with me (4) Mrs. Ratcliffe's Revolution (6) How to Loose Friends and Alienate People (6) Space Buddies (5) Nick and Norah's Infinite Play List (6) Paul Blart: Mall Cop (5) Pink Panther (6) Stepbrothers (3) Max Payne (5) Choke (6)

Thursday, April 30, 2009

Taken 5/10


Taken is te veel van 'n skop-skiet-moer fliek vir my - ek het meer uit die storie verwag met Liam in die hoofrol. Daar is te veel films wat een of ander skynbare meer gewone ou in het, wat omtrent nooit seerkry nie, en al die boewe kan uitoorle. Egter steeds nie te slegte materiaal vir 'n breinlose Vrydagaand op die bank nie. Saam met Bella op die bank.

The Duchess 7/10


The Duchess is die moeite werd - kyk dit gerus, maar verkieslik op 'n baie groot LCD skerm, of in die teater. Keira bly 'n gunsteling, en die storie, alhoewel nie baie kompleks nie, is goed. Die kostuums is werklikwaar uitstekend en verdien beslis die Oscartjie. Saam met Bella op die bank. Aan te beveel vir mense wat van periode dramas hou.

Lie With Me 4/10


Lie With Me is 'n kunsfliekie wat maar 'n te dunnerige storietjie het, en met te veel in-your-face sekstonele. Die tonele is nie smaaklik of eroties nie, maar eerder meganisties. Die hoof karakters slaag regtig nie om die diepere pyne van verhoudings uit te druk nie, alhoewel dit lyk of die film dit probeer doen. Vermy dalk maar eerder dus. Saam met Bella, op die bank. 

Wednesday, April 29, 2009

How to Loose Friends and Alienate People 6/10



How to Loose Friends and Alienate People is nog 'n film met Simon Pegg - net die man se gesig laat my al lag, maar van sy beste werk is sekerlik Run, Fatboy, Run, en The Big Nothing. Ek het dalk ietwat meer verwag van die fliek, maar dit is steeds goed. Ek het sekerlik dubbel gevou op plekke van die lag, en dan weer op party plekke is dit ondraaglik pynlik tot hoe mate hy (Pegg) totaal sosiaal blaps. Die meisietjie van Transformers, Megan Fox, verskyn 'n slag of wat in min genoeg kleertjies - sy het flippin mooi borste....(Johan sal dit kan waardeer...;-). Aan te beveel vir Vrydagaand moegheid na 'n taai week. Op die bank saam met Bella.


Space Buddies 5/10


Space Buddies is 'n regte kinder fliekie met 'n nie te groot begroting nie. Steeds redelik kykbaar. Kan nie onthou nie, maar ek dink die familie het hierdie saam op die bank gekyk.

Tuesday, April 28, 2009

Moet nog hierdie review

Winter Passing (6) 
City of Ember (6) 
Taken (5) 
The Duchess (7)
Lie with me (4) 
How to Loose Friends and Alienate People (6)
Space Buddies (5)

Nick and Norah's Infinite Play List 6/10


Nick and Norah's Infinite Play List is net nie dieselfde as Juno nie - volgens die kassie het dieselfde mense hierdie een gemaak.

Miskien het ek te veel verwag agv daarvan. Die fliek is bietjie ongeorganiseerd, en die musiek staan my nie juis aan nie. Nog steeds heel kykbaar. Saam met Bella op die bank.

Paul Blart: Mall Cop 5/10

Paul Blart: Mall Cop - Wel, wat kan mens se^ - heel kykbaar. Saam met die familie in die inry. Seker 'n lewenslessie in opgevat dat mens nie iemand op sy baadjie moet takseer nie. Flip, die arme ou het nogals baie stampe en stote moes vat vir die waagtoertjies...

Pink Panther 2 - 6/10

Pink Panther is maar altyd een van my gunstelinge, selfs nou met Steve Martin. Hierdie weergawe is ook vir my beter as die vorige een, en ek het lekker gelag op 'n hele paar plekke. Saam met die Familie in die inry teater gesien. Beslis aan te beveel as mens bietjie lag nodig het.


Step Brothers 3/10

Step Brothers is maar so bietjie flou. Dit is baie oordrewe, wat dit sekerlik moet wees, om 'n sekere punt te maak. Dit is egter te erg, en kan mens dit nie regtig geniet nie. Die grappe is hier en daar goed, maar grotendeels redelik saai. Daar kort 'n bietjie meer tussen die twee hoof karakters. Iets soos die nuwe Pink Panthers werk beter, want die hoof karakters se komiese interaksies werk net beter. Erg breinlose vermak, met dalk 'n diepere tema weggebere, maar so goed, dat dit nie die fliek laat slaag nie.  Saam met Bella op die bank.

Wednesday, April 22, 2009

Mrs. Ratcliffe's Revolution - 6/10


Mrs. Ratcliffe's Revolutiongesien April 2009, saam met Bella op die bank.

Ek het ietwat meer verwag, maar dit steeds geniet. Daar is 'n paar komiese oomblikke, maar dan ook meer ernstiges. Die storie is seker ietwat oordryf om die werklike gebeure interessant te maak vir die skerm. Al die akteurs is goed. Aan te beveel as mens vir iets ligters lus is, maar steeds met redelike inhoud.