Jurassic World: Fallen Kingdom en al die opvolgers van die oorspronlike sal nooit regtig dieselfde impak he^ nie. Hierdie is seker nie te sleg nie, dalk bietjie meer kykbaar. Uitstaande grafika en grafies effekte. Saam met Bella en Anrich en Franko op die bank.Sunday, September 16, 2018
Jurassic World: Fallen Kingdom - 4/10
Jurassic World: Fallen Kingdom en al die opvolgers van die oorspronlike sal nooit regtig dieselfde impak he^ nie. Hierdie is seker nie te sleg nie, dalk bietjie meer kykbaar. Uitstaande grafika en grafies effekte. Saam met Bella en Anrich en Franko op die bank.Skyscraper - 4/10
Skyscraper se ondergang is 'n gebrek aan humor. Daar is 'n enkele The Rock se^-ding, wat beslis nie die film red nie. Indrukwekkende grafika, tegnologie en alles, maar as ek 'n fliek van The Rock kyk, verwag ek verwysings na ander flieks en heelwat humor, al is dit onder die belt. Redelike breinlose Vrydagaand materiaal. Saam met Bella en Anrich op die bank.Tom Clancy's Jack Ryan, Seisoen 1 - 6/10
Tom Clancy's Jack Ryan is so ietwat oordrewe veral as mens in ag neem wat 'n analis kan, en mag, vermag. Die verwagte dosis oormatige Amerikaanse sentiment is deel van die reseppie, maar ten minste is dit redelike ontspannings materiaal. Daar is beter reekse, maar hierdie is kort, nie lank en uitgerek nie. Ten minste is dit nie amaterugtig nie, en die rolverdeling aanvaarbaar. Die tweede seisoen was baie pap (eerste episode), en het dus besluit om nie verder te volg nie. Saam met Bella op die bank.Saturday, September 15, 2018
Solo: A Star Wars Story - 7/10
Solo: A Star Wars Story is heelwat beter as die vorige "A Star Wars Story" en dalk selfs beter as die laaste Star Wars film. Dit kyk lekker, het net genoeg aksie en dialoog, en dan die tipiese Star Wars humor. Saam met Bella op die bank. Franko en Anrich wou nie kyk nie, want skynbaar was die fliek so swak. Monday, September 10, 2018
Naked SNCTM, Minireeks - 6/10
Naked SNCTM is hedonisme op sy rykste. Teen klubgelde wat wissel tussen $50k en $100k kan net die ander helfte dit bekostig. Die episodes is kort, wys net genoeg, maar tog met 'n element van herhaling. Hierdie is waarskynklik meer bedoel as advertensie as dokumentering. Saturday, August 25, 2018
Ocean's Eight - 5/10
Ocean's Eight is heel kykbaar, maar kort daai klein bietjie ekstra zest. Dit voel net te meganisties perfek. 'n Maklike fliekie om te kyk. Saam met Bella op die bank.Friday, August 24, 2018
The Late Bloomer - 3/10
The Late Bloomer is maar eintlik erg bar, en daar kon meer skerp humor gewees het, gegewe die tema en premis. Die rolverdeling is redelik, die milieu redelik en die vertolkings redelik. Beslis op eie risiko, en moet dalk nie saam met ouma kyk nie. Saam met Bella op die bank.Saturday, August 18, 2018
Adrift - 8/10
Adrift hou mens se aandag vasgevang, soveel so, dat mens glad nie lus voel vir enige bote na dese nie. Jy proe, ruik en voel die sout aan jou lyf. Die menslike gees bly merkwaadig en veral die wil tot oorlewing. Topgehalte vertolkings, beslis die kyk werd. Saam met Bella op die bank.American Animals - 4/10
American Animals lyk skaflik, maar sit baie gou af met 'n baie sterk dokumentere aanslag. Dit is erg irriterend en het ons binne minute die aftog laat blaas. Saam met Bella op die bank.Friday, August 17, 2018
Father of the Year - 2/10
Father of the Year is regtig swak, maar met so drie of wat erg snaakse, maar diep onder die belt grappe. Daar is geen heilige koeie nie, en al mens se ergtse verwagtings word ver oorskry. Kyk net as jy baie breinpap voel, en peinigend-ongemaklike komiese situasies kan hanteer. Saam met Bella op die bank.Sunday, August 12, 2018
Book Club - 4/10
Book Club is die Amerikaanse - of Hollywood - ekwivalent van Finding Your Feet, met die verwagte oordadigheid. Heelwat onder die belt humor. En dan amper 'n onwerlike besef as mens na die ouderdomme van die rolverdeling kyk !?#*!@#$)*%$ Die fliekie kyk maklik met 'n tipiese cliche storielyn en einde. Bella se^ ek mag nie 4/10 gee nie, dit moet vyf wees, maar ek kan net nie... Saam met Bella op die bank. Thursday, August 9, 2018
The Man in the Iron Mask (1998) - 4/10
Ongelukkig wys The Man in the Iron Mask se ouderdom vinnig, veral met die vertolkings, kostuumwerk, spanningslyn en choreografie. Wel, dan laat dit seker net die milieu wat ook maar hier en daar skipbreuk ly. Nie naastenby so stylvol en elegant as Versailles nie. Saam met Bella op die bank. The Delinquent Season - 3/10
The Delinquent Season kyk so pynlik en stadig dat ons so een derde in die aftog geblaas het. Dit lyk heel stylvol en luuks met 'n oortuigende rolverdeling, maar werk net nie uit nie. Saam met Bella op die bank. Sunday, August 5, 2018
The Guernsey Literary and Potato Peel Pie Society - 7/10

The Guernsey Literary and Potato Peel Pie Society is 'n stroopsoet tjiekfliekie, so rondom die Tweede Wereldoorlog se tyd. Die rolverdeling is vol nimlike karakters, die milieu en stelinkleding romanties verby. Moet beslis nie aksie en wegneem liefde verwag nie. Eerder besadigde, amper Viktoriaanse opsit. Ideale Sondagaand materiaal, en lesers sal baie hiervan hou. Saam met Bella op die bank.
Saturday, August 4, 2018
Avengers: Infinity War - 7/10
Avengers: Infinity War moet mens eintlik eers kyk as die tweede helfte al beskikbaar is. Daar gebeur net te veel om so lank voor te wag (Mei 2019!?). Verwag maar een langerige alterkasie van veg, boomklim en spring tussen al die superhelde - hulle moet immers almal sinvol inpas in net meer as 2 ure. Dit vat ook so bietjie kophou om mooi tred te hou met al die gebeure, geskiedenis en toekoms. Daar is darem humor om die skynerns so bietjie te breek. Saam met Bella en Anrich op die bank. Beide Franko en Anrich het dit in die teater gesien as 'n spesiale premiere. En dit bly liplekker vermaak.En dan sinlose statistiek:
- Daar is 3 Chrisse in die rolverdeling
- Daar is 2 Sherlocks
Friday, August 3, 2018
Damascus Cover - 6/10
Damascus Cover is beslis nie hoofstroom materiaal nie. Dit is 'n meer realistiese spioenasie drama, veral met aksietonele wat nie Hollywood-oordrewe is nie. Beslis nie die gewone cliche's nie. Alhoewel dit in Sirie afspeel is dit in Marokko verfilm, so die milieu se rustieke gevoel werk goed. Saam met Bella op die bank. Monday, July 30, 2018
Off the Menu - 4/10
Gits, al wat Off the Menu red is die kleurvolle Meksikaanse kombuis en restaurantjie. Erg voorspelbaar met rostvaste cliche's regdeur, selfs aan die einde met die driekamp reddingspoging... Maar dit is heel ontspanne vermaak met geen gekruide taal of tonele nie, kyk maklik en laat mens glimlag en goed voel oor die lewe en die kos en wat mens nog alles wil gaan doen. Ai. Saam met Nie die mees oortuigende vertolkings nie, behalwe dalk vir die klein meisietjie. Bella op die bank.Castle Rock, Seisoen 1 - 7/10
Castle Rock is genoegsaam onheilspellend met 'n komplekse milieu, karakterontwikkeling en gepaste rolverdeling. Die eerste episode maak dubbelseker mens wil graag die res sien, net om te verstaan wat gaan hier aan.... Dit is heeltemal iets anders as wat ek verwag het, maar dit maak nie meer saak nie. Saam met Bella op die bank.Saturday, July 28, 2018
Snowden - 6/10
Snowden voel so ietwat soos 'n dokumenter, maar volg dan werklike gebeure meer akkuraat. Mens weet nie regtig wie of wat jy kan glo nie, selfs al kan mens in retrospek terugkyk op Wikipedia na die hele petalje. Beslis die kyk werd, moet net nie te veel vermaak verwag nie, behalwe dalk vir 'n sekstoneel of so. Sterk rolverdeling en vertolkings. Saam met Bella op die bank.Monday, July 23, 2018
Room in Rome - 5/10
Het Room in Rome in Nanjing gekyk (maar 'n jaar vroeer datum opsetlik verkeerd gestel). Nie helemal erotiek nie, en so bietjie puntloos (woordspelling bedoeld). Dit voel net te onskuldig en naief. Die dames mag egter wel sonder klere vertog, wat hulle amper in elk geval die hele fliek lank doen. Die (dialoog) vertolkings is nie oortuigend nie, dalk die fisiese vertolkings meer. Saturday, July 21, 2018
Billionaire Boys Club - 5/10
The Billionaire Boys Club is een van daai flieks wat net-net goed genoeg is sodat mens nie ophou kyk nie, en dan as jy dit klaar gekyk het, tot die besef kom dat mens nou wel nie trane sou huil as mens dit nie gesien het nie. Dit versterk egter weereens die feit dat gierigheid wel 'n doodsonde is, en waarskynlik die oorsprong van alles onhuil is. Wat dit nog meer so maak is dat die fliek op ware gebeure gebaseer is, maar met die verstaan dat die ware gebuere nooit regtig na bowe sal kom nie. Saam met Bella op die bank.Isle of Dogs - 8/10
Ek het lanklaas so iets kreatiefs as Isle of Dogs gesien. Dit vertel 'n eenvoudige lyn met kurkdroe" humor en aanskoulike animasie. Die stemwerk is uitstekend met 'n sterbelaaide rolverdeling. Die grafika, milieu, onderspeelde humor met baie verteekte kwinkslae, kyke en nimlike karakters maak hierdie absoluut die moeite werd om te kyk. Dit is 'n veelvlakkige film, maar sonder om dit weg te steek. Kyk gerus as jy vir iets alternatief lus is. Saam met Anrich en Bella op die bank. Thursday, July 19, 2018
Mamma Mia! Here We Go Again - 8/10
Mamma Mia! Here We Go Again is beslis die moeite werd, veral as mens ABBA fe^ns is. Die lyn is lig, die musiek wikkelend, en die milieu droom-romanties. Die rolverdeling werk, al kan mens al die poly-filla sien op die ouer garde. Hierdie slag het ek en Bella dit as premiere gesien by Zambezi Mall. Monday, July 16, 2018
Strange Angel, Seisoen 1 - 6/10
Strange Angel skep 'n vreemde situasie wat seker in lyn met die geskiedenis is. Sal nog so episode of wat kyk. Saam met Bella op die bank.Sunday, July 15, 2018
The Female Brain - 7/10
Ek het The Female Brain se formaat baie geniet - die ondersteunde grafika en uittreksels dra sterk hiertoe by. Daar is verskeie snaakse tonele, met 'n hele paar wat uitstaan. Die fliek kom klinies voor, maar in hierdie geval werk dit effektief. En dit voel of mens so iets oor die mees komplekste enigma in die heelal leer. Saam met Bella op die bank.All the Money in the World - 7/10
All the Money in the World is eintlik maar onstellend oor verskeie redes, baie geld, swak verhoudings, slegte ouers, slegte mense, gierigheid en al die res van die sewe doodsondes. Puik periode drama, uitstaande rolverdeling en vertolkings, en dan, soos verwag, ware gebeure. Mens kan net wonder wat is interpretasie en wat is feit. Saam met Bella op die bank.Blockers - 4/10
Blockers is totaal oordrewe, laf, oppervlakkig, ligsinnig en vol toilethumor. Maar dit bly snaaks, en mens kan nie anders as om die gemors klaar te verorber soos 'n goedkoop wegneem pizza nie. Saam met Bella op die bank.Mary Shelley - 8/10
Gits, Mary Shelley het vir altyd Frankenstein vir my verander. Dit is beslis 'n veelvlakkige stuk, maar in hierdie gedaante, toegepas op verhoudings het die rilfaktor so paar akse opgeskuif... Beslis gepaste materiaal vir huweliksberaders. Mary Shelley handel nie per se oor Frankenstein nie, maar oor hoe dit geskep is en onder watter omstandighede, en wat eintlik die bronmateriaal daarvoor was. Percy Bysshe Shelley se Ozymandias het hom op 'n voetstuk gesit vir my as jong student, maar hier leer mens dat hy werklik voete van klei gehad het. Shelley, en Lord Byron het mens byna laat dink aan gode, maar dan die koue realiteit, Frankenstein handel eintlik oor gefaalde verhoudings - die skep van 'n monster wat jy dan nie liefhet nie - en dat hulle die bronmateriaal was! Sal beslis anders kyk na enige Frankenstein fliek! Saam met Bella op die bank.Captain Phillips - 8/10
Captain Phillips hou mens op die punt van jou sitplek al weet mens wat die uiteinde is. Dit besvestig ook dat mense byna enige iets sal doen ter wille van geld. Dit is uitstekend vervaardig met krag vertolkings. 'n Groot verassing is die amper totale afwesigheid van gekruide taal. Saam met Bella op die bank.Finding Your Feet - 8/10
Finding Your Feet is 'n weggesteekte juweeltjie. Dit handel oor 'n onafwendbare tema, ouderdom, en hoe mens kies om dit te aanvaar. Die film hanteer dit sag genoeg, maar bevestig die onontsnapbaarheid van al die skete en pyne. Kyk gerus, maar weet dat dit nie 'n en-hulle-lewe-vir-ewig-daarna-gelukkig einde het nie... Saam met Bella op die bank.Ready Player One - 8/10
Ready Player One handhaaf 'n vinnige pas, met heelwat kreatiwiteit en kwinkslae ingemeng. Mens moet nogal kophou en mooi luister om al die skerp verwysgngs te besef. Die tema is nie iets nuuts nie, maar die interpretasie maak hierdie fliek meer as die moeite werd, selfs al is mens nie 'n ernstige rekenaarspeletjie speler nie. Saam met die familie op die bank.Atomic Blonde - 7/10
Atomic Blonde is 'n gestyleerde spioen-spioen fliekie. Koue, donker tonele, met 'n baie grou kleur. Perfekte Saterdagaand materiaal. Saam met Bella op die bank.Wednesday, July 11, 2018
Incredibles 2 - 8/10
Dit gebeur min, maar Incredibles 2 is heelwat beter as die eerste uitgawe. Die konstante humor maak hierdie absoluut die moeite werd. Jonk en oud sal dit geniet. Saam met die familie by Capitol Cinemas. Monday, July 9, 2018
Rampage - 5/10
Rampage is tipiese Hollywood stapel, gewone reseppie, maar steeds redelike, breinlose vermaak vir 'n lam Vrydagaand. Dit kon nog snaakser gewees het, sou nie afbreek doen aan die skyn erns nie.... Saam met die familie op die bank.Sunday, July 8, 2018
Mary Magdalene - 6/10
Mary Magdalene is meer 'n kunsfliek as wat dit 'n Bybelfliek is - lang skote sonder dialoog, stadige pas, maar tog met die Boodskap. Die rolverdeling kon waarskynlik beter gewees het. Saam met Bella op die bank.Thursday, July 5, 2018
Set It Up - 0/10
Set It Up begin net te flou, geforseerd en oppervlakkig. Dit is nie die tyd werd nie. Na sowat 10 minute moes dit net stop.... Saam met Bella op die bank.The Miniaturist, Minireeks - 7/10
The Miniaturist is 'n twee episode reeks wat mens as 'n fliek kan kyk. Die styl, stel, stelinkleding, kostuumwerk en kamera-perspektief laat mens voel asof jy in een van die indrukwekkende poppehuise is. Die lyn is boeiend, die karakters meer as gepas vertolk en die rolverdeling perfek. Hierdie is nie 'n gewone reeksie nie, en het so aks fantasie ingement. Saam met Bella op die bank.Sunday, July 1, 2018
The Catcher Was a Spy - 6/10
The Catcher Was a Spy is 'n filmpie wat mens so geskiedenisles of wat leer. Voldoende vertolkings, redelike periode drama, nie sentimenteel nie, en 'n gepaste rolverdeling. Die akteurs doen heel goed om die verskillende kulture en aksente te vermag. Nie 'n angswekkende pas of spanningslyn nie, net gemaklik om nie te verveel nie. Kyk gerus op 'n Sondagaand, dit voel amper soos 'n dokumenter.... Saam met Bella op die bank.Saturday, June 30, 2018
The Last Witness - 7/10
The Last Witness bly maar grim, en ten minste leer mens iets nuuts oor die Tweede Wereldoorlog - die rol van die Russe in Poland. Die vroulike hoofrol is ietwat amateuragtig vertolk, maar die res heel goed. Saam met Bella op die bank.Sunday, June 24, 2018
Paul, Apostle of Christ - 7/10
Paul, Apostle of Christ is 'n hoofstroom kwaliteit produksie, met 'n indrukwekkende rolverdeling en uitstaande vertolkings. Dit is glad nie oormatig sentimenteel nie, en 'n interessante interpretasie van die bekende verhaal. Dit voel ook of mens darem iets leer. Saam met Bella op die bank.Cloak & Dagger, Seisoen 1 - 4/10
Cloak & Dagger begin heel stylvol, maar verval dan teen die tweede en derde episodes in 'n onnodige, papperige herhaling van die selfde situasie oor-en-oor. Sal nog een episode kyk, maar as dit dan nie oordadig optel nie, nie die belegging werd nie. Saam met Bella op die bank. Anrich en Franko het baie gouer as ons opgegee. Lady Chatterley's Lover - 6/10
Lady Chatterley's Lover is hier in 'n formaat wat glad nie herinner aan die rede waarom dit aanvanklik verban was nie... Dit is 'n soete liefdesverhaal, in 'n dromerige milieu. Die vertolkings is gemeng, maar ten minste is die twee leidende rolle gepas vertolk. Kyk gerus met genoeg romantiese hulpmiddels. Saam met Bella op die bank.Saturday, June 2, 2018
Submergence - 7/10
Submergence is 'n stadiger kuns tjiekfliekie, met asembenemende natuur tonele en 'n ou we^reldse hotel in Normandie". Daar is sterk teenoorstaande, maar tog soortgelyke omstandighede vir die twee partye, beide lewe en dood. Moet nie 'n Hollywood-einde verwag nie... Saam met Bella op die bank. Friday, June 1, 2018
Reverie, Seisoen 1 - 4/10
Reverie het 'n interessante premis, maar gaan beslis vinnig uitgerek en vervelig voel. Sal beter doen as 'n fliek. Gaan nie tyd hierin bele^ nie. Saam met Bella op die bank.Monday, May 28, 2018
Sweetbitter, Seisoen 1 - 4/10
Sweetbitter begin nogals stadig vir 'n reeks met die eerste episode. Sal dalk nog een kyk om te besluit. Nee wat, net 'n gesuip en geen werklike gebeure of lyn nie. Saam met Bella op die bank.Sunday, May 27, 2018
The Bachelors - 7/10
The Bachelors is meer drama as komedie, met eerlike vertolkings en 'n sterk rolverdeling. Daar is 'n mate van oordrewe emosies, maar dan is dit moeilik om innerlike struwelinge, seer en swaarkry anders uit te beeld. Op die ou einde is die landloop afrigter se raad eintlik bedoel vir die droewige pa, en dan seker ook goeie lewensraad in die algemeen, al was dit nie so bedoel nie. Die einde is ietwat abrupt met 'n ontknoping wat nie sal teleurstel nie, en dat dit genadiglik nie uitgerek word nie. Kyk gerus, maar dalk nie op 'n Vrydagaand nie. Saam met Bella op die bank.The Broken Key - 0/10
The Broken Key is sekerlik een van die mees amateuragtigste flieks ooit. Sowat 15 minute is al wat mens kon uithou. Beslis nie aan te bevele nie. Saam met Bella op die bank. Friday, May 25, 2018
Amadeus - 8/10
Amadeus, in die regiseur formaat is nogals 'n lang affe^re, maar steeds die moeite werd. Baie musiek, en dan die tragiese draai van sy roem en glorie. Een van die grootstes. Saam met Bella op die bank. Deadpool 2 - 7/10
Deadpool 2 is nie beter of slegter as die eerste uitgawe nie, maar beslis anders, en dalk nog so bietjie snaakser. Kyk beslis as jy van die eerste een gehou het, maar beslis nie, as jy nie van die eerste een gehou het nie. Saam met Anrich en Franko by Zambezi Mall.
Subscribe to:
Posts (Atom)

