Saturday, October 31, 2020
Cry-Baby - 5/10
Friday, October 30, 2020
An American Pickle - 6/10
Sunday, October 25, 2020
The Witches - 3/10
Rebecca - 4/10
Sunday, October 18, 2020
Bobby - 5/10
Saturday, October 17, 2020
Marionette - 4/10
Friday, October 16, 2020
The Wall of Mexico - 6/10
Monday, October 12, 2020
Brave New World, minireeks - 6/10
Sunday, October 11, 2020
Raised by Wolves, Reeks - 5/10
Ek is nog nie seker of ek Raised by Wolves verder wil kyk nie. Die loodsepisode skep konteks en posisie, sonder dat regtig veel gebeur. Sal nog dink. Saam met Bella op die Bank. Het wel die twee episode in Wilderness Nasionale Park tydens 'n werksreis daar gekyk, sal dit nou wel verder kyk, maar is nie Bella se koppie tee nie.
Saturday, October 10, 2020
Save Yourselves! - 4/10
Heartbreaker - 4/10
Wednesday, October 7, 2020
Emily in Paris, Reeks - 5/10
Sunday, October 4, 2020
Becoming Astrid - 6/10
Saturday, October 3, 2020
Tulipani: Liefde, eer en een fiets - 7/10
Friday, October 2, 2020
Non-Fiction - 6/10
Non-Fiction handel erg non-galant met affairs, net soos die Franse kan doen. As dit nie vir die stel & milieu was nie, en dat Frans, maak nie saak wat hulle se^ nie, soos poe"sie klink te alle tye, sou hierdie praat fliekie dalk nie so goed gewerk het nie. Dit is amper die Franse weergawe van 'n Woody Allen. En na die tyd, dat ek die film plakaat gesien het, maak alles eintlik sin. Saam met Bella op die Bank.
Thursday, October 1, 2020
Devils, Reeks - 6/10
In Devils moet mens mooi na die vinnige en soms tegniese dialoog luister. Dit begin skaflik, met 'n taamlike pas. Ons hou nogals van die Europese gevoel daarvan. Saam met Bella op die Bank.
Wednesday, September 30, 2020
Messiah, Reeks - 6/10
Messiah is anders as verwag, maar lyk of mens dit kan volg. Dit is wel na die eerste seisoen gekanselleer, so die hoop is dit eindig sinvol... Saam met Bella op die Bank.
Sunday, September 27, 2020
Mrs. Lowry and Son - 7/10
Mrs. Lowry and Son se titel is beslis vir 'n rede as sulks gekies. Die rolverdeling kon nie beter nie, en die vertolkings uit die boonste rakke. Die film is baie ekonomies vervaardig met 'n klein stel. Moet nie enige aksie verwag nie, eerder pynlike stadige dialoog. Die hele situasie is merkwaardig en dan nog meer so as mens na hedendaagse pryse kyk wat van die werke haal. Saam met Bella op die Bank.
Friday, September 25, 2020
Vuil Wasgoed - 6/10
Vuil Wasgoed is beslis snaaks, en laat die meeste wit Afrikaanse mans erg onbehep lyk. Dit is redelik vervaardig vir die - ek vermoed baie klein - begroting. Nie almal sal hierdie snaaks of vermaaklik vind nie, maar ek en Bella het - op die Bank - by tye gesrkeeu-lag.
Thursday, September 24, 2020
Everything Is Illuminated - 6/10
Ek het die meeste van Everything Is Illuminated gemis, was net te vaak om hierdie te volg. Bella het dit wel geniet, veral die andersoort humor. Die punt is dus hare. Sy reken ook die rolverdeling is gepas. Saam met Bella op die Bank.
Wednesday, September 23, 2020
Enola Holmes - 6/10
Enola Holmes is baie lig en dalk meer gepas vir ma's en hul tienerdogetrs. Dit is heel kykbaar, met 'n redelike rolverdeling en milieu, en ietwat voorspelbare verloop. Saam met Bella op die Bank.
Sunday, September 20, 2020
A Rainy Day in New York - 6/10
A Rainy Day in New York is 'n tipiese Woody Allen fliekie, waar die milieu ook dan 'n sterk karakter of rolverdeling is. Hierdie is lig, steeds praterig, maar heel vermaaklik met skerp dialoog en observasies. As jy nie reeds op New York verlief is nie, sal hierdie een beslis die vuur aansteel. Saam met Bella op die Bank. En soos sy tereg hardop wonder - wie gaan Woody Allen flieks maak as hy nie meer nie?
Saturday, September 19, 2020
Hollywood, Minireeks - 3/10
Hollywood se eerste episode is so vervelig mens sien kans vir die res nie. Mens gee nie regtig om wat met die karakters gebeur nie. Die reeks is dalk wel van waarde vir iemand in die bedryf. Het so halfpad moed opgegee met die eerste episode. Saam met Bella op die Bank.
Friday, September 18, 2020
Evel Knievel (2004) - 5/10
Evel Knievel is ietwat amateuragtig met erg geforseerde dialoog. Mens wonder oor die getrouheid van die uitbeelding, maar dit is tog tot 'n mate vermaaklik. Watookal mens van die perd ding, hy het beslis nie terug gedeins vir enige persoonlike ongemak en erge beserings nie. Die vertolkings is werklikwaar oppervlakkig, maar die milieu voel akkuraat. Saam met Bella op die Bank.
Sunday, September 13, 2020
Resistance - 7/10
Resistance is een van vele Tweede Wereld oorlog dramas. Hierdie weergawe is nogals spannend, met minder gru, maar tog 'n deel daarvan. Getroue milieu en ordentlike vertolkings. Oorlog bly egter ontstellend met sy sinneloosheid en algemena minagting van lewe. Dit is wel die gees van die mens wat veral vir ander omgee wat sulke verhale soos hierdie die moeite werd maak om te kyk. Ten minste leer mens ook iets. Saam met Bella op die Bank.
Saturday, September 12, 2020
The Burnt Orange Heresy - 5/10
The Burnt Orange Heresy stel nogals teleur ten spyte van sy potensiaal, rolverdeling en milieu. Die film ondergaan 'n onverwagse metaformose tydens 'n spesifieke gebeurtenis wat dit dan onmiddelik 'n paar vlakke laat val. Aag nee wat, hou dalk eerder verby, die fensie titel help net mooi niks. Saam met Bella op die Bank.
Friday, September 11, 2020
Zoom - 5/10
Zoom is amateuragtig, maar met 'n oopkop (oopbors?) tema. Dit is prettig-stout, en laat mens giggel met sy reguit benadering met meer ongemaklike situasies. Op die man af sonder skroom. Moet dit nie saam met ouma kyk nie. Saam met Bella op die Bank.
On Becoming a God in Central Florida, Minireeks - 5/10
On Becoming a God in Central Florida is waarskynlik die moeite werd, met die eerste episode vol onverwagte verlope. Ek voel net nie om tyd daarin te bele^ nie. Dalk is die dialoog net te oppervlakkig-eerlik. Saam met Bella op die Bank (sy wil dit dalk klaar kyk).
Sunday, September 6, 2020
Zoo - 7/10
Zoo is 'n eenvoudige verhaaltjie maar wat mens intrek en laat goed voel my sy eerlikheid, menslike gees en milieu. Alhoewel ten tyde van oorlog, word mens tot 'n mate daarteen beskerm. Beslis die kyk werd. Saam met Bella op die Bank.
Saturday, September 5, 2020
Rokjesdag - 5/10
Rokjesdag lyk nie te sleg nie, maar ons kon nie onderskrifte in die hande kry wat werk nie. Hulle praat te vinnig en van die dialoog net te moeilik om die nuanses te volg. Maar opgegee. Ai. Saam met Bella op die Bank.
Friday, September 4, 2020
Okja - 6/10
Okja is iets heeltemal anders as wat ons verwag het. Dit is onstellend en vermaaklik tergelyke tyd. Asook amateuragtig, heeltemal oordrewe en oorspeeld. Dit bly egter baie indringende kommentaar op die samelewing, gierigheid en ander doodsondes. Verwag 'n hartseer einde. Saam met Bella op die Bank.
Saturday, August 29, 2020
The War with Grandpa - 4/10
The War with Grandpa is maar flou. Dit kort net meer fut. Daar is wel heelwat ongemynde potensiaal. Die poetse en grappe is oumakou, niks nuut en vermaaklik nie. So ietwat van 'n meganistiese ou reseppie. Beslis op eie risiko. Saam met Bella op die Bank.
Friday, August 28, 2020
World War Z - 5/10
World War Z is 'n onverwagte ril-komedie - ek vermoed egter dit was glad nie die vervaardigers of regissuer se intensie nie. Dit is beslis nie skrikmaak materiaal nie, en die zombies, is wel, snaaks, veral die een wat sy tandjies so kap. Dit is ook interessant dat die oomblik dat iemand 'n zombie word, meeste natuurwette nie geld nie, kort van vlieg, kan 'n zombie teen verbysterende vaart amper die lug in hardloop in hope. Dit was wel vermaaklik tot op 'n punt, anders sou dit 4/10 gewees het. Saam met Bella op die Bank.
Friday, August 21, 2020
Ava - 4/10
Ava is maar ondergemiddelde pulp. Die lyn is saai, en dit is 'n vreemde mengsel van familie drama en sages, ouderdom, obsessiewe kompulsiewe gedrag. dobbel probleme, alkoholisme en sluipmoorde. Het dit wel klaar gekyk, maar sou nie omgee om halpad op te hou kyk het nie. Van die tonele is net te fantiesties om waar te wees. Saam met Bella op Bank.
Tuesday, August 18, 2020
Dark, Reeks - 7/10
Dark lyk of mens gaan kop moet hou soos 'n dronk weeluis. Met 'n komplekse rolverdeling en kwaliteit vervaardiging gaan ons hierdie dalk verder kyk. Saam met Bella en Anrich op die Bank.
Sunday, August 16, 2020
The Birdcatcher - 6/10
The Birdcatcher hou mens nogal op die punt van jou stoel. Dit het 'n sterk spanningslyn met redelike dramatiese pieke en dale. Die grim van oorlog is wel daar, maar dit is eerder die emosionele gesukkel en geswoeg en gesinsgeweld wat ontstel. Die ongerepte sneeulandskap kontrasteer sterk met die onsigbare. Die film eindig beslis nie met 'n sprokie einde nie, maar mens voel tog bevredig met die finale uitkomste. Die rolverdeling is gepas, maar die jongmeisie se ouderdom werk net reg uit nie - hulle het dalk gesukkel om 'n pas te kry vir die rol kriteria. Saam met Bella op die Bank.
Saturday, August 15, 2020
Hitmen, Reeks - 3/10
Hitmen se humor is net te basies en aweregs. Dit het wel potensiaal, maar gaan moeisaam raak om te kyk. Kon darem die loodsepisode baasraak maar sien nie vir die res kans nie. Saam met Bella op die Bank.
The Very Excellent Mr. Crocodile Dundee - 1/10
The Very Excellent Mr. Crocodile Dundee is oppervlakkig met werklike swak vertolkings (!) en patetiese, plastiek dialoog. Kon net sowat 20 minute van hierdie pyniging deurstaan. Saam met Bella op die Bank.
Friday, August 14, 2020
Tesla - 4/10
Sunday, August 9, 2020
The Courageous Heart of Irena Sendler
The Courageous Heart of Irena Sendler is gebaseer op ware gebeure en karakters. Sterk vertolkings met gepaste kostuumwerk en milieu. Die film is wel hartseer soos te verwagte, maar die eenvoud van die daad en die storie is bewonderingswaardig. Saam met Bella op die Bank.
Intelligence, Reeks - 4/10
Intelligence is 'n flou reeksie, met 'n pynlike vertolking van Die Amerikaner. Ek dink nie hierdie gaan beter word nie, hou eers verby. Saam met Bella en Anrich op die Bank.
Saturday, August 8, 2020
Das Boot, Reeks - 7/10
Made in Italy - 5/10
Made in Italy is dalk nie die beste film nie, maar Italie" bly verruklik. Die vertolkings en rolverdeling werk heel goed, en dan besef mens die parallel tussen die manlike hoofrol en sy seun. Die film kyk op die ou einde net pleinweg lekker, niks gesofistikeerd nie. Saam met Bella op die Bank.
Friday, August 7, 2020
Waiting for the Barbarians - 7/10
Waiting for the Barbarians bevestig die menslike gees maar tergelyke tyd die absolute barbaarsheid van sommige. Dit toon dat die oordeel van barbaarsheid in die oog van die beoordeelaar le^, en dat die lyn maar bitter grys en fyn is. Wie is dan die barbaar? Beslis nie ligte vermaak nie, maar uitmuntend vervaardig, sterk rolverdeling en vertolkings, met 'n asemrowende milieu. Na afloop van die film het mens maar 'n bitter smaak in die mond, teleurgesteld in die mens. Saam met Bella op die Bank.
The Umbrella Academy, Reeks - 6/10
The Umbrella Academy lyk ietwat voorspelbaar maar bind mens tog om te wil kyk wat die oplossing gaan wees. Die karakters is gangbaar, en die vertolkings gepas met 'n irritasie hier en daar. Saam met Bella en Anrich op die Bank.
Sunday, August 2, 2020
Summerland - 6/10
Summerland is 'n besielende fliekie wat met deernis aangebied word. Die milieu is asemrowend te midde van die verwoestende oorlog - dit bevestig die hawe wat gebied word aan stadskinders. Dit is dan ook 'n love story met 'n kinkel of wat. 'n Rustige fliekie wat baie meer op die emosionele fokus, dus dalk meer 'n tjiekfliek (en vir die ander span). Saam met Bella op die Bank.
Saturday, August 1, 2020
Hollywoodland - 5/10
Hollywoodland is gebaseer op ware karakters met verskillende teoriee oor wat presies gelei het tot die dood van George Reeves, meer bekend vir sy rol in Adventures of Superman. Dalk het ek iets anders verwag - die periode, kostuumwerk, milieu is alles korrek, die rolverdeling en vertolkings is beter as gemiddeld, maar die film voel so bietjie sonder fut. Dalk omdat verskillende verlope van sake aangebied word. Die privaat speurder se rol en vertolking staan my ook nie juis aan nie. Saam met Bella op die Bank.
Friday, July 31, 2020
Valley of the Gods - 6/10
Valley of the Gods is beslis net vir geharde kunsfliekgangers. Dit is vol simboliek, versteekte simboliek, surrealistiese simboliek, pretensieuse simboliek en oorgestilleerde simboliek. Die het wel asemrowende landskappe, fotografie en ryk beelde met 'n sterk, ondersteunende klankbaan. Franko het nie saam gekyk nie, maar na die tyd opgelees oor al die simboliek en van dit verduidelik. Nie 'n film wat mens sal mis nie, maar as jy dit gekyk het voel dit nie soos tydmors nie, dalk so bietjie verward. Saam met Bella op die Bank. Sunday, July 26, 2020
Surviving Picasso - 7/10
Surviving Picasso wys glad nie sy ouderdom nie, net soos die ou skilder self. Puik vertolkings, getroue milieu en dalk so skeutjie oorspeeld. Steeds interessante materiaal. Saam met Bella op die Bank.





























