Monday, June 26, 2023

Saturday, June 24, 2023

Friday, June 23, 2023

Sunday, June 11, 2023

the electrical Louis wain

Mr & Mme Adelman

Tipies Frans, nie regtig komedie nie, meer ligte histerie

Friday, June 9, 2023

Thursday, June 1, 2023

Sunday, May 21, 2023

Linoleum

 sagte storie oor oudword in n parallelle styl. wie mens hoop jy eendag word, wie jy is en wat jy berou of nie berou nie


Saturday, May 20, 2023

Sunday, May 14, 2023

Citadel, Reeks - 3/10

Citadel lyk net te veel na nog gemiddelde skop-skiet-en-wegkruip. Die loodsepisode is maar flou en nie oortuigend nie. Dit het redelike afwagting geskep, heelaas nie naastenby so aangrypend as wat dit belowe nie. Sal maar eers verbyhou. Saam met Bella op die Bank.

 
 

Saturday, May 13, 2023

The Mother - 4/10

The Mother is redelik, erg voorspelbaar en nie met my gunsteling rolverdeling nie. Tog het ons dit klaar gekyk, seker darem nie so sleg nie. Saam met Bella op die Bank.


The Super Mario Bros. Movie - 6/10

Die allombekende speletjie boeties is werklikwaar materiaal vir die kortvolk, sonder enige parallele lyne vir ander. Die grafika is uitstekend, gepas vir die tema. Mens kan die film deurkyk, dit is redelik vermaaklik. Saam met Bella op die Bank.



Friday, May 12, 2023

Dead Shot

 Kamera tegnieke

Klankbaan nie gewoon

Periode en milieu akkuraat

swaarder materiaal

Saturday, May 6, 2023

Friday, May 5, 2023

dungeons dragons

Vermaaklik
Grappige dialoog
Neem nie self ernstig op

Friday, April 28, 2023

Peter Pan & Wendy - 4/10

Peter Pan & Wendy is 'n flou Disney poging. Niks nuut nie, dalk net beter grafika. Het binne 20minute tou opgegooi. Geen dubbel-lyn vir die kleinspan en die oues nie. Saam met Bella op die Bank.



Tuesday, April 25, 2023

The Diplomat (VSA, 2023), Reeks - 7/10

The Diplomat het 'n stywe pas, skerp dialoog (mens moet kophou), bogemiddelde vertolkings en 'n perfekte rolverdeling. Stel ook 'n standaard vir die genre met sy verfrissende maar versteekte tong-in-die-kies benadering. Die "spanning" tussen die twee hoofrolle is aanvoelbaar en maak hierdie soveel meer pret. Mens wil hierdie klaarkyk. Elke episode voltrek dan ook met 'n taamlike aan-die-naels-hang einde. Saam met Bella op die Bank.

 

The Diplomat (VK, 2023), Minireeks - 4/10

The Diplomat (hierdie is die VK een, nie die VSA een nie) het 'n romantiese milieu, maar met saai dialoog en nie gepaste rolverdelings nie. Niks fout met die akteurs nie, hulle vertolkings pas net nie in die genre nie. Dalk is dit meer realisties as die gatskop The Diplomat, maar beslis nie soveel pret nie. Het tydens die eerste episode besluit nie die tyd werd nie. Die saak wat ondersoek word is nie oortuigend nie. Saam met Bella op die Bank.


 

Sunday, April 23, 2023

Ghosted - 4/10

Ghosted is 'n aksie tjiekfliek. Te veel voorspelbaar en tipiese Hollywood materiaal. Redelike vermaak vir 'n Vrydagaand. Saam met Bella op die Bank.




Saturday, April 22, 2023

Hunger - 7/10

Hunger is soortgelyk aan The Menu maar tog ook nie. Wel die moeite werd om te kyk, probeer net 'n weergawe kry in die oorspronklike taal met onderskrifte. Die film voel nogals lank. Van die eet tonele is barbaars... nie hoofstroom materiaal nie. Saam met Bella op die Bank.


The Locksmith - 3/10

Nee wat, The Locksmith mis al sy geleenthede en potensiaal. Met 'n swakkerige rolverdeling help die geloofwaardige lyn en redelike milieu net mooi niks. Die film is ook nie seker of dit realisties of nie wil wees nie. Saam met Bella op die Bank. 




Friday, April 21, 2023

Ant-Man and the Wasp: Quantumania - 1/10

O gits nee, hierdie is 'n pot mierpoep. Ant-Man and the Wasp: Quantumania maak so staat op fantasie grafika dat mens nie anders kan as om dit af te sit nie. Saam met Bella op die Bank.




Saturday, April 15, 2023

Thursday, April 13, 2023

Saturday, April 8, 2023

The Night Agent, Reeks - 6/10

The Night Agent is nie noodwendig so briljant nie, die rolverdeling kan beter, die vertolkings kan beter, die milieu is redelik oortuigend, maar vir een of ander rede kan mens nie die episodes los nie - kyk sommer twee na mekaar, hoogs ongewoon vir my kykvoorkeure. Die japon-toneel staan ook nogals uit... Saam met Bella op die Bank.
 

Tuesday, April 4, 2023

Living - 8/10

Living is nie ligte vermaak nie, maar het 'n tong in die kies gevoel, veral hoe die Britse burokrasie uitgebeeld word. Sterk vertolkings regdeur met 'n indrukwekkende rolverdeling. Wat egter hier uitstaande is, is die periode drama deel - die milieu en kostuumwerk is onverbeterlik. Op die ou einde handel die film oor kommunikasie en oudword (wel, seker nie oudword nie maar die dood). Saam met Bella in Buffelsbaai


Monday, April 3, 2023

Marlowe - 7/10

Marlowe het 'n outentieke gevoel, met 'n romantiese uitbeelding van die era. Die milieu, kostuumwerk en stelinkleding is uit die boonste rakke. Die hoofrol vertolking is onverwags hoogstaande. En ek dink Liam Neeson het sy tweede (?) beroep gevind. Die storie mag dalk stadig en saai voorkom vir iemand wat meer 'n Liam Neeson fliek verwag. Saam met Bella in Buffelsbaai.




Friday, March 31, 2023

Tetris - 7/10

Tetris is sekerlik een van die bekendste rekenaarspeletjies ooit. Hierdie vertel die aangedikte feite van hoe dit voor almal beland het. 'n Eenvoudige verhaal met 'n gepaste rolverdeling en milieu. Die aanslag is ligter, tong in die kies en laf. Die grafika op die film plakaat word ook in die fliek self gebruik, met 'n motor jaag toneel wat boonop soos die speletejie self lyk en voel. Saam met Bella op die Bank.


Sunday, March 26, 2023

Operation Fortune: Ruse de guerre - 6/10

Operation Fortune: Ruse de guerre is ligte vermaak met 'n stylvolle milieu, redelike skerp dialoog en 'n indrukwekkende rolverdeling. Perfek vir 'n Vrydag of Saterdagaand. Saam met Bella op die Bank.


ruse de guerre (plural ruses de guerre) A stratagem of war.

Saturday, March 25, 2023

Battle Los Angeles - 3/10

Het hierdie op die vlug terug van Munich na Doha gekyk, maar kon dit nie klaar kyk nie. Het dit wel in Buffelsbaai klaar gekyk. Regte Amerikaanse sentimentele pulp. 





gold

Oppad van München na doha

twist

Oppad van Munich na Doha

Tuesday, March 7, 2023

Sunday, March 5, 2023

See How They Run

 Oppad van Doha na Munich


The Infernal Machine

 Oppad tussen Doha en Munich

Moet nog klaar kyk


Saturday, February 25, 2023

brixton

Kon beter kamertjie gebruik het 
Redelik geloofwaardigheid 
Kaptein rolverdeling kan beter

Friday, February 24, 2023

Guillermo del Toro's Pinocchio - 10/10

Guillermo del Toro's Pinocchio is oorrompelende animasie kuns. Behalwe vir die ryk visuele milieu met al sy eienaardighedetjies, is daar ook 'n nuwe interpretasie van die alombekende verhaal. Maar die belangrikste wat die film behaal is om die mees getrouste weergawe ooit van die stoute Pinocchio te gee. Sy lawwe, ligte trippel oor die lewe gee die poppie dimensies nooit voorheen visueel en ouditief gesien nie. Absoluut die moeite werd - ek sal graag ook die maak van film wil kyk, vriesraamverfilming met harsfigure is gebruik. Die rolverdeling is onverbeterlik met die merkwaardige stem- en sangwerk wat tot die prettigheid bydra. Saam met Bella op die Bank.





     

Saturday, February 18, 2023

Sharper - 6/10

Sharper verstrengel mens in 'n komplekse web van strategie en taktiek totdat almal ewe skuldig lyk, of dan die slagoffer blyk te wees. Die film beweeg ietwat stadig by tye, maar bly redelike kyk materiaal. Nie die verwagte rolverdeling nie, maar een wat werk. Saam met Bella op die Bank.