Saturday, March 5, 2022

The Batman - 9/10

The Batman is sekerlik die naaste wat superheld films aan kunsflieks kom. Die aandag aan detail, klank, spraak, dialoog, milieu, spanningslyn, kostuumwerk, stelinkleding, rolverdeling en vertolkings staan kop en skouers bo ander uit. Die terugkeer na die basiese elemente, veral die bekeie rolletjie van tegnologie en oordeelkundige gebruik van grafiese geweld (wel die amper afwesigheid daarvan) maak hierdie nog meer die moeite werd. Die buierige Bruce Wayne en by tye feilbare The Batman is oortuigend. En die Batmobiel is seker die mees onheilspellende een ooit - wie sal daardie enjin opstart sekwens vergeet? Die rolverdeling staan groot skoene met gemak vol. Onthou hierdie is DC, dus is alles donker en grys, niks lyk soos dit regtig is nie. Saam met Bella en Franko by Kolonnade se film teater.


No comments:

Post a Comment