Showing posts sorted by relevance for query Woody Allen. Sort by date Show all posts
Showing posts sorted by relevance for query Woody Allen. Sort by date Show all posts

Sunday, September 20, 2020

A Rainy Day in New York - 6/10

A Rainy Day in New York is 'n tipiese Woody Allen fliekie, waar die milieu ook dan 'n sterk karakter of rolverdeling is. Hierdie is lig, steeds praterig, maar heel vermaaklik met skerp dialoog en observasies. As jy nie reeds op New York verlief is nie, sal hierdie een beslis die vuur aansteel. Saam met Bella op die Bank. En soos sy tereg hardop wonder - wie gaan Woody Allen flieks maak as hy nie meer nie?


   



Monday, January 4, 2010

Cassandra's Dream - 6/10



Cassandra's Dream is nie 'n te slegte Woody Allen fliek nie. Ek is 'n redelike kranige Allen ondersteuner en hoewel hy nie self in die fliek is nie, maar dit maak nie saak nie. Dit lyk amper asof Colin Farrel die spel van 'n stamelende Allen oorgeneem het. Die film is heel kykbaar en werk lekker vir 'n rustige DVD aandjie. Die einde is so klein bietjie stomp, maar dan pas dit seker by 'n Allen fliek. Saam met Bella op die bank.

Sunday, July 3, 2016

Irrational Man - 6/10

Irrational Man is 'n gemiddelde Woody Allen, met 'n interessante spanningslyn. Die vertolkings is 100% Allen-styl, en soos gewoonlik, 'n ssemrowende milieu, in hierdie geval, sensuele Newport. Die einde is ongelukkig voorspelbaar, maar daar is genoeg opsies sodat mens dalk die verkeerde einde voorspel. Saam met Bella op die bank.

Sunday, October 26, 2014

The Longest Week - 6/10

The Longest Week is 'n moderne Woody Allen fliek. Maar wees gewaarsku, as jy van die styl hou wat hulle voorstel, ek praat nou van die milieu en die verleidelike New York en die woonstelle en die meubels en die karre en die horlosies en die wekkers en die kroegies en die mense en hulle motorfietsie, moet nie kyk nie, jy gaan net suur van jaloesie word. Alles drup van ougeld en styl. Ek sou ook dink New York kan gerus die Oscar vir beste ondersteunende rol hier losslaan. Kyk gerus, maar vermy as jy nie van ou Woody se styl gehou het nie. Die rolverdeling en vertolkings is perfek. Saam met Bella op die bank.



Monday, April 23, 2012

Midnight in Paris - 6/10

Midnight in Paris maak mens sommer van vooraf verlief op Parys, maar dan eerder 'n 1920 Parys... Woody Allen het ook daarin geslaag om 'n vervanging vir homself in sy eie flieks te kry... Ek raak net bekommerd wie by hom agter die skerms gaan oorvat. Die fliek raak so tema of wat op 'n baie lawwe (soos 1920 Parys was) manier aan. Parys word dan ook nog 'n karakter in die fliek, met karakterontwikkeling en al, die hele ketoetie. Lekker lig om te kyk, en moenie te veel verwag nie. Saam met Bella op die bank. 

Monday, January 27, 2014

Clear History - 3/10

Ek het helemal vergeet, maar Larry David, wat erg vermom met 'n Moses-baard was, is een van my mees ongunstelingste akteurs ooit. Veral in hierdie fliek. En dit maak nie saak dat hy Seinfeld gedoen het nie... In elk geval, die fliek praat mens pap, of eerder dan liewe Larry. Die plot het potensiaal, maar dan asseblief net met 'n ander akteur. Het maar deur dit gewroeg. Larry se Woody Allen na-aapstyl werk glad nie. Saam met Bella op die bank in Ballito



Friday, October 2, 2020

Non-Fiction - 6/10

Non-Fiction handel erg non-galant met affairs, net soos die Franse kan doen. As dit nie vir die stel & milieu was nie, en dat Frans, maak nie saak wat hulle se^ nie, soos poe"sie klink te alle tye, sou hierdie praat fliekie dalk nie so goed gewerk het nie. Dit is amper die Franse weergawe van 'n Woody Allen. En na die tyd, dat ek die film plakaat gesien het, maak alles eintlik sin. Saam met Bella op die Bank.



Monday, August 24, 2015

She's Funny That Way - 4/10

She's Funny That Way is een van daai flieks met 'n indrukwekkende rolverdeling, maar nie die nodige styl, plot of dialoog om dit te red nie. Hierdie is dan 'n flouerige poging tot 'n namaaksel van 'n tipiese Woody Allen komedie, nogals boonop in New York self. Selfs die ou groot appel speel nie 'n bydraende rol nie. Daar is nogals snaakse tonele, en Owen slaag tot 'n mate om sy rol te laat werk, maar die res laat hom in die steek. Kyk gerus, dit is nie so power nie. Saam met Bella op die bank.

Saturday, March 14, 2020

Breakable You - 6/10

Breakable You is 'n na-aap Woody Allen, maar glad nie te sleg nie. 'n Praat-ryke fliekie met 'n tone krul ontknoping. Saam met Bella op die Bank.


Sunday, April 17, 2022

On the Rocks - 6/10

On the Rocks val in die trant van ander Bill Murray flieks. Die dialoog is soos te verwagte skerp en vermaaklik en New York verleidelik as 'n stad (en karakter). Vir 'n rustige Vrydag of Saterdagaand as jy bietjie meer wakker is. 'n Goeie alternatief vir Woody Allen films. Saam met Bella op die Bank.



Sunday, March 24, 2019

Madame - 7/10

Madame is lig, maar ook pynlik realisties. Dit is heerlik met 'n skreeuende misverstand, en dan eg Europees aan die einde. Die milieu en rolverdeling en vertolkings kon nie beter nie. 'n Ware vervanging van tipiese Woody Allen films sonder die irritasies. Kyk die fliek. Saam met Bella op die bank.


Saturday, October 8, 2016

Café Society - 6/10

Café Society laat maar eintlik net een vraag, wie gaan toekomstige Woody Allens maak? Die oubaas is nou al oor die tagtig. En die vroulike hoofrol in hierdie geval kon baie beter gewees het. Tipiese Allen materiaal, dalk nie die beste nie. Saam met Bella op die bank.