Friday, February 17, 2023

The Hanging Sun - 7/10

Met The Hanging Sun se twee gunsteling akteurs in die hoofrolle moes ons hierdie eenvoudig net kyk. Die film kan seker as 'n kuns-aksie-drama kategoriseer, maar sonder te veel skop-skiet-en-donder. Die regiseur het egter erge dialoog ekonomie teen milieu afgespeel, want daar is heelwat tonele waar nie die lyftaal of dialoog voldoende inligting oordra nie. Die spraaksamige ondersteunende rol help om die film ligter en draaglik te hou. Nie hoofstroom materiaal nie. Saam met Bella op die Bank.


No comments:

Post a Comment