Wel, ek is 'n redelike aanhanger van hierdie tipe flieks, maar The International was vir my net te volgens die ou reseppie. Soos ek gese^ het met Duplicity is die effe oordrewe spel van Clive nou besig om 'n irritasie te raak. Daar is geen romantiese spanning tussen Clive en Naomi nie. Ook op die vliegtuig tussen Munchen en Jo'burg, oppad terug van Istanbul af. Kyk dit gerus op 'n Vrydagaand, as jy net wil vrot.
Thursday, July 23, 2009
The International - 5/10
Wel, ek is 'n redelike aanhanger van hierdie tipe flieks, maar The International was vir my net te volgens die ou reseppie. Soos ek gese^ het met Duplicity is die effe oordrewe spel van Clive nou besig om 'n irritasie te raak. Daar is geen romantiese spanning tussen Clive en Naomi nie. Ook op die vliegtuig tussen Munchen en Jo'burg, oppad terug van Istanbul af. Kyk dit gerus op 'n Vrydagaand, as jy net wil vrot.
Wednesday, July 15, 2009
Fliek herdenking
Ek dink dit was iewers in hierdie week my en Bella se eerste fliek herdenking - ons eerste fliek saam was Police Academy V doerie tyd in 1988. Eish, dit was lekker dae....
Ons verskil ook effens oor die datum, maar dit was iewers in Junie of Julie.... Sy het nog so groen mini aangehad....
Ons verskil ook effens oor die datum, maar dit was iewers in Junie of Julie.... Sy het nog so groen mini aangehad....
17 Again - 5/10
Ek gaan waarskynlik nie die punt vir 17 Again verander nie, al moet ek nog die laaste 10 minute kyk omdat die vliegtuig moes land. Nie te sleg nie, maar darem net te Hollywoods.
Wel, ek het toe hierdie klaar gekyk, en was eintlik eers in die helfte van die fliek blyk dit toe. Soos ek verwag het, wil ek steeds nie die punt verander nie. Die fliek is nie te onaardig nie, heel kykbaar, maat net te voorspelbaar.
He's Just Not That Into You - 6/10
Sjoe, hierdie fliekie het drie van my gunsteling aktrises in.....JA met haar mooi lyf, SJ met haar lippe en flexibility soos Mannie sal reken, en dan JC met haar mooi gesiggie......Net jammer omdat die drie dalk so effens meeding vir kamera-aandag speel hulle nie een werklik goed nie. Mens kry half die idee hulle het 'n fliek probeer maak met al die hot akteurs/aktrises in, en vergeet van die storie....Mens geniet en identifiseer steeds met dit egter, omdat heelwat relevante aspekte aangeraak word op 'n redelike omsigtige manier. Hierdie een ook op die vliegtuig gesien soos met Duplicity. Kyk gerus al is die net vir die 3 girls....
Duplicity - 6/10
Duplicity kon beter gewees het - die spanning tussen Julia en Clive is nie vir my so tasbaar as met van sy ander flieks nie. Die dialoog is redelik skerp, iets waarin hierdie tipe van flieks moet in uitstaan. Mens kan dit gerus op DVD kyk, ek het dit op die vliegtuig tussen OR Tambo en Munich gesien, oppad na Istanbul vir EURO-SIW 2009.
Die dialoog is wel skerp en seker darem so effens gelaaid tussen ou Clive en Julia, maar nie vir my goed genoeg om die film te red nie. Dit is voorspelbaar, en Clive se ietwat oordrewe spel tegniek, wat baie nuut en vars in Closer was, raak nou oud. Dis tyd dat hy 'n nuwe aanslag kry. Julia was ook nie op haar beste nie. Ek dink haar hoogtepunt was met Erin Brockovich
Friday, July 10, 2009
Wanted - 6/10

Wanted verdien seker nie 'n 6 nie, maar ek moes bloot oor hierdie ouens oor daai drempel van fisika kan beweeg deur koeels om hoeke te laat kan vlieg. Hierdie is maar 'n geen-brein aksie fliekie. Angelina werk redelik goed in haar rol. Alleen op die bank! Bella is weg op 'n werk-ding.
Superman III (1983) - 7/10
Ja wat, net soos Superman II, kan ek hierdie een nie objektief beskou nie. Veral nie dat hulle rekenaars so boosaardig slim kan laat lyk nie... Saam met die twee manne op die bank. Ai, dit bring ou verlore dae weer op....
Thursday, July 9, 2009
The Promotion - 7/10
Vrek, The Promotion is net so pynlik om te kyk as wat die mense daarin se lewens is. Dit wys die uiterste trap van die dag-to-dag rotresies, maar op 'n heel ander vlak as die manne heel bo. Hierdie is in 'n amper sinlose bestaan omgewing, met soveel dinges wat opgevreet moet word, net om daardie volgende vlakkie te haal. Moet hierdie nie kyk as jy dalk enigsins depressief oor jou werk voel nie....of miskien dan wel, want dit sal jou dalk net opbeur om te sien hoe sleg ander dit regtig kan he^. Vir die ietwat meer onderskeidende fliekganger maar tog toeganklik met die klein gevaar van verveling vir ouens wat aksie in hul flieks verwag. Saam met Bella op die bank.
Jack and Jill vs the World - 4/10
Hierdie is maar net nog 'n patroontjie fliekie, en is beslis ondergemiddeld. Dit is 'n tjiekfliek, wat ek normaalweg ook kan geniet, maar darem net te voorspelbaar. Saam met Bella op die bank. Nie regtig aan te bevele nie. Ek wou dit eers 'n 3 gee, maar Bella het gese^ dis darem nie so sleg nie....
Griet en Pieter*
Griet en Pieter, met 'n watergieter,
Klim die berg op 'n draf,
Maar Pieter gly en Griet daarby,
Hul kom bolmakiesies weer af.
* Uit Aandstories vir Kleuters, Human & Rousseau
Dan van www.famousquotes.me.uk:
Jack and Jill went up the hill to fetch a pail of water
Jack fell down and broke his crown
And Jill came tumbling after.
Up got Jack, and home did trot As fast as he could caper
He went to bed and bound his head
With vinegar and brown paper.
French (history) connection!
The roots of this child's nursery rhyme is in France and the Jack and Jill referred to are Louis XVI who was beheaded (lost his crown) followed by his Queen Marie Antoinette (who came tumbling after). The words and lyrics were made more palatable for the nursery by giving it a happy ending and has further been altered by the passage of time - the actual beheadings occurred in 1793. The first publication date for the lyrics of this nursery rhyme is 1795 which tie-in with the history and origins.
Superman II (1980) - 7/10
Superman II kan ek sekerlik nie heeltemal objektief beskou nie, omdat ek as klein laaitie in die Astra op Pietersburg gesien het. Toe het ek gedink dit is die beste moewie ooit. Ek het dit weer saam met my twee gekyk, en dit weereens baie geniet. Dit het darem die toets van tyd redelik deurstaan, maar nou ja, dit lyk tog maar ook baie sewentigers. Ek gaan sommer nou die tema musiek as my sel se luitoon laai....
Sunday, July 5, 2009
Ice Age (3): Dawn of the Dinosaurs - 5/10
Wel, hierdie weergawe van die Ice Age reeks is baie goed in terme van grafika, en die storie is goed, maar daar is vir my niks nuuts aan nie - dit is lekker om te kyk saam met die kinders, want hulle lag lekker vir al die fisiese grappies, en leef in die storie in, maar die volwasse vlak is ietwat dunnerig, alhoewel teenwoordig. Hulle beeld al die stadiums van 'n verhouding redelik goed uit met die twee wat so lekker baklei oor die akker, en maak dan ook kommentaar oor die geveg wat jy liewers mee sal aangaan net omdat jy dit ken, en nie noodwendig wil verander van omgewing nie. Saam met die familie en die Botts in die teater.
Friday, July 3, 2009
Ghost Town - 7/10
Net die naam Bertam Pincus laat mens al lag in Ghost Town. Die film het baie kort gedraai op die kring hier by ons, en is regtig 'n romcom wat onderwaardeerd is. Dit is regtig snaaks, met ten minste 4 tonele waar mens dit lelik kan verloor - die hond, so groot soos 'n perd, die mummie se manlike trots, Pincus se gebrabbel en dan die oormekaarpraat stukkie in die hospitaal. 'n Baie lekker kykfliek, en nie die gewone tjiekfliek nie. Saam met Bella op die bank. Aan te bevele wanneer jy iets meer as net gewone komedie soek. En Tea maak dit ook die moeite werd - sy word darem baie mooi oud....
Thursday, July 2, 2009
Are We Done Yet - 4/10
Lekker kinder fliekie, en ook vir mense wat 'n fikser-upper wil koop as huis.... Tweede keer saam met die familie op die bank.
Surfer, Dude - 6/10
Surfer, Dude - nou ja, wel, wat kan mens meer se^ as: Dooooode. Ek het 'n kort resensensie gelees voordat ons die DVD gekyk het, en het nie veel hoop gehad vir 'n goeie of ten minste kykbare fliek nie. Die fliek was egter verassend, en alhoewel dit amper die pseudo-dokumentere pad volg, is dit tog interessant. Mens kan amper se^ die fliek ondersoek die outentieke surfer mentaliteit en filosofie. Die meeste dames val amper flou by aansig van ou M se borskas, en in hierdie fliek is dit sekerlik 99% op die skerm. Daar is egter darem twee geleenthede waar die manne ook kan smul aan surfer babes lyfies....Wat wel interessant vir my in die film was, was hoe hulle die see, en meerendeels, die seewater uitgebeeld het. Let ook op hoe hulle die water laat klink as dit oor die surf borde vloei - Dit skep 'n amper verleidende teenwoordigheid, soveel so dat mens net wil gaan swem in die see. Nou. Dadelik. Die akteurs is redelik geloofwaardig in hul rolle, en is seker so titseltjie oordrewe. Saam met Bella op die bank. Aan te bevele as jy rustig voel, en lus is vir iets anders as die gewone DVD.
Dr Dolittle 2 - 4/10
Dr Dolittle II is nie te slegte familie vermaak nie, maar beslis meer gemik op die kleinspan. Saam met die hele familie op die bank.
Tuesday, June 30, 2009
Hond se Dinges - 4/10

Hond se Dinges is een van die beter slapstick-tipe Afrikaanse komedies, met 'n heel volgbare storielyn. Moet nie die jaar se beste verwag nie, en dit is ook glad nie gemik op die kunssinnige fliekganger nie...Daar is genoeg bo en onder die belt grappe. Daar is goeie Suid Afrikaanse akteurs in, dus is dit nie heeltemal 'n budget-beater nie. Frank Opperman speel dalk so ietwat oordrewe, in vergelyking met die res, maar dit pas seker ook dan goed by die intriges en so. Wat ook baie help, in vergelyking met Poena is Koning, Saam met Bella op die bank. Aan te bevole vir daardie Vrydagaande.
Sunday, June 28, 2009
The New World - 6/10
The New World met Colin Farrell is bietjie meer die Pocanhontas vir die denkende fliek-ganger. Die musiek in die fliek is baie mooi, en al die natuur tonele baie gepas - dit is egter vir my net 'n titseltjie te stadig. Moet se^ ek was baie moeg, want het die oggend die Dullstroom MTB Winter Challenge gery.... Farrell is nie my gunsteling akteur nie, maar speel heel aanvaarbaar, sowel as die Indiaanse meisie. Saam met Bella op die bank.
The Pink Panther - 6/10
The Pink Panther met Steve Martin is werklik waar snaaks - ook die tweede keer. Het hierdie gesien toe dit op die kriung begin draai het in SA, maar nou weer saam met die hele gesin op die bank. Die laaities kraai van die lag vir al die fisiese grappe. Martin is seker hier en daar bietjie te oordrewe, maar doen 'n baie goeie inspekteur. Ek het die tweede weergawe nog meer geniet. Hit dit ook so rukkie terug saam met die kinders gesien. Nog 'n lekker alternatief as mens nie te hard wil dink in die fliek nie.
Tuesday, June 23, 2009
Marley & Me - 6/10
Marley & Me is nouwel 'n volbloed Hollywood fliekie, maar is tog heel kykbaar, veral Jennifer....en veral wanneer sy vir Owen sy verjaardag present oorhandig... Storie is maar sterk sentimenteel, maar ouers kan beslis met die impak van kinder-keuses identifiseer. Dit is dan ook wat die fliek geslaagd maak, want dit skep 'n goeie geloofwaardige prentjie van die impak - beide honde en kinders. Saam met Bella op die bank. Aan't beveel vir aande wanneer jy net lekker wil ontspan voor die skerm, en nie noodwendig hard wil dink nie.
Sunday, June 21, 2009
Funny People I en II - 7/10

Ek dink Funny People I en II was waarskynlik baanbrekers films. Hulle is nie so snaaks soos die Leon Schuster moewies nie, alhoewel hy in II self speel.... Moet se dat die springmat toneel seker een van die bestes is. Dit bly snaaks, maak nie saak hoe jy daarna kyk nie. Saam met die hele familie op die bank.
The Gods must be Crazy II - 9/10
Vir 'n Suid-Afrikaanse produksie in die jare wat dit vrygestel is, is hierdie 'n tydlose klassieke film. Dit is eenvoudig puik en een van my absolute gunstelinge. Dit is ook beter as die eerste een, wat op sy eie net so goed is. Ten sterkste aan te beveel vir daai Vrydagaand pooped gevoel. Ek het dit ook oorspronklik as nuwe vrystelling in Pietersburg gesien - nog in die Astra teater... Wat mens ook byval is hoeveel mens kan oordra sonder woorde. Veral waar die klein familie herenig. Saam met die hele familie op die bank hierdie slag. Ek gaan ook beslis die een aanskaf, net soos die eerste.
Saturday, June 20, 2009
My Sassy Girl - 3/10
Nee, wat, My Sassy Girl maak dit nie....Dit is een van daardie fliekies wat in die voorprent lyk asof dit 'n vlakkie beter as die normale chick flick gaan wees, maar wat dan heeltemal teleurstel. Die karakters is net nie geloofwaardig in hulle weergee van emosies nie. Baie ligte vermaak as jy effens breinloos voel. Saam met Bella op die bank.
Wednesday, June 17, 2009
Comments en Jan
Sorry, Jan, nou eers gesien jy het comments gemaak op van my skrywe....ek het sommer dadelik 'n epos waarskuwing aangesit indien jy weer comment.....The Reader is nog nie op DVD nie...
Die Bank, die Leer en die TV...
Tuesday, June 16, 2009
Doubt - 7/10
Doubt is 'n verhoogstuk wat verwerk is as film, sonder om te veel moeite te doen om die film medium tot voordeel te gebruik. Die akteurs is egter puik, en alhoewel die storielyn redelik eenvoudig is, is dit steeds boeiend. Moet glad nie enige aksie of so verwag nie, net sterk dialoog. Dit spreek 'n swaar aktuele saak aan, maar is tog nie swaar om te kyk nie. Vir ernstige fliekvlooie, nie luise nie. Saam met Bella op die bank.
The Curious Case of Benjamin Button - 8/10
Monday, June 15, 2009
The House Bunny - 3/10
The Beach - 7/10
Friday, June 12, 2009
Frozen River - 6/10
Seven Pounds - 6/10
Transporter 3 - 5/10
Wednesday, June 10, 2009
The Pentagon Wars - 5/10
The Boy in the Striped Pajamas - 7/10
You Don't Mess with the Zohan - 2/10
Friday, June 5, 2009
Requiem for a Dream - 6/10
Requiem for a Dream is een van daai flieks wat nie regtig vir ontspanning bedoel is nie. Mens moet dit egter kyk as jy beplan om verslaaf aan iets te raak....Dit is goed gemaak, en daar word van meer as een kamera en klank eksperimentele pogings gebruik gemaak. Die film is nie heeltemal uitputtend om te kyk nie, maar mens is vir vrek min lus na die film. Kyk net as jy redelik oopkop is in die moewies.... Saam met Bella op die bank.Wednesday, June 3, 2009
No Reservations - 5/10
No Reservations probeer ernstig en lig wees in dieselfde fliek. Dit slaag nie heeltemal nie, en verval in sentiment. Catherine slaag glad nie as die kwaai kok nie, en ook nie in die ernstige rol nie. Op die vliegtuig tussen Keulen en SA. Was by NCW 2009.
The Devil Wears Prada - 6/10
Yes Man - 5/10
The Reader - 6/10
Saturday, May 23, 2009
Frost / Nixon 8/10
Frost/Nixon lyk reg aan die begin of dit een van daardie rerige verveel fliekies gaan wees, maar is dit beslis nie. Hulle slaag uiters goed daarin om 'n po
Wednesday, May 20, 2009
Moving McAllister - 5/10
Sunday, May 17, 2009
Interview - 5/10
Wednesday, May 13, 2009
Miss Pettigrew Lives for a Day - 8/10
Miss Pettigrew Lives for a Day is 'n ligte kykie na die lewe van 'n laer werkerklas dame, wat in een dag eweskielik die haai-poppe-laai lewe ervaar. Dit is in skrille kontras met haar gewone lewe, maar in meer as een opsig as wat mens verwag. Met uitstekende karakterontwikkeling wat pas by die tipe lewe van leekoppie aktrises, kan mens uiteindelik sien dat die fokus op uiterlike en innerlike al is wat werklik verskil. Die fliekie eindig soos voorspel, maar sou nie anders kon nie, want dit bevestig weereens die Holloywood kultuur. Ten sterkte aan beveel as ligter vermaak, en is beslis 'n goeie feelgood. Saam met Bella op die bank.
Sunday, May 10, 2009
Stone Angel - 7/10
Stone Angel is nie 'n komplekse verhaal nie, doodgewoon, maar word baie mooi, stadig en stylvol gedoen. Dit fokus op die ouderdom wat mens stadig bekruip en eendag onverhoeds uitvang. Die akteurs speel almal puik.Mens raak vasgevang in die fliek, wat telkens tussen hede en verlede skakel, gelukkig so dat mens darem goed kan kophou. Ten sterkste aan beveel, as mens rustig is, en lus is vir iets met bietjie meer om die lyf. Saam met Bella op die bank.
Monday, May 4, 2009
Charlie Wilson's War 7/10
Elegy 6/10
Beverley Hills Chihauhau 5/10
Winter Passing 6/10
City of Ember 6/10
Uitstaande Resensensies
Charlie Wilson's War (6) Elegy (6) Hollywood Chihauhau (5) Winter Passing (6) Ciry of Ember (6) Taken (5) The Duchess (7) Lie with me (4) Mrs. Ratcliffe's Revolution (6) How to Loose Friends and Alienate People (6) Space Buddies (5) Nick and Norah's Infinite Play List (6) Paul Blart: Mall Cop (5) Pink Panther (6) Stepbrothers (3) Max Payne (5) Choke (6)
Subscribe to:
Posts (Atom)






