Friday, July 3, 2009

Ghost Town - 7/10


Net die naam Bertam Pincus laat mens al lag in Ghost Town. Die film het baie kort gedraai op die kring hier by ons, en is regtig 'n romcom wat onderwaardeerd is. Dit is regtig snaaks, met ten minste 4 tonele waar mens dit lelik kan verloor - die hond, so groot soos 'n perd, die mummie se manlike trots, Pincus se gebrabbel en dan die oormekaarpraat stukkie in die hospitaal. 'n Baie lekker kykfliek, en nie die gewone tjiekfliek nie. Saam met Bella op die bank. Aan te bevele wanneer jy iets meer as net gewone komedie soek. En Tea maak dit ook die moeite werd - sy word darem baie mooi oud....

1 comment:

  1. Ek gaan die fliek sommer binnekort op DVD soek. Het 'n goeie lag nodig!

    ReplyDelete