Noah is eerder 'n kunsfliek wat na aanleiding van 'n manuskrip vervaardig is, as wat dit histories of op die Bybel gebaseer is. Die vertolkings, veral die van Noag se vrou, is uitstaande. Die film het 'n minimalistiese gevoel, glad nie 'n oormatige Hollywood cliche nie. Kyk gerus, maar wees gewaarsku, hierdie is nie noodwendig bedoel vir wat baie dalk dit misverstaan het nie... Saam met Bella op die bank.Sunday, July 20, 2014
Noah - 7/10
Noah is eerder 'n kunsfliek wat na aanleiding van 'n manuskrip vervaardig is, as wat dit histories of op die Bybel gebaseer is. Die vertolkings, veral die van Noag se vrou, is uitstaande. Die film het 'n minimalistiese gevoel, glad nie 'n oormatige Hollywood cliche nie. Kyk gerus, maar wees gewaarsku, hierdie is nie noodwendig bedoel vir wat baie dalk dit misverstaan het nie... Saam met Bella op die bank.Friday, July 4, 2014
Faan se Trein - 10/10
Daar is min sulke flieks, ook toevallig dat die paar beste flieks ooit die afgelope ruk in my boekie almal Afrikaans was...dalk is ek so ietwat subjektief....maar Faan se Trein is beslis daar bo met die beste wat Hollywood en die off-circuit kunsfliek toneel bied. Hierdie juweeltjie speel met mens se lagspiere terwyl die trane daaroor rol. Presies soos die milieu dit wil he^, die dorre Karoolandskap met groot druppels ree"n. Die hoofrol kon nie beter vertolk word nie, beslis die Oscar werd. Ek sou dalk net twee klein veranderings aan die rolverdeling maak, Marius Weyers is net te flambojant om 'n kleindorpie predikant te kan speel, en Chanelle de Jager se Annie se dialoog net te modern. Ai. Kyk beslis, maar wees gewaarsku, oopkoptaal en sonder inhibisies. Saam met Bella op die bank.
Labels:
Connoisseur materiaal,
Die moeite werd,
Gunsteling,
My taal
The Flash, Seisoen 1 - 7/10
The Thirteenth Tale - 6/10
The Thirteenth Tale is redelik, maar dalk ietwat sinloos. Die vertolkings is goed - dit pas by die rolverdeling, maar die gevoel van futieliteit net te veel. Die stel, milieu is egter baie goed. Saam met Bella op die bank.Reign, Seisoen 1 - 6/10
Ja, wel, Reign is soos om jou oupa se '54 Ford bakkie met elektrieseaandrywing toe te rus. Die vertolkings, klankbaan en kostuumwerk pas glad nie by die era wat uitgebeeld word nie. Maar, ten spyte van dit als, is Reign tog kykbaar, die intriges is redelik onderspeeld, geloofwaardig, en die geskiedenis steeds interessant. Kyk gerus, maar wees gewaarsku, hierdie is meer pop kultuur as tydvak korrek. O, en die mense wat hulle uitbeeld was beslis nie almal sulke mooi mense nie... Saam met Bella op die bank. Agent 2000: Die Laksman - 5/10
Agent 2000: Die Laksman is lekker ligte, Afrikaanse familie vermaak. Dit is dalk meer geskik vir die groter laerskool klas, maar steeds heel goed om saam te kyk. Saam met Bella en Franko op die bank. Wednesday, June 25, 2014
Penny Dreadful, Seisoen 1 - 4/10
Penny Dreadful lyk belowend, maar ietwat grim. Sal dit nog so episode of twee kans gee. Daar is egter net twee seisoene met drie episodes elk. Saam met Bella op die bank, en daarna skrikkerig om in die donker gang kamer toe te stap... Aag nee wat, dit het heleman Suid gedraai, veral die tweede laaste episode. Gaan dit beslis van my lysie afhaal... Monday, June 23, 2014
Dallas Buyers Club - 7/10
Dallas Buyers Club is beslis 'n goeie film, net nie vermaak nie. Daar is seker weggesteekte humor, maar dit is eerder 'n dokumente^r. Dit is dan ook vir my heelwat meer verteerbaar as The Wolf of Wall Street, wat van die skurwe tonele tot vervelens uitgerek het om 'n maraton film te skep. Kyk gerus, maar wees gewaarsku teen heelwat kru taal en al sulke dinge. Stuur Groete aan Mannetjies Roux - 6/10
Stuur Groete aan Mannetjies Roux werk redelik as verhoogstukverwerking, maar is dalk so bietjie stil as 'n film. Dit is egter steeds die Karoo wat bekoor, sowel as die doodsengel se amper eensydige gesprek. Goeie vertolkings red die fliekie van 'n 5. Kyk gerus die verhoogstuk as jy ooit die kans kry, dit voel meer werklik. Saam met Bella op die bank.R.I.P.D - 5/10
R.I.P.D is glad nie so onkykbaar as wat dit voorgee in die voorprente nie...ligte, fantasie?, materiaal, met tipiese oordoende Hollywoodstyl. Heelwat skerp se^ goeters, en snaakse tonele. Saam met die familie op die bank.As jy Sing - 5/10
As jy Sing is 'n redelike, gemiddelde, Afrikaanse fliekie. Moet nie Hollywoodstyl vermaak verwag nie, ook nie seks tussen die rivierklippe nie. Familievermaak, wat selfs die seuns sal geniet (die meisies het baie mooi bene). Saam met die familie op die bank.Wednesday, June 18, 2014
Halt and Catch Fire, Seisoen 1 - 6/10
Halt and Catch Fire begin regtig stadig en met baie min aksie. Miskien is die tweede episode beter, sal dit nog so een of twee kanse gee. Steeds interessant vir enige ingenieur. Saam met Bella op die bank.Monday, June 16, 2014
Madagascar, Seisoen 1 (4 episodes) - 9/10
Kyk, daar is net een ou wat enige natuurtoneel met soveel gevoel, agting, amper gewydheid en passie kan beskryf as ou David Attenborough. Sy Madagascar reeks is net soos al die ander, puik, interessante, asemrowende natuurlewe programme. Saam met Anrich en Bella op die bank. Franko het darem stukke saam gekyk... Last Orders - 6/10
Last Orders is 'n ouer fliekie met 'n redelike indrukwekkende rolverdeling. Moet nie baie aksie verwag nie, eerder Engelse onderspeelde dialoog en humor. Waarskynlik minder fliekgangers se keuse. Saam met Bella op die bank.Sunday, June 15, 2014
The Wolf of Wall Street - 3/10
The Wolf of Wall Street kon baie korter gewees het...ten minste met die helfte. Alhoewel dit seker die lewenstyl kon wees (en dalk steeds is), vermoed ek daar is maar heelwat oorskatting ter sprake. En boonop is ou Leo in elk geval ryker as die persoon wat hy uitbeeld... Ek weet nie, te veel vloek, afbrekende gedrag maak hierdie eerder meer pynlik om te kyk as enige iets anders. Ek sou reken los maar eerder. Saam met Bella op die bank.Winter's Tale - 6/10
Winter's Tale is 'n rustige fantasie fliekie. Moet nie tipiese Hollywood vermaak verwag nie, eerder onderskatte ondertone. Basies oor die geveg tussen die goeie en die bose... Saam met Bella op die bank.Sunday, June 8, 2014
The Grand Budapest Hotel - 7/10
The Grand Budapest Hotel het 'n unieke styl wat ander regiseurs al probeer regkry het, maar nie so suksesvol was nie. Hier dink ons aan Anna Karenina. 'n Vinnige pas, droe" humor, helder kleure, vreemde karakters, soms animasie-agtige gedrag, en gepaste uniforms maak hierdie 'n alternatiewe komedie. Kyk gerus as jy 'n ietwat wyer flieksmaak het. Saam met Bella op die bank.Saturday, June 7, 2014
Jack Ryan: Shadow Recruit - 5/10
Jack Ryan: Shadow Recruit is 'n redelike spioenasie aksie fliek, maar kort net iets. Dalk 'n beter rolverdeling vir die manlike hoofrol... Dit is tog kykbaar, met koel tegnologie en al. Franko het selfs opgemerk dat Keira mooi is... Saam met Bella en Franko op die bank.Anchorman 2: The Legend Continues - 1/10
Kyk, Anchorman: The Legend of Ron Burgundy was reeds op dun ys, maar hierdie oukie vat die koek. Baie flou, eintlik net met een baie snaakse grap, en 'n klomp bekende akteurs (in een toneel). Vermy gerus, maar as hierdie jou tiekel, sal hy baie tiekel.... Saam met Bella op die bank. Gaap.Sleepy Hollow, Seisoen 1 - 4/10
Wel, dit gebeur nie baie nie, maar na die eerste episode het ons besluit om nie Sleepy Hollow te volg nie. Waarskynlik meer omdat dit 'n Grimm pad volg, en nie noodwendig oor die gehalte, rolverdeling of so nie. Die hoofkarakter uit 'n vorige era werk nogals, net jammer die tema werk nie vir ons nie... Saam met Bella op die bank. The.Blacklist, Seisoen 1 - 7/10
The Blacklist is 'n regte reeks, redelike pas, verstrengelde lyne, komplekse intriges, inter-episode lyn - Ons noem nou hierdie beginsel die Red John van 'n reeks, daardie aspek wat opgelos moet word, wat mens episode na episode laat afwag. Reddington is 'n super-spioen, te goed om waar te wees. James Spader vertolk die rol sappig teenoor die blou-oog CIA meisie. Kyk gerus, hierdie is vermaak, niks meer nie. Saam met Bella op die bank. Labor Day - 7/10
Labor Day is 'n bittersoet lovestory, gelukkig met 'n dubbel-einde... Ek het aan die begin ietwat opgesien na hierdie oukie, maar sou bitter spyt gewees het as ek dit nie gekyk het nie. Dit beweeg met 'n stadiger pas, sonder om te irriteer. Stadige fotografie, aandag aan detail maak hierdie meer as net 'n tjiekfliekie. Vreemd dat dit redelik swak ontvang is. Saam met Bella op die bank.Crossbones, Seisoen 1 - 6/10
Crossbones is nog 'n seerower reeksie. Ten spyte van grootnaam akteurs, hou ek steeds meer van Black Sails se gevoel, milieu, tempo en intriges. Nog vroeg om te se, sal dit nog kans gee. Saam met Bella op die bank.The Perks of Being a Wallflower - 7/10
The Perks of Being a Wallflower is 'n verassing, iets helemals anders as die gewone storm-en-drang Hollywood fliekies. Dit het hart, en laat mens darem nie moed verloor nie. Verwag om terug te dink aan jou onsekere hoe"rskooljare, inpas en vriende probleme.... Saam met Bella op die bank.Ray Donovan, Seisoen 1 - 6/10
Ray Donovan is 'n ernstiger reeks, sal dit nog so paar episodes kans gee om te kyk hoe dit gaan. Ray is 'n boelie buffel met 'n gewete. Hy het 'n sterk verantwoordelikheidsin... Wat ook uitstaan is die ryk Hollywoodsterre en vervaardigers wat soos gewone middelklas families lyk, lewe en funksioneer...Al verskil is, dit is met fensie karre en huise. Daar is tog humor in die storie. Saam met Bella op die bank.Tuesday, June 3, 2014
The Monuments Men - 7/10
The Monuments Men is 'n aangename verassing, dit was helemal iets anders as wat ek verwag het. 'n Regte feel-good fliekie, wat nog 'n ander perspektief van die Tweede Wereld Oorlog wys. Iets wat ek nie eens aan gedink het nie. Alhoewel daar tog 'n gru toneel of twee is, is die film baie toeganklik en word die wreedheid versag met aanslag en kuns en humor. Hierdie is ook 'n goeie familie fliek alternatief, maar dan vir laat laerskool en ouer kortvolk. Wat 'n groot aandeel in die film se sukses het, is die gepaste rolverdeling. Saam met Bella en Anrich op die bank.Sunday, June 1, 2014
Anchorman: The Legend of Ron Burgundy - 5/10
Blue Jasmine - 7/10
Blue Jasmine vertoon Kate se talent as veeldoelige aktrise. Dit is 'n kragtoer van tegniese uitnemendheid. Tog voel ek iets kort steeds. Ek het meer van Woody se vorige films gehou, dalk is hierdie een makker omdat hy nou heelwat ouer is... Steeds 'n soliede film vir 'n meer denkende tjiekfliek/drama/komedie. Saam met Bella op die bank. 12 Years a Slave - 8/10
12 Years a Slave het 'n baie ontstellende premis as basis vir die fliek. Ek het nie eers daaraan gedink dat hierdie metode gebruik was om slawe te werf nie, in 'n redelik moderne Amerika. Die fliek is redelik sensitief gemaak, maar beslis steeds baie ontstellend. Saam met Bella op die bank.Robocop (2014) - 7/10
Wel-wel-wel, 'n suksesvolle hermaak van 'n kultus fiksie fliek. Moet se^ dit het dalk nie so baie bloedneus slaankrag soos die oorspronklike nie, maar is tog vir my meer vermaaklik, en dalk so ietwat meer verteerbaar. Ek vermoed veteraan-ondersteuners van die oorspronklike gaan glad nie my met saamstem nie... Saam met Bella en Franko op die bank. Te bangmaak vir Anrich. That Awkward Moment - 5/10
That Awkward Moment het so paar oomblikke wat regtig ongemaklik is, met 'n paar baie komiese situasies. Dit bly egter baie gemiddeld, grotendeels omdat te veel op onder-die-belt humor staat gemaak word - iets wat dit eintlik nie 'n tjiekfliek maak nie... Vir 'n ligte aandjie tuis, verkieslik 'n breinmoeg Vrydagaand. Saam met Bella op die bank.Wednesday, May 7, 2014
The Physician - 6/10
Ten spyte van die milieu, vertolkings, storie, en geskiedenis, is The Physician nie vir my so goed as wat ek sou gehoop het nie. Dit bly steeds die moeite werd om te kyk. Saam met Bella terwyl ons in Champagne Valley, Drakensberg was.The Hobbit: The Desolation of Smaug - 6/10
The Hobbit: The Desolation of Smaug het indrukwekkende grafika, voel vir my minder grim as die ander in die reeks, maar is tog minder vermaaklik as die ander. Saam met Bella terwyl ons in Champagne Valley, Drakensberg was. Her - 6/10
Her is puik vervaardig met uitstekende vertolkings, enigste probleem is dat dit 'n redelike vervelige middelstuk het. Ons is reeds daar, kyk net na hoe mense optree in publieke spasies. Baie nugter kykie na wat wag. As jy nie die film kyk vir vermaak nie, kyk ten minste die eerste deel net om die tegnologie te waardeer en daai stem... Mens kan hierdie as 'n tjiek-wetenskap fiksie prent klassifiseer. Saam met Bella op die bank.The White Queen, Seisoen 1 - 7/10
The White Queen is nog 'n lekker periode drama reeks oor die Engelse aristokrasie. Dit is redelik getrou aan die era met sterk vertolkings. Kyk gerus as jy in hierdie geskiedenis belangstel, lyk of hulle dit redelik probeer volg. Saam met Bella op die bank.American Hustle - 4/10
American Hustle praat te veel, my kop draai steeds. Dit is seker baie goed vervaardig met oortuigende vertolkings. Ook seker komedie wat ander kan waardeer, maar nie my koppie tee nie. Dit het nogals 'n verassende kinkel aan die einde, arme man... Saam met Bella op die bank.Intelligence, Seisoen 1 - 5/10
Intelligence begin heel goed, maar verval dan gou in redelik gewone episodes met 'n poging van 'n lyn om die episodes te bind. Kyk gerus op dubbel-spoed, jy gaan nie baie mis nie. Red van Once Upon a Time speel 'n baie geldende rol hier, in vergelyking met haar rol in Once Upon a Time. Sy is egter nog nie op die vlak van Shaw in Person of Interest nie... Saam met Bella op die bank.Veronica Mars - 5/10
Veronica Mars probeer neo noir maar slaag nie heeltemal nie. Dit is kykbaar, maar ek dink die hoofrol kon dalk beter toegeken word. Die lyn is eenvoudig met 'n paar kinkels, eie aan noir. Die film voel te meganisties in sy uitvoering, daar is nie improvisering of interpretasie betrokke nie. Saam met Bella op die bank. Monday, April 21, 2014
The Fifth Estate - 5/10
The Fifth Estate het te veel van 'n dokumente^re gevoel om as 'n drama-riller geklassifiseer te word. Ek vermoed ook sterk dat mens eintlik maar net 10% hoor van wat alles in groot korporasies en goewermente regtig fout kan gaan en wel gaan... Die tempo van die film is ook op plekke ietwat uit pas. Saam met Bella op die bank.Sunday, April 20, 2014
Frozen Planet, Seisoen 1 - 8/10
Frozen Planet volg die suksesvolle resep van puik natuurlewe videografie met David Attenborough as verteller. Daar is sekerlik nie 'n beter verteller tans nie, veral nie vir natuurlewe programme nie. Sy The Trials of Life is sekerlik die beste ooit in hierdie kategorie. Laat my terug dink aan my jong dae en die reeks, Ter Wille van Oorlewing, ook 'n Britse reeks, maar vertaal in Afrikaans (was dit Paul Eilers se stem?). Saam met Anrich op die bank.
Snowpiercer - 6/10
Snowpiercer is 'n somber, fatalistiese kykie na die afsienbare toekoms. Die film is baie goed vervaardig, maar die geweld, wat tot 'n mate verdun is, die sinneloosheid van bestaan, en die verdeling van klasse maak hierdie swaarder materiaal om te verteer. Selfs al word dit in ligte wetenskapfiksie formaat verskuil, is dit nie 'n maklike film om te kyk nie. Ek sou ook reken die fliek het baie sterk ondertone, so wees maar op die uitkyk daarvoor. Baie elemente van die hedendaagse lewenstyl word uitgebeeld as tasbare voorbeelde. As jy sterk voel. Saam met Bella op die bank. Saturday, April 19, 2014
Sparks - 6/10
Sparks is 'n superheld film in die Film Noir styl. Dit bied 'n vars alternatief vir die hoofstroom pulp waaraan fliekvlooie gewoond geraak het. Dit is dan ook alternatiewe helde wat nie altyd eens bewus is van hulle eie superkragte nie... Die fliek herinner sterk aan Defendor, maar is ietwat minder fatalisties en tragies. Kyk gerus as jy lus is vir iets anders. Saam met Bella op die bank.Friday, April 18, 2014
Philomena - 8/10
Philomena is 'n rustige tempo ware verhaal, wel seker gebaseer op 'n ware verhaal. Wat uitstaande is, is die puik vertolkings. Dit spreek 'n ontstellende tema aan, maar is tog nie self ontstellend nie. Wat ook verder hiertoe bydra is die versteekte, subtiele humor. Kyk gerus as jy rustig voel. Saam met Bella op die bank.Sunday, April 13, 2014
Touch, Seisoen 1 - 7/10
Grudge Match - 4/10
Grudge Match is maar eintlik net Hollywood sentiment in sy ergste graad. Die fliek het darem tog ietwat humor en hart, maar dalk nie genoeg nie. Op SA265 terug van Greding.The Secret Life of Walter Mitty - 8/10
Daar is min flieks soos The Secret Life of Walter Mitty. Dit is 'n kunsfliek, komedie, drama en lewensles in een. Dit is veral die Groenland en Ysland natuurtonele wat bekoor, tesame met die lyn wat die fliek aanneem. Hierdie is waarskynlik Mnr Stiller se beste film ooit. Dalk nie sy snaakste nie, maar beslis 'n loopbaan hoogtepunt. Kyk gerus saam met die hele familie. Saam met Bella en Anrich op die bank.Enough Said - 6/10
Enough Said is nogals 'n nugtere kykie na romanse na die 40's, of seker die 45 mylpaal. Dis nou as mens oor moet begin na vorige pogings... Die fliekie volg nie die gewone reseppie nie, dit is stil, prakties, realisties. Amper 'n kuns tjiekfliekie sou mens kon se^. Dit is beslis nie pretensieus nie, iets wat met die lewens fases van die verliefdes strook (dit is nou die twee hoof karakters). Kyk gerus as jy rustig voel, en net wil ontspan sonder fieterjase en 'n oormaat van "entertainment". In twee paaiemente op SA264 en SA265 oppad na Greding vir werk. The Invisible Woman - 5/10
Dis nogals jammer, The Invisible Woman het sy (of sal ek eerder se^ haar?) potensiaal nie genoegsaam ontgin nie. Die film beweeg net te stadig met geen waarneembare spanningslyn nie. Die tempo is seker dan gepas vir die era waarin die afspeel. Wat wel beindruk is die pragtige kostuums. Maar dis ook al. En o, moet nie op 'n Vrydagaand probeer nie, mens gaan sekerlik uiltjies knip na die tawwe week.... Saam met Bella op die bank. Schuks! Your Country Needs You - 5/10
Wel, wat kan mens anders verwag? Schuks! Your Country Needs You is lekker snaaks met heelwat onder-die-belt humor, maar ook eg Suid Afrikaans. Mens kon sien so een of twee van die jonger geslag Suid Afrikaners weet nie wie die mal omie is nie, maar vir die res was hy onmiskenmaar Leon, nadat hy hulle uitgevang het. Kyk gerus, lag lekker. Het veral die een met die fietsryers geniet, net jammer hulle was so droog... Saam met die familie op die bank.
Subscribe to:
Posts (Atom)




