The World's Fastest Indian is ligte kykmateriaal, ongekompliseerd en met 'n eenvoudige lyn. Beter as gemiddeld, en laat mens deel voel van die uiteindelike poging. Saam met Bella en Anrich op die Bank.Friday, April 10, 2020
The World's Fastest Indian - 6/10
The World's Fastest Indian is ligte kykmateriaal, ongekompliseerd en met 'n eenvoudige lyn. Beter as gemiddeld, en laat mens deel voel van die uiteindelike poging. Saam met Bella en Anrich op die Bank.Thursday, April 9, 2020
Bodyguard, Seisoen 1 - 6/10
Bodyguard lyk glad nie te sleg nie, dalk 'n bietjie te ernstig, soos die manlike hoofrol vertolking. Maar Brits en onderspeeld. Saam met Bella op die Bank.Sunday, April 5, 2020
The Spanish Princess, Minireeks - 6/10
Gits, The Spanish Princess is 'n sterk jong dame. Sy vatikaki. Interessante deel van die Britse geskiedenis. Kon seker doen met meer oortuigende vertolkings hier en daar, maar steeds heel gangbare kyk materiaal. Saam met Bella op die Bank.Saturday, April 4, 2020
Military Wives - 5/10
Military Wives is 'n voelgoed fliekie, baie lig en eenvoudig. Tog hou dit mens se aandag al is dit oorwegend tjiekfliek materiaal. Wel op ware gebeure gebaseer. Saam met Bella op die Bank.Friday, April 3, 2020
Cats - 4/10
Cats het ongelooflike menslike beweegkunde. Maar die lyn en die gevoel is vreemd en mens kan dit net solank uitstaan. Ook half vervelig. Ons het die eerste en laaste stukke gekyk. Die dialoog en musiek is net te flou. Saam met Bella op die bank.Bloodshot - x/10
Het die eerste 20 minute van Bloodshot begin kyk, maar sal dit dalk alleen klaar kyk, nie Bella se koppie tee nie.Sunday, March 29, 2020
The Pale Horse, Minireeks - 6/10
The Pale Horse is 'n rustige misterie met 'n stylvolle en getroue Britse milieu. Ou geld. En baie. Net twee episodes met uitbakening vir meeste van die eerste episode. Saam met Bella op die Bank.Saturday, March 28, 2020
Coda - 6/10
Coda is 'n baie stadige, innerlike wereld kunsfilm wat baie van die kyker verwag. Die klankbaan is wel uitstaande met sterk klavierstukke. Dit lyk nie of die film op ware gebeure gebaseer is nie, maar wel aan iemand opgedra is. Dit gaan my ietwat te bowe waarom mens dan so film sou wou maak - dit is 'n swaar en moeike tema. Nie vir beginner kunskring aanhangers nie. Saam met Bella op die Bank.Friday, March 27, 2020
The Gentlemen - 8/10
The Gentlemen is beslis die nuwe standaard vir rampokker films. Skerp dialoog, fyn kostuumwerk, konkellary met die spanningslyn, en 'n vertelstyl en trant wat mens vasgenael hou. Stylvolle gevoel, maar wees gewaarsky swaar en baie vloek, gepas vir die tipe rampokkers wat uitgebeeld word. Saam met Bella op die bank. Eerste dag van die nasionale inperkingstydperk ("lockdown") agv COVID-19. Later genoem die grendelstaat. Monday, March 23, 2020
21 Bridges - 3/10
21 Bridges is 'n flou prosedurale cliche. Dit is so goed Bella het selfs deur dit geslaap. Onwaarskynlike sameloop van voorspelbare gebeure. Saam met Bella by Marakele, ons laaste aand daar saam met Anrich.Sunday, March 22, 2020
Birds of Prey: And the Fantabulous Emancipation of One Harley Quinn - 6/10
Birds of Prey: And the Fantabulous Emancipation of One Harley Quinn is heel kykbaar, maar verg deursettingsvermoe" as hierdie nie heeltemal jou idee van 'n superheld film is nie. Sy is eerder die anti-held tipe. Dalk die skurk selfs. Aweregse humor gemeng met 'n ekstreme popkultuur element. Saam met Bella by Marakele.Saturday, March 21, 2020
Judy & Punch - 7/10
Judy & Punch het sulke ontstellende poppies wat nogal aan ou Chuckie herinner. Die film het 'n fantasie gevoel, maar beslis nie romanties of sprokie nie. Moeilik om te klassifiseer of te resenseer. Nie vir alle smake bedoel nie, maar steeds 'n opsie vir 'n Vrydag of Saterdagaand. Dalk 'n connoisseur fantasie? Saam met Bella by Marakele.Friday, March 20, 2020
1917 - 8/10
Soos meeste oorlogflieks, bevestig 1917 net weereens die sinnelose, wrede geweld en magteloosheid daarvan. Hierdie is 'n werklike, realistiese, onstellende, grim, maar akkurate weerspieeling, en beslis 'n moet as jy van geskiedkundige of oorlog films hou. Saam met Bella op die Bank.Tuesday, March 17, 2020
Closer to the Moon - 8/10
Closer to the Moon is aanvanklik lig, amper humoristies, maar raak al nader na die einde tragies en net plein hartseer. Hier vra mens eintlik vir die maanskyn en rose einde. Die milieu, vertolkings en periode is romanties, maar met skerp kantjies wat deursteek. Saam met Bella op die Bank.Saturday, March 14, 2020
Breakable You - 6/10
Breakable You is 'n na-aap Woody Allen, maar glad nie te sleg nie. 'n Praat-ryke fliekie met 'n tone krul ontknoping. Saam met Bella op die Bank.Sunday, March 8, 2020
The Story of Racheltjie De Beer - 8/10
Na al die jare, nadat mens die verhaal op skool geleer het, en selfs lateraan gedink het Racheltjie het eintlik met haar minnaar weggeloop, kom hierdie interpretasie aan die lig wat soveel meer sin maak. Professioneel vervaardig, gepaste vertolkings, gepaste kostuums en 'n raak milieu met 'n sterk spanningslyn maak hierdie trotse kunskring materiaal. Saam met Bella in die Neelsie se Pulp Cinema by die Woordfees. Tjuras4Lyf (kort film) - 6/10
Vat Tjuras4Lyf met 'n knippie sout, maar dan besef mens ook die eerlikheid van hiedie kort film (27 minute). Alhoewel amateuragtig vervaardig, met amateur vertolkings en alledaagse, amateur stelinkleding maak hiedie geensins swak materiaal nie. Dalk nie stylvol en preuts nie, maar beslis met 'n sterk boodskap. Wat mens nogals laat lag (ongemaklik giggel?) ook. Die WNNR verskyn dan ook baie onverwags in die film, wat mens laat wonder oor die waarskynlik dat so iets gebeur as daar net 4 of 5 mense in die teater sit, waarvan moi by die WNNR werk.... Saam met Bella in Neelsie se Pulp Cinema - wat 'n retro ervaring! - as deel van ons dirty weekend by die Stellenbosch Woordfees. Friday, March 6, 2020
Little Women (2019) - 5/10
Wel, Little Women is net te tjiekfliek vir my. Ek kon dit nie ten volle kyk nie, maar Bella het dit geniet. Ek het sulk stukkies gekyk. Sunday, March 1, 2020
Jojo Rabbit
Jojo Rabbit is een van daardie films wat jou gaan bybly. Aan die een kant is dit humoristies, amper speels, ligsinnig. Aan die ander kant is hartroerend ontstellend. Die film slaag daarin om suksesvol die Tweede We^reld Oorlog deur die oe" van jong kinders uit te beeld. Die entoesiasme, hiper-aanpasbaarheid, aanvaarding van enige omstandighede, en die glo van wat groot mense vir jou vertel en probeer wysmaak word hier realiteit. Dan ruk dit mens terug na die harde werklikheid van oorlog. Kyk beslis, die moeite werd. Saam met Bella op die Bank.Saturday, February 29, 2020
Motherless Brooklyn - 5/10
Motherless Brooklyn is in die noir styl, maar oortuig nie. Die kombinasie van Tourette sindroom met die milieu en tema smee nie wel nie. Dit raak dan langdradig en vermoeiend om te wag vir die einde. Saam met Bella op die Bank, en die slag het sy gesluimer...Friday, February 28, 2020
Hundraåringen som klev ut genom fönstret och försvann (The 100 Year-Old Man Who Climbed Out the Window and Disappeared) - 7/10
Hundraåringen som klev ut genom fönstret och försvann (The 100 Year-Old Man Who Climbed Out the Window and Disappeared) is 'n stil, minimalistiese komedie. Die het heelwat baie snaakse tonele en oomblikke. Dit voel asof die film op 'n werklike persoon gebaseer moes gewees het, maar is nie. Nie seker hoekom mens so 'n boek sou wou skryf nie, maar ten minste is dit goeie kyk materiaal en beslis nie hoofstroom nie. Kyk gerus as jy beter wil voel. Saam met Bella op die Bank.Saturday, February 22, 2020
Last Christmas - 5/10
Last Christmas is heel kykbaar vir 'n tjiekfliek met 'n cliche kinkel, maar wat steeds nogals onverwag en onafgekondig gebeur het. Redelike humor en drama. Saam met Bella op die bank.Friday, February 21, 2020
Hot Air - 6/10
Hot Air is redelike materiaal met dialoog wat mens noukeurig moet volg. Tot 'n mate verwag mens die gebeure en verloop van sake. Saam met Bella op die bank.Wednesday, February 19, 2020
Greyzone - 6/10
Greyzone is 'n realistiese reeksie in 'n ander taal met onderskrifte. Dit het 'n onderspeelde, stylvolle, ongekompliseerde, minimalistiese gevoel. Daar is net 'n paar episodes, en elk beweeg stadiger as wat mens gewoond is vir die tipe genre. Saam met Bella op die bank.Saturday, February 15, 2020
Charlie's Angels (2019) - 5/10
Charlie's Angels werk nie heeltemal vir my nie, maar is tog redelike kykvermaak vir 'n pap Vrydagaand. Saam met Bella op die Bank.Sunday, February 9, 2020
A Beautiful Day in the Neighborhood - 7/10
A Beautiful Day in the Neighborhood is 'n sagte fliekie, net soos die hoofkarakter daarin. Dat een mens wel so kan optree met so ononderbroke positiewe uitkyk is 'n hoe' standaard vir ons blote sterflinge. Wel 'n uitstaande vertolking van die hoofrol. Saam met Bella op die bank.Saturday, February 8, 2020
Rambo: Last Blood - 4/10
Rambo: Last Blood lyk maar net flou en laat mens nie voel om tyd en energie in die karakters te bele^ nie. Mens gee nie vir hulle lot om nie. Saam met Bella op die Bank, maar net vir sowat 15 tot 20 minute.Friday, February 7, 2020
Crash Pad - 4/10
Crash Pad is eintlik maar simpel maar behou tog mens se aandag met die beter as gemiddeld mal-dialoog. Taamlik onder die belt, oordrewe en vol ongemaklike situasies. Goed genoeg vir 'n breindood Vrydagaand. Saam met Bella op die Bank.Sunday, February 2, 2020
The Windermere Children - 8/10
The Windermere Children is 'n besielende film, wat sag en met onderspeelde emosie na 'n afgryslike onreg kyk. Die grim van oorlog le^ vlak in die agtergrond en sluip in die aandtonele uit. Kyk hierdie as jy iets opbouend nodig het. Die eindtonele met die ware mense laat mens net besef hoe gelukkig ons is om nie deur so tyd te gegaag het nie. Saam met Bella op die Bank. Saturday, February 1, 2020
Greatest Events of WWII in Colour - 8/10
Greatest Events of WWII in Colour is beslis iets wat mens moet kyk as hierdie geskiedenis vir jou interessant is. Die beelde is verblyk, grim en flitsend. Die hedendaagse analises vertel hoe hierdie menslike gruwel afgewend kon word op sleuteltye... Net as jy sterk voel. Saam met Bella op die Bank.Friday, January 31, 2020
Salt and Fire - 4/10
Salt and Fire het die belt knap getrek met die begroting. Die film voel ook doelloos, en mens is nie seker wat dit probeer bereik nie. Die einde maak sin, maar ook nie. Net vir geharde kunsteater gangers. Ek reken die akteurs het die vir die liefde van die saak, en dalk ook nering, gedoen. Saam met Bella op die Bank.Sunday, January 26, 2020
The Soloist - 7/10
The Soloist bewys mens kan verby die oppervlak kyk, jou eie ongemak opsy skuif en 'n verskil maak. Hierdie is perfekte Sondagaand materiaal as jy niksseggend en onbelangrik voel, Mooi musiek in 'n onwaarskynlike milieu. Saam met Bella op die Bank.Saturday, January 25, 2020
Midway - 6/10
Midway is minder sentimenteel as Pearl Harbor, en gelukkig met heelwat minder opgemaakte drama. Ek sou egter hierdie ook graag uit 'n Japannese oogpunt wou sien, want die spanning tussen die vloot, lee"r en lugmag van daardie land maak vir interessante interpretasie en kykstof. Oorlog bly wel 'n daad wat tot alle koste vermy moet word. Saam met Bella op die Bank.Friday, January 24, 2020
The Good Liar - 5/10
The Good Liar is 'n ligte fliekie oor swindelary. Die eerste driekwart is redelik mak en stadiger, maar dan kry dit lewe met 'n verwagte en voorspelbare einde. Die ketting van aksies wat dan ontrafel is ook dan minder geloofwaardig maar steeds interessant. Saam met Bella op die Bank.Thursday, January 23, 2020
Star Trek: Picard, Seisoen 1 - 8/10
Star Trek: Picard lyk belowend en vol nuwe verwikkelinge in my gunsteling Star Trek reeks/tema. Saam met Bella op die Bank.Tuesday, January 21, 2020
2050 (2018) - 5/10
Ten spyte van die tema is 2050 heelwat makker as wat dit aanvanklik lyk. Dit is egter amateur connoisseur materiaal met 'n totaal onvanpaste, maar sterk klassieke stukke, klankbaan. Die tema is ook nie so vergesog nie, en waarskynlik nader as wat mens verwag. Daar is heelwat onbereikte potensiaal, en sal graag dit met 'n meer ervare vervaardiger, rolverdeling en regisseur wou sien. Het dit by Marakele alleen moes kyk op 'n werksreis.Sunday, January 19, 2020
The Informer - 5/10
The Informer lyk beter as die punt wat ek gee, maar is net nie lus vir die tipe genre nie. Het dit begin kyk, maar opgegee, voel nie soos Sondagaand materiaal nie. Nie seker of ek dit wel gaan klaar kyk nie, ten spyte van die bogemiddelde rolverdeling. Saam met Bella op die Bank.Saturday, January 18, 2020
Float Like a Butterfly - 6/10
Float Like a Butterfly is 'n ligter filmpie, met die mooiste milieu. Dit het nie juis 'n noemenswaardige storielyn nie, maar het wel 'n laer spanningslyn. Dit is maar 'n paar weke van iemand se lewens wat nie soos almal konformeer nie. Vroegmiddag saam met Bella op die Bank terwyl dit saggies buite ree"n, 'n luiste Saterdagmiddag verdryf.Friday, January 17, 2020
Terminator: Dark Fate - 7/10
Terminator: Dark Fate is waarskynlik, naas die oorspronklike, die beste in die reeks. Dit is perfekte Vrydagaand materiaal, met welkome komedie elemente, soos die suurlemoen toneel. Verwag verder die gewone, maar kyk gerus as jy afskeid wil neem van ou Arnie se rol. Saam met Bella en Franko op die Bank.Tuesday, January 14, 2020
Hustlers - 5/10
Die film Hustlers self is soos Amerikaanse eksotiese dansery, dit is oppervlakkig, raserig, oordrewe, en glad nie eroties nie. Dit kyk darem redelik, maar dit het 'n paar keer gevoel of ek eerder nou iets anders gaan kyk. Wat die aandag hou is die gierigheid van mense. sekerlik die wortel van die dood sondes. Saam met Bella op die Bank.Monday, January 13, 2020
The Witcher, Seisoen 1 - 6/10
The Witcher begin met 'n redelike onoortuigende openingstoneel en karakters wat mens dalk nie nog nie tyd in wil bele^ nie. Die reeksie geniet dan ook 'n gewldige advertensieveldtog (vir Suid Afrika), en dit lyk regtig of hulle wil he^ mens moet dink dit is goed. Sal nog een episode kyk. Saam met Bella en Anrich op die Bank. Sunday, January 12, 2020
Ford v Ferrari - 7/10
Kan jy dit glo! Daar gaan Ford v Ferrari en gebruik 'n Amerikaner om 'n Britse aksent na te boots! Is dit 'n mode neiging in Hollywood wat hoofstroom akteurs probeer oortuig dit is die nuwe Nirvana van vertolkings? Dit irriteer en doen afbreek aan die film. Vir die res, beslis 'n kykfliekie vir 'n Vrydag of Saterdagaand. Ek sal graag 'n Italiaanse weergawe ook wil sien, die Amerikaanse sentiment loop net te dik hier. Saam met Bella en Anrich op die Bank.Friday, January 10, 2020
Knives Out - 7/10
Knives Out is 'n boeiende wie't-dit-gedoen (whodunit), met 'n paar kinkels in die kabel. Die milieu, vertolkings en rolverdeling is oortuigend met 'n kleinere mate van oordrywing. Wat wel erg teleurstel is die gedwonge, onoortuigende, kunsmatige, dik-in-die-tong aksent van Blanc. Toevallig met Dolittle wat ons op dieselfde dag gesien het, is dit presies dieselfde geval, net andersom! Die moedertong aksente sou in beide gevalle gepas gewees het. Ai. Saam met Bella en Anrich en Franko op die Bank (dit gebeur min, die fliek het almal oortuig om te bly sit).Dolittle - 6/10
Dolittle is meesal bedoel vir kortvolk en as heilsame familie vermaak. Dit het baie skoon grappies, uitstekende grafika, en 'n oortuigende lyn. Die enigste aspek wat pla is Robert wat probeer Brits of so iets klink. Dit kom meer as 'n dronk Ier van Australie af oor. Saam met Bella en Anrich by die tjiep fliek.Tuesday, January 7, 2020
Jexi - 6/10
Jexi is snaaks, bar, onder die belt maar raak. Dit is 'n oordrewe uitbeelding van 'n hedendaagse wettige verslawing. 'n Paar tonele staan uit en sal mens langer bybly en steeds laat giggel. Die rolverdeling, veral Jexi se stem, dra by tot die komedie element. Perfekte Vrydagaand materiaal, dalk nie saam met Ouma nie. Saam met Bella op die Bank.Monday, January 6, 2020
Dracula, Minireeks - 7/10
Gits, dit is min dat ons 'n reeks so vinnig opkyk, maar Dracula was een wat met elke episode slottoneel oortuig het. Net 3, maar lang episodes, met die derde 'n interessante kinkel op die bekende verhaal. Die rolverdeling is perfek, en die hoofrol glibberig vertolk, soos dit moet wees. Saam met Bella en Anrich op die Bank. Franko het stukkies gesien maar nie alles saamgekyk nie. Sunday, January 5, 2020
Free Solo - 5/10
Free Solo fokus heeltemal te veel op die nie-tegniese oploop na die groot klim. Wanneer die groot klim wel gebeur, is mens verbysterd deur die skaal van Die Muur, die klimmer, en die aanpak van so iets. Daar is verskeie oomblikke wat jy self voel hoe jy aftuimel en amper dronk in die kop voel. Het dit alleen in Muizenberg, Surfer's Corner, Nr 122, op die skootrekenaar gekyk, en met die snel knoppie (behalwe vir die klim).Stumptown, Seisoen 1 - 6/10
Stumptown begin met 'n sterk eerste episode, soveel so dat mens hoop (en wens) die res van die episodes hou kersvas. Die rolverdeling is gepas en die sake is boeiend genoeg. 'n Saak word dan ook nie noodwendig per episode opgelos nie, en daar is 'n ook 'n paar onderliggende lyne wat waarskynlik oor die seisoen of reeks vloei. In Muizenberg, Surfer's Corner, Nr 122, begin kyk saam met Bella op die Bank.Mindhumter, Seisoen 1 - 4-10
Mindhunter begin baie vreemd vir 'n reeks, veral as mens die tema in ag neem. Dalk moet ons 'n tweede of derde episode kyk, maar voel nie lus om so te doen nie. In Muizenberg, Surfer's Corner, 122, op die Bank.Wednesday, January 1, 2020
The Time Machine - 6/10
The Time Machine is glad nie sleg vir 'n ouer fliekie nie. Die uitbeelding van die verloop van tyd (teen 'n hoe" tempo), voel raak en oortuigend. Die vertolkings is redelik, en die lyn boeiend. Alleen voor die televisie in Muizenberg, Surfer's Corner, 122, terwyl die res herlaai het.
Subscribe to:
Posts (Atom)
