Tshwane Classic 2019
-
Herman het die 98km (eintlik 'n bietjie korter) in net onder 4 ure
kafgedraf.
*Amptelike verslag*
- Tyd 03:57:04
- Algehele posisie 1648 / 2062
...
BBC Boeke Top 100
-
1. The Lord of the Rings, JRR Tolkien
2. Pride and Prejudice, Jane Austen
3. His Dark Materials, Philip Pullman
4. The Hitchhiker's Guide to the Galaxy, Doug...
Wel, as mens die moeite doen om The Offer te kyk, moet mens eers The Godfather kyk as voorbereiding. Dit maak The Offer net soveel beter. Die minireeks is getrou aan die era en milieu. Die stelinkleding, kostuumwerk, en rolverdeling is soos die vertolkings uit die boonste rakke. Hoogs aan te beveel. Saam met Bella op die Bank.
The Godfather mag miskien in die jaar van my geboorte vrygestel gewees het, maar is beslis 'n klassieke film wat die toets van tyd deurstaan. Getrou aan van films van die era is dit 'n langer sessie, maar beslis nie saai nie. Ons het hierdie as huiswerk vir The Offer gekyk. Al kyk mens net die film, is dit steeds die moeite werd. Saam met Bella op die Bank.
Persuasion is redelik as periode drama, maar die rolverdeling kon sterker. Tog kykbaar met redelike milieu en stelinkleding. Saam met Bella op die Bank.
Lightyear bewys weereens, al is al die elemente - rolverdeling, vorige suksesse, grafika, beminde karakters, alles - aan jou kant, is dit nie 'n waarborg nie. Hierdie is sekerlik die grootste teleurstelling van die dekade. Ai. Saam met Bella op die Bank.
Wel, hoe kan enige iets wat oor kos handel, en die liefde, en in Italie" afspeel nie kykbaar wees nie? Love & Gelato is prettig, lig en romanties verleidend. Saam met Bella op die Bank.
Gits maar Dame Callas was maar moeilik. Die film, alhoewel ouer is tog tydloos, grotendeels agv die klankbaan. Sterbelaaide rolverdeling, gepaste vertolkings vir die era (ietwat oordrewe) asook milieu. Saam met Bella op die Bank.
Thor: Lover and Thunder is pret en humor en lig. Verwag die Hollywood enjin op sy stukke. Die eerste derde is bietjie saai, maar dan raak dit tog beter. Saam met Franko by Menlyn.
Dit is min dat ons 'n reeks spoedkyk, maar Suspect is beslis een. Gepaste rolverdeling, sterk vertolkings en 'n geloofwaardige ontknoping. Saam met Bella op die bank.
Dit is nog nie seker of ons Inventing Anna verder gaan kyk nie. Die loodsepisode verwek nie juis enige afwagting of opgewondenheid nie.... Dit is blykbaar op ware gebeure gebaseer. Saam met Bella op die Bank.
Hierdie uitgawe van die bekende speurder is dalk nie die beste nie, ten sypte van die indrukwekkende hoofrol verdeling en dat dit wel in Frans met onderskrifte is. Die ontkoping was nie juis interessant nie. Dink ek het dalk 'n stukkie of wat gemis met swaar oe". Saam met Bella op die Bank.
The Man from Toronto het inderdaad 'n meer indrukwekkende titel as wat die film self is. Die fliekie het wel sy oomblikke met 'n paar snaakses daarby toe. Ligte tong in die kies materiaal vir 'n pap Vrydagaand. Saam met Bella op die Bank.
Redemption is 'n redelike Britse prosedurale polisie storie met geloofwaardige vertolkings, rolverdeling, gebeure en milieu. Mens wil dit nogals klaar kyk om agter die kap van die byl te kom. Die ontkoping maak sin, maar mens voel tog bietjie ingedoen. Saam met Bella op die Bank.
Julia se stem kan ietwat te veel raak, maar haar warmte en hartlikheid oorrompel enige gehoor. Kyk beslis hierdie as jy van haar weet, haar boek gelees het, of haar reeks gekyk het, of die fliek oor haar reeks gekry het. Sy het beslis voluit (volstoom?) geleef en alles met gusto aangepak. Sy was ook lewens groot, fisies teen 1.88m! Saam met Bella op die Bank. Bon Appetit!
Dalk het ons verleer om Star Trek te kyk, maar Star Trek: Strange New Worlds is beslis vreemd vervelig. Die intriges en karakters wen beslis nie mens se guns nie. Nie eens die loodsepisode was boeiend nie. Saam met Bella op die Bank.
Black Site is 'n papperige fliekie met so-so vertolkings. Dit begin heel belowend, maar verval dan vinnig in dodelike cliches. Ons het maar die aftog geblaas. Saam met Bella op die Bank.
Greenberg het 'n sterbelaaide rolverdeling, maar dalk is dit sy ouderdom wat wys, of net nie ons tipe storie nie. Na sowat 20 minute die aftog geblaas. Saam met Bella op die Bank.
Father Stu het 'n indrukwekkende rolverdeling maar was nie ons koppie tee nie. Het eerder die handskoene ingegooi vir hierdie een. Saam met Bella op die Bank.
Cha Cha Real Smooth het 'n aanloklike titel en redelike rolverdeling, maar heelaas, flou vertolkings. Aftog geblaas na sowat 15 minute. Saam met Bella op die Bank.
Interceptor begin belowend maar verval dan baie skielik in 'n papperige affere. Nee wat, beslis nie klaarkyk materiaal nie. Die vertolkings is eenvoudig nie oortuigend nie. Saam me Bella op die Bank.
Labyrinth of Lies is 'n stylvolle na-oorlog periode drama. Dit wys 'n verassende element wat gebaseer is op ware gebeure. Beslis die moeite werd as geskiedenis jou kos is. Saam met Bella op die Bank.
Spitfire Over Berlin vertel die reeks van tragiese gebeure wat gelei het tot iets wat beide kante nie wou had nie. Die rekenaar grafieka is hier en daar sigbaar, maar die vertolkings sterk en gepas. Die film slaag wel daarin om mens deel van die absolute paniek te maak, veral waar die name deur 'n jong seun gelees word. Saam met Bella op die Bank.
Downton Abbey: A New Era is 'n gepaste afsluiting van die reeks (en vorige film). Vol van die verwagte, met 'n ietwat meganistiese gevoel hierdie slag - afhandeling van 'n saak. Maar steeds iets wat Downton-kykers moet kyk. Saam met Bella op die Bank.
Toscana het 'n sterk onderspeelde trant met 'n besliste Deense minimalisme. Die hoofrol vertolking is vreemderig, maar dit ten spyte voel die film eerlik en hartlik. Alles is nie hier maneskyn en rose nie. Maar goeters werk tog uit soos dit moet. Kyk wanneer jy oop is vir iets anders maar met die verleiding van die Italiaanse landskap, sy mense, en belangriker, sy kos kan saamleef. Saam met Bella op die Bank.
Fantastic Beasts: The Secrets of Dumbledore het wel uitstaande grafika, 'n indrukwekkende rolverdeling (wel sonder die trekpleister, Mnr Depp), en 'n fantastiese draaiboek. Heelaas beindruk die hele petalje my ongelukkig glad nie. Gaap. Saam met Bella op die Bank.
The Lincoln Lawyer is een van die min reekse wat ons so vinnig moontlik klaar gekyk het. Die reeksie slaag daarin om die aandag te behou en die afwagting na die volgende episode te verseker. Die rolverdeling werk en mens kan die uitkoms seker nie heeltemal voorspel nie, maar is tog geloofwaardig. Die milieu dra by as karakter op eie stoom. Saam met Bella op die Bank.
Moet nie 'n Hollywood einde met The Match verwag nie. Dit is nie histories 100% korrek nie, maar van die belangrike dele is wel. Goed en geloofwaardig vervaardig. Bevestig die monsters wat oorlog mense maak. Saam met Bella op die Bank.
Top Gun: Maverick doen gestand aan sy voorganger, al is dit soveel jare later. Die enigste kritiek wat ek kan he^, is die heelwat swakker klankbaan en minder gebruik van die vorige treffers. Moes ons eerste poging laat staan by Kolonnade, al die sitplekke was uitverkoop, maar met die tweede slag kon ons die film te sien kry.
Met sy absolute eenvoud oorrompel hierdie ekonomiese verhaaltjie mens. The Last Bus bewys dat aanvaarding, vasberadenheid, eerlikheid, opregtheid en onbevooroordeeldheid 'n ver pad kan gaan, letterlik en figuurlik. Bittersoet. Saam met Bella op die Bank.
Anatomy of a Scandal druk mens nogals tot klaarkyk (wat is 'n beter term vir binge watch?). Die rolverdeling is gepas, die vertolkings net-net genoeg oormatig en oordrewe, en die lyn grotendeels geloofwaardig. 'n Puik vervaardige minireeks wat beslis die kyk en tyd werd is. Herinner tot 'n mate aan The Undoing, maar hierdie poging is meer stylvol met 'n geloofwaardige, bevredigende ontknoping. Saam met Bella op die Bank.
Fukushima: A Nuclear Story het 'n rustige pas, maat skep 'n grim beeld van atoomenergie. Dit voel nie sensaioneel nie, maar dit sal mens self nooit kan vasstel nie. Wel die moeite werd al is dit net vir 'n oorsig van die gebeure. Saam met Anrich op die Bank.
Operations Mincemeat is tonekrul lekkerkry materiaal. Die Koningin se beste word hier opgedis met die parmantigste taalgebruik, met die bes moontlike rolverdeling. Weereens geniet ons 'n film waar mens iets leer van die verlede. Saam met Bella op die Bank.