What just happened is maar taamlik vervelig, maar tog tot 'n mate interessant. Dis net dat die interessante brokkies te ver uitmekaar en min is... Saam met Bella op die bank.
Sunday, February 27, 2011
Wednesday, February 23, 2011
The Other Guys - 5/10
Ek is glad nie 'n Will Ferrell fe^n nie, en hy irriteer my eintlik heelwat, maar daar is 'n paar redelik snaakse dele in The Other Guys....Dit is heel kykbaar maar raak tog so bietjie vervelig op 'n stadium en dan wag mens maar net dat dit oorgaan... Saam met Bella op die bank.
Megamind - 7/10
Ek moet se^ dat Megamind heel beter uitgedraai het as wat ek aanvanklik gedink het aan die begin van die fliek. Met 'n redelike droe" humorsin, en heelwat uitstekende versteekte verwysings na ander flieks soos Frankenstein, Ironman en selfs musiekkonserte soos Mick Jagger se tong-grafika, is dit heel kykbaar. Redelike paar cliches, maar dan is dit wel die doel van Megamind. My gunsteling snede is die deel waar die vissie na die Roemeense winkeltjie verwys...en ook "Girls, Girls, you're both pretty, let's move on"... Saam met die familie op die bank.
Monday, February 14, 2011
Red Cliff - 5/10
Red Cliff is heel kykbaar, maar beslis nie in dieselfde vlak as Crouching Tiger, Hidden Dragon nie. Dit is 'n langerige fliek, maar verveel darem nie. Seker nie 'n wye gehoor poging nie. Gelukkis sien ons die verkorte weergawe in die Weste en nie die twee-delige een nie.... Baie bloederig, maar op die Oosterse manier. Saam met Bell op die bank.
Saturday, February 12, 2011
Life as We Know It - 6/10
Life as We Know It haal net-net die 6, maar dit is tog daardie aks bokant gemiddeld, meesal oor die karakterontwikkeling. Die res is maar cliche, veral die dele waar die baba gewone baba goeters doen. Op die vliegtuig oppad terug van Munich na Johannesburg.
Thursday, February 10, 2011
3:10 to Yuma - 6/10
Wel, hierdie een is al baaaie lank op my lysie, en toe so wrintiewaar wys SAL dit op my vlug van Johannesburg na Munich. Ek het die gewone cliche Western verwag, maar hierdie een het daai tikseltjie hart by. Dit het die baie geweervuur soos te verwagte maar darem nie CSI styl nie. Mens kan dit kyk. Nogals snaaks dat Batman en Gladiator mekaar vreemd bevriend... Probeer gerus vir 'n Vrydagaand. Alleen op die vliegtuig.
Wall Street: Money Never Sleeps - 5/10
Ek kan nie onthou of ek die eerste een gesien het nie. Die opvolg is goed, maar ek sou nie se^ dat dit heeltemal die mag en paniek van Wall Street uitbeeld nie. Daar is heelwat elektroniese byflitse in die film, seker gepas as mens al die "ticker tapes" in ag neem. Ek was hier-en-daar ietwat verveeld, het selfs 'n kort uiltjie geknip. Die fliek is mak genoeg vir 'n Sondagaand. Saam met Bella op die bank.
Beyond a Reasonable Doubt - 5/10
Foeitog, nog 'n oormaak probeerslag (die eerste was al in 1956), Hollywood raak uit stories uit....alhoewel hierdie een 'n sterk Kanadese gevoel het. Gelukkig het dit nie 'n te slegte lyn nie, en is tog baie gemiddeld kykbaar. O, en verwag 'n lekker kinkel in die kabel einde. Saam met Bella op die bank.
Monday, February 7, 2011
Love and Other Drugs - 4/10
Sjoe!, as hierdie film net geweet het vir watter genre dit mik, sou dit ook beter gegaan het. Met groot verwagting gaan kyk, maar was grotendeels teleurstellend. Kan nie besluit of dit 'n drama, ligte romantiese komedie, kwasi-dokumenter, of slefs ligte porno is nie... Ons het nie regtig na voorprente of skrywe gekyk voor die tyd nie....Die vroulike hoofrol sou ook beter gewerk het as dit dalk iemand anders was. Saam met Bella vir ons huweliksherdenking (14e), gelukkig tussen 'n goeie maal by goeie ou Delano's en 'n lekker Chocochino, in die teater.
Monday, January 31, 2011
Tangled (3D) - 7/10
Wel, vir 'n slag weer 'n lekker Disneysprokie wat die hele familie kan geniet. Seker maar vol cliches, maar steeds snaaks, en met baie goeie grafika. Hulle probeer nie mense lewensgetrou uitbeeld nie, eerder animasiekarikature tot uiterste detail. Saam met die hele familie in die teater.
The Joneses - 7/10
Nog een van daardie onverwagse flieks. Ek het gedink dit gaan die gewone Hollywood cliche wees, en op die ou einde lewer The Joneses so baie kommentaar op die sosiale, samelewings, besittings, skyn en geluk vlakke dat mens amper oorlaai voel. Dit het ongelukkig 'n Hollywood-rige einde. Dit maak dit seker bietjie meer van 'n tjiekfliek. Maar desnieteenstaande, is dit steeds baie kykbaar, veral vir 'n Sondagaand. As jy beplan vir daardie sekuriteitskomplekspaleis, of nuwe viertrekvoertuig, of sportmotor, of nuwe grootskermtelevisie, kyk eers hierdie! Saam met Bella op die bank.
Despicable Me - 5/10
Despicable Me het 'n paar goeie oomblikke, maar is meerendeels op die jonger mark gerig. Het die fliek in sulke stukke en trekke gesien, soos wat my twee dit oor en oor geniet het. Nie regtig op die bank nie...
Green Zone - 6/10
Ek het aanvanklik verwag dat Green Zone Bourne Identity op steroides gaan wees, of dalk selfs so vervelig as Hurt Locker is. Alhoewel ook op 'n dokumenter gebaseer, het dit darem 'n storielyn en is op die ou einde heel kykbaar. Daar is baie skietery, maar gelukkig nie grafiese, bloederige tonele nie. Saam met Bella op die bank.
Saturday, January 15, 2011
Going the Distance - 5/10
Redelike tjiekfliekie, maar met so bietjie vloek en lelikpraat by...Die storie ontwikkel nogals nie te sleg nie, maar raak so bietjie dooierig na die einde se kant toe. Dit het nie 'n tipiese Hollywood-einde nie, wat dit dalk minder toeganklik gaan maak vir sekere tjieks ;-) Nie te min, gemiddelde kyk vermaak vir 'n rustige Vrydagaand alternatief. Daar is een toneel met melk en koekies wat nogals baie snaaks is. Saam met Bella op die bank.
Monday, January 10, 2011
Bakgat II - 3/10
Wel, Bakgat II, net soos die eerste, is Afrikaanse, onder-die-belt op sy kommonste. Ons het dit verwag, maar daar was tog 'n paar snaakse dele. Net sommer om die industrie te ondersteun....moet beslis nie jou ma die bonus materiaal kyk nie, veral nie die popspeel een nie....redelik interessant... As jy prim-en-proper is, vermy maar eerdie die filmpie. Saam met Bella op die bank.
Sunday, January 9, 2011
Die Ongelooflike Avonture van Hanna Hoekom - 8/10
Sjoe, die Suid Afrikaanse fliekbedryf is besig om terug te kom! En Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom is selfs ook op IMDB! Nie aldag dat dit gebeur met 'n Afrikaanse fliek nie. Dalk was ek net reg vir hierdie fliek, maar het dit vreeslik geniet. Die akteurs is almal puik, die milieu perfek, en die video grafika tegnieke uitstekend. Die grafika krulletjies wat groei uit Hanna se pen is baie verfrissend, ook die verbeeldingsvlugte. Die storielyn is gepas. Vrek, dit is 'n kompeterende fliek! Jammer, Jan, weer nie of jy dit daar in NZ gaan kan sien nie, sal dalk die DVD moet bestel. Saam met Bella op die bank.
Labels:
Connoisseur materiaal,
Die moeite werd,
Gunsteling,
My taal,
Tjiekfliek
The Girl in the Park - 7/10
The Girl in the Park is beslis nie ligte materiaal nie, maar dit word ook op so manier aangebied, veral die tema wat uitgebeeld word, dat dit nie te swaar voel nie. Wat baie daarmee help is die puik rolverdeling, en knap vertolkings, beslis uit die boonste rakke. Dit is op die ou einde 'n traumaverwerking/verhouding studie. Dit het gelukkig nie die gewone Hollywoodeinde nie, en as die einde aanbreek kry mens die gevoel dit was die moeite werd. 'n Goeie Sondagaand opsie. Saam met Bella op die bank.
The Secret of Moonacre - 4/10
The Secret of Moonacre is 'n regte Narnia na-apie, maar die slag uit die Britse stal, kompleet met 'n swart ma'se leeu. Dit is selfs met VK Lotery geld befonds... Ek was ietwat moeg, en kan dus nie regtig 'n opinie oor die fliek uitspreek nie, want ek het seker goed 70% daarvan geslaap... Kom ons se^ net dit was nie so goed dat dit my wakker gehou het nie. Ek dink dit was pleinweg ietwat vervelig. Saam met Bella op die bank.
Tell Tale - 1/10
Aaarg, waar het jy nou al gesien 'n ou wat 'n hartoorplanting 6 maande terug gehad het, lyk soos 'n songebrande surfer-dude? Net in Tell Tale... Die hoofakteur druk emosie soos 'n alkantpanklip uit, en al is Lena Headey (sien 300) in die fliek, maak dit geen verskil nie. Ai, nee wat, vermy maar eerder. Baie bloederig op die koop toe ook nog. (Die 1 instede 0 is vir Lena ) Saam met Bella op die bank.
Tommy and the Cool Mule - 4/10
Tommy and the Cool Mule is een van daardie inspirasie of nuwe "feel-good" flieks. 'n Gewone storietjie met 'n pragtige lessie. Dit is veral geskik vir laerskool kinders. Saam met die hele familie op die bank.
Tron: Legacy (3D) - 6/10
Ek het die eerste Tron nog in Port Elizabeth in 1983 of so iets gesien. Was baie beindruk, veral omdat ek toe net klaar met Standerd 3 was. Die opvolg, Tron: Legacy (3D), moet mens op verskillende vlakke kyk. Eerstens moet jy nie 'n vet storielyn verwag nie, maar dit was tog nie te sleg vir die tipe fliek nie. Tweedens is daar die grafika, waarskynlik nie so gevorders soos Avatar of ander moderne flieks nie. Derdens, wat baie veras, is die klankbaan en die klank self. Die laaste het 'n lewe op sy eie, donker, sterk bas en lekker, veral saam met die light cycles en ander light vervoermiddels. As mens die eerste Tron gesien het, en dit jou enigsins beindruk het, is hierdie 'n moet. Saam met Franko in die 3D Teater by Kolonnade.
Friday, January 7, 2011
Dorian Gray - 6/10
Dorian Gray is 'n periode drama, maar nie in die genre van periode dramas nie. Dit kon net sowel in enige ander milieu en tydperk afgespeel het. Die uitbeelding neig ietwat na die gril-faktor kant toe. Die akteurs is goed, maar Dorian kon beter vertolk gewees het. Nie my guinsteling tipe fliek nie, maar tog ietwat bo-gemiddeld. Saam met Bella op die bank.
Wednesday, January 5, 2011
Ghost Writer - 7/10
Ghost Writer is nog 'n fliek wat oor iets anders handel, as wat ek verwag het. Hierdie slag is dit egter 'n aangename verassing. Die fliek is goeie vermaak, baie goed gemaak, met goeie vertolkings, en sonder die gewone Hollywood einde - verwag egter 'n Polanski einde... Dit is spannend, maar nie sodat mens voel jy wil die bank knaag of iets nie. Saam met Bella op die bank.
Crouching Tiger, Hidden Dragon - 6/10
Wou Crouching Tiger, Hidden Dragon al lankal sien, en toe sommer op Ouma se DSTV in Bloem gekyk. Chinese gevegskuns kuns op sy beste, met sagte vloeinde bewegings, onderdrukte emosie, etiket en pragtige tonele. Die storie maak ook heel sin. Kyk gerus, maar weet waarvoor jy jou inlaat. Saam met Bella op die bank.
The Family Stone - 4/10
The Family Stone het ons sommer op e-tv by Winklespruit gekyk. Nie te sleg nie, maar beslis so aks onder gemiddeld. Weereens Hollywood op sy stukke met die verwagte tipe van verhoudingstudie van 'n disfunksionele familie met 'n buitestander of twee wat les op se^ met die vreemde familie gewoontes. Hier en daar oordrewe vertolkings, veral van Parker. Dalk meer van 'n tjiekfliek. Saam met Bella op die vakansiebank.
Knight and Day - 5/10
En nog 'n Winklespruit fliek, die keer darem regte vakansie materiaal, Knight and Day. Die Hollywood masjien op sy allermintigste, met die regte akteurs, die regte storie, en genoeg skop-skiet-jaag-romanse. Lekker om te kyk, maar regte breindood vermaak, perfek na 'n lang dag op die strand en lekker eet. Ou Cameron werk darem net goed in hierdie tipe van rolle, en selfs ou Tom ook. Saam met die familie op die vakansiebank.
The Virgin Territory - 1/10
En nog 'n Winklespruit fliek, die keer darem nie 'n verhoudingstudie nie, maar wel 'n kruising tussen B-graad materiaal en Willem Wikkelspies se Romeo & Juliet. The Virgin Territory het baie potensiaal, maar daal tot in die laagtes, ten spyte van redelike akteurs en die lieflike Italiaanse landskap. Op die ou einde is die storie te leeg, en help nie eens die kaaltonele die fliek aan nie... Saam met Bella op die vakansiebank. Vermy maar eerder.
Small Town Saturday Night - 4/10
Expired - 6/10
Eish, Expired is nog 'n fliekie wat ons by Winklespruit gekyk het. Vir een of ander rede het ek gedink dit is 'n Sweedse fliek, maar dit het eerder Kanadees gelyk, en is uiteindelik Amerikaans (Los Angeles). Dit is 'n pynlike blik op verhoudings tussen 'n paar sosiale ondiere. Kon net sowel 'n ekonomiese teaterstuk gewees het, en is nie regtig iets wat mens op vakansie wil kyk nie, dalk 'n somber Sondagaand. Die rolle word egter almal foutloos vertolk. Saam met Bella op die vakansiebank.
According to Greta - 5/10
According to Greta is nog 'n fliekie wat ons by Winklespruit gekyk het. Meer 'n laat tienerdogter of tjiekfliek as enige iets anders, maar tog heel kykbaar. Duff is dalk nie die beste aktrise vir die rol nie, miskien sou Ellen Page beter gedoen het... In elk geval het dit 'n redelike Hollywood einde. Saam met Bella op die vakansiebank.
Monday, January 3, 2011
One night at McCools - 4/10
One Night at McCools het ons sommer op e-tv by Winklespruit gekyk. Nie te sleg nie, maar beslis so aks onder gemiddeld. Die fliek eindig ten minste goeterig... daar is so toneel of wat, wat nogals snaaks is op 'n donkerder-komedie manier. Saam met Bella op die vakansiebank.
Sunday, January 2, 2011
The Illusionist - 6/10
The Illusionist was op die PVR by Beaconvlei tydens ons Desember 2010 vakansie. Dit is ietwat bokant die gewone, goed gemaak (periode stuk). Goeie rol vertolkings, en met 'n lekker tone krul einde. Seker maar dan 'n lekker ou love story vir die meisies. Saam met Bella op die vakansiebank.
Grown-Ups - 5/10
Wel, Grown-Ups is nie die beste van 2010 nie, maar daar is tog 'n paar tonele wat mens bybly. Lekker Standerd Vierseun grappe. Word ook gelys as een van die 10 swakstes van 2010. Saam met Bella op die bank.
Tuesday, December 14, 2010
Centurion - 2/10
Wel, Centurion het goed gelyk in die voorprent en op die DVD kassie, maar is maar baie swak. Dit is seker goed gemaak in terme van die effekte en choreografie, maar is so grafies dat dit regtig nie kykbaar is nie. Tarantino doen dit so, maar op 'n donker-komiese manier. Hier is dit nie die geval nie, en dit lyk asof dit die enigste doelwit van die fliek is, om te wys op hoeveel verskillende maniere mens iemand noodlottige kopbeserings in een hou kan toedoen. Beslis nie aan te beveel nie. Saam met Bella op die bank.
WAR, INC. - 6/10
WAR, INC. is nie hoofstroom nie, en het ook nie baie geld gemaak nie, inteendeel 'n verlies dink ek. Dit is dalk wel nie omdat dit 'n swak fliek is nie, maar eerder baie sterk uitsprake maak teen die Amerikaanse regering, op 'n tong-in-die-kies manier. Die Cusack-kroos speel saam in die fliekie, met Joan ietwat oordrewe en geforseerd. Nogals veras deur Duff se spel.... Heel awaregse komedie, met redelik vloek, so moenie dit vir skoonma voorhou nie, tensy sy self 'n militaris is.... En dan is daar natuurlik 'n ou gunsteling, Marissa. Saam met Bella op die bank.
Saturday, December 11, 2010
The Girl who Kicked the Hornet's Nest - 7/10
Wat 'n lekker finale om te kyk in die Trilogie, The Girl .... Moet se^ die Swede maak nie slegte dramas nie, en dan is die fliek gelukkig met onderskrifte sodat mens die Sweedse tong kan probeer volg. Hei, takt en wat nog. Lekker Vrydag of Saterdagaand kykstof. Saam met Bella op die bank.
Salt - 6/10
Salt is nie te slegte aksie nie, maar raak ietwat dik vir 'n daalder na die einde toe. Dalk wou hulle so tong in die kies wees... In elk geval is die Mata Hari, of Femme Fatale, 'n redelike gatskop girltjie, wat mens die fliek tog enduit laat kyk. Hulle verwys in die fliek ook na Jolie as Mata Hari op een plek.... Lekker Vrydagaand vermaak. Saam met Bella op die bank, al het sy dit voorheen gesien.
Tuesday, December 7, 2010
Killers - 4/10
Killers is sub-gemiddelde vermaak met 'n paar snaakse tonele, maar op die ou einde nie so snaaks of goed nie. Ek is nie 'n AK fe^n nie, bygese^. Saam met Bella op die bank. Hierdie is 'n skop-skiet-en-donder tjiekfliek....Moet se^ ou Magnum met sy snor was 'n hoogtepunt...hy lyk (en klink) nog heel goed vir 'n '45 baba.
Social Network - 6/10
Enige ou wat seker Facebook, of enige ander sosiale media gebruik, moet seker maar The Social Network kyk. Dit is 'n redelik meganistiese weergawe, met ietwat oormatige dramatisering in terme van die meisies, seks en narkotika. Soos ek vir Bella se^, dis is of glad nie so gewees nie, en net bygevoeg om die fliek darem bietjie meer interessant te maak as om na verf te kyk wat droogword, of dit was baie erger as wat in die fliek uitgebeeld word. Nog steeds nie te slegte kykie nie. Saam met Bella in die Brooklyn Nouveau teater, na 'n brekvis by Spiros (of is die Spigas?).
The Girl who Played with Fire - 6/10
The Girl who Played with Fire is die tweede in 'n reeks van drie films (The Girl with the Dragon Tattoo, The Girl Who Kicked the Hornet's Nest). Dit is heel kykbare spanning, en dalk daardie aks bo die gewone gemiddeld, veral oor die Sweedse inslag. Het toevallig met 'n paar Swede gesels oor die films, maar dit lyk nie asof dit 'n groot impak daar gemaak het nie. Saam met Bella op die bank.
Liefling - 7/10
Liefling is die eerste lekker Afrikaanse prent in 'n hele ruk, en nogals 'n musiekblyspel cum liefdesverhaal daarby! Het dit baie geniet, veral as gevolg van die hoe" skoot nostalgie. Saam met die hele familie in die teater.
Thursday, November 18, 2010
Letters to Juliet - 5/10
Letters to Juliet is maar 'n baie ligte tjiekfliekie vol cliches, maar ten minste met 'n verleidende Italie... Saam met Bella en ma Lenie.
Sunday, November 14, 2010
The Girl with the Dragon Tattoo - 6/10
The Girl with the Dragon Tattoo is 'n gewone wietditgedoen (whodunit), maar tog ietwat meer stylvol, grotendeels agv die Sweedse aanslag. Dit het een of twee redelik ontstellende tonele, maar die res is redelik kykbaar. Dit is 'n langer fliek en beweeg ietwat stadiger as wat mens sou verwag. Dit is nie heeltemal hoofstroom vermaak nie, maar tog toeganklik. Ek sou nie dit nie as 'n spanningsriller beskou nie, eerder 'n drama met elemente van spanning. Dit is tog daardie aks bo-gemiddeld, die Sweedse landskap en omgewing was net te bekoorlik. Saam met Bella op die bank.
Monday, November 8, 2010
Defendor - 7/10
Defendor lyk baie interessant, dalk so bietjie donker. Dit is egter maar op die ou einde 'n lekker ou lovestorie, en tog heelwat tragies. Dit is ook waarskynlik Woody se beste fliek ooit. Daar is 'n paar tragies-snaakse tonele, wat die eerlikheid van Defendor se aksies soveel te meer laat uitstaan. Hierdie is nie die gewone superheromoewie nie - Defendor is so gebore en so gelaatstaan, nie deur 'n gogga gepik of met bomenslike kragte gebore nie. Moenie 'n aksievolle fliek verwag nie, eerder 'n rustige pas fliekie. Die rolle word almal goed vertolk, met Woody wat waarskynlik die Oscargode gaan beindruk. Aan te beveel vir meer ernstige, denkende fliekgangers. Saam met Bella op die bank.
Saturday, November 6, 2010
Agora - 6/10
Ek hou baie van periode dramas, veral in die vroee" tye, soos waar Agora afspeel. Skynbaar gegrond op feite, en handel oor Hypatia, 'n sterk vrou in daardie tyd. Die fliek het sterk godsdienstige ondertone, en dis moeilik om te besluit wat hul uiteindelike siening is oor godsdiens. Die akteurs voe; so ietwat plastiekerig hier en daar, maar andersins is dit relatief effens bogemiddeld. Het so oomblik of wat, waar die fliek dalk so bietjie lank voel. Enige aand van die week sal geskik wees. Saam met Bella op die bank.
Leverage (Seisoen 1-5) - 6/10
Leverage is heel verfrissend, en gelukkig het dit relatief kort reekse. Dit is baie lig, en lekker vir weeksaande. Ons trek nou al by seisoen 4, maar kon nie die laaste 5 episodes van reeks 3 in die hande kry nie. Die laaste reeks was maar baie flou met die derde laaste episode heel goed, en dan die laaste episode met 'n baie sinvolle kragtoer grand finale. Saam met Bella op die bank.
The Informers - 0/10
Wel, The Informers het beloof om puik vermaak te wees as mens na die lys van akteurs en aktrises kyk. Dit is egter so swak, dat selfs nie die rolverdeling, sekstonele of "mooi" mense dit red nie. Daar is een vlietende oomblik van diepte ("As niemand my wys wat reg en verkeerd is nie, hoe sal ek ooit weet?"). Miskien werk dit vir ander, maar dit was 'n groot teleurstelling. Saam met Bella op die bank.
Jonah Hex - 5/10
Jonah Hex is 'n moderne Western wat in strokiesprentstyl vertoon word. Dit is heel kykbaar, maar tog op die ou einde redelik gemiddeld. Dalk is vyf te laag en ses net te veel... Kyk gerus op 'n lui Vrydagaand, dalk nie genoeg skop vir 'n Saterdagaand nie. Saam met Bella op die bank.
Sunday, October 17, 2010
Youth in Revolt - 7/10
Youth in Revolt is nog 'n flieke wat ek alleen gekyk het, maar wat Bella reeds gesien het. Terwyl sy in Bangkok was op die bank. Mnr Cera is 'n gunsteling, veral na Juno. Terug na die fliek, dit is regtig die moeite werd - 'n alternatiewe kykie na grootword. Daar is so 2 of 3 tonele wat regtig snaaks is. Die lyn bly kykbaar, en die toneelspel eerlik. Kyk gerus as jy lus is vir iets ligters.
Subscribe to:
Posts (Atom)





