Silver Linings Playbook is 'n lang, stadige, pyn van 'n tog deur die onstuimighede van komplekse menslike gedrag. Die fliek is nie vir sissies nie. Wat dit nog vreemder maak is die mak, Hollywoodstyl, cliche einde. Dit pas glad nie by die res van die fliek nie, tempo, styl en lyn gewys. Kyk gerus as jy probleme het, dit laat joune klein lyk. Wees weereens gewaarsku, dit is 'n pyn om te kyk, veral op 'n Saterdagaand. Hierdie, as gevolg van die einde, klassifiseer dan as 'n tjiekfliek, maar ek sou dan reken in die riller sub-kategorie van tjiek flieks. Die vertolkings is redelik gepas en goed. Saam met Bella op die bank. Sunday, April 28, 2013
Silver Linings Playbook - 4/10
Silver Linings Playbook is 'n lang, stadige, pyn van 'n tog deur die onstuimighede van komplekse menslike gedrag. Die fliek is nie vir sissies nie. Wat dit nog vreemder maak is die mak, Hollywoodstyl, cliche einde. Dit pas glad nie by die res van die fliek nie, tempo, styl en lyn gewys. Kyk gerus as jy probleme het, dit laat joune klein lyk. Wees weereens gewaarsku, dit is 'n pyn om te kyk, veral op 'n Saterdagaand. Hierdie, as gevolg van die einde, klassifiseer dan as 'n tjiekfliek, maar ek sou dan reken in die riller sub-kategorie van tjiek flieks. Die vertolkings is redelik gepas en goed. Saam met Bella op die bank. Saturday, April 27, 2013
Django Unchained - 7/10
Django Unchained is 'n moderne Western, baie goed gemaak vir sy genre en heel kykbaar. Dit is vir my ietwat aan die lang kant, maar dit pla nie te erg nie. Dit is op die ou einde 'n love story daarby. Die skiet tonele het oormatig baie bloed wat spat, so die werklikheid word so bietjie meer verteerbaar gemaak. Kyk gerus op 'n Vrydag of Saterdagaand. Saam met Bella op die bank. Sunday, April 21, 2013
The Words - 5/10
The Words is nie te sleg nie, maar staan die gevaar om 'n generiese fliekie te word ten spyte van die rolverdeling. Dit is gelukkig kort, en het 'n redelike spanningslyn wat op 'n papperige manier ontknoop word. Kyk op 'n flouerige Sondagaand, beslis nie Vrydag of Saterdagaand vermaak nie. Saam met Bella op die bank.Saturday, April 20, 2013
Life of Pi - 8/10
Life of Pi slurp mens in 'n wereld van oorlewing in, sodat jy die soutwater proe. Ryk visuele beelde, met 'n sterk boodskap. Kyk gerus as jy 'n skeepsvaart beplan... of dalk nie. Werk goed vir enige aand van die week. Die film is nie net somber nie, het ook humor in, met goeie afwisseling tussen emosies. Saam met die familie en ma Else op die bank. Looper - 8/10
Looper het 'n baie interessante benadering tot tyd toerisme - eintlik glad nie vir toerisme nie, maar laat dit eers daar - en 'n vars apokaliptiese uitbeelding van 2044 of so iets. Die lyn is lekker kompleks, die spanningslyn perfek en die wetenskapfiksie deel geloofwaardig. Dit is op die ou einde 'n sad love story, so die skoner geslag kan dit gerus kyk. Daar is 'n paar bloederige tonele, maar gelukkig vinnig en finaal. Kyk gerus op 'n Vrydagaand, perfekte anti-werk tonikum. En ou Bruce werk goed in die fliek, en sy jonger self pas mooi in. Saam met Bella op die bank. Sunday, April 14, 2013
Hitchcock - 7/10
Hitchcock is beslis die moeite werd, lekker kort, bondig sonder te veel frilletjies. Puik vertolkings, regdeur. Kyk beslis as 'n 'n fe^n is van sy werk.
Saam met Bella op die bank.
Saturday, April 13, 2013
Klein Karoo - 6/10
Klein Karoo is 'n lekker ligte Afrikaansie tjiekfliekie en heel kykbaar vir die hele familie. Dit lyk of die Afrikaansie filmbedryf op 'n klimpad is. Saam met Bella op die bank.Monday, April 8, 2013
The Big Bang - 3/10
The Big Bang klink of dit potensiaal het maar die kombinasie tussen kwantum meganika en skop-skiet-en-donder werk net nie, selfs nie eens die sekstonele help nie. Nee wat, ek het groot stukke geslaap in hierdie flou makou. Streng op eie risiko. Saam met Bella op die bank.
The Master - 3/10

Mens kan soms uitnemende films met Hoffman sien, maar dan is sy spel soms so goed dit raak ontoeganklik. The Master bevat spel uit die boonste rakke, milieu en alles ingesluit, behalwe dat die fliek dodelik vervelig is, en glad nie regkry wat dit beoog nie. Dalk was ek weereens net te moeg om die subtiele boodskappe en tonele te snap. Nee wat, as jy lus is vir 'n teoretiese puik fliek, maar absoluut geen ontvlugting nie. Beslis nie 'n Vrydagaand fliek nie. Saam met Bella op die bank.
Jock of the Bushveld (1986) - 5/10
Jock of the Bushveld is 'n stukkie geskiedenis wat redelik getrou vervaardig is, veral as mens die era waarin dit vervaardig is in ag neem. Daar is heelwat gewoontes, uitbeeldings en se^goed wat vandag taboe is. Fokus op die brak en eienaar en vergeet 'n oomblik van die omstandighede (lees politiek). Saam met Bella en Anrich op die bank. Celeste and Jesse Forever - 3/10
Celeste and Jesse Forever is 'n moderne, gesels tjiekfliek wat eintlik maar net te irriterend is. Dalk was ek net te moeg, maar die film het klaaglik misluk om my aandag te behou. Kyk gerus op eie risiko. Saam met Bella op die bank.
Hysteria - 6/10
Wel wat kan mens se van Hysteria... Dat mans so simpel kon wees is darem vir jou 'n ding. Wat 'n interessante en toeganklike stukkie geskiedenis wat op 'n baie ordentlike manier aangebied word. Vrouens wees gewaarsku, dis seker Histerie... Saam met Bella op die bank (nie histeries nie, of wel?)
Saturday, March 16, 2013
Argo - 7/10
Argo is heel goed, met 'n lekker spanningslyn. Eenvoudige storie sonder fieterjasies vertolk. Redelike akteur vertolkings en een van die beste Sewentigs periode dramas wat ek nog gesien het. Saam met Bella op die bank.
Sunday, March 3, 2013
Moonrise Kingdom - 8/10
Moonrise Kingdom herinner sterk aan The Royal Tenenbaums maar is dalk so bietjie meer toeganklik vir die hele familie. Later laerskool en op sal dit geniet. Die verhaal is 'n ou soetetjie met 'n ster belaaide rol verdeling. Die vertolkings is baie gepas en lekker tong in die kies. Lekker humoristies en oulik. Kyk gerus. Saam met Bella en Anrich op die bank.
Saturday, March 2, 2013
Cheerful Weather for the Wedding - 5/10
Cheerful Weather for the Wedding is 'n gemiddelde Engelse tjiekfliekie. Dit bevat tipiese droe" humor, met 'n stadige lyn. Ek was redelik moeg, so heelwat stukkies gemis...ai. Bella het dit nogals geniet. Saam met haar op die bank.
Friday, March 1, 2013
The Time Traveller's Wife - 6/10
The Time Traveller's Wife is 'n heel kykbare tjiekfliekie. Net jammer ek het die laaste tien minute of so gemis omdat die vliegtuig begin land het....ai. Oulike konsep van tydreis en die impak om die om jou. Kyk gerus saam met liefie op 'n naweek of Sondagaand. Oppad terug van Greding op SA 265.
Lincoln - 8/10
Wel, een ding moet mens Daniel Day Lewis toegee, hy is een van die beste akteurs in omloop. Sy rol in Lincoln is onvergeetlik. Die fliek raak so ietwat vervelig hier en daar, maar is 'n goeie periode drama. Ek wonder so hier en en daar oor die tipe taalgebruik, veral aan die vloek kant. Ek stel voor jy kyk gerus, maar onthou dit het sterk sentiment en tipiese Amerikaanse onderneming. Ek was nogals teleurgesteld in die uitbeelding van sy moord, het meer verwag. Maar dan handel die fliek oor die dertiende amendement en nie sy moord nie. Oppad terug van Greding op SA 265.
Tuesday, February 26, 2013
Dredd - 5/10
Dredd skep 'n redelike cliché toekoms deur kilometer hoë hoëdigtheidskomplekse in 'n vervalle landskap te plaas. Die fliekie fokus op een toring, met tawwe een-stop wetstoepassers wat mense links en regs teregstel. Die lyn is redelik eenvoudig. Gruwels word kwistig gebruik om daarvoor te probeer opmaak. Mens kan seker sê die film is ten minste getrou aan sy genre. Dredd self probeer soos Batman praat, heel irriterend. Wat wel goed is, is die tegnologie wat terloops gewys word. Moet enige spesiale mag makker se hart laat tjoklits pomp. Op die vlug van Johannesburg na Munich, SA 264.
Sunday, February 24, 2013
Albert Nobbs - 7/10
Albert Nobbs is 'n hartseer ou storietjie met uitstekende vertolkings. Die film was bo verwagting ligter as wat die kassie voorgee... maar dit bly steeds 'n ietwat swaarder tema. 'n Perfekte Sondagaand film. Moet se daar is ook 'n lekker onverwagte opbouende tensie regdeur die fliek. Gaan hulle, of gaan hulle nie weet nie? Saam met Bella op die bank.
Wolwedans in die Skemer - 6/10
Wolwedans in die Skemer is nog 'n baie kykbare Afrikaanse fliek in 'n aangename string van sulkes die afgelope jaar of wat. Redelike spanningslyn, goeie vertolkings, mooi milieu en wolwe.... Saam met Bella op die bank.
Frankenweenie - 7/10
Frankenweenie is Tim Burton op sy beste. Van die mees interessante raam-stop animasie films ooit. Sal vreeslik graag die regte stelle wil sien. Baie goeie stemwerk, met een stem keuse wat baie vreemd is... Die verhaaltjie is die oorspronklike op sy stroopsoetste. Getrou aan die genre. Anrich reken dit is 'n 10 werd. Saam met die familie op die bank.
Sunday, February 17, 2013
Stilte - 6/10
Stilte spreek 'n tema aan wat waarskynlik meer en meer in Afrikaanse flieks gaan voorkom. Pragtige natuur fotografie, redelike spel, hier en daar dalk bietjie geforseerd, maar tog heel kykbaar. Saam met Bella op die bank.
Saturday, February 16, 2013
3,2,1... Frankie Go Boom - 5/10
3,2,1... Frankie Go Boom is 'n redelike snaakse awaregse komedie. Heelwat snaakse situasies, maar wees gewaarsku, redelik vloek en ongemaklike grappe... Moenie saam met ouma kyk nie. Uitstekende vertolking van Ron Perlman, en ook verassende rolverdeling. Saam met Bella op die bank.
Gabe the Cupid Dog - 4/10
Gabe the Cupid Dog is 'n baie klein begroting fliekie, wat as dit dalk met Hollywood begrotings en akteurs gemaak was, dalk nogals oulik gewees het. Die konsep is heel goed, maar dit lyk absoluut na 'n amateur poging. Saam met die familie op die bank.
Sunday, February 10, 2013
Anna Karenina - 8/10
Anna Karenina is in alle opsigte 'n oordryf, maar wel gepas. Dit is oordadig, oorboord, ryk, romanties, visueel, oorstelp, behep, verlief en hatig. Dit draai mens visueel en ouditief, net soos lawwe verliefde paartjies, in 'n milieu wat nog meer so is. Beslis nie toeganklik vir wye gehore nie. Uitstekende toneelspel, met veral die klerke toneel wat treffend herhaal word. Kyk as jy rojaal en vrygewig voel. Saam met Bella in Brooklyn Nouveau, vir ons sestiende huweliksherdenking, na 'n ligte aandete by Brooklyn Tribeca, waar ons al ons geregte gedeel het. Die film was baie gepas, maar dalk nie die tema nie.... ;-)
The Five-Year Engagement - 6/10
The Five-Year Engagement is regte romkom, en staan so ietwat bo gemiddeld in sy klas. Hele paar baie snaakse tonele, kyk veral die ekstra materiaal vir ten minste twee skreeusnaakse tonele. Lekker Vrydag of Saterdagaand materiaal. Saam met Bella op die bank.
The Seven of Daran: Battle of Pareo Rock - 5/10
The Seven of Daran: Battle of Pareo Rock is interessant in die dat hulle Pretoria en stukke van Namibie gebruik het vir die verfilming. Verder maar vir die jongklomp bedoel, so middel laerskool sou ek reken. Saam met die familie op die bank.
Saturday, January 26, 2013
The Killing, Seisoen 1-2 - 7/10
The Killing is verslawend. Mens wil net die einde sien om te weet wat gebeur het. Sou graag die oorspronklike Deense weergawe met onderskrifte wou sien. Baie geloofwaardige karakters, goeie vertolkings en irriterende persoonlikhede en al. Een van die beste eindes ooit vir 'n reeks. Saam met Bella op die punt van die bank.
The Flowers of War - 8/10
The Flowers of War herinner mens maar net weer aan die grusaamheid van oorlog. Die film is goed gemaak, baie geloofwaardig en visueel treffend. Hartseer verhaal met baie drome wat aan skerwe le^. Kyk gerus as jy sterk van konstitusie voel die aand. Beslis nie vir 'n Vrydagaand nie. Ek dink ook hierdie is dan 'n oorlogfilm wat toeganklik vir die dames is. Saam met Bella op die bank.
Flypaper - 5/10
Flypaper is nie 'n te slegte poging vir 'n bankroof komedie nie. So hier en daar iets irriterend, andersins sou dit 'n gemaklike 6 kon kry. Te veel vloek vang my nogals deesdae. Vir 'n slag 'n geloofwaardige rolverdeling. Eerste DVD op nuwe Sony TV wat die versekering betaal het na die inbraak terwyl ons in Londen was. Saam met Bella op die bank.
The Vow - 5/10
The Vow is 'n bittersoet tjiekfliekie met 'n manlike hoofrol wat se naak agterstewe die wereld se vrouens aan die gons, lus, jil en bibber het. Die manlike hoofrol beheer, praat oor sy emosies, soos die Super Emosie Man! Mens kan amper se^ die vroulike interpretasie van 'n strokies superheld. Hierdie tjiekfliek is dan so goed in sy genre dat meesal tjieks dit geniet, en gades met oopmonde na die emosie beheer kragtoertjies staar. So bietjie te veel vir my, maar nou ja ;-) Dus, op eie risiko vir die manne wat nie van Nataniel hou nie. Saam met die familie en Ouma op haar DSTV toe ons Lisa na Londen 2012 afgehaal het.
The Campaign - 6/10
The Campaign is 'n uitspattige oordryf (of dalk nie?) van Amerikaanse politiek. Moet se^ die eerste van die Amerikaanse politieke flieks wat ek nogals regtig geniet het, en baie snaaks gevind het. Neem kennis, dit is baie oordrewe so dit kan baie raak vir party na 'n ruk. Op vlug SA 237 terug van London na SA net na die Desember 2012 vakansie in Londen.
Cafe - 4/10
Cafe lyk soos daai tipiese Amerikaanse kunskring flieks, bou dan op tot 'n goeie hoogtepunt, en laat mens helemal in die donker met 'n baie swak verbeeldingsvlug as einde. Niks maak ook dan meer sin nie. Dis jammer, want die akteurs, milieu en lyn het redelik potensiaal. Op vlug SA 237 terug van London na SA net na die Desember 2012 vakansie in Londen.
The Expendables II - 6/10
Glad nie te slegte skop-skiet-en-donder parodie nie. Veral Chuck se verskyning geniet. Hy kon dalk net 'n minder bekende, nuwe Chuck grappie oor homself as die ratelslang een vertel het. Wees gewaarsku, baie plastiek-bloedspat tonele, maar baie daarvan tong in die kies. Saam met Hester, Corné en Bella op die bank in London. Het die fliekie vir £4.49 van iTunes afgelaai, HD weergawe binne so 30 minute.
New Hope - 2/10
New Hope is een van daai feel-good flieks met 'n Christelike inslag. Niks verkeerd met die fliek nie, dis net baie lank, stadig, met dodelike vervelige tonele. Duidelik op 'n baie lae begroting, waarskynlik met aspirant of amateur akteurs. Mens gebruik maar die vinnig speel knoppie ook so nou en dan. Saam met Bella op die bank.
Your Sister's Sister - 4/10
Your Sister's Sister moet jy dalk eerder vermy. Een van daai praat flieks in 'n ekonomiese milieu. Vloek baie, is redelik skurf, vir 'n tjiekfliek, en die storie maar aan die floukant. Hier en daar darem 'n snaakse situasie om die saaiheid te onderbreek. Vanaf iTunes UK gedownload vir 4 Pond by die Bouwers terwyl daar vir Desember 2012 vakansie. Almal op die bank met makkers wat langs die pad verdwyn het.
Wednesday, January 23, 2013
The Odd Life of Timothy Green - 7/10
The Odd Life of Timothy Green is 'n bittersoet sprokiesverhaal in die hedendaagse lewe. Dit is gevoelvol en toeganklik vir 'n wye gehoor, insluitend laat laerskool. Dit is die moeite werd, veral wanneer jy dalk bietjie blou voel, en is perfek vir 'n Sondagaand. Op die vlug SA 236 oppad na Londen vir Desember vakansie saam met die familie. Ek het ongelukkig die laaste stukkie gemis omdat ons beginland het, maar Bella het vir my die res vertel. Kyk gerus.
The Bourne Legacy - 4/10
Wat is teleurstelling is Bourne Legacy! Dit is 'n generiese fliekie met 'n aks potensiaal en verwysings na Jason Bourne. Ai. Op vlug SA 236 oppad na London vir Desember 2012 vakansie.
Skyfall - 8/10
Ek is 'n baie groot Bond fe^n, en het Skyfall dus baie geniet. Ek is seker dit is een van die beste Bond prente die afeglope dekade of twee. Hou baie van die storielyn, en ook die fokus op storie eerder as ander goeters. Party puriste kan dalk kla oor die afwesigheid van toestelle, dames en motors, maar dan maak hulle baie op met die verskyning van 'n vorige Bond mobiel... Saam met Franko in die Kolonade teater terwyl Bella en Anrich iets anders gekyk het.
Haywire - 5/10
Laaste fliek voor vertrek vir die groot London vakansie! Haywire is redelike aksie, met 'n tawwe girl. Sal nou nie ver ry om hierdie een uit te neem nie. Saam met Bella op die bank.
Friends with Kids - 6/10
Friends with Kids is ietwat bokant gemiddeld, maar dit is eers in die tweede helfte van die film wat dit beter raak. Hele paar waarhede wat hulle aanraak, maar dalk tog ietwat oordrewe hier en daar. Saam met Bella op die bank. Sonder die kinders.
Total Recall - 6/10
Ek is glad nie 'n Farrell fe^n nie, maar hierdie poging is tog beter as die oue. Ek sou net eerder Kate nie as die skurk wou sien nie... maar dan maak sy 'n oulike skurk. Selfs die dame met die drie borste kom voor, maar minder modern as verwag. Lekker aksie vir 'n Vrydagaand. Saam met Bella op die bank.
The Dark Knight Rises - 8/10
Hierdie uitgawe van Batman is beslis in dieselfde liga as die vorige een, en dalk so ietwat minder donker met die afwesigheid van Joker. Het dit geniet, en 'n moet as jy van die vlermuisman hou. Saam met Bella op die bank.
Arthur Christmas - 7/10
Arthur Christmas is 'n lekker familie fliekie. Dit het 'n gepaste boodskap wat pas by Kersfees, 'n oulike inleidingsekwens, en humor wat die oueres ook kan verdra. Saam met die familie op die bank.
Wednesday, January 9, 2013
The Help - 7/10
The Help is dalk te lank gerek, wat ongelukkig die waarde van die film ondermyn. Anders is die rolspel uitstekend en die era baie getrou nageboots. Sensitiewe tema veral vir SA. As mens verby die eerste helfte kom, kry die fliek ook meer siel. Saam met Bella op die bank.
Saturday, November 24, 2012
Footloose - 4/10
Hulle kon beter met hierdie oormaak van Footloose gedoen het. Dit is 'n ou storie, konserwatief soos oorspronklik bedoel, maar kort zest, oemf en ritme. Die fliek is net te dood vir 'n dansfliek. Saam met Bella op die bank.
Brave - 6/10
Brave is 'n redelike kinderfliekie, nie heeltemal multivlak nie, maar tog so hier en daar. Lekker aksie vir die kortvolk. Saam met die familie en Ouma Lenie op die bank.
The Borgias, Seisoen 1, 2, 3 - 8/10
The Borgias is Game of Thrones, behalwe dat dit oor die pous handel. Lekker periode drama. Goeie akteurs en die mooiste milieu, kleure en stel. Een van die beter reekse wat ek al gesien het. Saam met Bella op die bank.
Subscribe to:
Posts (Atom)







































