The Orville is nogals 'n snaakse parodie, beslis gemik op Star Trek. Dit is presies Star Trek, maar dan is die dialoog nie altyd nie.... Dink nie ons gaan hierdie een deurvat nie, dit voel soos tydmors. Daar is egter heelwat snaakse tonele in die eeste episode. Saam met Bella op die bank.Saturday, September 16, 2017
The Orville, Seisoen 1 - 5/10
The Orville is nogals 'n snaakse parodie, beslis gemik op Star Trek. Dit is presies Star Trek, maar dan is die dialoog nie altyd nie.... Dink nie ons gaan hierdie een deurvat nie, dit voel soos tydmors. Daar is egter heelwat snaakse tonele in die eeste episode. Saam met Bella op die bank.The Big Sick - 6/10
The Big Sick kon heelwat korter gewees het. Dit raak so bietjie meganisties na die einde se kant, met 'n baie abrupte einde. Net te stadig. Beslis 'n tjiekfliek, maar dan op ware gebeure gebaseer, met die hoofrol as die werklike persoon.... Wonder wat die skoonfamilie van die fliek se^.... Ek dink die meeste manne sal deur hierdie een slaap of swoeg. Saam met Bella op die bank.Startup, Seisoen 1 - 5/10
StartUp het my nie nie oortuig met Episode 1 nie, miskien sal ons nog een kyk. Die oppervlakkige, net vir die skyn, onrealistiese sekstonele is steurend. Blykbaar raak dit minder later in die reeks. Saam met Bella op die bank.Monday, September 11, 2017
Pirates of the Caribbean: Dead Men Tell No Tales - 7/10
Pirates of the Caribbean: Dead Men Tell No Tales is pure Vrydagaand genot. Dit is lig, vol skerp dialoog en ontmoontlike situasies. Ek dink dalk die beste van die lot so ver. Indrukwekkende grafika, soos te verwagte. Die openingstoneel is puik! Saam met Bella en Anrich op die bank.Sunday, September 3, 2017
The Ottoman Lieutenant - 6/10
The Ottoman Lieutenant is 'n liefdesverhaal teen die agtergrond van die Turke en Armeniers tydens die Eerste Wereld Oorlog. Die film slaag beide daarin om die gru en grim van oorlog tog te wys, maar nie oorheersend tot die tema nie. Alhoewel beide hoofrolle tegnies uitstekend vertolk word, is dit jammer dat beide van ander nasionaliteite is. Die milieu is gepas en word tot voordeel gebruik. Meer 'n stadige, emosievolle pas. Saam met Bella op die bank.Despicable Me 3 - 4/10
Despicable Me 3 probeer kapitaliseer op die sukses van sy voorgangers, maar faal ongelukkig. Ten spyte van al die nimlike karakters, kort dit skerper humor. Die grafika is uitstekend, soos te verwagte, maar die lyn verveel. Saam met Anrich en Bella op die bank.Saturday, August 26, 2017
The Exception - 7/10
The Exception is 'n soet liefdesverhaal, met 1940 as milieu. Gelukkig is die gru en grou van oorlog redelik beperk tot enkele tonele. Die rolverdeling is puik, met die oubaas Keiser 'n regte sports. 'n Boodskap van hoop en verandering en menslikheid. Kyk gerus, 'n mooi en lekker fliekie, nie te swaar nie. Saam met Bella op die bank.Baywatch (2017) - 4/10
Baywatch is redelik onder-die-belt, met heelwat snaakse tonele. Beslis breinlose vermaaak, maar met baie snaakse dialoog, wat veral met die fliek self spot. Dit is nie 'n fyn spot nie, grof. Kyk op eie risiko. Verwag 'n oorvloed van borsies en boudjies, almal net-net beklee met op en oopgetrekte baaikostuums. Saam bet Bella op die bank.The Tick, Seisoen 1 - 5/10
The Tick is nogals snaaks, maar lyk baie soos hedendaagse, generiese superheld reekse. Die oorvloed van Netflix en Amazon reekse het meesal 'n donker, stegierige New York milieu. Dit is 'n kort seisoen, en die episodes is net 30 minute. Sal nog 'n episode of wat kyk. Saam met Bella en Anrich op die bank, maar ek dink nie Anrich gaan die reeks volg nie.Monday, August 21, 2017
Taboo, Seisoen 1 - 7/10
Taboo is stilisties uitstekend, met donder, broeiende vertolkings en nog meer onheilspellende karakters. Met ons eerste probeerslag het ons binne minute tou opgegooi, maar vanaand se vasbyt het betaal. Sal dit verder kyk. Saam met Bella op die bank.13 Reasons Why, Seisoen 1 - 6/10
Alhoewel 13 Reasons Why 'n meer tragiese gebeurtenis omvat, volg dit 'n interessante konsep vir tiener-reekse. Die vertolkings is dinamies, oortuigend en gepas. Dit is 'n korterige, enkel-seisoen reeks so sal dit waarskynlik klaar kyk. Saam met Bella op die bank. Sunday, August 20, 2017
Colossal - 6/10
Dit is baie moeilik om Colossal in 'n genre te plaas, my beste poging is tjiekfliek met wetenskapfiksie as karakter. Die fliek kyk makliker, alhoewel dit eintlik maar baie sterk metafories, en dalk dan meer abstrak-emosioneel is. Nie bedoel vir die hoofstroom manlike kyker nie. Die twee reuse is op die ou einde blote manifesterings van die abstrakte emosionele toestand, aksies en re-aksies, en die gesukkel om dit te kan uitdruk in woorde en konkrete goeters. Die reuse verskaf gedaante aan die morsige binnekant, met al sy bagasie. Tot 'n mate herinner dit aan Eternal Sunshine of the Spotless Mind maar is beslis nie so goed nie. Saam met Bella op die bank.Marvel's The Defenders, Seisoen 1 - 6/10
Die Marvel's The Defenders loodsepisode skep nie juis 'n swanger verwagting nie, so hopelik versnel die pas met die volgende paar aangesien daar net agt is. Dit lyk beter as die individuele reekse. Donkerder ondertone met redelik baie dialoog. Saam met Bella en Anrich op die bank. Sunday, August 13, 2017
How to Be a Latin Lover - 4/10
How to Be a Latin Lover bewys dat humor oor die kultuurgrense heen nie altyd vertaal nie. Daar is egter heelwat snaakse tonele, veral die swembad-skoenpolitoer een. Baie ligte komedie, met oppervlakkige vertolkings. Saam met Bella op die bank.Saturday, August 12, 2017
The Circle - 5/10
The Circle is bietjie lig in die broek vir so gewigtige tema. Die vertolkings ook dan verassend gemiddeld. Nog steeds interessant, en darem kykbaar, net-net. Saam met Bella op die bank.Wednesday, August 9, 2017
The Food Guide to Love - 5/10
The Food Guide to Love is baie ligte vermaak, beslis vir die dames, maar tog kykbaar. Gepaste vertolkings, dalk nie die beste in die klas nie. Omtrent so twee minute in is daar regtig 'n snaakse toneel. In die bed... Saam met Bella op die bank.Guardians of the Galaxy Vol. 2 - 7/10
Guardians of the Galaxy Vol. 2 is vars ruimtefiksie. Dit het humor, blink ruimteskepe, genoeg aksie en nimlike karakters. En dan "I am Groot". Laasgenoemde wil mens huistoe vat ek groot maak. Die beste tipe fliek vir 'n Vrydagaand. Die storielyn is geloofwaardig en interessant. Saam met die familie op die bank.Sunday, August 6, 2017
A Monster Calls - 8/10
A Monster Calls is 'n tranetrekker par excellence. Vertolkings uit die boonste rakke met grafika wat die emosies uitbeeld. 'n Gevoelvolle vertelling van die moeilikste emosies. Saam met Bella op die bank, en Anrich op die mat terwyl hy Lego bou.The Zookeeper's Wife - 7/10
The Zookeeper's Wife herinner dat hierdie donker tye in die moderne geskiedenis nog lank in die samelewing se gedagtegang gaan bly. Die absolute wreedheid en harteloosheid van gebeure en mense ontstel mens elke keer. Nie 'n ligte drama nie, maar tog met hoop as sentrale tema. Die kyk werd, raak vertolkings. Saam met Bella op die bank. Anrich het stukke saam gekyk, maar eerder op sy Lego gefokus. The Edge of Seventeen - 6/10
The Edge of Seventeen is een van die beter genre voorbeelde, met redelike vertolkings. Amerikaanse tiener (en ouer) angst op sy beste Hollywood voetjie. Ou Woody is aanvaarbaar as byspeler, op sy gewone trant. Saam met Bella op die bank.Saturday, August 5, 2017
The Mummy (2017) - 4/10
The Mummy (2017) is heel kykbaar as breinlose Vrydagaand pap-na-die-tawwe-week, springmielie vermaak. Ten minste is dit lagwekkend hier-en-daar, en dan ook onverwags 'n zombie film. Op eie risiko. Saam met Anrich em Bella op die bank. Monday, July 31, 2017
The Lost City of Z - 6/10
The Lost City of Z bevestig die romantiese blik op oerwoud ekspedisies is eintlik heelwat minder so. Baie kykbare lyn na een man se onuitputlike soeke na 'n ontwykende doelwit. Saam met Bella en Anrich op die bank. Franko het net die eerste stuk saam gekyk. Saturday, July 29, 2017
All the Way - 4/10
All the Way is tegnies puik, 'n teksboek fliek. Maar dit kyk baie moeilik en my kop het nader so gedraai ek kon nie anders as nie wakkerbly nie. Die vertolkings is uit die boonste laaie, maar dit het alles niks gehelp nie, moes tou opgooi so twee derdes in. Saam met Bella op die bank (die slag het sy meer as ek geslaap deur die film). Wonder Woman - 7/10
Wonder Woman is anders as ander superheld flieke. Seker omdat dit 'n vroulike hoofrol het. Nogals verfrissend vir 'n slag. Die skop-skiet-en-slaan tonele is nou heelwat mooier. Lekker kykfliek vir 'n Saterdagaand. Saam met die familie op die bank.Salvation, Seisoen 1 - 5/10
Salvation is bietjie lig in die broek, en skynbaar is daar net mooi mense wat die wereld van 'n gewisse meteoriet dood gaan red. Dit is kykbaar, sal dit nog kans gee, gelukkig is dit 'n kort reeks. Swymel van die sameswerings teoriee. Saam met Bella op die bank.The Mist, Minireeks - 6/10
The Mist lyk heel kykbaar, maar baie vergelykbaar met Under the Dome. Dit het 'n stygende onheil lyn, hopelik raak dit nie sepierig nie. Saam met Bella op die bank.Friday, July 28, 2017
Transformers: The Last Knight - 3/10
Transformers: The Last Knight is redelik saai, min storie, baie grafika, en dis amper al. Die dialoog is belaglik swak, en die verskeie dialekte, pla veral. Saam met Anrich en Franko op die bank, Bella het tou opgegooi. Wednesday, July 19, 2017
Gifted - 6/10
Wilson - 4/10
Wilson het nogals potensiaal, maar dalk nie met Woody se dodelike verteltrant-stem nie. Ek het so twee derdes gevorder en moes toe die aftogblaas. Van Amsterdam na Doha op QR274.Life - 4/10
Dalk moes hulle Life eerder Death genoem het. Die fliek kyk redelik, maar raak tog so bietjie oordrewe in tipiese Hollywoodstyl. Net-net die moeite werd gewees op QR274 van Amsterdam na Doha, om tyd te verwyl. Monday, July 17, 2017
Ghost in the Shell - 6/10
Ghost in the Shell sou beter punte verdien het as die vroulike hoofrol deur 'n gepaste Japanese meisie vertolk was, eerder as Scarlett Moet my nie verkeerd verstaan nie, sy doen die rol geen onreg aan nie, maar dit sou 'n beter effek gehad het, meer gepas gevoel het. Uitstekende grafika, redelike storielyn. Saam met die familie op die bank in Amsterdam. Ai. Monday, July 3, 2017
The East - 6/10
The East voel baie realisties, dalk amper te veel so. Die fliek werk goed omdat die vroulike hoofrol nie 'n superspioen is nie, maar 'n gewone een wat ook vrese het en foute maak. Kyk gerus as jy van sameswerings teoriee hou. Op QR159 van Doha na Kopenhagen.Underworld: Blood Wars - 5/10
Underworld: Blood Wars is redelik gemiddeld, soveel so dat ek nie regtig die einde kan onthou nie... Tog kykbaar, maar donker, soos te verwatgte. Op QR159 van Doha na Kopenhagen.Sunday, July 2, 2017
Coming Through the Rye - 6/10
Coming Through the Rye is 'n alternatiewe kykie na Catcher in the Rye, deur 'n skoollaaitie se oe". Soos hulle op Engels se^, coming of age. Mondigwording klink nie gepas nie. Die vertolkings is puik, die trant, milieu en styl ondersteunend. Verwag tiener intrige, storm en drang. Op QR1364, Johannesburg na Doha. The Great Wall - 4/10
The Great Wall is kykbare aksie, maar ongelukkig verongeluk deur Hollywood. Die rolverdeling is gepas vir 'n skop-skiet-en-algemeen fliekie, maar nie vir Die Groot Muur nie. Nee, ek dink hy kort bietjie meer respek, met gepaste rolverdeling en 'n behoorlike lyn. Hierdie is maar Jason Bourne, net in 'n ander milieu. Dit werk nie. Van Johannesburg na Doha op QR1364.Table 19 - 3/10
Table 19 is redelik pynlik om te kyk, maar vir een of ander simpel rede het ek dit klaar gekyk. Die karakters is almal irriterend en heelwat potensiaal onontgin. Vermy dalk eerder. Van Johanneburg na Doha op QR1364.Sunday, June 25, 2017
Kong: Skull Island - 7/10
Kong: Skull Island het 'n sterk Sewentigers gevoel wat deur die klankbaan ondersteun word. Daar is heelwat bloed, binnegoeters en mega-goggas, maar dit ten spyte is die fliek kykbare Vrydagaand materiaal. Saam met die familie op die bank.Micro Monsters, Seisoen 1 - 7/10
Micro Monsters is minder aanskoulik as van Sir David se ander reekse, maar steeds die moeite werd en interessant. Hier is hy nog so bietjie jonger. Saam met Anrich op die bank.Riviera, Seisoen 1 - 6/10
Riviera is iets tussen Falcon Crest en The Night Manager, met so gevoel van Revenge daarby. Seisoen 1 is net 10 episodes, sal dit 'n kans gee. Mooi huise, plekke, meisies, karre en seiljagte. Saam met Bella op die bank.Sunday, June 18, 2017
Power Rangers - 3/10
Power Rangers begin heel goed, maar raak dan net te voorspelbaar en net te min koel truuks. Nie die moeite werd nie. Saam met die familie op die bank.Their Finest - 7/10
Their Finest is 'n bittersoet oorlog fliekie. Tipies onderspeeld met 'n Britse rolverdeling en glad nie swaarmoedig nie, maar met genoeg traantrekkrag. Dit stel ook die meer deurdringende karakter van die mens in swaar tye bloot. Gepaste vertolkings, en 'n mooi periode stuk. Saam met Bella op die bank. Saturday, June 17, 2017
CHIPS - 6/10
Kyk, CHIPS is nie materiaal wat jy saam met Ouma gaan kyk nie, maar dit is nogals baie snaaks, met heelwat onder die belt humor. Moet ook nie kyk as vloek jou gaan ontstel nie. Die rolverdeling is perfek. Ek was redelik moeg, maar die fliek kon my wakker hou. Saam met Bella op die bank.The Finest Hours - 6/10
The Finest Hours hou mens nogals op die punt van jou stoel, veral omdat dit op ware gebeure gebaseer is. Wat egter heeltemal flop is die flou pogings van die hoofrolle om onderliggende emosies te probeer uitdruk. Dit werk eenvoudig nie, en die fliek kon maklik 30 minute korter gewees het, sonder lang staar tonele. Dit ten spyt, wat die 3 manne kon regkry bly 'n wonderwerk. Saam met Bella en Anrich op die bank.Fearless, Seisoen 1 - 6/10
Fearless val in die kategorie van The Killing en The Fall. Daar is net anders aan Britse reekse oor ondersoeke en moorde wat dit beter maak as die res. 'n Lekker kort reeks met heelwat ontwikkeling in elke episode. Goeie vertolkings. Saam met Bella op die bank. Fast and Furious 8: The Fate of the Furious - 6/10
The Fate of the Furious Lekker vermaak, veral vir 'n Vrydagaand. Heelwat nuwe truuks, van hulle fantasties onmoontlik. Moet nie diep dialoog, 'n sterk storie lyn of so verwag nie. Skerp dialoog veral tussen The Mechanic en The Rock. Saam met die familie op die bank.Wednesday, June 14, 2017
Poldark, Seisoen 1 - 6/10
Poldark lyk belowend, voel klein bietjie sepierig, maar sal dit nog kans gee teen die milieu. Saam met Bella op die bank.Tuesday, June 13, 2017
The LEGO Batman Movie - 6/10
The LEGO Batman Movie is nogals heel goeie kykmateriaal, of dalk eerder luister materiaal. Pittige dialoog, goeie humor, sou nogals graag hierdie ietwat van 'n parodie op superhelde met regte mense wou sien (ook). Saam met Bella en Anrich in Franko se kamer, terwyl hy ....John Wick: Chapter 2 - 5/10
John Wick: Chapter 2 is dalk beter as die vorige een, maar die arme John lyk of hy swaar trek... Die fliekie is goeie Vrydagaand, breinlose vermaak met 'n bak springmielies. Saam met die familie op die bank, ten minste kon die fliek almal geboei en op die bank hou.Monday, June 5, 2017
The Son, Seisoen 1 - 5/10
The Son voel so bietjie sepierig, maar dit het net 10 episodes en blykbaar is Seisoen 2 goedgekeur. Sal dit nog so episode of wat kans gee. Kyk as die Amerikaanse olie geskiedenis in Suid-Texas jou interesseer, asook hulle verhouding met die Mexikane en Indiane. Saam met Bella op die bank.Saturday, June 3, 2017
Hacksaw Ridge - 7/10
Hacksaw Ridge wys maar die grimmigheid van oorlog in redelike fyn detail, maar dit ten spyt, kyk dit nogals heel maklik. Nie oormatig sentimenteel of melodramaties nie, met uitstekende vertolkings. Saam met Bella en Anrich op die bank.
Subscribe to:
Posts (Atom)

