Fifty Shades Darker is beslis tydmors, dit werk net nie. Te stadig, powere rolverdeling, swak vertolkings, en glad nie eroties nie. Lagwekkende situasies waar dit nie moet wees nie... Vermy beslis, strengste op eie risiko. Saam met Bella op die bank.Saturday, October 28, 2017
Fifty Shades Darker - 2/10
Fifty Shades Darker is beslis tydmors, dit werk net nie. Te stadig, powere rolverdeling, swak vertolkings, en glad nie eroties nie. Lagwekkende situasies waar dit nie moet wees nie... Vermy beslis, strengste op eie risiko. Saam met Bella op die bank.Strike: The Cuckoo's Calling, Seisoen 1 - 7/10
Strike: The Cuckoo's Calling is 'n ordentlike wie't-dit-gedoen. Gepaste rolverdeling, oortuigende vertolkings. Raak-raak so aan noir (die kantoor, nie die vertelstyl nie). Kyk gerus, hierdie is Brits, so meer onderspeeld. Dit is 'n herhalende minireeks. Saam met Bella op die bank.Sunday, October 22, 2017
Vir die Voels - 6/10
Vir die Voels is 'n redelike Afrikaanse drama-romanse. Dit is goed vervaardig, periode korrek, en glad nie te soetsappig nie. Alhoewel dit lig voorkom, is dit so bietjie aan die swaar kant, maar met genoeg humor of ligte oomblikke om dit nie swaarmoedig te laat voel nie. Kyk gerus, jy sal aangenaam verras wees. Het hierdie een op DVD moes kyk, iets wat ons jare laas gedoen het. Moes op die ou einde by Mr Video Wonderboom-Suid gaan huur. Daar is nie meer video winkels nie.... Saam met Bella op die bank. Viceroy's House - 5/10
Viceroy's House voel baie soos 'n dokumenter met twee hoofrolle wat sukkel om uit hulle suksesse te ontsnap. Lord Grantham, bly maar Lord Grantham, en Scully sukkel om geloofwaardig te wees. Ek het groot stukke geslaap, so kan nie regtig se^ ek het die fliek behoorlik gekyk nie. Saam met Bella op die bank. Gaap. Sunday, October 15, 2017
House of Cards, Seisoen 1 - 5/10
House of Cards is waarskynlik fantiesties goed, maar dit lyk vir my net te uitputtend om te kyk. Hou eers verby. Op EK768 vir werk na Dubai.Alien: Covenant - 6/10
Alien: Covenant het my ietwat onkant betrap, ek het dit heelwat meer geniet as wat ek gedink het ek gaan. Dit is nie te grim nie, maar met 'n dodelike einde. Nogals 'n spannende lyn, nie oor die monsters nie, eerder oor die toekoms en ander goeters. Op EK768 vir werk na Dubai.Mad Men, Seisoen 1 - 6/10
Mad Men stel bar chauvinisme hier aan die kaak, soveel so dat dit 'n moderne een nogals kriewelig sal laat voel. So-ook met die blatante breinspoel van die massas, aanvanklik gefokus op die verleiding van dampies slaan. Het die eerste opisode op EK768 gekyk, en dadelik Bella laat weet ons moet die res kyk. Was nogals teleurgestel dat daar al sewe seisoene is! Ek vermoed dit word dan sepierig, sal nog stees dalk net die eerste seisoen kyk.SS-GB, Seisoen 1 - 7/10
SS-GB herinner sterk aan The Man in the High Castle , maar hierdie interpretasie voel so aks donkerder. Kragtige vertolkings, veral die manlike hoofrol, met 'n gepaste antagonis. Het die eerste episode op EK768 gesien en dadelik Bella laat weet ons moet beslis hierdie kyk. Alternatiewe uitkomste vir historiese gebeure, as dit periode-korrek is, is 'n aangename ontsnapping van die gewone stapel. Monday, October 9, 2017
Sully - 6/10
Al weet mens eintlik hoe Sully verloop het in realiteit, bly die film nogals spannend. Dit is gepas vervaardig, met net so 'n rolverdeling. En dit bly 'n wonder dat almal dit oorleef het - iets wat die film in slaag om te bevestig. Saam met Bella op die bank. Sunday, October 8, 2017
The Gifted, Seisoen 1 - 4/10
The Gifted se eerste paar minute laat mens besluit, hierdie is dalk nie so sleg nie, en dan aan die einde van die eerste episode maak mens vinnig die besluit, net nog gewone pulp, nie die tyd of energie werd nie. Dit raak baie vinnig hiper-generies. Saam met Bella op die bank.Inhumans, Seisoen 1 - 4/10
Neewat, Inhumans is so bietjie lagwekkend simpel. Hou verby. Mens voel glad nie tot enige van die karakters aangetrokke nie, die belegging in tyd is nie die moeite werd nie. Saam met die familie op die bank, alhoewel Franko nie eers wou probeer nie. War for the Planet of the Apes - 6/10
War for the Planet of the Apes beweeg nogals baie stadig, en spreek sterk eksistensiele elemente aan. Soveel so, beide Anrich en Franko het tou opgegooi na 'n kort rukkie. Die grafika is waarskynlik die nuwe industrie standaard, so perfek lyk dit. Dit kyk 'n bietjie moeiliker oor die stadige dialoog, maar dan, ten einde, voel mens nie ingedoen nie. Dit gebeur min, maar hierdie uitgawe verbeter op die eerstes. Saam met Bella op die bank. Spider-Man: Homecoming - 8/10
Spider-Man: Homecoming is regtig 'n verfrissende poging tot die superheld genre. Dit voel of iemand die gewone, tipiese tienerreaksie tot so 'n toestand gebruik het as leiding. Die humor en heelwat minder uitgerekte, sinlose gevegstonele, laat 'n genotvolle nasmaak in die mond. Dee fliek kyk lekker, selfs vir Anrich en Franko ook. Die enisgte krietiek tot die film is dat Tante May heeltemal te seksie vir haar rol is, dit moet mos 'n ou tannetjie wees!? En dit is glad nie donker nie, selfs kleineres sal dit kan geniet. Die stukke met Mnr Stark werk ook baie goed. Saam met die familie op die bank.Atypical, Seisoen 1 - 7/10
Atypical herinner sterk aan Speechless. Mens vind byval met die karakters, en wil sien waarnatoe die storie beweeg. Daar is nog 'n nuwe reeks rondom 'n briljante Dokter met die selfde tipe tema, maar gaan dit nie probeer nie. Saam met Bella op die bank. Bywerking 12 Oktober 2021 Het die punt van ses na sewe hersien. Atypical het afgehandel maar is een van die min reekse wat nou 'n gaping laat in mens se gereelde kykmateriaal. Die vertolkings is uitnemend, veral die hoofrol.
Young Sheldon, Seisoen 1 - 6/10
Young Sheldon is redelik, maar nie naastenby so goed as die hoofreeks nie. Sal dit nog kans gee, maar dan moet dit ietwat optel. Saam met die familie op die bank, alhoewel ek dink beide Franko en Anrich gaan dit nie verder kyk nie.Original Sin - 5/10
Original Sin moes eintlik Original Sins gewees het, want die fliekie spreek wellus en hebsug aan.... Hierdie is beslis ook toe Angelina en Antonio nog jonk was - dit is 'n 2001 film. Kyk heel gemaklik, maar moet nie te veel verwag nie. Saam met Bella op die bankThe Last Post, Minireeks - 6/10
The Last Post is 'n kort reeks en lyk interessant genoeg om deur te volg. Dit is boonop in Suid Afrika verfilm, so mens herken heelwat van die plekke, veral Simonstad. Saam met Bella op die bank.Saturday, October 7, 2017
Churchill - 7/10
Churchill is eintlik meer 'n kragtoer vir die hoofrol verdeling. Die ou man was maar moeilik, en het sekerlik hedendaagse geskiedenis eiehandig bepaal. Mens leer iets onverwags - ons eie Gen Jan Smuts se invloed en verhoudig met die Engelse Bulhond. Ook dat Churchill se vrou van staal, of dalk eerder titanium - gemaak was. Kyk gerus as hierdie geskiedenis jou interesseer, anders gaan jy heelwat gaap en slaap. Saam met Bella op die bank.Saturday, September 30, 2017
Baby Driver - 7/10
Baby Driver is die mees kreatiefste wegkom-kar-fliek nog. Dit het 'n sterk Tagtigs gevoel met so sprinkel Tarantino daarby. Die rolverdeling werk veral goed, veral met die vroulike hoofrol. Saam met die familie op die bank.Killing Gunther - 2/10
Killing Gunther herinner aan die aksioom dat komediante nie moet flieks maak nie... Hierdie is eintlik erg pateties, maar vir een of ander vreemde rede kyk mens dit klaar. Daar is net nie genoeg humor nie. Selfs Arnie red nie die fliek nie. Saam met die familie op die bank.Maudie - 7/10
Maudie is 'n stadige, bittersoet liefdesdrama, gebaseer op ware gebeure (en persone). Dit bevestig mens het eintlik baie min nodig om gelukkig te wees... Die film kyk nogals moeilik, maar as mens die moeite doen om dit klaar te kyk, voel dit of jy iets bereik het. Minder van die manne sal hierdie een kan deurvoer. Saam met Bella op die bank.Star Trek: Discovery, Seisoen 1 - 6/10
Star Trek: Discovery lyk en voel nie heeltemal soos Star Trek nie.... The Orville is meer Star Trek, net met humor en stoute dialoog by. Sal dit nog kans gee, maar die baie Klingon gepraat in die eerste twee episodes is ontmoedigend. Saam met Bella op die bank. Anrich sien nie kans nie, nie na die eerste episode nie, en Franko is nie 'n Trekkie nie. Saturday, September 16, 2017
Breathe In - 5/10
Breathe In is nogals pynlik stadig sonder enige aksie. Die musiek is mooi. Dit eindig baie stomp en sonder resolusie. Minder vir die manne bedoel. Saam met Bella op die bank. The Orville, Seisoen 1 - 5/10
The Orville is nogals 'n snaakse parodie, beslis gemik op Star Trek. Dit is presies Star Trek, maar dan is die dialoog nie altyd nie.... Dink nie ons gaan hierdie een deurvat nie, dit voel soos tydmors. Daar is egter heelwat snaakse tonele in die eeste episode. Saam met Bella op die bank.The Big Sick - 6/10
The Big Sick kon heelwat korter gewees het. Dit raak so bietjie meganisties na die einde se kant, met 'n baie abrupte einde. Net te stadig. Beslis 'n tjiekfliek, maar dan op ware gebeure gebaseer, met die hoofrol as die werklike persoon.... Wonder wat die skoonfamilie van die fliek se^.... Ek dink die meeste manne sal deur hierdie een slaap of swoeg. Saam met Bella op die bank.Startup, Seisoen 1 - 5/10
StartUp het my nie nie oortuig met Episode 1 nie, miskien sal ons nog een kyk. Die oppervlakkige, net vir die skyn, onrealistiese sekstonele is steurend. Blykbaar raak dit minder later in die reeks. Saam met Bella op die bank.Monday, September 11, 2017
Pirates of the Caribbean: Dead Men Tell No Tales - 7/10
Pirates of the Caribbean: Dead Men Tell No Tales is pure Vrydagaand genot. Dit is lig, vol skerp dialoog en ontmoontlike situasies. Ek dink dalk die beste van die lot so ver. Indrukwekkende grafika, soos te verwagte. Die openingstoneel is puik! Saam met Bella en Anrich op die bank.Sunday, September 3, 2017
The Ottoman Lieutenant - 6/10
The Ottoman Lieutenant is 'n liefdesverhaal teen die agtergrond van die Turke en Armeniers tydens die Eerste Wereld Oorlog. Die film slaag beide daarin om die gru en grim van oorlog tog te wys, maar nie oorheersend tot die tema nie. Alhoewel beide hoofrolle tegnies uitstekend vertolk word, is dit jammer dat beide van ander nasionaliteite is. Die milieu is gepas en word tot voordeel gebruik. Meer 'n stadige, emosievolle pas. Saam met Bella op die bank.Despicable Me 3 - 4/10
Despicable Me 3 probeer kapitaliseer op die sukses van sy voorgangers, maar faal ongelukkig. Ten spyte van al die nimlike karakters, kort dit skerper humor. Die grafika is uitstekend, soos te verwagte, maar die lyn verveel. Saam met Anrich en Bella op die bank.Saturday, August 26, 2017
The Exception - 7/10
The Exception is 'n soet liefdesverhaal, met 1940 as milieu. Gelukkig is die gru en grou van oorlog redelik beperk tot enkele tonele. Die rolverdeling is puik, met die oubaas Keiser 'n regte sports. 'n Boodskap van hoop en verandering en menslikheid. Kyk gerus, 'n mooi en lekker fliekie, nie te swaar nie. Saam met Bella op die bank.Baywatch (2017) - 4/10
Baywatch is redelik onder-die-belt, met heelwat snaakse tonele. Beslis breinlose vermaaak, maar met baie snaakse dialoog, wat veral met die fliek self spot. Dit is nie 'n fyn spot nie, grof. Kyk op eie risiko. Verwag 'n oorvloed van borsies en boudjies, almal net-net beklee met op en oopgetrekte baaikostuums. Saam bet Bella op die bank.The Tick, Seisoen 1 - 5/10
The Tick is nogals snaaks, maar lyk baie soos hedendaagse, generiese superheld reekse. Die oorvloed van Netflix en Amazon reekse het meesal 'n donker, stegierige New York milieu. Dit is 'n kort seisoen, en die episodes is net 30 minute. Sal nog 'n episode of wat kyk. Saam met Bella en Anrich op die bank, maar ek dink nie Anrich gaan die reeks volg nie.Monday, August 21, 2017
Taboo, Seisoen 1 - 7/10
Taboo is stilisties uitstekend, met donder, broeiende vertolkings en nog meer onheilspellende karakters. Met ons eerste probeerslag het ons binne minute tou opgegooi, maar vanaand se vasbyt het betaal. Sal dit verder kyk. Saam met Bella op die bank.13 Reasons Why, Seisoen 1 - 6/10
Alhoewel 13 Reasons Why 'n meer tragiese gebeurtenis omvat, volg dit 'n interessante konsep vir tiener-reekse. Die vertolkings is dinamies, oortuigend en gepas. Dit is 'n korterige, enkel-seisoen reeks so sal dit waarskynlik klaar kyk. Saam met Bella op die bank. Sunday, August 20, 2017
Colossal - 6/10
Dit is baie moeilik om Colossal in 'n genre te plaas, my beste poging is tjiekfliek met wetenskapfiksie as karakter. Die fliek kyk makliker, alhoewel dit eintlik maar baie sterk metafories, en dalk dan meer abstrak-emosioneel is. Nie bedoel vir die hoofstroom manlike kyker nie. Die twee reuse is op die ou einde blote manifesterings van die abstrakte emosionele toestand, aksies en re-aksies, en die gesukkel om dit te kan uitdruk in woorde en konkrete goeters. Die reuse verskaf gedaante aan die morsige binnekant, met al sy bagasie. Tot 'n mate herinner dit aan Eternal Sunshine of the Spotless Mind maar is beslis nie so goed nie. Saam met Bella op die bank.Marvel's The Defenders, Seisoen 1 - 6/10
Die Marvel's The Defenders loodsepisode skep nie juis 'n swanger verwagting nie, so hopelik versnel die pas met die volgende paar aangesien daar net agt is. Dit lyk beter as die individuele reekse. Donkerder ondertone met redelik baie dialoog. Saam met Bella en Anrich op die bank. Sunday, August 13, 2017
How to Be a Latin Lover - 4/10
How to Be a Latin Lover bewys dat humor oor die kultuurgrense heen nie altyd vertaal nie. Daar is egter heelwat snaakse tonele, veral die swembad-skoenpolitoer een. Baie ligte komedie, met oppervlakkige vertolkings. Saam met Bella op die bank.Saturday, August 12, 2017
The Circle - 5/10
The Circle is bietjie lig in die broek vir so gewigtige tema. Die vertolkings ook dan verassend gemiddeld. Nog steeds interessant, en darem kykbaar, net-net. Saam met Bella op die bank.Wednesday, August 9, 2017
The Food Guide to Love - 5/10
The Food Guide to Love is baie ligte vermaak, beslis vir die dames, maar tog kykbaar. Gepaste vertolkings, dalk nie die beste in die klas nie. Omtrent so twee minute in is daar regtig 'n snaakse toneel. In die bed... Saam met Bella op die bank.Guardians of the Galaxy Vol. 2 - 7/10
Guardians of the Galaxy Vol. 2 is vars ruimtefiksie. Dit het humor, blink ruimteskepe, genoeg aksie en nimlike karakters. En dan "I am Groot". Laasgenoemde wil mens huistoe vat ek groot maak. Die beste tipe fliek vir 'n Vrydagaand. Die storielyn is geloofwaardig en interessant. Saam met die familie op die bank.Sunday, August 6, 2017
A Monster Calls - 8/10
A Monster Calls is 'n tranetrekker par excellence. Vertolkings uit die boonste rakke met grafika wat die emosies uitbeeld. 'n Gevoelvolle vertelling van die moeilikste emosies. Saam met Bella op die bank, en Anrich op die mat terwyl hy Lego bou.The Zookeeper's Wife - 7/10
The Zookeeper's Wife herinner dat hierdie donker tye in die moderne geskiedenis nog lank in die samelewing se gedagtegang gaan bly. Die absolute wreedheid en harteloosheid van gebeure en mense ontstel mens elke keer. Nie 'n ligte drama nie, maar tog met hoop as sentrale tema. Die kyk werd, raak vertolkings. Saam met Bella op die bank. Anrich het stukke saam gekyk, maar eerder op sy Lego gefokus. The Edge of Seventeen - 6/10
The Edge of Seventeen is een van die beter genre voorbeelde, met redelike vertolkings. Amerikaanse tiener (en ouer) angst op sy beste Hollywood voetjie. Ou Woody is aanvaarbaar as byspeler, op sy gewone trant. Saam met Bella op die bank.Saturday, August 5, 2017
The Mummy (2017) - 4/10
The Mummy (2017) is heel kykbaar as breinlose Vrydagaand pap-na-die-tawwe-week, springmielie vermaak. Ten minste is dit lagwekkend hier-en-daar, en dan ook onverwags 'n zombie film. Op eie risiko. Saam met Anrich em Bella op die bank. Monday, July 31, 2017
The Lost City of Z - 6/10
The Lost City of Z bevestig die romantiese blik op oerwoud ekspedisies is eintlik heelwat minder so. Baie kykbare lyn na een man se onuitputlike soeke na 'n ontwykende doelwit. Saam met Bella en Anrich op die bank. Franko het net die eerste stuk saam gekyk. Saturday, July 29, 2017
All the Way - 4/10
All the Way is tegnies puik, 'n teksboek fliek. Maar dit kyk baie moeilik en my kop het nader so gedraai ek kon nie anders as nie wakkerbly nie. Die vertolkings is uit die boonste laaie, maar dit het alles niks gehelp nie, moes tou opgooi so twee derdes in. Saam met Bella op die bank (die slag het sy meer as ek geslaap deur die film). Wonder Woman - 7/10
Wonder Woman is anders as ander superheld flieke. Seker omdat dit 'n vroulike hoofrol het. Nogals verfrissend vir 'n slag. Die skop-skiet-en-slaan tonele is nou heelwat mooier. Lekker kykfliek vir 'n Saterdagaand. Saam met die familie op die bank.Salvation, Seisoen 1 - 5/10
Salvation is bietjie lig in die broek, en skynbaar is daar net mooi mense wat die wereld van 'n gewisse meteoriet dood gaan red. Dit is kykbaar, sal dit nog kans gee, gelukkig is dit 'n kort reeks. Swymel van die sameswerings teoriee. Saam met Bella op die bank.The Mist, Minireeks - 6/10
The Mist lyk heel kykbaar, maar baie vergelykbaar met Under the Dome. Dit het 'n stygende onheil lyn, hopelik raak dit nie sepierig nie. Saam met Bella op die bank.Friday, July 28, 2017
Transformers: The Last Knight - 3/10
Transformers: The Last Knight is redelik saai, min storie, baie grafika, en dis amper al. Die dialoog is belaglik swak, en die verskeie dialekte, pla veral. Saam met Anrich en Franko op die bank, Bella het tou opgegooi.
Subscribe to:
Posts (Atom)
