Burke and Hare het groot afwagting geskep met die periode, milieu en rolverdeling, maar nogals gefaal as komiese drama. Dit het al die bestandele, maar die broodjie het nie gerys nie. Ai. Saam met Bella op die bank.Sunday, October 28, 2018
Burke and Hare - 4/10
Burke and Hare het groot afwagting geskep met die periode, milieu en rolverdeling, maar nogals gefaal as komiese drama. Dit het al die bestandele, maar die broodjie het nie gerys nie. Ai. Saam met Bella op die bank.Saturday, October 27, 2018
Alpha - 4/10
Alpha is eintlik nogals swak, die milieu en kostuumwerk pas glad nie by die stemwerk, wat skynbaar met moeite ontwikkel is, nie. Die spanningslyn is pap, sonder fut, en die hele petalje lank, stadig en uitgerek. Lang tonele sonder enige bydrae. Saam met Bella op die bank. Juliet, Naked - 6/10
Juliet, Naked is 'n baie ligte tjiek fliekie, dalk nie helemal gepas vir die manlike gehoor nie. Dit kyk nie te sleg nie, en het voldoende komiese elemente. Dit is dan die rolverdeling wat die film red en kykbaar maak vir 'n wyer gehoor. Saam met Bella op die bank.Tuesday, October 23, 2018
Camping, Seisoen 1 - 4/10
Die eerste episode van Camping was nir te sleg nie, kon doen met meer humor. Die tweede episode was net eenvoudig flou, so die res lyk nie die moeite werd nie. Dit lyk ook erg ekonomies vervaardigd. Dit ten spyte van 'n redelike rolverdeling. Saam met Bella op die bank. Friday, October 19, 2018
Terminal - 3/10
Ten spyte van 'n aantreklike en sterbelaaide rolverdeling, faal Terminal klaaglik. Dalk is dit die irriterende verteller, of dalk net die gebrek aan 'n oortuigende storielyn. In elk geval, kon net sowat die eerste derde uithou. Bella het sommer van die begin af handoek ingegooi. Monday, October 15, 2018
King Arthur: Legend of the Sword - 5/10
King Arthur: Legend of the Sword het ons destyds gesien toe dit beskikbaar geraak het. Weet nie hoekom die resensensie verlore geraak het nie.... Nietemin, dit het nie die beste indruk gelaat nie. was te veel fantasie en te min storie. Saam met Bella (en die res?) op die bank.Sunday, October 14, 2018
The Kindergarten Teacher - 6/10
The Kindergarten Teacher is 'n overwagse sielkundige riller. Alhoewel 'n kort film, voel dit langer oor die gemete pas. Dit is berekenend, met 'n oomblik van waansin wat dan die lyn voltrek in 'n enkele stap. Nie daardie warm verhaal oor 'n wunderkind nie... Saam met Bella op die bank.Saturday, October 13, 2018
Loving Vincent - 8/10
Loving Vincent is uiters kreatief vervaardig, met gepaste stemwerk en lyn. Alhoewel ek dele gemis het (was baie moeg), is hierdie beslis die moeite werd en moet ek daar maar nogmaals kyk. Saam met Bella op die bank.Manifest, Seisoen 1 - 3/10
Manifest lyk net te sepierig. Mooi mense, diep gesprekke sonder veel rigting of doelwit. Nee wat, het nie eers die eerste episode 5 minute kans gegee nie. Saam met Bella op die bank.Friday, October 12, 2018
The Clapper - 6/10
The Clapper is uiteindelik 'n klasles in realiteits kwets programme. Hoe die geblikte lag en klap bedryf werk. En dan 'n propperse tjiekfliek met 'n hopelose romantikus in die reseppie. Kykbaar, maar moet nie te veel verwag nie. Tot 'n mate 'n vreemde rolverdeling, veral met die vroulike hoofrol. Saam met Bella op die bank. The Romanoffs, Seisoen 1 - 3/10
The Romanoffs lyk belowend, maar dan verval dit taamlik vinnig in 'n baie oppervlakkige tydsvermorsing. Amper asof dit 'n teoretiese oefening is in reeks vervaardiging. Nee wat. Beste deel is die rolverdeling, milieu en dan die inleidende konteks vignette. Saam met Bella op die bank.DC Titans, Seisoen 1 - 3/10
Hmmm, nee, nie lus vir die demoon tema van DC Titans nie... Het so 10 minute van die eertste episode kon maak en opgegee. Saam met Bella op die bank.Thursday, October 11, 2018
Life, Love, Lust (2010) - 6/10
Life, Love, Lust is drie aparte vignette wat elk handel oor 'n deel van die film titel. Baie gewaagde erotika (vir 2010). Het dit in Wilderness Nasionale Park gekyk tydens 'n Oktober 2020 werksreis.
Saturday, October 6, 2018
Swimming with Men - 6/10
Swimming with Men is 'n teer kykie na aanvaarding, alhoewel gebaseer op ware gebeure. 'n Baie eenvoudige en ekonomiese premisse, tog kykbaar met net genoeg komiese en pynigende tonele. Saam met Bella op die bank.The Crossing, Seiusoen 1 - 6/10
The Crossing is 'n korter reeks, anders sou dit uitmergelend geraak het. Daar gebeur genoeg in 'n episode, en die spanningslyn tel stadig op. Dit voel te veel na iets soos Under the Dome en The Mist, maar is tog kykbaar. Ten minste werk die rolverdeling. Saam met Bella op die bank.Wednesday, October 3, 2018
Ant-Man and the Wasp - 8/10
Al is Ant-Man and the Wasp baie lig, is dit propvol tonekrul aksie en taamlik onskuldige humor. Dit is sekerlik die snaakste superheld film, met so paar van die byrolle wat uitstaan in hierdie opsig. Kyk gerus as jy lus is vir gemaklike ontspanning. Saam met Bella en Anrich op die bank.Monday, October 1, 2018
War Machine - 6/10
As dit nie vir ou Brad se tong-in-die-kies vertolking van Generaal Glenn McMahon was nie, sou War Machine sekerlik gefaal het. Dit is Weermag humor op sy skerpste, maar beslis met al die nodige gekruide taal daarby. Saam met Bella op die bank.Saturday, September 29, 2018
Hold the Dark - 6/10
Hold the Dark speel in 'n ongerepte wildernes af, maar wat redelik onherbergsaam is vir mense. Op 'n fisiese vlak oorleef die mense hierdie uitdagende daaglikse aanpassing ooglopend sonder moeite. Maar dit is dan op 'n psigiese vlak wat hulle nie oofleef nie. Daar is 'n skerp kontras tussen die ongerepte uiterlike, en besoedelde innerlike. Nie 'n ligte drama nie, met spannings en ril elemente Saam met Bella op die bank.Thursday, September 27, 2018
Norsemen, Seisoen 1 - 4/10
Monday, September 24, 2018
The First, Seisoen 1 - 8/10
The First het 'n stylvolle karakter, helder stemwerk met komplekse onderstrome. Dit is anders op 'n goeie manier, boeiend. Strange Angel kon hierdie glad nie regkry nie. Die rolverdeling, veral vir die manlike en vroulike hoofrolle is uitnemend. Die onderspeelde rol van tegnologie oor ook verfrissend - soos dit hoort - dit werk, en is prakties sonder fanfare. Wat wel pla is die rede vir die Mars missie. Skynbaar vir oor-bevolking van die planeet (Aarde). Maar meeste van al die tonele wys groot oop spasies, uiters lae digtheid!? Of dalk is almal wat aan die program werk hiper welaf? Saam met Bella op die bank.Johnny English Strikes Again - 6/10
Johnny English Strikes Again is nie so snaaks en oortuigend as die vorige een nie. Dit is steeds vol grappe en alles, maar mens kry die gevoel Mnr Atkinson hou so bietjie terug, of wil dalk die rol verander.... In elk geval 'n lekker teater uitstappie saam met die familie na Capitol Cinemas. Saturday, September 22, 2018
Little Italy - 5/10
Little Italy is baie lig, cliche-voorspelbaar, maar tog nie te sleg of onkykbaar nie. Tipiese tjiekfliek-stapel. Saam met Bella op die bank, 'n kou lui, Saterdagmiddag.Friday, September 21, 2018
Zoe - 6/10
Zoe is 'n kuns-wetenskap fiksie-tjiekfliekie. Dit is ekonomies in terme van milieu, karakters, rolverdeling en draaiboek. Stadige ontwikkeling en tempo. Moet beslis nie aksie en lawaai verwag nie. Dit lewer wel sterk kommentaar op die aanvaarding van tegnologie in meer intieme kwartiere. Die vertolkings is nogals raak. Kyk dalk op eie risiko. Saam met Bella op die bank.The Good Cop, Seisoen 1 - 5/10
The Good Cop bring 'n ou bekende, Tony Danza, terug in 'n parodie op die cliche polisie speurder paar. Sal dit nog kans gee, lyk nog so bietjie lig in die broek. Na nog so episode of wat besluit dit is nie die belegging werd nie. Tuesday, September 18, 2018
Vanity Fair, Seisoen 1 - 5/10
Vanity Fair lyk in teorie na 'n sterk opsie, maar verval in net te veel oppervlakkigheid. Dit is seker dan in lyn met die titel, maar self oppervlakkigheid kan diep wees. Nee wat, nie die tyd en moeite werd nie. Saam met Bella op die bank.Sunday, September 16, 2018
Jurassic World: Fallen Kingdom - 4/10
Jurassic World: Fallen Kingdom en al die opvolgers van die oorspronlike sal nooit regtig dieselfde impak he^ nie. Hierdie is seker nie te sleg nie, dalk bietjie meer kykbaar. Uitstaande grafika en grafies effekte. Saam met Bella en Anrich en Franko op die bank.Skyscraper - 4/10
Skyscraper se ondergang is 'n gebrek aan humor. Daar is 'n enkele The Rock se^-ding, wat beslis nie die film red nie. Indrukwekkende grafika, tegnologie en alles, maar as ek 'n fliek van The Rock kyk, verwag ek verwysings na ander flieks en heelwat humor, al is dit onder die belt. Redelike breinlose Vrydagaand materiaal. Saam met Bella en Anrich op die bank.Tom Clancy's Jack Ryan, Seisoen 1 - 6/10
Tom Clancy's Jack Ryan is so ietwat oordrewe veral as mens in ag neem wat 'n analis kan, en mag, vermag. Die verwagte dosis oormatige Amerikaanse sentiment is deel van die reseppie, maar ten minste is dit redelike ontspannings materiaal. Daar is beter reekse, maar hierdie is kort, nie lank en uitgerek nie. Ten minste is dit nie amaterugtig nie, en die rolverdeling aanvaarbaar. Die tweede seisoen was baie pap (eerste episode), en het dus besluit om nie verder te volg nie. Saam met Bella op die bank.Saturday, September 15, 2018
Solo: A Star Wars Story - 7/10
Solo: A Star Wars Story is heelwat beter as die vorige "A Star Wars Story" en dalk selfs beter as die laaste Star Wars film. Dit kyk lekker, het net genoeg aksie en dialoog, en dan die tipiese Star Wars humor. Saam met Bella op die bank. Franko en Anrich wou nie kyk nie, want skynbaar was die fliek so swak. Monday, September 10, 2018
Naked SNCTM, Minireeks - 6/10
Naked SNCTM is hedonisme op sy rykste. Teen klubgelde wat wissel tussen $50k en $100k kan net die ander helfte dit bekostig. Die episodes is kort, wys net genoeg, maar tog met 'n element van herhaling. Hierdie is waarskynklik meer bedoel as advertensie as dokumentering. Saturday, August 25, 2018
Ocean's Eight - 5/10
Ocean's Eight is heel kykbaar, maar kort daai klein bietjie ekstra zest. Dit voel net te meganisties perfek. 'n Maklike fliekie om te kyk. Saam met Bella op die bank.Friday, August 24, 2018
The Late Bloomer - 3/10
The Late Bloomer is maar eintlik erg bar, en daar kon meer skerp humor gewees het, gegewe die tema en premis. Die rolverdeling is redelik, die milieu redelik en die vertolkings redelik. Beslis op eie risiko, en moet dalk nie saam met ouma kyk nie. Saam met Bella op die bank.Saturday, August 18, 2018
Adrift - 8/10
Adrift hou mens se aandag vasgevang, soveel so, dat mens glad nie lus voel vir enige bote na dese nie. Jy proe, ruik en voel die sout aan jou lyf. Die menslike gees bly merkwaadig en veral die wil tot oorlewing. Topgehalte vertolkings, beslis die kyk werd. Saam met Bella op die bank.American Animals - 4/10
American Animals lyk skaflik, maar sit baie gou af met 'n baie sterk dokumentere aanslag. Dit is erg irriterend en het ons binne minute die aftog laat blaas. Saam met Bella op die bank.Friday, August 17, 2018
Father of the Year - 2/10
Father of the Year is regtig swak, maar met so drie of wat erg snaakse, maar diep onder die belt grappe. Daar is geen heilige koeie nie, en al mens se ergtse verwagtings word ver oorskry. Kyk net as jy baie breinpap voel, en peinigend-ongemaklike komiese situasies kan hanteer. Saam met Bella op die bank.Sunday, August 12, 2018
Book Club - 4/10
Book Club is die Amerikaanse - of Hollywood - ekwivalent van Finding Your Feet, met die verwagte oordadigheid. Heelwat onder die belt humor. En dan amper 'n onwerlike besef as mens na die ouderdomme van die rolverdeling kyk !?#*!@#$)*%$ Die fliekie kyk maklik met 'n tipiese cliche storielyn en einde. Bella se^ ek mag nie 4/10 gee nie, dit moet vyf wees, maar ek kan net nie... Saam met Bella op die bank. Thursday, August 9, 2018
The Man in the Iron Mask (1998) - 4/10
Ongelukkig wys The Man in the Iron Mask se ouderdom vinnig, veral met die vertolkings, kostuumwerk, spanningslyn en choreografie. Wel, dan laat dit seker net die milieu wat ook maar hier en daar skipbreuk ly. Nie naastenby so stylvol en elegant as Versailles nie. Saam met Bella op die bank. The Delinquent Season - 3/10
The Delinquent Season kyk so pynlik en stadig dat ons so een derde in die aftog geblaas het. Dit lyk heel stylvol en luuks met 'n oortuigende rolverdeling, maar werk net nie uit nie. Saam met Bella op die bank. Sunday, August 5, 2018
The Guernsey Literary and Potato Peel Pie Society - 7/10

The Guernsey Literary and Potato Peel Pie Society is 'n stroopsoet tjiekfliekie, so rondom die Tweede Wereldoorlog se tyd. Die rolverdeling is vol nimlike karakters, die milieu en stelinkleding romanties verby. Moet beslis nie aksie en wegneem liefde verwag nie. Eerder besadigde, amper Viktoriaanse opsit. Ideale Sondagaand materiaal, en lesers sal baie hiervan hou. Saam met Bella op die bank.
Saturday, August 4, 2018
Avengers: Infinity War - 7/10
Avengers: Infinity War moet mens eintlik eers kyk as die tweede helfte al beskikbaar is. Daar gebeur net te veel om so lank voor te wag (Mei 2019!?). Verwag maar een langerige alterkasie van veg, boomklim en spring tussen al die superhelde - hulle moet immers almal sinvol inpas in net meer as 2 ure. Dit vat ook so bietjie kophou om mooi tred te hou met al die gebeure, geskiedenis en toekoms. Daar is darem humor om die skynerns so bietjie te breek. Saam met Bella en Anrich op die bank. Beide Franko en Anrich het dit in die teater gesien as 'n spesiale premiere. En dit bly liplekker vermaak.En dan sinlose statistiek:
- Daar is 3 Chrisse in die rolverdeling
- Daar is 2 Sherlocks
Friday, August 3, 2018
Damascus Cover - 6/10
Damascus Cover is beslis nie hoofstroom materiaal nie. Dit is 'n meer realistiese spioenasie drama, veral met aksietonele wat nie Hollywood-oordrewe is nie. Beslis nie die gewone cliche's nie. Alhoewel dit in Sirie afspeel is dit in Marokko verfilm, so die milieu se rustieke gevoel werk goed. Saam met Bella op die bank. Monday, July 30, 2018
Off the Menu - 4/10
Gits, al wat Off the Menu red is die kleurvolle Meksikaanse kombuis en restaurantjie. Erg voorspelbaar met rostvaste cliche's regdeur, selfs aan die einde met die driekamp reddingspoging... Maar dit is heel ontspanne vermaak met geen gekruide taal of tonele nie, kyk maklik en laat mens glimlag en goed voel oor die lewe en die kos en wat mens nog alles wil gaan doen. Ai. Saam met Nie die mees oortuigende vertolkings nie, behalwe dalk vir die klein meisietjie. Bella op die bank.Castle Rock, Seisoen 1 - 7/10
Castle Rock is genoegsaam onheilspellend met 'n komplekse milieu, karakterontwikkeling en gepaste rolverdeling. Die eerste episode maak dubbelseker mens wil graag die res sien, net om te verstaan wat gaan hier aan.... Dit is heeltemal iets anders as wat ek verwag het, maar dit maak nie meer saak nie. Saam met Bella op die bank.Saturday, July 28, 2018
Snowden - 6/10
Snowden voel so ietwat soos 'n dokumenter, maar volg dan werklike gebeure meer akkuraat. Mens weet nie regtig wie of wat jy kan glo nie, selfs al kan mens in retrospek terugkyk op Wikipedia na die hele petalje. Beslis die kyk werd, moet net nie te veel vermaak verwag nie, behalwe dalk vir 'n sekstoneel of so. Sterk rolverdeling en vertolkings. Saam met Bella op die bank.Monday, July 23, 2018
Room in Rome - 5/10
Het Room in Rome in Nanjing gekyk (maar 'n jaar vroeer datum opsetlik verkeerd gestel). Nie helemal erotiek nie, en so bietjie puntloos (woordspelling bedoeld). Dit voel net te onskuldig en naief. Die dames mag egter wel sonder klere vertog, wat hulle amper in elk geval die hele fliek lank doen. Die (dialoog) vertolkings is nie oortuigend nie, dalk die fisiese vertolkings meer. Saturday, July 21, 2018
Billionaire Boys Club - 5/10
The Billionaire Boys Club is een van daai flieks wat net-net goed genoeg is sodat mens nie ophou kyk nie, en dan as jy dit klaar gekyk het, tot die besef kom dat mens nou wel nie trane sou huil as mens dit nie gesien het nie. Dit versterk egter weereens die feit dat gierigheid wel 'n doodsonde is, en waarskynlik die oorsprong van alles onhuil is. Wat dit nog meer so maak is dat die fliek op ware gebeure gebaseer is, maar met die verstaan dat die ware gebuere nooit regtig na bowe sal kom nie. Saam met Bella op die bank.Isle of Dogs - 8/10
Ek het lanklaas so iets kreatiefs as Isle of Dogs gesien. Dit vertel 'n eenvoudige lyn met kurkdroe" humor en aanskoulike animasie. Die stemwerk is uitstekend met 'n sterbelaaide rolverdeling. Die grafika, milieu, onderspeelde humor met baie verteekte kwinkslae, kyke en nimlike karakters maak hierdie absoluut die moeite werd om te kyk. Dit is 'n veelvlakkige film, maar sonder om dit weg te steek. Kyk gerus as jy vir iets alternatief lus is. Saam met Anrich en Bella op die bank. Thursday, July 19, 2018
Mamma Mia! Here We Go Again - 8/10
Mamma Mia! Here We Go Again is beslis die moeite werd, veral as mens ABBA fe^ns is. Die lyn is lig, die musiek wikkelend, en die milieu droom-romanties. Die rolverdeling werk, al kan mens al die poly-filla sien op die ouer garde. Hierdie slag het ek en Bella dit as premiere gesien by Zambezi Mall. Monday, July 16, 2018
Strange Angel, Seisoen 1 - 6/10
Strange Angel skep 'n vreemde situasie wat seker in lyn met die geskiedenis is. Sal nog so episode of wat kyk. Saam met Bella op die bank.
Subscribe to:
Posts (Atom)



