Saturday, January 29, 2022

The Gilded Age, Reeks - 5/10

Met dieselfde skepper as Downton Abbey, is die verwagtinge seker net te groot vir The Gilded Age. Die karakters en vertolkings is ietwat saai, en die intriges voel bietjie plastiek. Sal nog kyk, maar nie oortuig nie. So bietjie van 'n reseppie wat net in 'n ander milieu herhaal word met ander mense. Saam met Bella by Buffelsbaai begin kyk. 

 

Thursday, January 27, 2022

Mainstream - 6/10

Mainstream wurg lee" sensasie in mens se keel af soortgelyk aan sosiale (en gewone) media platforms as kommentaar op hedendaagse aanlyn samelewing. Die film steek die grens van die absurde oor met sterk maar oordrewe vertolkings. Gelukkig is dit relatief kort, so sterk maar vinnige medisyne. Wat mens alles vir 'n Like nie sal doen nie. Saam met Bella by Buffelsbaai.



Monday, January 24, 2022

Peacemaker - 6/10

Peacemaker volg direk na die papperige The Suicide Squad fliekie as 'n splinter reeks - van die fliek tonele herhaal in die loodsepisode. Dit is egter baie snaaks, maar beslis vir 'n volwasse gehoor bedoel. Die reeksie lyk beter as die fliek, sal die paar episodes kyk. Saam met Bella by Buffelsbaai begin kyk. 



Succession, Reeks - 6/10

Succession bevat die vewagte drama en intrige dosis, sal nog 'n paar episodes kyk om vas te stel of dit gaan werk aldan nie. Saam met Bella by Buffelsbaai begin kyk.


Sunday, January 23, 2022

The King's Daughter - 4/10

Gits, ek was seker The King's Daughter is 'n middel laerskool meisie Disney fliekie. Die vertolkings is oordrewe, ten spyte van 'n redelike rolverdeling. Hou maar eerder verby. Saam met Bella by Buffelsbaai. 
 

Friday, January 21, 2022

L'origine du Monde (Dear Mother) - 5/10

L'origine du Monde begin heel goed, snaaks en met gepaste storielyn. Dit neem dan 'n draai in die verre absurde, maar steeds snaaks, alhoewel seer ongemaklik. Die film moet met 'n waarskuwing kom! beslis nie materiaal saam met Ouma nie. Dit laat my steeds wonder, hoekom sal iemand so tema/film aanpak? Saam met Bella by Buffelsbaai.



Sunday, January 16, 2022

Délicieux - 8/10

Délicieux is 'n smaakvolle, eenvoudige storietjie oor die ontstaan van restuarante. Alles is nie histories of feitelik korrek nie, maar mens kry die idee. Die vertolkings is sterk, die milieu na aan die paradys. Die kos tonele laat mens se mond water. Kyk gerus as jy van Frans, Frankryk, kosmaak of net mooi goed hou. Saam met Bella op die Bank. 



Saturday, January 15, 2022

Eternals - 3/10

Gits, gaap, Eternals is een lang uitgerekte polities korrekte span dinamika gevalle studie klas. Dit is regtig saai, met eindelose herhaling. Alles in die fliek neem ditself heeltemal te ernstig op. Humor sou dit gered het. Saam met Bella op die Bank.




Saturday, January 8, 2022

Code of Silence - 7/10

Code of Silence is 'n stylvolle minimalistiese drama rondom die vastrek van die berugte Kray tweeling. Raak rolverdeling, akkurate periode, stel, stelinkleding en milieu. Hierdie twee was ongure karakters verantwoordelik vir heelwat moord en dood. Uitstekende produksie en die moeite werd om te kyk. Saam met Bella op die Bank.




Friday, January 7, 2022

Verdens Verste Menneske (The Worst Person in the World) - 5/10

Verdens Verste Menneske begin redelik maar word dan vinnig saai. Dit beweeg stadig en mens gee nie regtig vir die vroulike hoofrol karakter om nie. Die donker storielyn raak net te donker. Het by sowat 20 minute die aftog geblaas. Saam met Bella op die Bank.


Sunday, January 2, 2022

The Book of Boba Fett, Minireeks - 5/10

The Book of Boba Fett ontbreek sover een belangrike deel - Baba Yoda. Vir die res volg dit die resep van The Mandalorian. Saam met Bella op die Bank.


 

Saturday, January 1, 2022

En Man Som Heter Ove (A Man Called Ove) - 6/10

En man som heter Ove (A Man Called Ove) is in Sweeds met onderskrifte wat nie baie streng volgens die taal ree"ls is nie, en baie vertalingsfoute bevat. Ten spyte daarvan, volg mens redelik maklik die dialoog. Dit is 'n besielende storietjie wat fokus op aanvaarding, 'n mens se doel, en onbevooroordeeldheid. Tipiese Sweedse humor en dialoog, streng sonder takt. Verwag Skandinawiese eenvoud in alle opsigte in die film. Nie so snaaks soos Hundraåringen som klev ut genom fönstret och försvann (The 100 Year-Old Man Who Climbed Out the Window and Disappeared) nie, maar tog soortgelyk. Saam met Bella op die Bank.



Friday, December 31, 2021

Ghostbusters: Afterlife - 2/10

Gits, Ghostbusters: Afterlife kon nie 'n swakker opvolg van die vorige film wees nie. Die film is lank en vervelig met eindelose herhaling. Hou beslis verby. Ons het na die eerste 45 minute begin spring na die einde toe net om te sien of daar wel iets sinvol gebeur. Saam met Bella op die Bank.



Thursday, December 30, 2021

Hawkeye, Minireeks - 6/10

Hawkeye is 'n kort minireeksie wat heel gemaklik kyk. Dit is nie oordrewe nie, en die lyn, karakters en milieu word geloofwaardig voorgehou. Saam met Bella op die Bank.

 

Monday, December 27, 2021

The Kominsky Method, Reeks - 7/10

The Kominsky Method lyk baie belowend na 'n voorstel van Hercules. Dit is 'n sagter kykie na oudword, met heelwat skerp dialoog. Die rolverdeling is nogals alternatief vir Hollywood. Saam met Bella op die Bank.



  

Last Looks - 5/10

Last Looks is 'n redelike wieritgedoen fliekie, met 'n amperse Film Noir gevoel, maar dan ook nie. Die rolverdeling is redelik, met 'n nuwe manlike hoofrol. Dit kyk heel aangenaam en is 'n goeie opsie vir 'n Vrydagaand. Dit is egter een van die min films waar die manlike hoofrol nogals pakslae vat maar geen uitdeel nie. Saam met Bella op die Bank.




  


Sunday, December 26, 2021

Jonathan Creek, Reeks - 5/10

Jonathan Creek wys sy ouderdom ietwat, maar omdat dit 'n wieritgedoen reeksie is - elke episode is 'n saak - maak dit nie juis saak nie. Die oordrewe verhoogstyl monoloog optrede van die akteurs is by tye komies en/of irriterend, maar dit lyk of latere seisoene beter raak in hierdie opsig. Saam met Bella op die Bank.



  

Saturday, December 25, 2021

Dopesick, Minireeks - 7/10

Dopesick, tesame met Don't Look Up! en Dr Death bevestig heelwat wat mens vermoed, en dan besef is waarskynlik nog erger as wat mens kan indink. Kort nou net 'n reeksie oor wat ons elke dag eet... Die reeks is beslis nie vermaaklik nie, met interpretasie rondom werklike gebeure. Die wonderpynmiddel bestaan steeds, en die uiteinde is dat die familie steeds een van die rykstes in die wereld is. Die rolverdeling is gepas met sterk vertolkings. Saam met Bella op die Bank.


Being the Ricardos - 5/10

Being the Ricardos is waarskynlik uigtstekend met sy sterk rolverdeling en gepaste vertolkings. Die periode lyk romanties en raak, sowel as die stel, stelinkleding en kostuumwerk. Dalk sou dit sin gemaak het as ons die sepies gekyk het waarin Lucille Ball verskyn het. Met te min konteks vir die drama het ons die aftog geblaas. Saam met Bella op die Bank. 






Friday, December 24, 2021

Don't Look Up! - 8/10

Don't Look Up! lewer sterk sosiale kommentaar. Alhoewel die lyn handel oor 'n komeet wat die aarde gaan tref, is die kommentaar direk van toepassing op meeste globale gebeure en reaksies, soos bv die huidige pandemie en aardverwarming. As mens verby die kommentaar kyk is die fliek op sy eie ook vermaaklik. Dit is ook 'n uitstekende opsomming van 2020 en 2021 in een. Die rolverdeling is perfek met sterk vertolkings. Reaksies en gebeure is (en gaan) waarskynlik erger wees as wat uitgebeeld word. Die film bevestig ook ou Leo as 'n top manlike hoofakteur. Ek is egter seker, agv van die nabye pandemie analogie gaan hierdie film sneuwel by die toekenningsgeleenthede... Saam met Bella op die Bank.


Thursday, December 23, 2021

Fosse/Verdon, Minireeks - 5/10

Fosse/Verdon is waarskynlik uitstekend, maar dalk nie iets wat ons nou sal volg nie. Saam met Bella op die Bank.



Wednesday, December 22, 2021

The Matrix: Resurrections - 2/10

The Matrix: Resurrection lei aan die voorprent siekte - dit lyk erg belowend met baie koel tonele, en dan het die voorprent al die koel tonele bevat en die res van die film is so saai en vervelig mens sukkel om al die baie praat en herhaling te verduur. Regtig 'n swak poging. Saam met Bella op die Bank. 



 

Sunday, December 19, 2021

Annika, Reeks - 6/10

Annika is 'n mengsel van Sweedse eenvoud en Skotse aksent. Die episodes staan grootliks alleen met 'n paar drade wat deurvleg. Die karakters is geloofwaardig en die dialoog beslis meer volwasse. Die sake is nie te kompleks of fantasties nie, maar met genoeg lyf om mens gei"nteresseerd te hou. Europese reeks bly steeds verfrissend gestroop van pretensie. Saam met Bella op die Bank.   



Chapelwaite, Reeks - 5/10

Chapelwaite is waarskynlik die moeite werd, maar net te donker vir ons. Die milieu, kostuumwerk, rolverdeling en klankryke styl is uitstekend, maar dalk nie vir nou nie. Saam met Bella op die Bank. 


 

Maid, Minireeks - 5/10

Maid is waarskynlik beter as die punt wat ek gee, maar ons het na sowat 15 minute van die loodsepisode besluit hierdie dalk nie die moeite werd nie. Saam met Bella op die Bank.


Spiderman: No Way Home - 6/10

Ek sou nie reken Spiderman: No Way Home is die beste ooit nie, maar mens geniet dit tog. Min of meer alles soos te verwagte, meesal in die oortreffende trap. Saam met Bella en Franko by Kolonnade. 






Saturday, December 18, 2021

The French Dispatch - 6/10

The French Dispatch is 'n vertoonstuk van kreatiwiteit, talent en stilistiese uitdrukking in 'n kleurvolle skynwe^reld. Meer vir ervare kunskring liefhebbers bedoel. Die verteltrantstyl is ook baie spesifiek. Die film is tong in die kies komies, maar eerder eienaardig as skatersnaaks. Saam met Bella op die Bank.



 

  

Thursday, December 16, 2021

Sorjonen: Muraalimurhat (Bordertown: The Mural Murders) - 5/10

Sorjonen: Muraalimurhat is redelike wieritgedoen materiaal, maar die hoofkarakter se anderste gedrag werk nie so goed nie. Dit val nie in die kategorie van Monk, Mentalist of Lie to Me nie. Die lyn is ook taamlik kompleks, en sekere details raak tog verlore in die vertaling, veral die meer filosofiese elemente. Saam met Bella op die Bank.

  



Sunday, December 12, 2021

De Tweeling - 7/10

De Tweeling is 'n Tweede We^reld Oorlog periode drama met 'n geloofwaardige storie. Dit het 'n duursame gevoel en ordentlik vervaardig. Daar is ook heelwat Duits saam met die Hollands, wat mens redelik kan volg. Saam met Bella op die Bank.




Friday, December 10, 2021

The Hating Game - 5/10

The Hating Game doen glad nie te sleg vir sy genre nie. Dit bly 'n tjiekfliek met mooi mense. In geen opsig oordadig nie, heel kykbaar. 'n Aanvaarbare opsie as vakansiefliekie. Saam met Bella op die Bank.

 

Sunday, December 5, 2021

Belfast - 7/10

Belfast vertel die Noord Ierse Konflik vanuit die perspektief van 'n jong laaitie. Die film is nie oormatig sensasioneel of sentimenteel nie, en is nie in kleur nie. Dit versag die konflik, geweld en bloederige tonele heelwat. Dit is maar 'n hartseer verhaal, maar nogals heel kykbaar. Die rolverdeling en vertolkings is uit die boonste rakke, tesame met die milieu stelinkleding en kostuumwerk. Alles voel getrou. Saam met Bella op die Bank.   



Saturday, December 4, 2021

The Last Duel - 7/10

The Last Duel voel baie realisties en periode getrou. Die rolverdeling, vertolkings, kostuumwerk en milieu is van geen detail ontsien nie. As jy van Ridley Scott flieks hou, kyk hierdie een beslis. Saam met Bella op die Bank.


  

What We Do in the Shadows, Reeks - 6/10

What We Do in the Shadows is 'n skyn-dokumente^r. Dit is beslis nie almal se koppie tee nie, maar het regtig snaakse tonele. Saam met Bella op die Bank.


  


Friday, November 26, 2021

A Little Chaos - 7/10

Dit lyk asof ons A Little Chaos gemis het, dit is 'n 2014 film. Beslis die moeite werd as periode Franse kunsfilms jou ding is. Net jammer dit is nie in Frans met onderskrifte nie. Saam met Bella op die Bank.



Thursday, November 25, 2021

The Wheel of Time, Reeks - 5/10

The Wheel of Time begin nie te sterk nie, ek sal dit nog so een episode kans gee. Bella wil dit egter graag klaar kyk, so ek sal seker saam kyk. Ek sou nie se^ hierdie is ekwivalent aan Game of Thrones of Carnival Row nie. Saam met haar op die Bank.



Sunday, November 21, 2021

The Colour Room - 7/10

The Colour Room is 'n sterk herinnering aan die mensdom se baie onlangse ontwakening. Allerhande "-ismes" was tot onlangs die globale, algemene, aanvaarde norm, en is waarskynlik steeds so in sekere plekke. 'n Gevoelvolle vertelling van die struwelings teen die stelsel van een talentvolle kunstenares. Saam met Bella op die Bank.

 

  

Saturday, November 20, 2021

Hell Hath No Fury - 6/10

Hell Hath No Fury is gedeeltelik op ware gebeure en persone gebaseer. Die periode en milieu is dalk nie 100% getrou nie, maar bleik outentiek en visueel akkuraat te wees. Dit storie is nie onwaarskynlik nie, met sterk vertolkings. Hulle het waarskynlik gespaar op die kostuum begroting, die vroulike hoofrol was meesal geklee in 'n enkele onderrokkie. 'n Tweede We^reld Oorlog aksie-drama. Saam met Bella op die Bank.


  

Saturday, November 13, 2021

Red Notice - 5/10

Red Notice bewys dat drie van die top Hollywood akteurs nie eers 'n film kan red en deurtrek nie. Behalwe vir die sporadiese snaakse opmerkings is hierdie maar flouerig, ten spyte van die asemrowende milieus en groot begroting stel. Baie gemiddelde materiaal vir 'n pap Vrydagaand of saai Saterdagaand. Saam met Bella op die Bank.

  

Saturday, November 6, 2021

Finch - 8/10

Finch is 'n juweeltjie wat mens sterk herinner aan die mens s'n sterk sin vir oorlewing maar dan ook omgee vir ander. Mens kom ook gou agter die film gaan nie 'n gelukkige einde he^ nie. Saam met Bella op die Bank.


    

Friday, November 5, 2021

Army of Thieves - 6/10

Army of Thieves is nie die beste bankroof fliek ooit nie, maar hou tog die aandag. Die rolverdeling werk redelik, maar dit is waarskynlik die milieu en stelinkleding wat beter doen. Gepaste Vrydagaand of Saterdagaand materiaal. Saam met Bella op die Bank.


Tuesday, November 2, 2021

James May, Oh Cook!, Minireeks, Realiteit Televisie- 6/10

James May, Oh Cook! is maar net 'n vuller tussen die skaars Grand Tour episodes. Sal wel van die geregte probeer, maar mens kyk hierdie eerder vir die dreunende monoloog as die kulline^re waarde daarvan. Ek het die Japan reeksie meer geniet. Saam met Anrich en Bella op die Bank.

Sien ook die ander twee se manewales, waarvan die plaas een onverwags waardevol was.





Sunday, October 31, 2021

Cezanne et Moi - 7/10

Cezanne et Moi is nie ligte materiaal en nie, en getrou aan die Franse kunsfilm genre. Dit eindig dan ook hartseer, getrou aan die ware gebeure. Bedoel vir ervare kunsfliekgangers. Saam met Bella op die Bank.





Wrath of Man - 7/10

Wrath of Man is een van die beter voorbeelde van sy genre. Dit is stylvol, nie te geweldadig nie. Die verskillende perspektiewe word interssant voorgele^, sodat elke een sin maak en nie herhalend voorkom nie. Perfekte Saterdagaand materiaal. Saam met Bella op die Bank.




 

Friday, October 29, 2021

My Salinger Year - 4/10

Nee, gits, My Salinger Year is dalk vir 'n jonger gehoor bedoel. Sowat 15minute uitgehou. Saam met Bella op die Bank. 




Celle Que Vous Croyez (Who You Think I Am) - 2/10

Celle Que Vous Croyez het belowend gebleik, maar kon dit nie deurkyk nie. Dalk te modern? Saam met Bella op die Bank.


Nomadland - 9/10

Ek het nie baie hoe" verwagtings van die film gehad nie. Dit is wel stilweg ontstellend en ontnugterend en sal mens nogals bybly. Nie die gewone filmpulp nie, hierdie het 'n sterk dokumente^re gevoel, maar alhoewel dit op ware persone, wat in die film deelneem, en gebeure gebaseer is, is dit steeds 'n hoe" profiel aktrise se interpretasie en persepsie van omstandighede en situasies. Maar dit hou mens vasgenael. Beslis nie hoofstroom materiaal nie, en wel Oscar materiaal. Saam met Bella op die Bank.



 

Apex - 2/10

Apex werk net nie, sowat 15 minute uitgehou. Saam met Bella op die Bank.




Monday, October 25, 2021

Venom: Let There Be Carnage - 6/10

Dit is die humor van Venom in Venom: Let There Be Carnage wat dit red. Die humor is ook seker meer onverwags vir die tipe monster. Die fliek is korter met tonele wat net genoeg laat - nie lang en uitgerekte oukies nie. Saam met Franko in die Menlyn teater. 

  

Saturday, October 23, 2021

Clickbait, Minireeks - 6/10

Clickbait hou mens redelik aan die wonder. Gelukkig is dit 'n korter reeksie en met heelwat wat in elke episode gebeur - daar is nie regtig 'n vuller episode nie. Dit raak ook beter na die einde toe. Saam met Bella op die Bank.



Only Murders in the Building, Reeks - 7/10

Only Murders in the Building is die perfekte kort reeksie, met kort episodes. Die onverwagte rolverdeling werk uitstekend, met ervare vertolkings. Dit is prettig, al is dit 'n wieritgedoen, snaaks en vol eienaardighede. Beslis die moeite werd. Saam met Bella op die Bank.