Tetris is sekerlik een van die bekendste rekenaarspeletjies ooit. Hierdie vertel die aangedikte feite van hoe dit voor almal beland het. 'n Eenvoudige verhaal met 'n gepaste rolverdeling en milieu. Die aanslag is ligter, tong in die kies en laf. Die grafika op die film plakaat word ook in die fliek self gebruik, met 'n motor jaag toneel wat boonop soos die speletejie self lyk en voel. Saam met Bella op die Bank.
Friday, March 31, 2023
Sunday, March 26, 2023
Operation Fortune: Ruse de guerre - 6/10
Operation Fortune: Ruse de guerre is ligte vermaak met 'n stylvolle milieu, redelike skerp dialoog en 'n indrukwekkende rolverdeling. Perfek vir 'n Vrydag of Saterdagaand. Saam met Bella op die Bank.
ruse de guerre (plural ruses de guerre) A stratagem of war.
Saturday, March 25, 2023
Battle Los Angeles - 3/10
Het hierdie op die vlug terug van Munich na Doha gekyk, maar kon dit nie klaar kyk nie. Het dit wel in Buffelsbaai klaar gekyk. Regte Amerikaanse sentimentele pulp.
Tuesday, March 7, 2023
Sunday, March 5, 2023
Saturday, February 25, 2023
Friday, February 24, 2023
Guillermo del Toro's Pinocchio - 10/10
Guillermo del Toro's Pinocchio is oorrompelende animasie kuns. Behalwe vir die ryk visuele milieu met al sy eienaardighedetjies, is daar ook 'n nuwe interpretasie van die alombekende verhaal. Maar die belangrikste wat die film behaal is om die mees getrouste weergawe ooit van die stoute Pinocchio te gee. Sy lawwe, ligte trippel oor die lewe gee die poppie dimensies nooit voorheen visueel en ouditief gesien nie. Absoluut die moeite werd - ek sal graag ook die maak van film wil kyk, vriesraamverfilming met harsfigure is gebruik. Die rolverdeling is onverbeterlik met die merkwaardige stem- en sangwerk wat tot die prettigheid bydra. Saam met Bella op die Bank.
Saturday, February 18, 2023
Sharper - 6/10
Sharper verstrengel mens in 'n komplekse web van strategie en taktiek totdat almal ewe skuldig lyk, of dan die slagoffer blyk te wees. Die film beweeg ietwat stadig by tye, maar bly redelike kyk materiaal. Nie die verwagte rolverdeling nie, maar een wat werk. Saam met Bella op die Bank.
Friday, February 17, 2023
The Hanging Sun - 7/10
Met The Hanging Sun se twee gunsteling akteurs in die hoofrolle moes ons hierdie eenvoudig net kyk. Die film kan seker as 'n kuns-aksie-drama kategoriseer, maar sonder te veel skop-skiet-en-donder. Die regiseur het egter erge dialoog ekonomie teen milieu afgespeel, want daar is heelwat tonele waar nie die lyftaal of dialoog voldoende inligting oordra nie. Die spraaksamige ondersteunende rol help om die film ligter en draaglik te hou. Nie hoofstroom materiaal nie. Saam met Bella op die Bank.
Sunday, February 12, 2023
Blonde - 4/10
Gits, Blonde is net te donker, en te kunserig, maar steeds tragies. 'n Gepaste rolverdeling met sterk hoofrol vertolking, maar net te moeilik om te kyk. Het die aftog geblaas.
Billy the Kid, minireeks - 6/10
Billy the Kid voel heelwat meer realisties as wat party flieks en reekse wil voorhou hoe dit in die Wilde Weste eens op 'n tyd was. Hierdie kort reeksie is nie sensasie-soekend nie, maar vertel eerder die jongman se soeke na geregtigheid en regverdigheid. Nie te swaar drama-rig nie, maar beweeg ietwat stadig, dalk omdat hulle nie allerhande eienskappe aan hom bly toedig nie. Wel die moeite werd om te kyk. Saam met Bella op die Bank.
empire of light
Briljante film, titel, rolverdeling, vertolkings, milieu en tema, maar uiters vervelend.... dit beweeg dalk net te stadig.
Sunday, February 5, 2023
Everything Everywhere All the Time
Gits hectic
Absurde fiksie
Nogals entertaining
Voel bietjie lank
Interessant alternatief vir kung fu truuks
Saturday, February 4, 2023
Thursday, February 2, 2023
brixton
Lae koste produksie
Gemengde vlakke van vertolkings
Dialoog natuurlik maar hier en daar geforseerd
Milieu streng ekonomies
Saturday, January 28, 2023
Friday, January 27, 2023
Sunday, January 22, 2023
the wonder
Sterk vertolkings
Ekonomiese landskap
Onrealistiese te moderne sekstoneel
Wanneer die cause vir die doel van die cause is en niks anders
Blindelings te bly glo in iets, gullubility
Saturday, January 21, 2023
night of the 12th
Frans
Realistiese proseduraal
Gebaseer op ware gebeure
Saai milieu, nie sexy speurders of mense of plekkie nie
Sunday, January 15, 2023
Saturday, January 14, 2023
Sunday, January 8, 2023
the pale blue eye
Uitstaande fotografie
Sterk vertolkings
Mooiste koudste landskap
Dialoog en teks soos poësie
Kinkel in die einde
Sunday, January 1, 2023
Friday, December 30, 2022
Tuesday, December 27, 2022
super intelligence
Baie lig
Tesla is n karakter
Nie te lank en uitgerek nie
Perfekte laaste dag van die vakansie materiaal
Gullibility van die mens en dalk ook n super ai?
Sunday, December 25, 2022
night sky
Oudword is nie vir sissies nie
Laat wormhole travel soos gewone pap lyk
Te veel stories in een, oudword, time travel, familie drama, verwerking van (dood) verlies, kinders grootmaak, kultus, goed en kwaad ....
flowers in the attic the origin
Swak, geforseerd, bewys die amerikaners kan nie iets soos downton maak nie
Die hoofrol lyk soos haar man se ma
Saturday, December 24, 2022
Friday, December 23, 2022
Thursday, December 15, 2022
A taste for hunger
Deense fliek
Tipies ekonomies en minimalisties
redelike drama
meer fokus op drama as die kos self
Subscribe to:
Posts (Atom)
